You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Die Sabbat

by James Jacob Prasch

Gen.2:2‐3: "En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag

gurus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy

daarop gurus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak."

Mat.12:1‐8: "In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger

geword en are begin pluk en eet. Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen

wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.

Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie‐‐toe hy en die wat saam met hom

was, honger gehad het‐‐hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en

die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen Of het

julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig

is nie En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. Maar as julle geweet het wat dit

beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;

want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat."

Koning Jesus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie, en elke keer as die mens die Woord van die

HERE gebruik om sy sosiale basis te herbou op die Wet van die Here, dan bring dit geestelike en

Teologiese dood en 'n algemene morele en sosiale verval in die kerk.

Die Fariseërs was veroordeel omdat hulle die gebod van God én hulle menslike uitvindsels vir die mense

geleer het. Satan sal altyd eers probeer om mense te oorreed om terug te val na Judaisme, om hulle

sodoende weer terug te plaas onder die wet, en so probeer om mense se oë van Christus af te wend.

Matt.23:13/28: "Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk

van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie

toe om in te gaan nie. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol

geveinsdheid en ongeregtigheid".

Daar is vandag baie pragtige mense wat onder 'n sagte wettiese stelsels dien, ten koste van die feit dat

die Woord van die Here ons waarsku om nie slawe van mense te word nie, maar slawe van Christus.

1Kor.7:22‐23: "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat

as vryman geroep is, 'n slaaf van Christus. Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie."

Is dit nie verstommend dat mense baie van hierdie swaarhand leiers byna slaafs volg nie Vandag kry

ons mense wat baie graag die werke van God wil doen, hulle wil God wees! Die oomblik as mense die

Wet van die Here begin aanwend om hulle doelwitte te bereik dan doen hulle presies dieselfde as wat

die pous doen deur te sê dat hy in die plek van die Heilige Gees optree. (Vicarious Christos) Koning Jesus

1

www.Moriel.org
het nie verniet gesê daar sal baie valse christusse opstaan nie, vandag kwalifiseer baie kerkleiers as

Fariseërs, en antichriste want hulle gebruik die Gebod van die Here én hulle riglyne om tradisies te

verkondig, dit my broer en suster is 'n dwaling.

Daar is net Een Regter van die Wet en dit is ons Hemelse Vader.

Jesus Christus het ons deur Sy Heilige Bloed vry gekoop van die Wet van sonde wat ons nie kon red nie,

die Wet wys ons daarop dat ons 'n ander wet nodig het om gered te kan word.

Die Oosterse Ortodokse, en die Katolieke bewegings het alles verheidens deur mense eers tot Judaisme,

onder die wet, te bekeer. Wat godsdienstige wetgewers sal probeer doen, maar wat die Katolieke nog

altyd doen, is om die Bybelse gesag te herdefinieer en dit vir eie gewin aan te wend om sodoende hulle

gesagstrukture, op die sosiale, politieke en finansiële gebied af te baken, en baie van hierdie heillose

denkes is vandag in die kerke ingebou wat lei tot 'n afval want dit is niks anders as handel drywe met die

Woord van die Here nie!.

Jes.10: 1 ‐2 "Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig

voorskrywe, om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te

beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder."

Om te verstaan wat die betekenis is om vry te wees van die wet van sonde en dood, die Mosaïse wet

waar onder alle mense is, is soos volg:

Die Jode is meer aanspreeklik omdat hulle die Wet ontvang en neer geskrywe het as 'n Lig vir die

Heidene. Die Godspraak en redding was eerste vir die Jode en hierdie verantwoordelikheid was op hulle

geplaas.

Die Wet van Moses leer vir ons dat ons 'n sondige natuur het, daar is niks verkeerd met die Wet nie,

want deur die Wet ken ons ons sondes. Die Wet maak dit egter vir ons baie duidelik dat ons 'n Messias

nodig het, en ons het 'n sterker Wet nodig om ons van die eerste Wet te verlos.

Ongeredde mense het geen keuse nie, hulle moet sondig, gelowiges in Christus is nie meer onder die

Wet nie, en behoort nie te sondig nie omdat hulle onder die Krag van die Heilige Gees is. Die doel van

die Wet is dus om ons daarvan bewus te maak dat ons nie die Wet kan onderhou nie.

Die Wet is ons Tugmeester, nie om as Wet te onderhou nie maar as 'n beginsel.

