Afrikaans - LitNet
Afrikaans - LitNet
Afrikaans - LitNet
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
1

Voorlegging aan die

Minister van Hoër Onderwys en Opleiding

Dr. Blade Nzimande

Die bevordering van moedertaalonderrig en

meertaligheid in Suid-Afrika

Februarie 2011
2

Inhoud

1. Inleiding

2. Die regsposisie met betrekking tot moedertaalonderrig

3. Die impak van moedertaalonderrig in die praktyk

4. Die befondsing van moedertaalonderrig

5. Gevolgtrekkings

6. Aksieplanne vir moedertaalonderrig

7. Bronnelys
3

1. Inleiding

Hierdie voorlegging spruit uit ’n vergadering wat AfriForum Jeug op 15

Oktober 2010 met die Minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande,

gehad het. Die gesprek het oor die bevordering van moedertaalonderrig en

meertaligheid by tersiêre instellings in Suid-Afrika gehandel.

Die tragiese realiteit in Suid-Afrika is dat Engels op byna alle vlakke van die

samelewing geïmplementeer word – ten koste van Suid-Afrika se inheemse

tale. 1 Dit veroorsaak probleme vir studente wat nie Engels as eerste taal praat

nie. Dit bevorder ook die persepsie dat landsburgers en studente wat nie

Engelssprekend is nie, minderwaardig is en nie op gelyke behandeling

geregtig is nie. 2

Tydens bovermelde gesprek met die minister is kortliks verwys na die

regsposisie vir die bevordering van moedertaalonderrig, die gebrek aan

befondsing vir meertalige universiteite, asook redes waarom

moedertaalonderrig en meertaligheid bevorder moet word. Daar is ook

verwys na sekere struikelblokke wat by die bevordering van meertaligheid

oorbrug moet word. Die belangrikste hiervan is dat taal nie gebruik kan word

as ’n middel om enige iemand uit te sluit nie; die praktiese uitdagings om elf

tale op gelyke vlak te bevorder; die feit dat nege van die elf amptelike

landstale nog nie tot ’n akademiese taal opgehef is nie; die druk op

universiteite om demografies verteenwoordigend te wees, en beperkte

hulpbronne, wat tot gevolg het dat ’n balans tussen die finansiering van

moedertaalonderrig en ander noodsaaklike uitgawes soos studiebeurse,

studenteakkommodasie ensovoorts gehandhaaf moet word.

Die Minister het ’n versoek aan AfriForum Jeug gerig om hierdie sake in fyner

besonderhede uiteen te sit en aan die Departement van Hoër Onderwys

voor te lê, sodat die departement dit met die oog op moontlike

beleidsveranderings kan oorweeg.

1 Die begrip “inheemse tale” verwys na Suid-Sotho, Tswana, Swati, Venda, Tsonga, Afrikaans, Ndebele, Xhosa

en Zulu. Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat Afrikaans ook ’n inheemse taal (oftewel ’n

“Afrikataal” is) en as sodanig behandel moet word.

2 Artikel 6(4) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika bepaal dat alle amptelike tale gelykheid van

aansien moet geniet en billik behandel moet word. Artikel 9(3) van die Grondwet bepaal dat die staat onder

meer nie op grond van taal teen enige landsburger mag diskrimineer nie. Sien deel 2 hieronder vir meer oor

die regsposisie met betrekking tot taal.
Hierdie voorlegging spruit dus uit die vermelde vergadering en het ten doel

om aan die minister ’n kort en bondige uiteensetting te gee van die redes

waarom stappe gedoen moet word om Suid-Afrika se inheemse tale te

bevorder. ’n Kort verduideliking van die regsposisie en die redes waarom

moedertaalonderrig bevorder moet word, word verskaf, sowel as voorstelle

vir praktiese stappe wat gedoen kan word om beter ondersteuning vir die

bevordering van Suid-Afrika se inheemse tale te verseker. Die aandag word

ook spesifiek gevestig op die wysiging van die befondsingsformule vir tersiêre

instellings as die belangrikste stap wat gedoen moet word om

moedertaalonderrig en meertaligheid te bevorder.

