Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet Afrikaans - LitNet

oulitnet.co.za
from oulitnet.co.za More from this publisher
02.11.2014 Views

16 Navorsing deur die Noordwes-Universiteit toon dat die kostes verbonde aan die bevordering van meertaligheid in Suid-Afrika selfs minder as dit kan wees. Terwyl Emzantsi Associates in 2003 bevind het dat dit net tussen 1 tot 2% van die nasionale mediumtermyn-uitgaweraamwerk gaan kos om alle staatsdepartemente in Suid-Afrika op meertalige vlak te laat funksioneer, gebruik die Noordwes-Universiteit selfs minder as 1% van hulle institusionele begroting vir die implementering van hulle meertaligheidsbeleid. Trouens, hulle het in 2009 beraam dat ’n addisionele bedrag van net R148,48 vir elkeen van die ingeskrewe studente by die NWU benodig word om die koste van meertaligheid te dek. Verder is bevind dat die byvoeging van ’n addisionele werkstaal slegs ’n 30%-toename in die volume en omvang van insette meebring, en dat dit nie totale duplisering van insette tot gevolg het nie. Kritiek op die huidige formule Die huidige befondsingsformule evalueer verskeie kriteria wat bepaal hoeveel fondse aan die onderskeie universiteite toegewys word. Die kriteria wat tans in ag geneem word, sluit die volgende in: · onderriginset, gebaseer op die getal studente wat ingeneem word; · onderriguitset, gebaseer op die tipe graduandi wat gelewer word; en · navorsingsuitset, gebaseer onder meer op die aantal doktorsgrade en navorsingsartikels wat jaarliks gelewer word. Afgesien van hierdie kategorieë word ander kriteria soos die grootte van die instansie, die aantal kampusse en transformasie (gemeet aan demografie op grond van ras) ook in die befondsingsformule geakkommodeer. Indien daar in ag geneem word dat meertaligheid nie deur hierdie formule in aanmerking geneem word nie, sou ’n mens kon argumenteer dat tersiêre instellings wat hul grondwetlike verpligting nakom om Suid-Afrika se amptelike tale op te hef, “gestraf” word deur geen addisionele befondsing hiervoor te ontvang nie. Dit het tot gevolg dat kostes elders gesny moet word en dat die inheemse tale nie doeltreffend geïmplementeer kan word nie. Sommige van die kriteria wat tans by die befondsingsformule ingesluit word, is daar geplaas in om gehalte-onderrig te beloon of te bevorder en om toeganklikheid van tersiêre instellings te verhoog, veral vir benadeelde voornemende studente. Dit is dus belangrik om te noem dat die bevordering van meertaligheid ook sal bydra om die toeganklikheid van tersiêre instellings vir studente uit alle taalgroepe te bevorder, en dat dit ’n groot hupstoot vir