Christenskap is 'n lewende organisme nie 'n organisasie nie, 'n Lewende Organisme wat deur die Heilige

Gees van God gelei word. Die Letter maak dood maar dit is die Gees wat lewe gee. Baie dinge in die

Levitiese wet is wette vir die Jode, maar vir die Christene is dit 'n beginsel, 'n fondament om op te bou.

Neem maar die Tiende Wet.

In die Ou Testament was die Jode verplig om 'n Tiende van alles vir die Here te gee, hulle moes dit doen.

Maar in die Nuwe Testament is dit vir die Christene 'n beginsel saak, ons gee omdat ons WIL gee, ons

gee soos wat die Gees ons lei.

2

www.Moriel.org
Die Gebod van die Here beveel ons mag nie Egbreek nie, maar tog het Moses dit toegelaat. Ook beveel

die Gebod van die Here dat 'n man net een vrou moet hê, maar tog het Salomo baie vroue gehad, God

het dit toegelaat. God het nie Moses of Salomo verwerp oor hierdie dinge nie. Die Beginsel van die wet

is om ons daarop te wys dat as ons die beginsels begin oortree dan neem dit nie lank nie of daar kom 'n

totale afval. Die Wet is vir ons 'n riglyn tot die openbaring van sonde, dit wat in ons lewens verkeerd is

en wat ons weglei van ons Saligmaker, Jesus Christus. Sonde maak mense geestelik dood. Die Gees van

God het nie gemeenskap met die werke van die duisternis nie. Kyk maar na die sewende (Sabbat)

gebod; Jy mag nie egbreek nie. Hoerery in die gees gee aanleiding tot hoerery in die vlees. Jakobus 1:14‐

15: sê vir ons baie duidelik dat elke boosheid begin as 'n gedagte, 'n begeerte, dit kom van die bose

magte in die lug! Dit is 'n geestelike saak. "Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid

weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde

tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort."

Dit is ook wat die val van Salomo veroorsaak het, omdat vroue vir hom 'n afgod geword, het hy deel

geword van die afgode wat die vroue in sy huis ingebring het, dit is nie vroue wat die afval veroorsaak

het nie maar die ander gode, sy hoerery het aanleiding gegee dat hy weggehoereer het van God, hy het

die beginsel van die Wet oortree en dit het hom tot afval gelei.

Koning Jesus opbenbaar vir ons die Geestelike beginsel van die Wet.

Mat.5:27‐28: "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar

Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk

gepleeg het."

Die Wet is heilig want die Wet vertel vir ons wat ons is. Kan ons uit ons eie krag die wet onderhou

Nooit maar nooit, ons kan nie God se Werke doen nie!

Die Wet vertel vir ons dat ons Koning Jesus nodig het, ons het 'n ander wet nodig wat ons kan verlos van

die eerste Wet. Koning Jesus het die Wet vervul, en as ons in Hom is dan lewe die Wet nie meer in ons

nie, maar Jesus Christus, en deur Hom kan ons sonde oorwin en die wet kragteloos maak. As Koning

Jesus Christus in ons lewe is dan rus ons van die Werke van die Wet, in Hom is ons rus, Hy is ons SABBAT.

Paulus skrywe in Handelinge 21:25 dat daar nie aan die Heidene Joodse rituele opgelê moet word nie, hy

sê: "Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié

aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is,

en van hoerery." Broer Paulus skrywe nie die wet af nie, inteendeel, hy bevestig dit!

Die Wet sê ons mag nie ander gode dien nie want dit is hoerery, en net die Bloed van Jesus kan ons vry

maak, die Lewe is in die Bloed! Hier word niks gepraat van tiendes, die Sabbat of dat hulle die Wet moet

onderhou nie, nee, as Jesus Christus in ons woon dan is die wet dood, maar as ons sondig dan lewe die

Wet.

3

www.Moriel.org
Die Heilige Gees is ons Leer Meester, en die mens wat aan Koning Jesus Christus behoort sal die

Beginsels van die Hele Skrif van Hom ontvang. Koning Jesus is ons Verlosser en nie mense nie. Hy alleen

kan ons uit die doderyk uitroep.

Die Nuwe Verbond.

"Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe

verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand

gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie‐‐my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék

gebieder oor hulle was, spreek die HERE." (Jerm.31:31‐32)

As u 'n Heiden is moet baie mooi oplet wat hier staan, die Nuwe Verbond is met Israel gesluit en nie met

die kerk nie, moet ook nie probeer om 'n Jood in die vlees te wees nie, God het u nie daarvoor geroep

nie. Ons as Heidene wat as Christene tot bekering gekom het is ingeënt op hierdie olyf boom, dit is

Genade, moet nie roem nie, die Wortel van die boom is Israel en die Jode.

