29.11.2014 Views

Preek God laat jou nie vergaan nie Klaag 3v1-33

Preek God laat jou nie vergaan nie Klaag 3v1-33

Preek God laat jou nie vergaan nie Klaag 3v1-33

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Skriflesing: Klaagliedere 3:1-33

Teksverse: Klaagliedere 3:21-23

GOD LAAT JOU NIE VERGAAN NIE!

Inleiding

Ons almal het ’n stryd met swaarkry in die lewe – maak nie saak wat die aard daarvan is nie:

siekte, finansiële nood, hartseer en rou, gebroke verhoudings. In ons teksgedeelte bekla die

digter sy persoonlike lot by die Here, anders as in die res van die boek Klaagliedere wat oor

Jerusalem en Juda se ellende handel. Hy ervaar sy lyding as die woede van die Here en dit is

gal en gif vir hom – sy hoop op die Here lyk verniet. Hy dink daaroor na totdat sy gedagtes

vasdraai – klink dit bekend? En tog bly hy hoop want deur sy liefde laat God die digter nie

vergaan nie. Sy ontferming en genade is elke dag nuut. Hy verstoot hom nie vir altyd nie – sy

liefde is groot. Dit is die digter se troos te midde van sy ellende en ook ons troos te midde van

swaarkry in die lewe.

Swaarkry beroof jou van hoop

Die boek Klaagliedere handel oor die val van Jerusalem en Juda se wegvoering in ballingskap

deur Nebukadnesar en sy leërmagte. Jerusalem en Juda is die fokuspunt van die boek, en die

ellende wat die volk van die Here deur hulle sonde en die Here se straf daarop gely het.

Hoofstuk 1 beskryf die ellende van Sion, die heilige stad, die stad van Dawid en van God.

Hoofstuk 2 beskryf weer die oorsaak vir die stad se ellende – die Here het sy volk se vyand

geword en daarom moet die stad tot Hom roep (2:5, 18). Hoofstuk 4 vertel weer van die ellende

van die stad se beleg deur Nebukadnesar (2 Kon 24) en hoofstuk 5 bevat ’n gemeenskaplike

klaaglied van die volk wat uitloop op ’n appèl tot God om sy volk te red. Hoofstuk 3, ons

teksgedeelte, vorm die klimaks van die boek, maar is tog anders. Die spreker is ’n individu, ’n

Judeër, en hy bekla sy individuele lot by die Here. Dit mag op sekere vlakke verband hou met ie

ellende van sy volk, maar dit is baie meer persoonlik as in die ander 4 liedere in die boek.

Die digter vergelyk sy eie lyding met dié van Jerusalem en dit is net so erg soos wat die Here

oor sy stad en sy volk gebring het. Hierdie onbekende man het die volle lyding onder God se

woede beleef. Hy gebruik taal wat ook van Juda se lyding gebruik word: oor siekte (vgl Ps

34:21; 38:4; 51:10); gevangeskap (Job 19:8; Ps 88:9); die jag van roofdiere op hulle prooi (Job

10:16; Spr 28:15); die dodelike wonde toegedien deur ’n boogskutter (Job 16:13; Ps. 38:3); spot

(Ps 22:8, 18; 35:21) en ander vernederings. Die digter sien sy swaarkry as tipies van basiese

menslike lyding waaraan alle mense in hulle leeftyd blootgestel word. Sy lyding is ’n lyding saam

met die hele mensdom, ’n beproewing wat groter is as dié van ’n enkeling. Daarom probeer hy

ook om dít wat hy beleef het, diensbaar te maak vir die hele volk of gemeente. In sy verhouding

met God is alles vir hom onderstebo gekeer: God jaag hom die donker in plaas daarvan om lig

op sy pad te gee; Hy staan hom weg eerder as om hom nader te trek; Hy laat sy liggaam deur

siekte uitteer en vergaan eerder as om genesing te gee; die Here perk hom in asof hy in die

tronk is eerder as om hom te bevry; Hy weier om die digter se gebed te hoor eerder as om na

hom te luister; Hy lê hom voor soos ’n roofdier eerder as om uitkoms teen gevaar te bied; die

Here span sy boog teen die digter eerder as om die pyle van sy vyande af te weer; Hy laat die

gespot van die digter se volk toe eerder as om hulle stil te maak; Hy laat hom die bitter van die

lewe smaak eerder as die soet; die Here ontneem hom van rus en voorspoed eerder as Hom sy

rus en voorspoed (Ps 23) te skenk.

Hierdie lyding wat die digter ervaar dryf hom tot wanhoop. Hy dink dit is klaar met hom en met sy

hoop op die Here. Sy hoop op God het beskaam want kyk waar bevind hy hom: alleen,

oorgelewer aan die lyding en swaarkry van die lewe, deur God en sy almag en sy reddingskrag

verlaat. As hy aan sy ellende dink, laat dit ’n suur smaak in sy mond, soos gal en gif. As hy oor

sy ellende nadink, draai sy gedagtes vas. Hoe meer hy vra na die hoekom en waarom van sy

lyding, hoe minder sin maak dit en hoe minder antwoorde kry hy. Ek dink, broer en suster,

elkeen van ons kan hiermee een voel – ons wonder en dink en besin en stry en baklei oor die

hoekom en waarom van ons lyding en swaarkry: die hartseer van die dood van ’n geliefde;

finansiële nood wat my en my gesin in ellende gedompel het; die brokstukke van gebroke

verhoudings wat my lewenspad besaai; depressie wat my soos ’n ondraaglike gewig aftrek;

verspeelde kanse in my lewe wat vir my voorspoed en geluk kon bring; ander se sonde wat

swaarkry vir my veroorsaak; my eie sonde wat my al nader aan die afgrond van die lewe druk;

siekte wat my oorwelding en my lewe bedreig; misdaad wat my van my lewensvreugde en –

vrede beroof. Dit alles en nog baie meer draai en maal en spoel deur my gedagtes tot dit

vasdraai soos ratte waarvan die olie uitgeloop het. Ek word vasgevang in sirkelredenasies wat

my laat wakker lê en my lewe oorheers. Dan ervaar ek die wanhoop waarvan die digter praat;

dan dink ek ook dit is klaar met my en met my hoop op die Here.

