14.11.2014 Views

die veekraal - Nutrochem

die veekraal - Nutrochem

die veekraal - Nutrochem

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die veekraal

volg ons asb op

JULIE / AUG / SEPT 2013

DIE WINTER

IS HIER!

Wat is nou

belangrik?

DIE WINTER IS HIER!

Artikel deur Dr JJ Kroon, Econovet CC

Opsomming van wat begin van die winter van belang is

Met die lande oopgaan! Alle skape moet

BLOEDNIER ge-ent wees. Maak seker dat

die diere goed aangepas is, voordat hulle

heeldag in die land bly. In die begin moet

die diere eers in die namiddag na die lande

gaan wanneer die rumen reeds gevul is met

ruvoer. Spuit ooie CHLAMIDIA (Ensoötiese

Aborsie) voor hulle ram toe gaan. Beeste

en skape wat lande toe gaan moet eers vir

LEWERSLAK behandel word, omdat daar

dan geen nuwe besmetting kan plaasvind

nie en die bees vir die hele winter inwendig

skoon sal wees. ROOIWATER wil maar net

nie stop nie. Ons het steeds uitbrake en dit

sal eers eindig 14 dae nadat ons ordentlike

ryp gekry het.

AANTEEL KOEIE EN BULLE

Multimin+Vit A+E

Covexin 10/ Coglavax (alle spons siektes)

+Botuthrax (Lam-Miltsiekte)

Respirivax/Triangle (alle dragtige koeie voor

kalf+bulle)

Lewerslak. Behandel vir al die stadiums van

slak - Triklabendazool bek doseer of sistemiese

opgietmiddel.

Maak skoon vir bosluise.

VERVANGINGS VERSE 7 - 8 MAANDE

EN VERSE GEREED VIR BUL

RB51 (Besmetlike misgeboorte)

BVD (Titanium of Bovitec 3)

Multimin+Vit A+E

Covexin 10

Lewerslak

Bosluise

BESPREKING

ROOIWATER

Ons het ’n eienaardige seisoen gehad wat

Rooiwater aan betref. Daar was nooit oortollige

bosluise nie, maar uitbrake kom steeds voor. Die

einde van die aanslag behoort in sig te wees,

aangesien ons nou eers goeie ryp begin kry het.

Wat belangrik is, is om ’n finale dipping te doen,

sodra die bosluis aanslag vanaf die veld op sy

laagste is. In-enting met veral die Asiatiese stam

van Rooiwater moet gedurende die winter maande

gedoen word. Die nuutste inligting is dat die inenting

teen Asiatiese Rooiwater elke 3 jaar herhaal

moet word.

Die aanbeveling is dat vervangings verse die

eerste keer geënt word op 4-8 maande ouderdom

en dan weer 1 jaar later om ’n maksimale

immuniteit te kry. Daar is bleikbaar ’n drastiese

afname in die voorkoms van Rooiwater waar diere

só ge-ent was.

LEWERSLAK

Dit is baie belangrik om nou vas te stel of jou

kudde met lewerslak besmet is, aangesien beeste

met lewerslak nou waardevolle gewig gaan verloor

deur die winter. Hierdie massaverlies gaan ‘n

groot impak hê op her- konsepsie met die dek

seisoen aan die einde van die jaar. Na die eerste

ryp is die herbesmetting van lewerslak baie laag.

Ons het dus nou ‘n kans om al die stadia van die

onvolwasse slak tot volwasse slak dood te maak

as die regte middel gebruik word. Dit is veral in ’n

seisoen soos vanjaar uiters belangrik omdat daar

’n groot beperking op kos gaan wees as gevolg

van die droogte.

Beeste besmet met lewerslak kan tot 60 kg

lewendige gewig verloor deur die winter net as

gevolg daarvan – Indien die koei 1 kg / dag in

massa toeneem aan die begin van dek seisoen

gaan dit haar 60 dae neem, voordat sy begin

siklus toon. Indien jou dek seisoen 90 dae lank is,

is daar net 40 dae oor waarin sy kan beset raak.

‘n Bloedtoets is nou beskikbaar waarin

teenwoordigheid van slak baie akkuraat bepaal

kan word. Baie erge besmetting kom vanjaar

voor by die beeste wat ons reeds getoets het,

omdat die toestande vanjaar baie gunstig was vir

veral lewerslak, maar ook rondewurms. Die “oop

waters” is vanjaar baie meer gekonsentreerd a.g.v.

die droogte en besmetting vind dus baie makliker

plaas. (Mis monsters is ook gedoen).