4
5

2. Die regsposisie met betrekking tot

moedertaalonderrig

In hierdie deel van die voorlegging word daar eerstens op sekere bepalings

in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 3 gefokus. Die Grondwet

sal as vertrekpunt dien, omrede dit die hoogste reg van die Republiek is en

enige regsvoorskrif of optrede wat daarmee onbestaanbaar is, ongeldig is,

en die verpligtinge wat daardeur opgelê word, nagekom moet word. 4

Aangesien hierdie dokument primêr oor die kwessie van meertaligheid in

tersiêre onderrig handel, sal daar ook gelet word op sekere bepalings in die

Wet op Hoër Onderwys. 5

Ingevolge artikel 6(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

het Suid-Afrika 11 amptelike landstale, naamlik Sotho, Tswana, Swati, Venda,

Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zulu. Subartikel 2 plaas ’n

verpligting op die Staat (en by implikasie op die Departement van Basiese

Onderwys en die Departement van Hoër Onderwys) om, in die lig van die

historiese inkorting van die gebruik en status van Suid-Afrika se inheemse tale,

praktiese en daadwerklike maatreëls te tref om die status van hierdie tale te

verhoog en hul gebruik te bevorder. Artikel 7 van die Grondwet bepaal dat

die Handves van Regte gebaseer is op drie fundamentele beginsels, naamlik

menswaardigheid, gelykheid en vryheid, en plaas ’n verpligting op die Staat

om hierdie regte te eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik.

Artikel 9(3) van die Grondwet stipuleer dat die Staat nie regstreeks of

onregstreeks onbillik op een of meer gronde, wat ras, geslag, etniese of

sosiale herkoms, kultuur en taal insluit, teen iemand mag diskrimineer nie.

Vir die doeleindes van hierdie voorlegging word daar spesifiek gefokus op

artikel 29, subartikel 1 en 2, van die Grondwet, wat as volg bepaal:

“(1) Elkeen het die reg –

(a) op basiese onderwys, met inbegrip van basiese onderwys vir volwassenes;

en

(b) op verdere onderwys, wat die staat, deur middel van redelike maatreëls,

in toenemende mate beskikbaar en toeganklik moet maak.

(2) Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die

amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is.

3 Wet 108 van 1996.

4 Artikel 2 van die Grondwet.

5 Wet 101 van 1997.
6

Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker,

moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van

enkelmediuminstellings, oorweeg, met inagneming van –

(a) billikheid;

(b) doenlikheid; en

(c) die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat

op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.”

Artikel 27(2) van die Wet op Hoër Onderwys bepaal dat die taalbeleid van ’n

tersiêre instelling deur die Raad, met die instemming van die Senaat,

vasgestel moet word, behoudens die beleid deur die Minister vasgestel. Daar

is uiteenlopende menings oor wat bedoel word met die voorbehoud dat die

taalbeleid met die Minister se beleid moet strook, maar daar kan uiteraard

aanvaar word dat hierdie beleid met al bogenoemde grondwetlike

bepalings moet strook. ’n Beleid wat op die onderdrukking van Suid-Afrika se

amptelike inheemse tale neerkom, sal ongrondwetlik wees as synde strydig

met die verpligtinge wat ingevolge artikel 6(2) en 29(2) van die Grondwet op

die Staat geplaas word. Die Konstitusionele Hof het in 2010 beslis dat artikel

29(2) van die Grondwet nie net erkenning gee aan die reg om onderrig in die

amptelike taal van eie keuse te ontvang nie, maar dat die artikel ’n

verpligting op die Staat plaas om effektiewe toegang tot hierdie reg te

verseker. 6 Moseneke DCJ het in sy uitspraak gesê dat:

“S 29(1) entrenches the right to basic education and a right to further education

which, through reasonable measures, the State must make progressively accessible

and available to everyone.” 7

Met betrekking tot subartikel 2, maak Moseneke DCJ die uitspraak dat:

