05.01.2015 Views

Hennie Aucamp - LitNet

Hennie Aucamp - LitNet

Hennie Aucamp - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hennie Aucamp

’n Student skryf aan sy meisie

Watter nut het ironie in eensaamheid

IWAN TOERGENJEF

What’s the use of irony when you’re lonely

1. Ek stuur vir jou dié briefie

2. al is ons ding nou oor.

3. Ek dag: jy is tog menslik

4. en wil dalk van my hoor

5. Ek woon hier op ’n plasie –

6. Karoo so ver jy kyk –

7. ’n trein kom deur die leegte

8. en neem dan weer die wyk.

I thought: you are humane, after all

And then disappears again

9. Distansie bring besinning

10. en mag ek sê: ook visie

11. Ek glimlag oor jou selfsug;

12. jou passie vir ’n rusie.

13. Osmose tussen mense

14. is moontlik, maar beperk:

15. emosie kan ooreis word

16. as dit van één kant werk.

17. Die oom sal netnou t’rug wees

18. met meel en Vrydagpos

19. (en ek sal glo moet hand gee

20. met aflaai van die kos).

Distance brings reflection

and, if I may: also vision

I smile about your selfishness;

Your passion for a fight.

limited

Overburdened; strained

Flour and mail that arrive on Fridays

(and apparently I’ll have to help unloading the food

Osmosis: the mixing

of fluids.

21. Jy word vir my weer naamloos:

22. verlange onbegrens; the longing unlimited (unbearable)

23. en só is liefde sinvol –

24. nie ingekort tot méns.

in this way love is meaningful –

not restricted to a human’s form.

25. Die tante gaan nou kamp toe,

26. roep “Kiep-kiep” teen die wind;

27. sal sweerlik weer kom aanklop:

28. “Nog niks gehoor nie, kind”

29. Ag, dêmmit, ek verlang jong,

30. kom haal my, asseblief!

31. En straf my tot ek seer kry –

32. maar bêre net dié brief.

33. Want dit bevat gedagtes

34. wat ons twee moet bespreek:

35. as alles goed gaan, liefste,

36. dan sien ons oor ’n week

chicken run

will surely come knocking again

And punish me until I hurt –

but just put this letter away,

contains thoughts

’n Student skryf aan sy meisie – Hennie Aucamp

Bestudeer die gedig en beantwoord dan die vrae:

missing

1. Kyk na Toergenjef se aanhaling by die gedig en voltooi dan die volgende stelling deur die

ontbrekende woorde in te vul:

Volgens Toergenjef help dit nie om ________ te wees as jy ________ is nie.

2. Is die student ironies of eerlik wanneer hy aan sy meisie skryf

statement

3. Verskaf ’n definisie vir ironie deur die volgende stelling te voltooi: complete

supply

Mens is ironies wanneer jy iets sê, maar eintlik die _______ bedoel.

4. Wat is die “ding” waarna die digter in strofe 1 verwys

5. Wat vertel reël 3 vir ons oor die student se gevoel vir sy meisie

6. Waar bevind die student hom op hierdie oomblik

refer to

7. Haal ’n reël uit strofe 2 aan wat wys dat daar nie ander huise naby die student s’n op die

plaas is nie.

Quote

according to

8. Wat, volgens strofe 2, verbreek af en toe die stilte op die plaas

9. Sê in jou eie woorde wat die digter bedoel met sy stelling in reëls 9 en 10 deur die

volgende stelling te voltooi:

Wanneer daar ’n ______ tussen mense is, kry hulle ’n beter ______ op hul verhouding.

10. Voltooi: In reël 11 blameer die digter sy eks-meisie omdat sy ______ was.

11. Waarvan beskuldig die student sy meisie nóg in strofe 3

12. Wat bedoel die spreker met “Osmose tussen mense” (reël 13)

13. Hóé en wanneer sal mens se emosies skade ly, volgens die digter in reëls 15 en 16

14. By watter twee plekke op die dorp het die oom aangedoen

visited/besoek

15. Waarom word daar na die pos spesifiek as Vrydagpos verwys

16. Gee een woord vir “hand gee” in reël 19.

17. Waarvan moet die kos waarskynlik afgelaai word

probably

18. Watter woord in strofe 6 sê vir ons dat die spreker se liefde en verlange na die meisie geen

perke ken nie

19. Kyk mooi na reëls 23 en 24 en voltooi dan die volgende stelling:

Die ____ het net betekenis wanneer dit nie tot een mens _____ is nie.

