Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet Afrikaans - LitNet

oulitnet.co.za
from oulitnet.co.za More from this publisher
02.11.2014 Views

18 byvoorbeeld as ankerkampus vir Zulu optree, terwyl UNIZUL as ondersteuningskampus inskakel. Gesamentlik, en op grond van ʼn formele samewerkingsooreenkoms, dra hulle dan tot die gestruktureerde ontwikkeling en implementering van Zulu as hoëronderwystaal by. As ankerkampus vir Zulu sal die UKZN dan as ’n ontwikkeling- en uitnemendheidsentrum vir Zulu optree en toesien dat die taal as hoëronderwystaal ontwikkel en gebruik word – as onderrigtaal en as administrasietaal – terwyl UNIZUL die projek ondersteun en bydra tot die ontwikkeling en ook Zulu as onderrig- en werkstaal gebruik. Nasionale befondsing Die implementering van die voorgestelde formule hang van nasionale befondsing af. Die Ministerie word versoek om, na analogie van die gevestigde praktyk van geoormerkte befondsing (byvoorbeeld soos vir multikampusinstellings), ʼn meertaligheidsgeoormerkte toekenning wat 2% van die mediumtermynuitgaweraamwerk (MTEF) bedra vir die implementering van hierdie formule beskikbaar te stel.

19 5. Gevolgtrekking Daar is baie wat gesê kan word oor moedertaalonderrig en die voor- en nadele daarvan. Wat egter belangrik is, is dat die kwessie van moedertaalonderrig altyd binne die konteks van gehalte-onderwys, die maatskaplike implikasies daarvan en toepaslike regsvoorskrifte beskou moet word. Die meeste mense is dit eens dat moedertaalonderrig ’n positiewe uitkoms vir gehalte-onderwys het, soos wat duidelik uit hierdie dokument blyk. Tydens die gesprek wat AfriForum Jeug op 15 Oktober 2010 met die Minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, gehad het, het die Minister tereg op sekere struikelblokke met betrekking tot die implementering van moedertaalonderrig gewys. Hierdie struikelblokke het hoofsaaklik op die praktiese en finansiële implikasies daarvan betrekking. Artikel 6(2) van die Grondwet plaas ’n verpligting op die Staat om praktiese en daadwerklike maatreëls te tref om die status van Suid-Afrika se amptelike landstale te verhoog en die gebruik daarvan te bevorder. Verder bepaal artikel 29(2) dat elkeen ’n reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys moontlik is. Die Wet op Hoër Onderwys bepaal dat die taalbeleid van ’n tersiêre instelling deur die Raad, met die instemming van die Senaat, vasgestel moet word, en dat sodanige taalbeleid moet strook met beleid wat deur die Minister vasgestel word. Alhoewel daar meningsverskil bestaan oor wat die omvang van hierdie ministeriële beleid kan wees, mag dit uiteraard nie in stryd wees met bogenoemde verpligtinge wat deur die Grondwet aan die Staat opgelê word nie. In hierdie dokument argumenteer ons dat die toewysing van fondse aan tersiêre instellings ’n kardinale rol in die funksionering van sodanige instelling speel, en dat ’n beleid oor tersiêre befondsing as gevolg van bovermelde verpligtinge wat op die Staat geplaas word, nie geïmplementeer kan word sonder om die kostes wat met die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse tale gepaard gaan hierin te akkommodeer nie. Hierdie argument word veral versterk as daar gelet word op die positiewe implikasies wat die implementering van moedertaalonderrig op die gehalte van onderwys het.

18

byvoorbeeld as ankerkampus vir Zulu optree, terwyl UNIZUL as

ondersteuningskampus inskakel. Gesamentlik, en op grond van ʼn formele

samewerkingsooreenkoms, dra hulle dan tot die gestruktureerde ontwikkeling

en implementering van Zulu as hoëronderwystaal by.

As ankerkampus vir Zulu sal die UKZN dan as ’n ontwikkeling- en

uitnemendheidsentrum vir Zulu optree en toesien dat die taal as

hoëronderwystaal ontwikkel en gebruik word – as onderrigtaal en as

administrasietaal – terwyl UNIZUL die projek ondersteun en bydra tot die

ontwikkeling en ook Zulu as onderrig- en werkstaal gebruik.

Nasionale befondsing

Die implementering van die voorgestelde formule hang van nasionale

befondsing af.

Die Ministerie word versoek om, na analogie van die gevestigde praktyk van

geoormerkte befondsing (byvoorbeeld soos vir multikampusinstellings), ʼn

meertaligheidsgeoormerkte toekenning wat 2% van die mediumtermynuitgaweraamwerk

(MTEF) bedra vir die implementering van hierdie formule

beskikbaar te stel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!