Ons kan nie erfgename wees onder die Ou Testament nie, want ons Testateur, Jesus Christus, het vir ons

'n Nuwe Testament gegee en ons kan slegs onder die voorwaardes van die Nuwe Testament erfgename

wees. Daar is niks verkeerd met die Ou Testament nie, want die Ou Testament leer vir ons die Beginsels

waardeur ons erfgename kan word onder die Nuwe Testament waar dit vervul word.

Die sabbat 'n instelling teen afgode diens.

[U moet oplet dat nie die dag is wat verheerlik word nie maar die werke, die dag was deel van die werke.

Die werke is of goed of sleg.]

Psalm 115:1‐8: "Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid,

om u trou ontwil.

Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles

wat Hom behaag. Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.

Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n

neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul

keel nie. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word‐‐elkeen wat op hulle vertrou."

Om in gemeenskap van die Heilige Gees saam te kom so dikwels as moontlik, is 'n manier om ons tot

stilstand te kry en ons gedagtes weg te neem van die dinge van die wêreld.

Baie mense dien vandag afgode en hulle besef dit nie. God het die Hebreërs blind gemaak en vir die

Heidene redding gebring. Die Hebreërs was egter moedswillig, hulle wou nie sien nie, dit is ook wat

Hebreër beteken. Hulle het in die Beloofte Land gekom en agter ander gode aan gehoereer en die Here

hulle God vergeet. Dit is presies wat die Christene vandag doen, God het nie verniet vir ons hierdie

beginsel opgeteken nie. 'n Afgod is enige iets wat in ons lewens in die plek van die Here onse God kom,

(Vicarious Christos,‐‐'n ander gees.) dit wat vir ons meer beteken as die dinge wat tot ons saligheid kan

lei.

4

www.Moriel.org
Die Liefde vir die Here onse God is absoluut. Daar is niks verkeerd met die dinge wat God gemaak het

nie, maar wanneer die dinge wat vir ons hier is die dinge word waarvoor ons hier is, dan het ons groot

probleme. So word godsdiens onderandere vandag 'n afgod in baie mense se lewens. Godsdiens wat die

persoonlikheid van 'n persoon aanneem. Die mense wat hulle maak, sal net soos hulle word‐‐. Soos wat

die sabbat vandag in moderne Judaisme 'n instrument in die hande van swaarhand leiers geword het om

mense se lewens te regeer, en soos wat protestantisme vandag gedien word in plaas van die Here ons

God, so het die Sabbat en Sondag vandag vir baie mense belangriker geword as die Evangelie tot redding

en saligheid. Godsdiens het 'n afgod geword! Dit is interesant om te let dat die sabbat die Jode baie

meer bewaar het as wat die Jode die sabbat bewaar het.

Vandag doen die kerk wêreld presies dieselfde, hulle heilig en aanbid die DAG met hulle eie beginsels,

hulle probeer God dien met hulle afgode, maar hulle het die Here van die Werke vergeet, hulle is afgode

dienaars in die Tempel van die Here!

Vyf beginsels van die Sabbat.

Eks. 20: 8‐11: Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar

die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie‐‐jy of jou seun of

jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die

sewende dag het Hy gurus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

1) Sabbatsrus

['n Tyd van heilige afsondering. ]

In Hebreeus beteken Sabbat‐‐'Shabath'‐‐Rus. (Dit het niks met 'n dag te doen nie.) Die idee is NIE om

absoluut bewegingloos te wees nie, dit beteken egter om alle tydelike, of siviele werke wat niks met ons

saligheid te doen het nie, te staak.

Ons sien in Num. 28:9 dat daar ander werke is wat geoorloof was om te doen, die lammers was 'n beeld

van Christus wat geen sonde gehad het nie, die Lam van God.‐‐"Maar op die sabbatdag twee jaaroud

lammers sonder gebrek en twee‐tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die

drankoffer wat daarby behoort."

Hier word gepraat van die ewigheidswerke van ons geloof, dit wat te doen het met ons saligheid.

Jak.2:26: "Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood."

So sien ons dan in Markus 6:2 en Handelinge wat die Ewigheids werke is: "En toe dit sabbat geword het,

begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie

dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind"

Hand.13:42‐44:"En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op

die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en

die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer

5

www.Moriel.org
eweeg om in die genade van God te bly. En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom

om die woord van God te hoor."