Onthou dat lewerslak permanent in die dier bly

en so oud word soos die bees self indien dit nie

doeltreffend beheer word nie. Aangesien ons

in die Hoëveld na af geoeste lande gaan in die

winter, het ons ‘n kans om die siklus totaal te

breek indien ons die regte middel gebruik. Deur

die beeste enige tyd van nou af vir inwendige

parasiete te behandel gaan ons die beste

moontlike resultate kry, aangesien baie min

herbesmetting van nou af sal plaasvind - dus die

beste waarde vir geld.

TRIKLABENDAZOOL is die enigste slak middel

wat lewerslak in al sy stadiums doeltreffend

behandel. Indien enige ander middel gebruik word

moet 3 x behandel word met tussen poses van 6

– 8 weke. Met eenmaal se behandeling bereik ons

absoluut niks, omdat die onvolwasse stadiums na

6 – 8 weke weer volwasse is. Wat ons op hierdie

stadium aanbeveel is ‘n TRIKLABENDAZOOL bek

dosering.

LUISE

Kyk uit vir luise wat reeds begin kop uitsteek. Dit

word gesien as kaal kolle wat veral teen die nek

begin sigbaar word. Van nou af tot aan die einde

van die winter kan luise by beeste ‘n rol speel.

Luise begin reeds op plase ‘n probleem word.

Dit kan beeste baie maer maak en dus ook

waardevolle massaverlies laat plaasvind. Gebruik

dipmiddels met luis registrasie van nou af.

Waar Bruinoor bosluis ‘n probleem was, is dit

baie belangrik om ’n mid-winter dipping te doen,

aangesien die larf in die oor oorwinter na die

volgende seisoen.

PASTEURELLA

Onthou om RESPIRIVAX/TRIANGLE te ent vir alle

dragtige koeie. Die koei word teen die gevreesde

Pasteurella beskerm en ook die kalf, deur die

biesmelk, teen BVD, IBR,I PV en PASTEURELLA

wat ‘n baie sterker en gesonder kalf tot gevolg het.

TRIGOMONIASE

Lg. is weer gevind vanjaar op baie plase, dus

moet skede wasse op alle bulle vroegtydig

gedoen word. Sit druk op buurplase om ook te

toets om jou risiko te verlaag. Ons kry maar net

nie hierdie siekte onder beheer nie. Druk word nou

op die minister geplaas om dit ‘n aanmeldbare

siekte te maak waarby almal verplig sal wees om

bulle te toets.

Met die skede wasse wat ons tot dusvêr gedoen

het blyk dit dat hierdie geslagsiekte verseker aan

die toeneem is. Wat kalf persentasie aan betref

is dit beslis een van die siektes wat die grootste

impak het op vleisbees ekonomie. Moet asseblief

nie nalaat om die bulle te toets nie!

MULTIMIN SE+CU & VIT +E

Die eierselle vir ovulasie word nou reeds in die

koei gevorm vir die volgende dek seisoen in

Okt/Nov en tekorte aan essensiële minerale en

vitamiene sal die konsepsie erg benadeel.

Dit is veral Selenium wat verantwoordelik is vir

die immuunsisteem en vrugbaarheid wat van

kardinale belang is.

Ons beveel aan dat Multimin met Se + Cu 2

maal per jaar gegee word met eerste keer in

vroeë winter, voordat die koeie kalf en dan ses

maande later. Net voor geboorte neem die kalf

al die reserwes van die koei op vir homself en

los dan die koei met ‘n tekort van Se voor die

dek seisoen. Onthou asseblief dat VitA altyd

saam met Multimin gebruik moet word, omdat

hulle sinergisties met mekaar werk. Ons is besig

om die Selenium status (Se) op alle plase te

toets, omrede suur-reën in ons omgewing Se

ontoeganklik vir die dier maak. Dit lyk asof die Sestatus

minder as die helfte van die normalel in ons

omgewing is. Se is veral verantwoordelik vir die

behoud van die immuunsisteem en vrugbaarheid.

In ‘n proef wat in ‘n voerkraal gedoen is, is uit ‘n

groep van 400 kalwers 200 met Multimin+VitAE

gespuit voor hulle veld toe is vir “Back grounding”.