“The provision is made up of two distinct but mutually reinforcing parts. The first part

places an obvious premium on receiving education in a public school in a language

of choice. That right, however, is internally modified because the choice is available

only when it is ‘reasonably practicible’. When it is ‘reasonably practicible’ to receive

tuition in a language of one’s choice will depend on all the relevant circumstances of

each particular case.” 8

Oor die toepassing van subartikel 2 word verklaar:

“It is an injunction on the State to consider all reasonable educational alternatives

which are not limited to, but include, single-medium institutions. In resorting to an

option, such as a single or parallel or dual medium of instruction, the State must take

6 Mpumalanga Department of Education v Hoërskool Ermelo 2010 (2) SA 415 (CC), op 416 C – D

7 Supra, 431, in para [47]

8 Supra, 433, in para [52]
7

into account what is fair, feasible and satisfies the need to remedy the results of past

racially discriminatory laws and practices.” 9

Oor die kwessie van verpligtinge wat deur die Grondwet op die Staat

geplaas word, is dit belangrik om artikel 237 van die Grondwet te meld:

“Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.”

Binne hierdie raamwerk gaan die Wet op Hoër Onderwys voort deur in artikel

37 te bepaal dat die toelatingsvereistes van ’n tersiêre instelling ten doel

moet hê om die ongelykhede van die verlede reg te stel sodat daar teen

niemand onbillik gediskrimineer word nie. Ingevolge artikel 39(2) van die Wet

het die Minister die bevoegdheid om oor die toewysing van fondse aan

tersiêre instellings te besluit. Die Minister mag redelike voorwaardes stel en

gepaste maatreëls insluit, op voorwaarde dat die proses billik en deursigtig is.

Dit is ons betoog dat die toewysing van fondse aan tersiêre instellings ’n

kardinale rol in die funksionering van sodanige instelling speel en dat, as

gevolg van bovermelde verpligtinge wat op die Staat geplaas word, ’n

beleid oor tersiêre befondsing nie geïmplementeer behoort te word sonder

om die kostes wat met die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse tale

gepaard gaan, hierin te akkommodeer nie.

9 Supra, 434, in para [53]. Die betrokke saak het gehandel oor ’n geskil tussen die Departement van Basiese

Onderwys in Mpumalanga en die beheerraad van die Hoërskool Ermelo in dié provinsie. Met betrekking tot die

Departement van Basiese Onderwys het die hof genoem dat daar, in die lig van artikel 29(2) van die Grondwet,

’n verpligting op die Departement van Basiese Onderwys is om wettige stappe te neem om hieraan gehoor te

gee (in para [101]).
8

3. Die impak van moedertaalonderrig in die

praktyk

Die navorsing oor die positiewe impak wat moedertaalonderrig op onderrig

en selfs op die welsyn van ’n staat het, is legio. Ten spyte van die tragiese

ironie wat daarin vervat is, is daar toenemende druk op sprekers van

inheemse tale om onderrig te ontvang in die enigste van Suid-Afrika se

amptelike tale wat nie ’n inheemse taal is nie. 10 Afrika is die enigste kontinent

waar die meerderheid kinders in ’n uitheemse taal begin skoolgaan. Dit lei tot

onderwys van ’n swak gehalte en die marginalisering van die kontinent. 11

’n Verdere ironie is dat ontwikkelde lande moedertaalonderrig beklemtoon,

terwyl ontwikkelende lande, ten spyte van hul sterk standpunte teen

kolonialisme, steeds onder die indruk is dat dit ter wille van “internasionale

mededingendheid” nodig is om in koloniale tale te studeer. Dit, terwyl daar

’n ooglopende verskil is tussen die akademiese standaarde van tersiêre

instellings wat moedertaalonderrig gebruik en dié wat van uitheemse tale

gebruik maak.

Die persepsie dat onderwys in Engels noodsaaklik is vir internasionale

mededingendheid is aansienlik kleiner buite die ontwikkelende lande.

