Afrikaans - LitNet

Afrikaans - LitNet Afrikaans - LitNet

oulitnet.co.za
from oulitnet.co.za More from this publisher
02.11.2014 Views

14 wêreld bydra, moet ons daarna streef om gehalte-onderrig op tersiêre vlak aan te moedig. Dit kan slegs doeltreffend gedoen word as ons in moedertaalonderrig belê. Suid-Afrika het kennis en kundigheid om aan die wêreld te bied, en ons moet maniere kry om ons jeug aan te moedig om daardie kennis te deel.

15 4. Die befondsing van moedertaalonderrig Indien die drastiese invloed in ag geneem word wat die bevordering van moedertaalonderrig regoor die wêreld op skole en universiteite gehad het, sowel as die simboliese boodskap van wedersydse erkenning en respek wat deur positiewe beleidsveranderings in hierdie verband uitgestraal word, is die kostes wat by die bevordering van moedertaalonderrig betrokke is, verbasend laag. Die verhouding tussen die insette en die uitkoms moet egter verstaan word. Die insette word in terme van geld gemeet, terwyl die uitkoms neerslag vind in ’n hoër gehalte onderwys en die bevordering van wedersydse erkenning en respek. Finansieel gesproke is die kostes van meertalige tersiêre instellings uiteraard hoër as dié van eentalige instellings. In die lig van die diversiteit van die Suid- Afrikaanse samelewing en die grondwetlike reg op gelykheid en moedertaalonderrig, het die Suid-Afrikaanse regering egter ’n plig om aktiewe beleidsbesluite ten gunste van meertaligheid te neem. Daar is ook sterk sosiale en politieke beweegredes waarom addisionele befondsing vir meertalige tersiêre instellings vereis word. Die bestaande befondsingsformule vir tersiêre instellings akkommodeer meertaligheid in geen opsig nie. Dit het tot gevolg dat die som wat vir ’n eentalige tersiêre instelling soos die Universiteit van die Witwatersrand gemaak word, presies dieselfde is as die som wat gemaak word vir instellings soos die Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit, waar die bevordering van drie van die amptelike landstale beoog word. Die eerste stap wat dus geneem moet word om hierdie probleem op te los, is om meertaligheid as ’n kriterium vir addisionele befondsing by die befondsingsformule in te sluit. Die kostes van meertaligheid in die buiteland en in Suid-Afrika Regoor die wêreld word verskeie benaderings gevolg om hierdie beginsel in finansiële terme te vergestalt. By die Universiteit van Ottawa word ’n regeringstoelaag van 8% by die institusionele begroting ingesluit. Die Universiteit van Maastricht het ’n aanvanklike addisionele belegging ontvang van ongeveer 10 tot 15% van die instelling se begroting waarmee slegs een taal geakkommodeer kon word.

15

4. Die befondsing van moedertaalonderrig

Indien die drastiese invloed in ag geneem word wat die bevordering van

moedertaalonderrig regoor die wêreld op skole en universiteite gehad het,

sowel as die simboliese boodskap van wedersydse erkenning en respek wat

deur positiewe beleidsveranderings in hierdie verband uitgestraal word, is die

kostes wat by die bevordering van moedertaalonderrig betrokke is,

verbasend laag. Die verhouding tussen die insette en die uitkoms moet egter

verstaan word. Die insette word in terme van geld gemeet, terwyl die uitkoms

neerslag vind in ’n hoër gehalte onderwys en die bevordering van

wedersydse erkenning en respek.

Finansieel gesproke is die kostes van meertalige tersiêre instellings uiteraard

hoër as dié van eentalige instellings. In die lig van die diversiteit van die Suid-

Afrikaanse samelewing en die grondwetlike reg op gelykheid en

moedertaalonderrig, het die Suid-Afrikaanse regering egter ’n plig om

aktiewe beleidsbesluite ten gunste van meertaligheid te neem. Daar is ook

sterk sosiale en politieke beweegredes waarom addisionele befondsing vir

meertalige tersiêre instellings vereis word.

Die bestaande befondsingsformule vir tersiêre instellings akkommodeer

meertaligheid in geen opsig nie. Dit het tot gevolg dat die som wat vir ’n

eentalige tersiêre instelling soos die Universiteit van die Witwatersrand

gemaak word, presies dieselfde is as die som wat gemaak word vir instellings

soos die Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit, waar die

bevordering van drie van die amptelike landstale beoog word. Die eerste

stap wat dus geneem moet word om hierdie probleem op te los, is om

meertaligheid as ’n kriterium vir addisionele befondsing by die

befondsingsformule in te sluit.

Die kostes van meertaligheid in die buiteland en in Suid-Afrika

Regoor die wêreld word verskeie benaderings gevolg om hierdie beginsel in

finansiële terme te vergestalt. By die Universiteit van Ottawa word ’n

regeringstoelaag van 8% by die institusionele begroting ingesluit. Die

Universiteit van Maastricht het ’n aanvanklike addisionele belegging ontvang

van ongeveer 10 tot 15% van die instelling se begroting waarmee slegs een

taal geakkommodeer kon word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!