17 gehalte-onderwys sal beteken. Daar is ’n growwe wanpersepsie dat die bevordering van moedertaalonderrig tot die uitsluiting van studente sal lei, terwyl die teendeel eintlik waar is. ’n Verdere bron van kommer met betrekking tot meertaligheid is die vraag of dit ’n negatiewe impak op transformasie kan hê. Om hierop te antwoord, moet genoem word dat ’n gedwonge transformasieproses, wat inhou dat studente verhoed word om in die taal van hul keuse te studeer, nie net ongrondwetlik is nie, maar ook tot meer probleme as oplossings lei. Die eerste hiervan is dat gehalte-onderwys daardeur gekortwiek word, en die tweede dat dit weereens tot ’n stelsel lei waarin sommige gelukkige studente bevoordeel word deur in hul moedertaalonderrig te ontvang, terwyl daardie voordeel nie hul klasmaats beskore is nie. Hierdie situasie lei tot spanning in die klaskamer, wat uiteindelik ’n negatiewe impak op die studentegemeenskap, gehalte-onderwys en wedersydse erkenning en respek tot gevolg het. Dit is dus van kardinale belang dat die bestaande befondsingsformule gewysig word om die bevordering van meertaligheid te akkommodeer. Voorgestelde formule Wanneer daar oor befondsing gepraat word, moet eerstens daarop gelet word dat die befondsing van moedertaalonderrig in werklikheid baie goedkoop is, veral as in ag geneem word wat die omvang van die uitkoms kan wees wat met relatief klein geldelike insette bereik kan word. In ooreenstemming met die jongste inisiatiewe wat deur die Ministerie van Hoër Onderwys en Opleiding geloods word oor die gebruik van Afrikatale as tale vir hoër onderwys, word voorgestel dat ʼn formule ontwikkel moet word aan die hand waarvan die beginsel en praktyk meertaligheid bestuur word. In hierdie opsig word voorgestel dat 2005 se bekende Ndebele-verslag as vertrekpunt geneem word, maar aangepas word om vir ’n anker-enondersteuningsbeginsel voorsiening te maak. Ingevolge taaldiversiteit en met verrekening van die aanbevelings van die Ndebele-verslag sal sekere universiteite of universiteitskampusse hulleself as ankerontwikkelaars en implementeerders van sekere tale as werks- en onderrigtale op dié kampusse beskikbaar stel. Hierdie tale sal op grond van taaldemografiese patrone, kundigheid by dié universiteite en ander veranderlikes bepaal word. Die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) kan

16

Navorsing deur die Noordwes-Universiteit toon dat die kostes verbonde aan

die bevordering van meertaligheid in Suid-Afrika selfs minder as dit kan wees.

Terwyl Emzantsi Associates in 2003 bevind het dat dit net tussen 1 tot 2% van

die nasionale mediumtermyn-uitgaweraamwerk gaan kos om alle

staatsdepartemente in Suid-Afrika op meertalige vlak te laat funksioneer,

gebruik die Noordwes-Universiteit selfs minder as 1% van hulle institusionele

begroting vir die implementering van hulle meertaligheidsbeleid. Trouens,

hulle het in 2009 beraam dat ’n addisionele bedrag van net R148,48 vir

elkeen van die ingeskrewe studente by die NWU benodig word om die koste

van meertaligheid te dek. Verder is bevind dat die byvoeging van ’n

addisionele werkstaal slegs ’n 30%-toename in die volume en omvang van

insette meebring, en dat dit nie totale duplisering van insette tot gevolg het

nie.

Kritiek op die huidige formule

Die huidige befondsingsformule evalueer verskeie kriteria wat bepaal

hoeveel fondse aan die onderskeie universiteite toegewys word. Die kriteria

wat tans in ag geneem word, sluit die volgende in:

· onderriginset, gebaseer op die getal studente wat ingeneem word;

· onderriguitset, gebaseer op die tipe graduandi wat gelewer word; en

· navorsingsuitset, gebaseer onder meer op die aantal doktorsgrade en

navorsingsartikels wat jaarliks gelewer word.

Afgesien van hierdie kategorieë word ander kriteria soos die grootte van die

instansie, die aantal kampusse en transformasie (gemeet aan demografie op

grond van ras) ook in die befondsingsformule geakkommodeer.

Indien daar in ag geneem word dat meertaligheid nie deur hierdie formule in

aanmerking geneem word nie, sou ’n mens kon argumenteer dat tersiêre

instellings wat hul grondwetlike verpligting nakom om Suid-Afrika se amptelike

tale op te hef, “gestraf” word deur geen addisionele befondsing hiervoor te

ontvang nie. Dit het tot gevolg dat kostes elders gesny moet word en dat die

inheemse tale nie doeltreffend geïmplementeer kan word nie.

Sommige van die kriteria wat tans by die befondsingsformule ingesluit word, is

daar geplaas in om gehalte-onderrig te beloon of te bevorder en om

toeganklikheid van tersiêre instellings te verhoog, veral vir benadeelde

voornemende studente. Dit is dus belangrik om te noem dat die bevordering

van meertaligheid ook sal bydra om die toeganklikheid van tersiêre instellings

vir studente uit alle taalgroepe te bevorder, en dat dit ’n groot hupstoot vir

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!