Inteendeel, indien die webblad www.topuniversities.com as maatstaf gebruik

word om die wêreld se beste universiteite te evalueer, is dit duidelik dat

bykans al hierdie universiteite moedertaalonderrig beklemtoon. Bykans die

enigste universiteite wat op onderrig in Engels fokus, is dié van die VSA, die

Verenigde Koninkryk, Australië ensovoorts, waar onderrig in Engels

aangebied word omdat dit die studente se eerste taal is. Sover vasgestel kon

word, fokus al die ander universiteite op moedertaalonderrig, of dit dan op

onderrig in Japannees, Duits, Frans, Hollands of enige ander taal neerkom.

Regoor die wêreld is ’n ooglopende verband tussen die bevordering van

moedertaalonderrig en die ekonomiese krag van die betrokke land sigbaar,

soos duidelik uit onderstaande kaarte blyk. Die rede daarvoor is dat

moedertaalonderrig die sukses van onderrig verhoog en dat onderrig van

gehalte die ekonomiese potensiaal van die arbeidsmag verhoog, wat

uiteindelik die algehele inkomste van ’n land laat styg. Dit is vir ontwikkelde

10 Moseneke DCJ maak ook melding van hierdie ironie in die uitspraak in die Konstitusionele Hof in

Mpumalanga Department of Education v Hoërskool Ermelo 2010 (2) SA 415.

11 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 4 – 5.
9

lande ook makliker om moedertaalonderrig toe te pas omrede hulle oor

meer hulpbronne beskik.

Dit verander egter nie die feit nie dat die ekstra koste om

moedertaalonderrig te bevorder, hoogs waarskynlik oor die lang termyn ’n

goeie opbrengs sal lewer: werkende persone sal meer waarde kan toevoeg

omdat moedertaalonderrig hulle opleiding meer effektief gemaak het as wat

dit andersins sou wees. Die kaarte hieronder toon die verband tussen

moedertaalonderrig en die inkomste van die betrokke lande.

Lande waar moedertaalonderrig tot op sekondêre skoolvlak aangebied word 12

Inkomsteklassifikasie volgens die Wêreldbank (2008 se syfers)

12 Kaarte opgestel deur Solidariteit (2008).
10

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele

Organisasie (UNESCO) beraam dat ongeveer 5 tot 15% van Afrika se kinders

die betrokke uitheemse taal waarin hul onderrig word, ken wanneer hul skool

toe gaan. UNESCO het ook bevind dat dit nie waar is dat onderrig in

Afrikatale ’n vertraging in die bemeestering van wetenskap, tegnologie en

ander universele kennis veroorsaak nie. 13

Internasionale navorsing het boonop bewys dat studente eenvoudige

gespreksvaardighede in ’n nuwe taal binne een tot twee jaar kan aanleer,

maar dat dit in ’n goed-toegeruste omgewing minstens ses jaar neem om

abstrakte akademiese taalvaardighede wat deur onderwystaal gekenmerk

word, aan te leer. 14

In Mali is bevind dat ongeveer 10% van laerskoolkinders in hulle moedertaal

onderrig ontvang het, en dat die kans dat hierdie kinders hul jaar sal herhaal,

vyf keer kleiner was as dié van hul portuurgroep wat nie moedertaalonderrig

ontvang het nie. 15 In Duitsland is bevind dat die groep leerlinge wat die

swakste presteer het, gevind is onder immigrante wat ander huistale praat as

dié waarin hul onderrig ontvang het. 16

In Suid-Afrika het swart Suid-Afrikaanse skoolkinders tussen 1955 en 1976 vir

agt jaar lank onderrig in hul moedertaal ontvang. Gedurende hierdie tydperk

was die algehele slaagsyfer in 1976 83,7%. Daarna is die program verander

en die tydperk waarin moedertaalonderrig gegee is, is na vier jaar verkort.

Die slaagsyfer het drasties gedaal tot 44% in 1992. 17

Die Suid-Afrikaanse Systematic Evaluation National Report van 2005 het

aangedui dat studente wat in hul moedertaal studeer, ’n nasionale

gemiddelde van 69% behaal. Studente wat nie in hul moedertaal studeer

nie, het ’n gemiddelde van slegs 32% behaal. 18

13 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 9.

