Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet Afrikaans - LitNet

oulitnet.co.za
from oulitnet.co.za More from this publisher
02.11.2014 Views

6 Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker, moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van enkelmediuminstellings, oorweeg, met inagneming van – (a) billikheid; (b) doenlikheid; en (c) die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.” Artikel 27(2) van die Wet op Hoër Onderwys bepaal dat die taalbeleid van ’n tersiêre instelling deur die Raad, met die instemming van die Senaat, vasgestel moet word, behoudens die beleid deur die Minister vasgestel. Daar is uiteenlopende menings oor wat bedoel word met die voorbehoud dat die taalbeleid met die Minister se beleid moet strook, maar daar kan uiteraard aanvaar word dat hierdie beleid met al bogenoemde grondwetlike bepalings moet strook. ’n Beleid wat op die onderdrukking van Suid-Afrika se amptelike inheemse tale neerkom, sal ongrondwetlik wees as synde strydig met die verpligtinge wat ingevolge artikel 6(2) en 29(2) van die Grondwet op die Staat geplaas word. Die Konstitusionele Hof het in 2010 beslis dat artikel 29(2) van die Grondwet nie net erkenning gee aan die reg om onderrig in die amptelike taal van eie keuse te ontvang nie, maar dat die artikel ’n verpligting op die Staat plaas om effektiewe toegang tot hierdie reg te verseker. 6 Moseneke DCJ het in sy uitspraak gesê dat: “S 29(1) entrenches the right to basic education and a right to further education which, through reasonable measures, the State must make progressively accessible and available to everyone.” 7 Met betrekking tot subartikel 2, maak Moseneke DCJ die uitspraak dat: “The provision is made up of two distinct but mutually reinforcing parts. The first part places an obvious premium on receiving education in a public school in a language of choice. That right, however, is internally modified because the choice is available only when it is ‘reasonably practicible’. When it is ‘reasonably practicible’ to receive tuition in a language of one’s choice will depend on all the relevant circumstances of each particular case.” 8 Oor die toepassing van subartikel 2 word verklaar: “It is an injunction on the State to consider all reasonable educational alternatives which are not limited to, but include, single-medium institutions. In resorting to an option, such as a single or parallel or dual medium of instruction, the State must take 6 Mpumalanga Department of Education v Hoërskool Ermelo 2010 (2) SA 415 (CC), op 416 C – D 7 Supra, 431, in para [47] 8 Supra, 433, in para [52]

7 into account what is fair, feasible and satisfies the need to remedy the results of past racially discriminatory laws and practices.” 9 Oor die kwessie van verpligtinge wat deur die Grondwet op die Staat geplaas word, is dit belangrik om artikel 237 van die Grondwet te meld: “Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.” Binne hierdie raamwerk gaan die Wet op Hoër Onderwys voort deur in artikel 37 te bepaal dat die toelatingsvereistes van ’n tersiêre instelling ten doel moet hê om die ongelykhede van die verlede reg te stel sodat daar teen niemand onbillik gediskrimineer word nie. Ingevolge artikel 39(2) van die Wet het die Minister die bevoegdheid om oor die toewysing van fondse aan tersiêre instellings te besluit. Die Minister mag redelike voorwaardes stel en gepaste maatreëls insluit, op voorwaarde dat die proses billik en deursigtig is. Dit is ons betoog dat die toewysing van fondse aan tersiêre instellings ’n kardinale rol in die funksionering van sodanige instelling speel en dat, as gevolg van bovermelde verpligtinge wat op die Staat geplaas word, ’n beleid oor tersiêre befondsing nie geïmplementeer behoort te word sonder om die kostes wat met die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse tale gepaard gaan, hierin te akkommodeer nie. 9 Supra, 434, in para [53]. Die betrokke saak het gehandel oor ’n geskil tussen die Departement van Basiese Onderwys in Mpumalanga en die beheerraad van die Hoërskool Ermelo in dié provinsie. Met betrekking tot die Departement van Basiese Onderwys het die hof genoem dat daar, in die lig van artikel 29(2) van die Grondwet, ’n verpligting op die Departement van Basiese Onderwys is om wettige stappe te neem om hieraan gehoor te gee (in para [101]).

6

Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker,

moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van

enkelmediuminstellings, oorweeg, met inagneming van –

(a) billikheid;

(b) doenlikheid; en

(c) die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat

op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.”

Artikel 27(2) van die Wet op Hoër Onderwys bepaal dat die taalbeleid van ’n

tersiêre instelling deur die Raad, met die instemming van die Senaat,

vasgestel moet word, behoudens die beleid deur die Minister vasgestel. Daar

is uiteenlopende menings oor wat bedoel word met die voorbehoud dat die

taalbeleid met die Minister se beleid moet strook, maar daar kan uiteraard

aanvaar word dat hierdie beleid met al bogenoemde grondwetlike

bepalings moet strook. ’n Beleid wat op die onderdrukking van Suid-Afrika se

amptelike inheemse tale neerkom, sal ongrondwetlik wees as synde strydig

met die verpligtinge wat ingevolge artikel 6(2) en 29(2) van die Grondwet op

die Staat geplaas word. Die Konstitusionele Hof het in 2010 beslis dat artikel

29(2) van die Grondwet nie net erkenning gee aan die reg om onderrig in die

amptelike taal van eie keuse te ontvang nie, maar dat die artikel ’n

verpligting op die Staat plaas om effektiewe toegang tot hierdie reg te

verseker. 6 Moseneke DCJ het in sy uitspraak gesê dat:

“S 29(1) entrenches the right to basic education and a right to further education

which, through reasonable measures, the State must make progressively accessible

and available to everyone.” 7

Met betrekking tot subartikel 2, maak Moseneke DCJ die uitspraak dat:

“The provision is made up of two distinct but mutually reinforcing parts. The first part

places an obvious premium on receiving education in a public school in a language

of choice. That right, however, is internally modified because the choice is available

only when it is ‘reasonably practicible’. When it is ‘reasonably practicible’ to receive

tuition in a language of one’s choice will depend on all the relevant circumstances of

each particular case.” 8

Oor die toepassing van subartikel 2 word verklaar:

“It is an injunction on the State to consider all reasonable educational alternatives

which are not limited to, but include, single-medium institutions. In resorting to an

option, such as a single or parallel or dual medium of instruction, the State must take

6 Mpumalanga Department of Education v Hoërskool Ermelo 2010 (2) SA 415 (CC), op 416 C – D

7 Supra, 431, in para [47]

8 Supra, 433, in para [52]

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!