Hulle is weer gespuit na 3 maande voor hulle

voerkraal toe is. Die ander groep van 200 is alles

gedoen behalwe die Multimin. Toe die somme

op die einde van die voer proses gemaak is,

het die groep met die Multimin R400/kop meer

wins getoon as die ander groep. Hulle het beter

weerstand gehad, dus minder siek geword, en

dus merkwaardig beter gegroei.

SKAPE

Ensoötiese Aborsie. Baie belangrik dat die

entstof gegee word aan die ooie voor hulle ram

toe gaan. Die toestand veroorsaak geweldige

verliese aan lammers gedurende die draagtyd of

kort na geboorte.

Bloednier. In-enting, wat insluit alle ander stamme

van Klostridium, is uiters belangrik voor die

winter en voor skape na af geoeste lande gaan.

(Coglavax/Multivax P)

Pasteurella. Long toestande kom veral in die

winter meer voor.

Ontwurm. Lewerslak, rondewurm (haarwurm) en

veral neuswurm moet in die mid-winter behandel

word, omdat die larf stadium in die neus oorwinter

na die volgende somer.

Rooiluis. Uitbrake kom wyd verspreid voor en

moet aangespreek word.

Artikel deur DrJJKroon

DIE BEGIN VAN LENTE

Artikel deur Dr JJ Kroon, Econovet CC

Die volgende aksies is in September baie belangrik

VERVANGINGSVERSE

Belangrik is die 2de BVD en Besmetlike

Misgeboorte (RB51) inenting, 1 - 2 maande voor

die bul bykom. Indien so ‘n vers op datum gespuit

is, is dit ‘n lewenslange belegging teen die twee

mees gevreesde siektes in ‘n beeskudde.

ALLE BEESTE

EKSTERNE PARASIETE

Luise is veral in die winter ‘n groot probleem en

kan gesien word deurdat die beeste hulle self

begin lek en skuur teen voorwerpe of teen die

doringdraad waar ‘n teken hiervan, dan hare op

die dorings is. Kaal kolle begin veral op die nek

en dan res van die lyf sigbaar word. Die irritasie

is verantwoordelik vir geweldige gewigsverlies by

beeste.

KNOPPIESVELSIEKTE /

DRIE DAE STYWESIEKTE

Ons het die vorige seisoen nie veel van bg. siektes

gehad nie, maar omdat hulle ’n sikliese patroon

volg, kan ons nie die kans vat om nie daarvoor te

ent nie.

SLENKDALKOORS

Waar kuddes die vorige 3-4 jaar volledig ge-ent

was met die lewendige entstof kan vanjaar dalk

net die diere wat nog nooit blootgestel was met

die lewendige entstof ge-ent word.

PILIGUARD PINKEYE

‘n Entstof teen seer oë by beeste is nou

beskikbaar en moet voor die somer ge-ent word.

Goeie resultate is verkry met entings wat verlede

jaar gedoen is. Diere wat die 1ste keer ge-ent

word, kry 2 entings 4 weke uitmekaar.

MILT / LAMSIEKTE

Botuthrax+COVEXIN 10 / Coglavax

(A- tipiese spons siektes) - Alle beeste en

kalwers, elke jaar in die lente.

ROOIWATER / GALSIEKTE

Inenting kan nog met veiligheid geskied tot middel

Desember.

TULP VERGIFTIGING

Met die groen gras wat wil uitkom vroeg in die

lente vreet veral jong diere die tulp saam met

die gras. Verlamming in die agterlyf is veral ‘n

simptoom.

SKAPE

BLOUTONG EN BLOEDNIER

Net die eerste maand van dragtigheid kan dit

gevaarlik wees om te ent vir Bloutong, ent A, B &

C apart met 3 weke tussenpose.

Die skeerseisoen is om die draai. Let asb. daarop

dat meer en meer gevalle van Rooikop luis by

skape voorkom, omdat daar nie meer die laaste

tyd gedompel dip word nie. Inspuitbare dipstowwe

beheer nie luise nie, maar net die Brandsiekte

myte, omdat hulle bloed suig. Skape moet

gedompel dip word na skeer.

Doseer skape nou met ‘n middel wat neuswurm,

rondewurm en slak beheer, sodat ons met skoon

skape op die skoon veld kan gaan.