14 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 28.

15 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 30.

16 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 30.

17 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 33.

18 Report by UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages an multilingual education,

bl. 33.
11

Gevallestudies

Burkina Faso

’n Inisiatief is in Burkina Faso geloods om moedertaalonderrig in formele

basiese onderwys te ontwikkel. Aangesien dit voorheen ’n Franse kolonie

was, was die onderrigtaal in Burkina Faso die land se amptelike taal, naamlik

Frans. Die land het egter ongeveer sestig etniese groepe en tale. Sewentien

persent van die land se bevolking praat Frans, en die oorblywende plaaslike

tale het almal die status van “nasionale tale”.

Formele onderwys in Burkina Faso word vanaf dag een op skoolvlak tot met

die laaste dag van universiteit in Frans verskaf. ’n Kritiese evaluering van die

formele onderwysstelsel in Burkina Faso het egter getoon dat slegs 22 uit 100

leerlinge wat met laerskoolonderrig begin het, dit binne ses jaar (die normale

duur van laerskoolonderrig) voltooi het, en dat slegs 17 van hulle die

skoolverlatingsertifikaat vir die laerskool geslaag het. Die stelsel is dus

gekenmerk deur ’n hoë uitval- en herhalingsyfers. 19 In 1994 is ’n

eksperimentele skool met moedertaalonderrig en Frans as ’n tweede taal vir

55 leerders begin. Dit het daartoe gelei dat die leertydperk verkort is (met

twee jaar). Die slaagsyfer in dieselfde eksamen as dié wat deur die leerlinge

in ’n standaardlaerskool geskryf is, was 52,83%, vergeleke met die nasionale

slaagsyfer van 40% tot 42%. 20

Peru

In 1952 is moedertaalgebaseerde onderrig in Peru ingestel ten einde in die

onderwysbehoeftes van die inheemse bevolkings van die Peruaanse

reënwoud te voorsien. In 1972 is veranderinge gemaak om ’n multikulturele

samelewing te vestig en die Quechua-taal, wat eers in 1975 amptelik as ’n

taal erken is, in te sluit.

In 1994 het die grondwet die taal- en onderwysregte van inheemse mense

erken deur etniese en kulturele pluraliteit te erken. Dit het daartoe gelei dat

19 Hierdie getalle stem baie ooreen met dié in basiese onderwys in Suid-Afrika. In 199 het ‘n totaal van

1 318 932 graad 1-leerders geregistreer, van wie die meeste nie in hulle moedertaal gestudeer het nie. Toe

hierdie spesifieke groep uiteindelik in 2010 hulle nasionale senior sertifikaateksamen skryf, het ‘n totaal van

559 166 vir die eksamen ingeskryf, en slegs 27,6% van die aanvanklike groep van 1,3 m graad 1’s het die

eksamen geslaag.

20 Report by UNESCO (2008) Improving the Quality of Mother Tongue-based Literacy and Learning: Case

Studies from Asia, Africa and South America, bl. 119.
12

die inheemse taal sy aan sy met Spaans gefunksioneer het. Studente leer eers

om in hulle moedertaal -- die enigste onderrigtaal in die vroeë skooljare – te

lees en skryf. Spaans word aanvanklik as ’n tweede taal onderrig. Evaluerings

het getoon dat tweetalige onderrig ’n positiewe kognitiewe impak op

studente het. Hierdie voordele sluit in:

· Beter algehele akademiese prestasie

· Groter vaardigheid met wiskundige probleme

· Groter selfversekerdheid met die praat van Spaans

· Groter selfrespek

· Meer aktiewe studentedeelname

Een van die sterkste punte van die Peruaanse tweetalige onderwysstelsel is

die ontwikkeling van groter erkenning van en respek vir verskillende taal- en

kultuurgroepe en hulle regte. 21

Mali

In 1979 is die taal van formele onderwys in Mali van Frans na die nasionale

tale verander in 'n poging om die hoë uitvalsyfer, talle druipelinge en

herhaling van grade te voorkom. Tweetalige onderrig het op ’n

eksperimentele grondslag begin en nasionale tale is vir graad 1 tot 6 as

onderrigtaal ingestel.