20. Vir wie roep die tante wanneer sy “Kiep-kiep” skree (strofe 7)

21. Wat, dink jy, gaan die tante by die “kamp” doen

suggest

22. Watter woord in strofe 7 suggereer dat die student geïrriteerd is met die tante

23. Watter eienskap van die tante irriteer die student waarskynlik

quality/

characteristic

concerned

24. Haal ’n woord in strofe 7 aan wat wys dat die tante besorg is oor die student.

25. Wat wil die tante weet wanneer sy in reël 28 vra: “Nog niks gehoor nie, kind”

humble

26. Watter gevoel van die spreker word in strofe 8 uitgebeeld Is hy hartseer, desperaat,

nederig of humoristies

27. Hoekom versoek die student sy meisie om die brief te “bêre” (reël 32)

Ask, request

Antwoorde:

1. ironies, eensaam.

2. eerlik

3. teenoorgestelde

4. Die verhouding wat hy met sy meisie gehad het.

5. Hy is steeds verlief op haar en hoop dat hulle die verhouding kan red.

6. Hy is op ’n plaas in die Karoo.

7. “Karoo so ver jy kyk”.

8. ’n Trein.

9. afstand, perspektief.

10. selfsugtig

11. Sy het daarvan gehou om te stry/rusie te maak.

12. Hy praat van die interaksie tussen mense.

13. Jou emosies kan ooreis word wanneer net een van die twee mense in ’n verhouding liefde

toon.

14. By die winkel en die poskantoor.

15. Pos word net op Vrydae op dié klein plekkie afgelewer.

16. help

17. Die oom se bakkie of vragmotor.

18. “onbegrens”

19. liefde, beperk

20. Die hoenders.

21. Sy gaan waarskynlik vir die hoenders kos gee/sit hulle in die kamp/haal eiers uit.

22. “sweerlik”

23. Sy is nuuskierig (curious) of inmengerig (interfering).

24. “kind”

25. Sy wil weet of hy al van die meisie gehoor het.

26. Daar is sake in die brief wat hy met haar wil bespreek.

Die volgende brief is gegrond op Hennie Aucamp se gedig, “’n Student skryf aan sy meisie”.

Bestudeer die brief en vul die woorde wat uitgelaat is, in:

Posbus 13

Klipfontein

8740

30 Januarie 2004

My liefste engel

Dit is nie maklik om hierdie brief te skryf nie. Jy sal seker dink ek is voor op die wa,

want ons (1) ……… is iets van die verlede.

Een ding het ek besef terwyl ek hier op my oom en tante se plaas in die (2) ……………

is, en dit is dat ek nie sonder jou kan lewe nie. Miskien is dit die stilte van die

plaaslewe wat my so aan jou laat dink. Af en toe kom hier darem ’n (3) ……………

verby om die ergste stilte te verbreek. Ek het besef dat die (4) ………………… tussen

ons twee my help om oor ons situasie te besin.

Ek hoop dat, wanneer ek volgende week terug is by die universiteit, jy my nog ’n kans

sal gee. Moenie hierdie brief weggooi nie, want dit bevat ‘n paar (5) …………….. wat

ek met jou wil bespreek as ek jou weer sien. Maar wag, my liefling, hier kom my oom

nou net van die dorp af. Hy was vandag (Vrydag) by die (6) ……………….. en die (7)

……………….. om (8) ……………… en (9) ………………………. te kry. Ek sal moet gaan help

aflaai.

En, o gaats, daar kom my tante van die hoenderkampie af. Sy sal seker nou aan my

deur kom klop – sy is tog so (10) …………………. – wil altyd weet van almal se dinge.

Liefde

Marco P.

Memorandum

Posbus 13

Klipfontein

8740

30 Januarie 2004

My liefste engel

Dit is nie maklik om hierdie brief te skryf nie. Jy sal seker dink ek is voor op die wa,

want ons (1) verhouding is iets van die verlede.

Een ding het ek besef terwyl ek hier op my oom en tante se plaas in die (2) Karoo is,

en dit is dat ek nie sonder jou kan lewe nie. Miskien is dit die stilte van die plaaslewe

wat my so aan jou laat dink. Af en toe kom hier darem ’n (3) trein verby om die

ergste stilte te verbreek. Ek het besef dat die (4) afstand/distansie tussen ons twee

my help om oor ons situasie te besin.

Ek hoop dat, wanneer ek volgende week terug is by die universiteit, jy my nog ’n kans

sal gee. Moenie hierdie brief weggooi nie, want dit bevat ‘n paar (5) gedagtes wat ek

met jou wil bespreek as ek jou weer sien. Maar wag, my liefling, hier kom my oom

nou net van die dorp af. Hy was vandag (Vrydag) by die (6) winkel en die (7)

poskantoor om (8) meel en (9) pos te kry. Ek sal moet gaan help aflaai.

En, o gaats, daar kom my tante van die hoenderkampie af. Sy sal seker nou aan my

deur kom klop – sy is tog so (10) nuuskierig/inmengerig – wil altyd weet van almal se

dinge.

Liefde

Marco P.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!