Wat het Koning Jesus in die Sinagoges geleer Dit was nie wat hierdie mense elke sabbat gehoor het nie,

dit wat hulle ontvang het was deur die Heilige Gees geopenbaar. Die Heilige Gees het Jesus Christus,

hulle Sabbat, aan hulle geopenbaar! Koning Jesus het aan hulle die Evangelie van Redding gebring:

Rom.7:6 / 2Kor.3:6: Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit

afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.‐‐wat

ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die

gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend."

2) 'n Gedenkdag.

Num.20:16: "Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en

ons uit Egipte uitgelei.‐‐"

Hoekom heilig ons tye tot afsondering, is dit nie omdat ons dankbaar is dat God ons ook deur Sy Seun

verlossing gegee het nie Is dit nie Koning Jesus wat ons óók uit Egipteland uitgelei het nie. Hoe dikwels

gedenk ons die Nagmaal, net eenmaal in 6 maande Sê die Woord van die Here nie so dikwels as

moontlik nie Die Skrifte skryf nie vir ons 'n dag voor nie, want Koning Jesus is ons Sabbatsrus: Hy is ons

Sewende Dag in die Ou verbond, maar in die Nuwe Verbond is Hy ons Eerste en Agste Dag: Ons Alfa en

Omega.

1Kor.11:25‐26: Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in

my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie

brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom."

3) Sameroeping / gemeenskap.

Rom. 8:1 "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die

vlees wandel nie, maar na die Gees."

Psalm. 133:1‐3 "‐‐‐Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! Dit is soos die kosbare

olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere. Dit

is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die

lewe tot in ewigheid!"

Kosbaar is dieWoord van die Here. Die Heilige Gees is uitgestort op die Hoof van ons Hoë Priester, Jesus

Christus, Hy is ons bedekking, Hy sal die Heilige Gees vir ons gee as ons deel is van Sy Gemeente.

Soos wat ons Hemelse Vader gurus het van Sy werke so is dit ook Sy Wil dat ons moet rus van ons

werke, dat ons saam met Hom in Sy Rus moet ingaan, nie die rus van die wêreld nie. God se Sabbatsrus

is wanneer ons in gemeenskap deur die Heilige Gees saamgeroep word voor die Aangesig van onse Here

Jesus Christus, ons Hoë Priester, om Hom in Gees en Waarheid te dien.

6

www.Moriel.org
4) Geheilig.

Deut.5:12: "Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het."

Om iemand of iets te heilig is om dit eenkant te plaas vir God. Opregte heiligheid is wanneer ons in God

se teenwoordigheid kom. Toe Jesaja in God se teenwoordigheid gekom het, het God hom geheilig deur

om sy lippe met kole vuur aan te raak, en eers toe was hy geheilig om in God se teenwoordigheid te kan

staan, ons kan net tot God geheilig word as ons so dikwels as moontlik, deur die Krag van die Heilige

Gees in die teenwoordigheid van Jesus Christus kan wees.

Deur in gemeenskap met die heiliges te wandel sal ons nie na die vlees wandel nie maar na die Gees. As

ons deur die Gees wandel dan is ons in ons Sabbatsrus.

Dit is afsondering, Heiligmaking om in die Teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus te kan kom,

nou beteken die tydelike werke niks meer nie.

1Kor.6:11: "En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is

geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God."

Heb 10:10/14: "Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een

maal. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. Judas1:1: "‐‐aan die wat

geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is"

5) Die Jubeljaar.

Die Sabbat was gegee in die Wet van Moses. Voordat Adam en Eva geval het, het hulle alreeds 'n

Sabbatsrus gehad, en dit is die beeld van die Jubeljaar, die vryspreek van al die gevangenis (Lev. 25:8‐10)

Wanneer ons in gemeenskap bymekaar kom en aan die Tafel van onse Here Jesus aansit, dan kyk ons

vorentoe na daardie dag wanneer onse Here Jesus Christus op die wolke gaan verskyn. Wanneer die

Jode die Pasge eet, dink hulle terug aan die dag toe die Here hulle uit Egipte uitgelei het en die Jode wat

tot bekering gekom dink ook aan die Wederkoms van hulle Messias, ons Verlosser. Luk.21:28: "En as

hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is."

Daar is verskillende Sabatte,‐‐(Sheba:beteken‐Sewe.) Daar is die gewone weeklikse Sabbat, dan is daar

die Sabbat wat elke sewe jaar in die maand Tishri, die sewende maand gevier word, dan is daar die

Jubeljaar wat elke 49 jaar, in die vytigste jaar, gevier word, wanneer die slawe vrygelaat word, almal 'n

tipe van die sabbat.