Die kind se moedertaal word as die onderrigtaal gebruik, en regdeur die

laerskool word die tweede taal onderrig om die kind te help om ten volle

tweetalig te word. Kinders word geleer om in hulle eerste taal te lees en skryf

voordat hulle begin om Frans te leer. Teen graad 5 en 6 word die helfte van

die leerder se klasse in Frans onderrig. Die eerste groep (wat in die dorp

Segou getoets is) het die graad 7-toetree-eksamen met ’n slaagsyfer van 77%

voltooi, vergeleke met die nasionale gemiddelde van 66%. Die studie het

getoon dat studente se prestasie beduidend hoër was as in skole wat slegs in

Frans onderrig het. 22

Bangladesj

In Bangladesj behoort die etniese gemeenskap tot uiteenlopende kulture en

tale. Breed geklassifiseerd is daar is drie eiesoortige taalfamilies in Bangladesj.

21 Report by UNESCO (2008) Mother Tongue Matters: Local Language as a Key to Effective Learning, bl. 23 –

27.

22 Report by UNESCO (2008) Mother Tongue Matters: Local Language as a Key to Effective Learning, bl. 9–16.
13

Dit is Tibettaans-Birmaans, Austraal-Asiaties/Mon-Khmer, Dravidiies. Hierdie

drie hoofkategorieë sluit ’n aantal individuele tale en dialekte in.

In 1952 het die eerste Oos-Bengaalse Onderwysstelsel-rekonstruksiekomitee ’n

verslag ingedien om te sê dat moedertaalonderrig op laerskool

standaardpraktyk sou wees. Ashrai se Aksienavorsingprojek was daarop

gemik om die vlak van leerders se prestasie deur onderrig in hulle moedertaal

op laerskoolvlak te verbeter. Die hipotese was dat die leerders se prestasie

met toepaslike leermateriaal en moedertaalonderrig mettertyd sou verbeter.

Die gemiddelde punte van leerders wat aan Ashrai se Aksienavorsingsprojek

deelneem, is vergelyk met dié van leerders in ’n staatskool wat nie aan die

projek deelgeneem het nie. Die drie vergelykingsvelde was: Wiskunde,

Sosiale Wetenskappe en Taal. (Sien die grafiek hieronder.)

Die impak van moedertaalonderrig op Taal, Sosiale Wetenskap en Wiskunde in Bangladesj 23

40

35

30

25

20

15

Series 1

Series 2

10

5

0

Language Social Science Maths

Reeks 1 is die gemiddelde prestasie van die kinders wat moedertaalonderrig ontvang het,

vergeleke met reeks 2, wat die gemiddelde prestasie is van kinders in die openbare

onderwysstelsel.

In Suid-Afrika is ons gelukkig om ’n platform te hê waarop ons ons

moedertaalonderrig kan bou en uitbrei. Navorsing het getoon dat

moedertaalonderrig voordelig is vir akademiese prestasie, en ons as ’n nasie

is verplig om te verseker dat dit in ons onderwysstelsel opgeneem word. In ’n

land wat slegs 0,36% van die jaarlikse navorsingsbesteding en uitsette van die

23 Report by UNESCO (2007) Mother Tongue-based Literacy Programmes, Case Studies of Good Practice in

Africa, bl. 46. Grafiek gebaseer op bevindings van Ahsrai se Action Research Projects.
14

wêreld bydra, moet ons daarna streef om gehalte-onderrig op tersiêre vlak

aan te moedig. Dit kan slegs doeltreffend gedoen word as ons in

moedertaalonderrig belê. Suid-Afrika het kennis en kundigheid om aan die

wêreld te bied, en ons moet maniere kry om ons jeug aan te moedig om

daardie kennis te deel.
15

4. Die befondsing van moedertaalonderrig

Indien die drastiese invloed in ag geneem word wat die bevordering van

moedertaalonderrig regoor die wêreld op skole en universiteite gehad het,

sowel as die simboliese boodskap van wedersydse erkenning en respek wat

deur positiewe beleidsveranderings in hierdie verband uitgestraal word, is die

kostes wat by die bevordering van moedertaalonderrig betrokke is,

verbasend laag. Die verhouding tussen die insette en die uitkoms moet egter

verstaan word. Die insette word in terme van geld gemeet, terwyl die uitkoms

neerslag vind in ’n hoër gehalte onderwys en die bevordering van

wedersydse erkenning en respek.