PERDE

PERDESIEKTE

Ent nou Perdesiekte voor Desember - 1 en 2

apart, 3 weke uitmekaar.

Ontwurm perde nou met ‘n breë spektrum. Pastas

werk goed op hierdie stadium.

Artikel deur DrJJKroon

Spesiale

Aanbod

per eenheid

R122.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

PRYS IS BTW UITGESLUIT.

Spesiale

Aanbod

per dosis

R75.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

PRYS IS BTW UITGESLUIT.

Spesiale

Aanbod

12 kg

R112.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

PRYS IS BTW UITGESLUIT.

Spesiale

Aanbod

per dosis

R55.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

PRYS IS BTW UITGESLUIT.

Lewer hoê vlakke organiese spoorminerale in ‘n unieke lekblok

formulasie vir lae inname. Spoorminerale is noodsaaklik vir

dieregesondheid, ensiem metabolisme en reproduksie. Alle

spoorminerale in Primeline Block is in organiese vorm.

Spoorminerale in organiese vorm is veiliger en meer effektief,

omdat hulle beter opgeneem en behou word deur die diere.

WAAR WORD DIE BLOK GEBRUIK

• Vir diere wie se weiding of voer, onvoldoende spoorminerale vlakke het,

bv. areas met Selenium, Sink, Mangaan en Koper tekorte.

• Vir die voor en gedurende paring periode - spoorminerale is baie

belangrik vir die optimale reproduksie funksie.

• Gedurende vroeë laktasie; Om die impak van spoorminerale verlies van

die moeder te beperk.

• Vir bulle en jong, vinnig groeiende verse.

Spesiale

Aanbod

750g pakkie

R37.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

PRYS IS BTW UITGESLUIT.

Bioplex Bovine Fertility Pak

Artikel deur Mia Niemand

Bioplex Sink, Sel-Plex, Bioplex Mangaan, Bioplex Koper

D

ie Bovine Fertility Pak is in Suid-Afrika, vir

Suid-Afrika ontwikkel. Bioplex organiese

spoorminerale voorsien minerale in die

natuurlike vorm soos dit in plante voorkom. Hierdie

unieke kombinasie van organiese spoorelemente

verseker verhoogde beskikbaarheid en

opneembaarheid in die dier. Die samestelling van

Alltech se Bioplex Fertility Pak is van so aard dat

dit enige spoormineraal voormengsel sal aanvul.

‘n Koper tekort kan hoë embrionese mortalitiete,

verlaagde konsepsie syfers, hoë somatiese

sel-tellings, asook swak hemoglobien sintese tot

gevolg hê. Sink speel ‘n rol in die metabolisme

van koolhidrate, proteiene en vette. Dit is ook

‘n bousteen van keratien wat in die wand van

die speen-opening voorkom, wat noodsaaklik

is om die uier teen infeksies te beskerm. Sink

tekorte kan seksuele volwassenheid vertraag,

asook abnormaliteite in die uterus en normale

prostaglandine sintese veroorsaak.

Gevolgtrekking

Die insluiting van selenium, koper, mangaan en

sink, in die diëte van melkkoeie is belangrik om

optimale gesondheid en reproduksie te verseker.

‘n Voldoende spoorelement status in melkkoeie

kan die nadelike effekte van akute inflammasie,

as gevolg van Mastitis, voorkom. Uiergesondheid

en somatiese sel-tellings kan verbeter word deur

organiese Selenium-, Sink- en Koper aanvullings.

Bioplex Bovine Fertility Pak is ideaal indien die

volgende probleme ondervind word: koeie kalf nie

of kom nie op hitte nie; hoë somatiese sel-tellings

in melk; gereelde voorkoms van mastitis; koeie

wat mank loop.

Die Mangaan, Koper en Sink in die Bioplex

Fertility Pak bestaan uit organiese bindings, en

Sell-Plex (organiese selenium) is vervaardig uit die

fermentasie van gis. Minerale in hierdie natuurlike

vorm verseker beter absorpsie en beskikbaarheid

in die diere as anorganiese minerale.

Daardeur word die ekonomiese aspek van

die boerdery en algehele diere-welsyn ook

bevoordeel. Organiese Sink, Mangaan, Selenium

en Koper verbeter dus daaglikse melkproduksie,

asook die geleenthede vir vervangings-verse en

seleksie deur optimale reproduksie. Die immuniteit

en reproduksie van melkkoeie kan dus verbeter

word deur bestuurspraktyke aan te pas, soos

strategië in terme van voeding en die beheer van

mastitis te implementeer.