2

Maar God laat jou nie vergaan nie!

En tog kom daar ’n draaipunt in die lewe van die digter. Juis in die dieptepunt van sy swaarkry

verkry hy weer perspektief. Skielik besef hy dat sy hoop op die Here nie beskaam nie; dat hy

rede het om te bly hoop op die Here. Let op: daar is geen verandering in sy omstandighede nie

– hy ervaar steeds dieselfde swaarkry en lyding as vroeër. Maar hy onthou wie God is en wat Hy

doen. Hy onthou dat daar aan die Here se liefde en ontferming en trou geen einde is nie. God se

liefde vir sy kinders maak dat Hy nie sy kinders laat vergaan nie. Sy ontferming ken geen einde

nie. In die Nuwe Testament verwys die ontferming van God na die verlossingswerk van Christus

wat ook geen einde ken nie (Rom 12:1) – dit is volmaak en voldoende. En net so is die

ontferming en barmhartigheid van God oor sy kinders. Trouens, Hy gee dit elke môre asof van

voor af; asof dit die eerste keer is wat Hy sy kind in genade en liefde aansien en sy omtferming

gee. Selfs wanneer die branders van die lewe oor hulle spoel en dit voel asof hulle onder die

vloedgolf van swaarkry gaan verdrink, red God hulle omdat Hy hulle liefhet. Hy is hulle deel,

hulle lewe, soos Hy vir elke stam hulle deel van die beloofde land gegee het maar vir die Leviete

self hulle deel was (Num 18:20). Ons het vroeër uit Psalm 16 daarvan gesing. En omdat die

Here sy deel is, bly die digter op Hom hoop, selfs te midde van sy swaarkry en ellende.

Om op God te bly hoop te midde van swaarkry is nie maklik nie – ons verwag dikwels

onmiddellike uitkoms en dan raak ons ongeduldig as die Here dit nie gee nie. Daarom moes ons

weet, soos Paulus, dat hoop van die Here self kom en nie uit ons menslikheid nie (Rom 5:5). En

ons hoop op Hom groei net deur sy Gees (Rom 15:13). Vir elke gelowige wat op God bly hoop is

daar vrug: die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, na sy wil vra en geduldig op Hom bly wag

(25-26). En hoe jonger mens dit leer, hoe beter want so groei ons deur ons lewens heen in hoop

en geloof en vertroue en in ons persoonlike verhouding met God. Ons moet die las van ons

swaarkry in die lewe gelowig en geduldig dra, ons voor God verootmoedig eerder as om

hoogmoedig op uitkoms aan te dring, die wang draai as ons geslaan word deur die aanslae van

mense en omstandighede. Ons moet die swaar van die lewe net so gelate aanvaar soos die

goeie want God is vrymagtig en handel na sy vrye wil met elkeen van ons. Vir ons is swaarkry

nie straf nie, want Christus het die straf op ons sondes gedra. Maar sy verlossingswerk is ook

nie ’n vrywaring teen swaarkry nie – juis deur ons swaarkry groei ons in die geloof (Jak 1:2-4).

Ons troos is dat God ons nooit verstoot of verlaat nie – daarvoor het Christus gesorg. Hy

ontferm Hom oor ons selfs wanneer Hy ons met beproewing toets want sy liefde is groot – so

groot dat niks in hierdie skepping ons van sy liefde in Christus kan skei nie (Rom 8:35-39).

3

Trouens, wanneer God swaarkry op ons pad bring, doen Hy dit nie omdat dit Hom plesier nie

maar omdat dit tot ons beswil is. En juis daarom moet ons te midde van lyding van watter aard

ook al geduldig op sy ontferming wag – sy liefde beteken dit sal kom; ons sal nie deur die see

van ons swaarkry oorspoel word nie!

Opsomming

Elkeen van ons kan vanaand getuig van ons eie swaarkry en ellende. Jy mag dalk dink dat

joune die swaarste of die ergste is, maar uiteindelik is elkeen van ons die man of vrou wat

ellende belewe (v.1). Ons kan elkeen saam met die digter getuig dat ons swaarkry soms na die

woede en straf van die Here voel, al weet ons dat sy Seun die straf ten volle in ons plek gedra

het. Ons kan saampraat oor hoe ons lyding ons gedagtes oorheers totdat hulle in ons koppe

vasdraai en ons van ons hoop die Here beroof. Maar saam met die digter moet ons ook bly

hoop op God want deur sy liefde laat Hy die digter, en ons, nie vergaan nie. Sy ontferming en

genade is elke dag nuut – ook wanneer ons opstaan en ons ons swaarkry in die gesig moet

staar. God verstoot ons nie vir altyd nie want sy liefde is groot. En dít, broer en suster, is ons

troos te midde van die swaarkry in ons lewens.

AMEN.

–––oOo–––

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!