Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet Afrikaans - LitNet

oulitnet.co.za
from oulitnet.co.za More from this publisher
02.11.2014 Views

22 6. Aksieplan vir moedertaalonderrig Hierdie dokument beklemtoon die positiewe impak wat die bevordering van moedertaalonderrig vir studente en Suid-Afrika sal inhou. Dit is egter belangrik dat die kwessie van moedertaalonderrig en meertaligheid nie net by dokumente en verslae bly nie, en dat daar oorgegaan word na aksieplanne om hieraan uitvoering te gee. Die blaam vir die gebrek aan meertaligheid kan nie op ’n enkele instansie geplaas word nie, en gevolglik sal dit slegs effektief aangespreek kan word as ’n omvattende aksieplan in hierdie verband van stapel gestuur word. Die belangrikste rolspelers in hierdie saak is: · Die regering (insluitend die twee onderwysdepartemente) · Universiteite (insluitend hoofbesture en universiteitsrade) · Studente (insluitend verteenwoordigende studenterade) · Ouers (insluitend beheerrade by skole). ’n Uiteensetting word gegee van stappe wat elkeen van die rolspelers kan neem om ’n toekoms vir Suid-Afrika se inheemse tale te verseker. Van die twee onderwysministers word slegs een stap elk gevra, terwyl vyf stappe vir universiteitsbesture, ouers en studente uiteengesit word. AfriForum Jeug verbind hom egter hiermee tot ’n tienpuntplan wat vanaf die bekendstelling van hierdie verslag uitgevoer sal word. Die Minister van Basiese en van Hoër Onderwys Alhoewel hierdie verslag hoofsaaklik oor die situasie in hoër onderwys handel, kan dit nie in isolasie van basiese onderwys gesien word nie. Beide die Minister van Hoër en van Basiese Onderwys het in die onlangse verlede positiewe uitsprake oor die bevordering van Suid-Afrika se inheemse tale gemaak. Hierdie stellings moet egter nou in beleid geïmplementeer word. Derhalwe word van die Minister van Basiese Onderwys versoek dat: · ’n spitsberaad gehou word oor die praktiese uitdagings vir moedertaalonderrig in basiese onderwys in Suid-Afrika. Van die Minister van Hoër Onderwys word versoek dat: · die befondsingsformule vir hoër onderwys gewysig word, soos verduidelik in deel 4 van hierdie dokument.

23 ’n Vyf-punt-plan vir universiteitsowerhede 1. Hanteer studente se taalklagtes stiptelik en neem stappe teen personeellede wat studente se taalregte skend. 2. Sien toe dat universiteitsfunksies plaasvind in al die amptelike tale van die betrokke universiteit en nie slegs in een taal nie. 3. Ontwikkel ’n goeie praktykskode vir transformasie, sodat universiteite nie ten koste van moedertaalonderrig en meertaligheid transformeer nie. 4. Stel personeel aan wat bevoeg is om onderrig in meer as een taal te gee of bied kursusse aan om personeel in hierdie bevoegdheid op te lei. 5. Stel ’n taalombudsman by elke instelling aan en skep ’n toeganklike taalkantoor vanwaar studente se taalvaardighede ontwikkel kan word en hul klagtes hanteer kan word. ’n Vyf-punt-plan vir ouers van skoliere en studente 1. Besef dat die gebrek aan moedertaalonderrig en meertaligheid in Suid-Afrika ’n probleem is wat nie net deur die owerhede opgelos kan word nie. 2. Plaas u kinders in skole en universiteite waar hulle onderrig in hul moedertaal sal ontvang. 3. Leer u kinders waarom dit in hulle belang is om in hulle eie taal te studeer. 4. Plaas druk op skole en universiteite wat u kinders se taalregte verontagsaam. 5. Moedig u kinders aan om ’n belangstelling in en trots op hulle taal te ontwikkel en om dit in die samelewing uit te leef. ’n Vyf-punt-plan vir studente 1. Registreer om jou modules in jou moedertaal te doen en maak beswaar indien dit nie beskikbaar is nie. 2. Ken jou taalregte en grieweprosedures om te volg wanneer jou regte geskend word. 3. Leef jou studentelewe in jou eie taal uit en doen moeite om ander tale aan te leer. 4. Doen navorsing en voltooi jou skripsies, opdragte en toetse in jou eie taal. Jy het ’n reg om dit te doen.

22

6. Aksieplan vir moedertaalonderrig

Hierdie dokument beklemtoon die positiewe impak wat die bevordering van

moedertaalonderrig vir studente en Suid-Afrika sal inhou. Dit is egter

belangrik dat die kwessie van moedertaalonderrig en meertaligheid nie net

by dokumente en verslae bly nie, en dat daar oorgegaan word na

aksieplanne om hieraan uitvoering te gee. Die blaam vir die gebrek aan

meertaligheid kan nie op ’n enkele instansie geplaas word nie, en gevolglik

sal dit slegs effektief aangespreek kan word as ’n omvattende aksieplan in

hierdie verband van stapel gestuur word. Die belangrikste rolspelers in hierdie

saak is:

· Die regering (insluitend die twee onderwysdepartemente)

· Universiteite (insluitend hoofbesture en universiteitsrade)

· Studente (insluitend verteenwoordigende studenterade)

· Ouers (insluitend beheerrade by skole).

’n Uiteensetting word gegee van stappe wat elkeen van die rolspelers kan

neem om ’n toekoms vir Suid-Afrika se inheemse tale te verseker. Van die

twee onderwysministers word slegs een stap elk gevra, terwyl vyf stappe vir

universiteitsbesture, ouers en studente uiteengesit word. AfriForum Jeug

verbind hom egter hiermee tot ’n tienpuntplan wat vanaf die bekendstelling

van hierdie verslag uitgevoer sal word.

Die Minister van Basiese en van Hoër Onderwys

Alhoewel hierdie verslag hoofsaaklik oor die situasie in hoër onderwys handel,

kan dit nie in isolasie van basiese onderwys gesien word nie. Beide die

Minister van Hoër en van Basiese Onderwys het in die onlangse verlede

positiewe uitsprake oor die bevordering van Suid-Afrika se inheemse tale

gemaak. Hierdie stellings moet egter nou in beleid geïmplementeer word.

Derhalwe word van die Minister van Basiese Onderwys versoek dat:

· ’n spitsberaad gehou word oor die praktiese uitdagings vir

moedertaalonderrig in basiese onderwys in Suid-Afrika.

Van die Minister van Hoër Onderwys word versoek dat:

· die befondsingsformule vir hoër onderwys gewysig word, soos

verduidelik in deel 4 van hierdie dokument.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!