Die minerale in die Fertility Pak speel ‘n

belangrike rol in die beskerming teen infeksies.

Tekorte aan Selenium kan, onder andere, lei tot ‘n

verlaagde weerstand teen siektes soos Mastitis.

Knopvelsiekte: Persepsies & Realiteit

Artikel deur Dr Erika Pienaar

ie ses algemeenste VERKEERDE

persepsies oor knopvelsiekte is dat:

D• min diere in ‘n kudde deur knopvelsiekte

geaffekteer word tydens ‘n uitbreek

• nog minder uiteindelik vrek

• slegs die vel aangetas word

• as ons die diere genoeg tyd gee om te herstel,

daar geen blywende effek of leeftydproduksie is

nie

• as die uitbreek verby is, ons nie meer hoef te ent

nie, en

• as ons nie die siekte sien nie, hoef ons nooit te

ent nie.

Die voorkoms van die siekte is 5 - 45%, maar kan

so hoog as 100% wees, terwyl vrektesyfers van

so hoog as 10 - 40% voorkom. Knopvelsiekte is

‘n akute tot kroniese pokkevirussiekte in beeste

en word gekenmerk aan die velletsels (knoppe)

asook letsels aan interne organe soos longe,

testes, spysverteringskanaal, uierweefsel en

spiere.

Selfs in diere wat ‘herstel’ het, het knopvelsiekte

‘n blywende effek op leeftydproduksie. Letsels

herstel deur bindweefsel te vorm en sal dus die

funksie van die organe permanent affekteer en

die doeltreffendheid van die ‘herstelde’ bees

lewenslank benadeel. Sekondêre bakteriële

infeksies wat o. a. lei tot longontsteking en

Mastitis, is ook ‘n realiteit.

Kliniese tekens word eers tydens die eerste

koorsreaksie, 14 - 28 dae na die blootstelling

aan knopvelsiektevirus waargeneem. Hierdie

eerste kliniese tekens is vaag en traanvloei, kwyl

en mankheid word opgemerk. Eers ‘n verdere

4 - 10 dae later, tydens die tweede koorsrekasie

is velletsels duidelik sigbaar. Ekonomiese verliese

a.g.v knopvelsiekte sluit in:

• huide wat afgeskeur word

• ‘n verlaagde droë materiaal inname wat lei na

verlaagde massa toename en melkopbrengs

• permanente uierweefsel skade wat lei na

verlaagde leeftyd produksie (melkbeeste) en

speenmassa (vleisbeeste), asook ‘n verhoogde

risiko vir Mastitis

• sekondêre bakteriële infeksies in verskeie

organe wat lei na permanente skade

• onvrugbaarheid in bulle en koeie

• aborsies in koeie a.g.v ‘n koorsreaksie.

Die pokkevirus word hoofsaaklik oorgedra

deur bytende insekte, met die gevolg dat

bewegingsbeheer en kwarantynmaatreëls meestal

oneffektief is. Die virus kan vir langer as ‘n maand

in die velletsels oorleef, wat dien as ‘n bron vir

die bytende insekte. Die speeksel van besmette

diere bevat die virus tot 11 dae na die eerste

koorsreaksie en kan die drinkwater besmet. Melk

van besmette koeie sal ook suipkalwers besmet.

Daar is geen behandeling vir die virussiekte nie

en die voorkoming daarvan is kardinaal. Die

uitbreek van knopvelsiekte kan met die gebruik

van ‘n doeltreffende lewende entstof voorkom

word en so skade beperk en selfs die siekte

uitroei. Die beste is om vroeg te ent VOOR die

toename van die insekvektor, eerder as om te

wag vir die uitbreek van knopvelsiekte. Gebruik

jaarliks die nuwe, mees immunogeniese, veilige,

doeltreffende entstof: Herbivac L5 ® (Reg. nr.

G3955, Wet 36/1947). Net soos die pokkevirus

in die mens uitgeroei is deur enting, is dieselfde

moontlik indien die meerderheid van die

beespopulasie ingeënt word.

Dr Erika Pienaar

Tegniese Verkoopsbestuurder - Vleisbeeste

CEVA Animal Health (Edms) Bpk.