[Lev.23:24 "Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand,

moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag."]

Op die vyftigste dag na die Hemelvaart van ons Koning is die Heilige Gees uitgestort, maar daar is ook 'n

ander Jubeljaar 'n groot Sabbat, 'n volmaakte Ewige Rus vir die vrygekooptes wat aan Koning Jesus

behoort: 1Thes.4:16‐17: "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van

'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste

7

www.Moriel.org
opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here

tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees." Loof die Here!

Die Sabbat is vir die mens.

Mark. 2: 27‐28: En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

Deut. 5:33: "In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe

en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem."

Eze 36:27: "En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my

verordeninge onderhou en doen."

Rom.8:1/4: Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die

vlees wandel nie, maar na die Gees.‐‐sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die

vlees wandel nie, maar na die Gees.

Die wette was nie vir God gemaak nie maar vir die mens, die Here het vir ons lewensbeginsels gegee

waardeur ons die ewige lewe kan beërwe. God is ons Maker, en Hy wil nie hê dat een mens verlore

moet gaan nie. Koning Jesus het geword wat ons is en daardeur het God aan die mense getoon dat ons

ook kan word wat Jesus is. Ons kan nie God word nie, maar ons kan word soos Hy. Wanneer die mens

homself verhef en 'n god word dan begin dwalings intree, en een dwaling veroorsaak groter dwalings.

Dit is wat die Fariseërs gedoen het, hulle het God se Wet geneem en dit aangepas deur hulle eie wette,

mense instellings. Paulus, wat grootgeword as 'n Fariseër het nadat hy tot bekering gekom het gesê:

Filp.3: 5:12: "Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, 'n

Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër; wat ywer betref, 'n vervolger van die

gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Maar wat vir my wins was, dit het ek om

Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van

Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins

te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat

deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en

die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of

ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook

deur Christus Jesus gegryp is."

Paulus het alles gedoen wat die wet beveel het, maar toe hy Koning Jesus ontmoet het al hierdie dinge

niks meer beteken nie, en al wat hy in belang gestel het was Jesus Christus sy Here, want Koning Jesus is

die opstanding uit die dode. As ons in Jesus lewe lewe ons alreeds in die toekomstige Ewige Lewe. Dit is

waarna ons moet jaag: Bekering is die lewe nou in Christus, wat later vervolmaak sal word.

Die verskil tussen die sabbat en die Dag van die Here.

8

www.Moriel.org
Die verskil tussen die Wet en Genade is dat Koning Jesus ons Sabbat geword

het.

Die Wet het te doen met 'n nuwe begin.

Die Dag van die Here het te doen met voltooing.

Die Sabbat is 'n herdenking van die Ou Skepping.

Die Dag van die Here is 'n herdenking van die Nuwe Skepping.

Die Sabbat is deel van die Ou Verbond van Werke.

Die Dag van die Here is deel van die Nuwe Verbond van Genade.

Die Sabbat was 'n opdrag volgens die Mosaiese Wet maar in die Nuwe Verbond is dit nie meer van

toepassing nie.

Rom.1:1‐6: "En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie. Die een

glo dat 'n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.

Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie,

want God het hom aangeneem. Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel Hy staan of val met

betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou. Die een

ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig

wees.

Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie,

neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en

wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God."

Hier sien ons baie duidelik dat geen mens 'n ander mens se gevoel kan oordeel nie, want God is die

Kenner van die hart, niemand mag u verplig om dae te hou, of nie te hou nie, insluitend die hou van die

sabbat. God alleen is die Wetgewer. Ons preek die Beginsels van die Wet.

Dit is die Gees van die Nuwe Verbond, hy wie aan die voete van Jesus Christus sit sal deur die Heilige

Gees gelei word tot Eer en verheerliking van onse Hemelse Vader.

Wat u as wedergebore mens van die Here ontvang het, is vir u deur die Heilige Gees gegee en dit mag in

my geval dieselfde wees of ook nie, die Here het weer vir my iets anders gegee, en al die beginsels is

opgeteken in die Woord van die Here, dit is u en my Maatstaf.

Die Gawes van die Heilige Gees is nie vir ons nie maar deur ons, ek het niks, maar Koning Jesus het alles

van my, dit wat ek gee, gee ek nie uit myself nie maar soos wat die Gees van God my lei. Prys U Heilige

Naam.

