02.11.2014 Views

Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

8

3. Die impak van moedertaalonderrig in die

praktyk

Die navorsing oor die positiewe impak wat moedertaalonderrig op onderrig

en selfs op die welsyn van ’n staat het, is legio. Ten spyte van die tragiese

ironie wat daarin vervat is, is daar toenemende druk op sprekers van

inheemse tale om onderrig te ontvang in die enigste van Suid-Afrika se

amptelike tale wat nie ’n inheemse taal is nie. 10 Afrika is die enigste kontinent

waar die meerderheid kinders in ’n uitheemse taal begin skoolgaan. Dit lei tot

onderwys van ’n swak gehalte en die marginalisering van die kontinent. 11

’n Verdere ironie is dat ontwikkelde lande moedertaalonderrig beklemtoon,

terwyl ontwikkelende lande, ten spyte van hul sterk standpunte teen

kolonialisme, steeds onder die indruk is dat dit ter wille van “internasionale

mededingendheid” nodig is om in koloniale tale te studeer. Dit, terwyl daar

’n ooglopende verskil is tussen die akademiese standaarde van tersiêre

instellings wat moedertaalonderrig gebruik en dié wat van uitheemse tale

gebruik maak.

Die persepsie dat onderwys in Engels noodsaaklik is vir internasionale

mededingendheid is aansienlik kleiner buite die ontwikkelende lande.

Inteendeel, indien die webblad www.topuniversities.com as maatstaf gebruik

word om die wêreld se beste universiteite te evalueer, is dit duidelik dat

bykans al hierdie universiteite moedertaalonderrig beklemtoon. Bykans die

enigste universiteite wat op onderrig in Engels fokus, is dié van die VSA, die

Verenigde Koninkryk, Australië ensovoorts, waar onderrig in Engels

aangebied word omdat dit die studente se eerste taal is. Sover vasgestel kon

word, fokus al die ander universiteite op moedertaalonderrig, of dit dan op

onderrig in Japannees, Duits, Frans, Hollands of enige ander taal neerkom.

Regoor die wêreld is ’n ooglopende verband tussen die bevordering van

moedertaalonderrig en die ekonomiese krag van die betrokke land sigbaar,

soos duidelik uit onderstaande kaarte blyk. Die rede daarvoor is dat

moedertaalonderrig die sukses van onderrig verhoog en dat onderrig van

gehalte die ekonomiese potensiaal van die arbeidsmag verhoog, wat

uiteindelik die algehele inkomste van ’n land laat styg. Dit is vir ontwikkelde

10 Moseneke DCJ maak ook melding van hierdie ironie in die uitspraak in die Konstitusionele Hof in

Mpumalanga Department of Education v Hoërskool Ermelo 2010 (2) SA 415.

11 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 4 – 5.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!