Afrikaans - LitNet
Afrikaans - LitNet Afrikaans - LitNet
2 Inhoud 1. Inleiding 2. Die regsposisie met betrekking tot moedertaalonderrig 3. Die impak van moedertaalonderrig in die praktyk 4. Die befondsing van moedertaalonderrig 5. Gevolgtrekkings 6. Aksieplanne vir moedertaalonderrig 7. Bronnelys
3 1. Inleiding Hierdie voorlegging spruit uit ’n vergadering wat AfriForum Jeug op 15 Oktober 2010 met die Minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, gehad het. Die gesprek het oor die bevordering van moedertaalonderrig en meertaligheid by tersiêre instellings in Suid-Afrika gehandel. Die tragiese realiteit in Suid-Afrika is dat Engels op byna alle vlakke van die samelewing geïmplementeer word – ten koste van Suid-Afrika se inheemse tale. 1 Dit veroorsaak probleme vir studente wat nie Engels as eerste taal praat nie. Dit bevorder ook die persepsie dat landsburgers en studente wat nie Engelssprekend is nie, minderwaardig is en nie op gelyke behandeling geregtig is nie. 2 Tydens bovermelde gesprek met die minister is kortliks verwys na die regsposisie vir die bevordering van moedertaalonderrig, die gebrek aan befondsing vir meertalige universiteite, asook redes waarom moedertaalonderrig en meertaligheid bevorder moet word. Daar is ook verwys na sekere struikelblokke wat by die bevordering van meertaligheid oorbrug moet word. Die belangrikste hiervan is dat taal nie gebruik kan word as ’n middel om enige iemand uit te sluit nie; die praktiese uitdagings om elf tale op gelyke vlak te bevorder; die feit dat nege van die elf amptelike landstale nog nie tot ’n akademiese taal opgehef is nie; die druk op universiteite om demografies verteenwoordigend te wees, en beperkte hulpbronne, wat tot gevolg het dat ’n balans tussen die finansiering van moedertaalonderrig en ander noodsaaklike uitgawes soos studiebeurse, studenteakkommodasie ensovoorts gehandhaaf moet word. Die Minister het ’n versoek aan AfriForum Jeug gerig om hierdie sake in fyner besonderhede uiteen te sit en aan die Departement van Hoër Onderwys voor te lê, sodat die departement dit met die oog op moontlike beleidsveranderings kan oorweeg. 1 Die begrip “inheemse tale” verwys na Suid-Sotho, Tswana, Swati, Venda, Tsonga, Afrikaans, Ndebele, Xhosa en Zulu. Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat Afrikaans ook ’n inheemse taal (oftewel ’n “Afrikataal” is) en as sodanig behandel moet word. 2 Artikel 6(4) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika bepaal dat alle amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en billik behandel moet word. Artikel 9(3) van die Grondwet bepaal dat die staat onder meer nie op grond van taal teen enige landsburger mag diskrimineer nie. Sien deel 2 hieronder vir meer oor die regsposisie met betrekking tot taal.
- Page 1: 1 Voorlegging aan die Minister van
- Page 5 and 6: 5 2. Die regsposisie met betrekking
- Page 7 and 8: 7 into account what is fair, feasib
- Page 9 and 10: 9 lande ook makliker om moedertaalo
- Page 11 and 12: 11 Gevallestudies Burkina Faso ’n
- Page 13 and 14: 13 Dit is Tibettaans-Birmaans, Aust
- Page 15 and 16: 15 4. Die befondsing van moedertaal
- Page 17 and 18: 17 gehalte-onderwys sal beteken. Da
- Page 19 and 20: 19 5. Gevolgtrekking Daar is baie w
- Page 21 and 22: 21 ondersteuningsuniversiteite, wat
- Page 23 and 24: 23 ’n Vyf-punt-plan vir universit
- Page 25: 25 7. Bronnelys Wetgewing · Die Gr
3

1. Inleiding

Hierdie voorlegging spruit uit ’n vergadering wat AfriForum Jeug op 15

Oktober 2010 met die Minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande,

gehad het. Die gesprek het oor die bevordering van moedertaalonderrig en

meertaligheid by tersiêre instellings in Suid-Afrika gehandel.

Die tragiese realiteit in Suid-Afrika is dat Engels op byna alle vlakke van die

samelewing geïmplementeer word – ten koste van Suid-Afrika se inheemse

tale. 1 Dit veroorsaak probleme vir studente wat nie Engels as eerste taal praat

nie. Dit bevorder ook die persepsie dat landsburgers en studente wat nie

Engelssprekend is nie, minderwaardig is en nie op gelyke behandeling

geregtig is nie. 2

Tydens bovermelde gesprek met die minister is kortliks verwys na die

regsposisie vir die bevordering van moedertaalonderrig, die gebrek aan

befondsing vir meertalige universiteite, asook redes waarom

moedertaalonderrig en meertaligheid bevorder moet word. Daar is ook

verwys na sekere struikelblokke wat by die bevordering van meertaligheid

oorbrug moet word. Die belangrikste hiervan is dat taal nie gebruik kan word

as ’n middel om enige iemand uit te sluit nie; die praktiese uitdagings om elf

tale op gelyke vlak te bevorder; die feit dat nege van die elf amptelike

landstale nog nie tot ’n akademiese taal opgehef is nie; die druk op

universiteite om demografies verteenwoordigend te wees, en beperkte

hulpbronne, wat tot gevolg het dat ’n balans tussen die finansiering van

moedertaalonderrig en ander noodsaaklike uitgawes soos studiebeurse,

studenteakkommodasie ensovoorts gehandhaaf moet word.

Die Minister het ’n versoek aan AfriForum Jeug gerig om hierdie sake in fyner

besonderhede uiteen te sit en aan die Departement van Hoër Onderwys

voor te lê, sodat die departement dit met die oog op moontlike

beleidsveranderings kan oorweeg.

1 Die begrip “inheemse tale” verwys na Suid-Sotho, Tswana, Swati, Venda, Tsonga, Afrikaans, Ndebele, Xhosa

en Zulu. Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat Afrikaans ook ’n inheemse taal (oftewel ’n

“Afrikataal” is) en as sodanig behandel moet word.

2 Artikel 6(4) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika bepaal dat alle amptelike tale gelykheid van

aansien moet geniet en billik behandel moet word. Artikel 9(3) van die Grondwet bepaal dat die staat onder

meer nie op grond van taal teen enige landsburger mag diskrimineer nie. Sien deel 2 hieronder vir meer oor

die regsposisie met betrekking tot taal.