9

www.Moriel.org
U gaan eendag voor Koning Jesus staan en as u volgens u eie beginsels gaan probeer om God te behaag,

is dit u saak, maar wee u as u ander kleintjies volgens u beginsels laat struikel het.

Die beginsels van die Dag van die Here.

Een van die Sewende dag Adventiste se profete, Allen G. White het 'n boodskap van 'n engel gekry om

die sewende dag as die sabbat te herdenk, maar wie se engel was dit En u wat die sewende dag weer

ingestel wil sien, van wie het ù hierdie opdrag ontvang

Kol. 2:18‐23: "Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering

van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy

vleeslike gesindheid, en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en

verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word. As julle

dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog

in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie ‐‐almal dinge

wat deur die gebruik bestem is om te vergaan‐‐volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel

dit 'n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam,

geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees."

Die Dag van die Here.

Die sabbat het die mense onder verpligtiging gehou om een maal per week die weeklikse sabbat te

gehoorsaam, hulle moes dit doen. Die mens was gebonde aan insettinge en verordenige. Koning Jesus

het gekom en ons van hierdie dinge verlos. Ons kan nie God onder dwang dien nie. Die wil van die mens

was na die sonde val van Adam en Eva onder die invloed van Satan en sy bose magte, maar Koning Jesus

het hierdie mag van Satan aan die Kruis vernietig, en hier het Koning Jesus weer die wil van die mens

aan hom terug gegee.

Met die instelling van die Dag van die Here, die eerste dag van die week wat ook die Opstandingsdag

van onse Here Jesus Christus was, merk ons dat die Kerk in Handelinge nie 'n ophef gemaak het van die

dag nie maar dat die klem geval het op Jesus Christus en die Evangelie en nie op 'n spesifieke dag nie,

want dit is nie wat verkondig moet word nie.

Soos wat die tyd aangestap het, het gemeenskaplike byeenkomste in die Naam van die Here al meer en

meer verskuif na die eerste dag van die week naamlik Sondag. Ons sien dat Paulus soms die Sabbat, die

sewende dag, byeenkomste, en ook die eerste dag byeenkomste, bygewoon het, dit het nie vir hom

gegaan om die dag nie, maar Jesus Christus sy Saligmaker, en die ewigheidswerke wat lei tot redding van

'n verloregaande mensdom.

So sien ons dan in Handelinge dat hulle volhard het in die Leer van Jesus Christus nie net op die eerste

dag nie maar elke dag. In die begin was hulle sabbat elke dag, en dit is waar ons weer moet kom, Jesus

Christus en die Evangelie moet elke oomblik deur ons lewens verteenwoordig word, dit is die voorsmaak

van die Ewige lewe nou wat later vervolmaak gaan word, en nie net Sondae nie of Saterdae nie.

Hand. 2:46‐47: En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood

gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het

10

www.Moriel.org
en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is."

Hand. 20:7 "En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek‐‐‐"

Koning Jesus het ons vrygekoop van die wet.

Gal. 3:23‐29: Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met

die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat

ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n

tugmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal

wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou

nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag

van Abraham en volgens die belofte erfgename."

As ons deur die Heilige Gees in gemeenskap van die heiliges bymekaar kom om Jesus Christus te

verheerlik dan verteenwoordig dit die heerlikheid van die toekomstige sabbatsrus:

Hebr 4:9‐11: "Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus

ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat

niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

Maar daar is ook 'n groot waarskuwing vir ons opgeteken, daar is baie mense wat glo dat eenmaal gered

altyd gered, en dat hulle kan lewe soos hulle wil, maar die Woord van die Here sê vir ons in Heb.4:1:

"Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk

dat iemand van julle agtergebly het nie."

Mense probeer vandag die werke van God doen, maar dit is tevergeefs, God se Werke is absoluut

volmaak en niks kan bygevoeg word nie.

Die sabbat is vir die mens en nie vir die Here nie, pasop vir mense instelling wat u weer onder die wet

wil inlei. Moet nie deur u werke probeer om u Christenskap te bewys nie. Christenskap is lewens

beginsel wat gefondeer is op die Woord van God. Ons Sabbat is Jesus Christus, die Openbaring van die

Sewende dag. Die mens wat uit sy sabbatsrus beweeg en probeer om God te behaag deur die vlees,

hierdie werke is tevergeefs.

Eff.2:13‐19: "Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van

Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge

bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een

liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy

het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur

Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en

bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God‐‐" Amen. †††

11

www.Moriel.org