Sel: 082 823 7401

Epos: erika.pienaar@ceva.com

Nutrochem Betrokkenheid

Artikel deur Hercules Barnardt - Nutrochem

Hier was ons betrokkenheid in Limpopo

D

it was vir Nutrochem ‘n voorreg om die deel

te wees en te kon uitstal by die 4de ‘Langs

die Oever Boeredag’, 21 - 22 Maart, te

Letsitele, Limpopo.

‘n Briljante idee tussen twee manne het geleie tot

die klein begin van ‘Langs die Oever Boeredag’ in

Maart 2011. Kallie Erasmus en Renier Reyneke het

tydens ‘n Rubbervale beesveiling in September

2010 aan die idee gekom. ‘n Trekker maatskappy

het ‘n trekker daar uitgestal en dis toe die idee

posvat.

Almal het eenparig besluit dat die dag langs die

Letabarivier op die plaas Montrose van Kallie

Erasmus sou plaasvind. Vandaar die gepaste

naam ‘Langs die Oever Boeredag’.

Die hoofdoel van die dag was om ‘n unieke

geleentheid te skep vir alle handelaars in

die landboubedryf en verspreiders van

landboumasjienerie, produkte en dienste om uit te

stal en te demonstreer wat hulle vir die boere van

Limpopo beskikbaar het.

Die program by die boeredag het gewissel van:

• Ploegkampioenskappe

• Praktiese demonstrasies

• Bees en Diere Parade

• Lugskou

Die geleentheid is afgesluit met ‘n kuier en

vermaak deur Jakkie Louw.

Nutrochem Betrokkenheid

Artikel deur Nutrochem

Ons bied 2-dag KI Kursus aan te Westend Landgoed

N

utrochem het 21 en 22 Mei ‘n 2-dag

KI Kursus by Westend Landgoed op

Morgenzon aangebied.

Die kursus is deur Jool Nkuna aangebied en

het bestaan uit KI teorie en prakties. Die kursus

is deur 8 persone bygewoon van Mpumalanga

omgewing. Die studente het almal die kursus

geslaag en was vasberade om baie sukses te

behaal op die pad vorentoe.

Graag wil ons ook van hierdie geleentheid gebruik

maak om vir Hannes Lombard en Johan Pretorius

te bedank vir die gebruik van hulle puik fasiliteite

by die melkery op Westend Landgoed.

Nutrochem Betrokkenheid

Artikels deur Nutrochem

Banke Boerevereniging

N

utrochem is elke jaar betrokke by die Banke

Boerevereniging se maand vergadering

wat buite Middelburg by die Banke

Boerevereniging se saal gehou word.

Kobus Wessels, Nasionale Verkoopsbestuurder

van Afrivet en Johan Herholdt,

Verkoopsbestuurder van Nutrochem het die

aand geborg en oor uitwendige parasietbeheer

gesels. Die aanbieding het die noodsaaklikheid

van effektiewe bosluisbeheer op die regte tyd

toe te pas en hoe om voorkomend op te tree

om sodoende maksimale produksie te verkry en

vrektes tot die minimum te beperk.

Met die toenemende styging in kostes in die

landbou was dit eens dat daar al hoe meer

klem gelê moet word op die effektiewe bestuur

en behandeling van vee deur die jaar. Hierdie

volhoubaarheid kan slegs plaasvind indien kudde

bestuur opgeskerp word en boere ingelig is oor

siektes en die effektiewe behandeling daarvan.

ALZU Depots te Marble Hall

is met trots dat Nutrochem betrokke

kan wees met voorsiening van

Ddieregesondheids produkte en instrumente

by die ALZU Depots.

ALZU Marble Hall was die eerste tak wat

oorgedoen is met die nuwe voorkoms van die

ALZU depots. Die klem is om hulle kliënte te kan

bedien met verskeidenheid produkte wat gereeld

in aanvraag is.

Zak, wat in beheer is van al die aankope by die

ALZU depots het die aand saam met die bestuur

en eienaars van ALZU almal welkom geheet en

vir Barbara wat die Marble Hall tak bestuurder is

geloof vir haar harde werk en goeie insette wat sy

lewer aan die kliënte van ALZU.

Alle insetverskaffers is bekend gestel aan hulle

gaste en kliënte en daar is gesellig saam gekuier

vir die aand.

Die aand is afgesluit met ‘n ete waarna die boere

nog baie vrae gevra en gesellig saam gekuier het

Nutrochem Betrokkenheid

Nutrochem uitgenooi na die WRSA Mpumalanga seminaar

utrochem is as borg uitgenooi na die

WRSA Mpumalanga se jaarlikse seminaar

Nop Lydenburg. Jan Rautenbach is die

Voorsitter van Mpumalanga en het Nutrochem

hartlik bedank vir die volgehoue diens wat hulle

in die Landbou sektor lewer. Charlie Moore en

Johan Herholdt het die seminaar bygewoon en die

geleentheid gehad om oor die noodsaaklikheid

van mineraal aanvulling by wild te gesels.

Charlie het oor die gewilde PRIMELINE

BLOK gesels en die belangrikheid van

mineraalaanvulling by Vleisbeeste en Wild

beklemtoon. Dit bly egter noodsaaklik om

mineraalaanvulling 6 weke voor en na kalwing by

alle diere aan te vul. Dis ook belangrik om 6 weke

voor die dek/paar seisoen aanvulling te gee, totdat

die bulle uit die trop gehaal word. By wild word

aanbeveel om die PRIMELINE BLOK die hele

jaar deur tot die wild beskikbaar te stel, aangesien

die inname baie beperk is en die koste vir die

PRIMELINE BLOK minimaal sal wees.

Aangesien Sink en Selenium van kardinale

belang is by koeie en bulle vir goeie reproduksie

siklusse en by bulle vir goeie spermontwikkeling

is die PRIMELINE BLOKKE hoog aangeskryf.

Die blokke is baie veilig vir enige dier spesie,

aangesien dit geen Ureum bevat nie en in 15kg

verpakking beskikbaar is. Die blokke is ook baie

hard en kan nie maklik deur reën verbrokkel nie.

Theo Mol het meer oor natuurbewaring gepraat

terwyl Johan van der Merwe oor die teel van

kleurvariasies by Wild gepraat het.

Dr. Peter Oberem (Adjunk President) en Herman

Barnard (Algemene Bestuurder) van die WRSA het

ook baie insiggewende praatjies gehou.

Die verrigtinge het verdaag waarna middagete

genuttig is.

Spesiale

Aanbod

per dosis

R85.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

PRYS IS BTW UITGESLUIT.

nutrochem

span tot u diens

Kantoor: Chris Hani straat 60, Bethal, 2310

Email: pieter@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Faks: 086 530 0828

Web: www.nutrochem.co.za

Nutrochem Agente

Pribio Dieregesondheid Bk (Vrystaat)

Flip Prinsloo - 082 335 1413

Better Breeding (Noordwes & Gauteng)

Trevor Colby - 082 449 6841

NoordWes Agri (Noordwes)

Gerrie Bester - 083 751 1815

Phillip Badenhorst - 082 569 8854

Melkboer Dienste (Gauteng & Noordwes)

Jake Crooks - 082 853 7025

Pieter du Plesssis

Algemene Bestuurder

E-pos: pieter@nutrochem.co.za

Cell: 082 7752970

Johan Herholdt

Verkoopsbestuurder

Mpumalanga, Vrystaat en Noord – Natal

E-pos: johan@nutrochem.co.za

Cell: 082 378 3334

Hercules Barnardt

Verkoopsbestuurder

Limpopo, Gauteng en Noord-wes

E-pos: hercules@nutrochem.co.za

Cell: 073 286 3267

Albertyn Greyling

Verteenwoordiger

Mpumalanga en Vrystaat

E-pos: albertyn@nutrochem.co.za

Cell: 072 291 5574

Johan Engelbrecht

Verteenwoordiger

Limpopo

E-pos: johan.engelbrecht@nutrochem.co.za

Cell: 083 270 9841

Charl de Jager

Verteenwoordiger

Gauteng en Noordwes

E-pos: charl@nutrochem.co.za

Cell: 071 608 8714

Catherine Scutte

Persoonlike assistent vir Algemene Bestuurder

E-pos: catherine@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Natasha Cloete

Retail

E-pos: retail@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Monja Troskie

Debiteure

E-pos: monja@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Norma du Plessis

Debiteure

E-pos: norma@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Louis Von Bratt

Verteenwoordiger

Mpumalanga

E-pos: louis@nutrochem.co.za

Cell: 071 874 4430

Barnie Cloete

Aankope en Logistieke Bestuurder

E-pos: barnie@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!