Finansieel gesproke is die kostes van meertalige tersiêre instellings uiteraard

hoër as dié van eentalige instellings. In die lig van die diversiteit van die Suid-

Afrikaanse samelewing en die grondwetlike reg op gelykheid en

moedertaalonderrig, het die Suid-Afrikaanse regering egter ’n plig om

aktiewe beleidsbesluite ten gunste van meertaligheid te neem. Daar is ook

sterk sosiale en politieke beweegredes waarom addisionele befondsing vir

meertalige tersiêre instellings vereis word.

Die bestaande befondsingsformule vir tersiêre instellings akkommodeer

meertaligheid in geen opsig nie. Dit het tot gevolg dat die som wat vir ’n

eentalige tersiêre instelling soos die Universiteit van die Witwatersrand

gemaak word, presies dieselfde is as die som wat gemaak word vir instellings

soos die Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit, waar die

bevordering van drie van die amptelike landstale beoog word. Die eerste

stap wat dus geneem moet word om hierdie probleem op te los, is om

meertaligheid as ’n kriterium vir addisionele befondsing by die

befondsingsformule in te sluit.

Die kostes van meertaligheid in die buiteland en in Suid-Afrika

Regoor die wêreld word verskeie benaderings gevolg om hierdie beginsel in

finansiële terme te vergestalt. By die Universiteit van Ottawa word ’n

regeringstoelaag van 8% by die institusionele begroting ingesluit. Die

Universiteit van Maastricht het ’n aanvanklike addisionele belegging ontvang

van ongeveer 10 tot 15% van die instelling se begroting waarmee slegs een

taal geakkommodeer kon word.
16

Navorsing deur die Noordwes-Universiteit toon dat die kostes verbonde aan

die bevordering van meertaligheid in Suid-Afrika selfs minder as dit kan wees.

Terwyl Emzantsi Associates in 2003 bevind het dat dit net tussen 1 tot 2% van

die nasionale mediumtermyn-uitgaweraamwerk gaan kos om alle

staatsdepartemente in Suid-Afrika op meertalige vlak te laat funksioneer,

gebruik die Noordwes-Universiteit selfs minder as 1% van hulle institusionele

begroting vir die implementering van hulle meertaligheidsbeleid. Trouens,

hulle het in 2009 beraam dat ’n addisionele bedrag van net R148,48 vir

elkeen van die ingeskrewe studente by die NWU benodig word om die koste

van meertaligheid te dek. Verder is bevind dat die byvoeging van ’n

addisionele werkstaal slegs ’n 30%-toename in die volume en omvang van

insette meebring, en dat dit nie totale duplisering van insette tot gevolg het

nie.

Kritiek op die huidige formule

Die huidige befondsingsformule evalueer verskeie kriteria wat bepaal

hoeveel fondse aan die onderskeie universiteite toegewys word. Die kriteria

wat tans in ag geneem word, sluit die volgende in:

· onderriginset, gebaseer op die getal studente wat ingeneem word;

· onderriguitset, gebaseer op die tipe graduandi wat gelewer word; en

· navorsingsuitset, gebaseer onder meer op die aantal doktorsgrade en

navorsingsartikels wat jaarliks gelewer word.

Afgesien van hierdie kategorieë word ander kriteria soos die grootte van die

instansie, die aantal kampusse en transformasie (gemeet aan demografie op

grond van ras) ook in die befondsingsformule geakkommodeer.

Indien daar in ag geneem word dat meertaligheid nie deur hierdie formule in

aanmerking geneem word nie, sou ’n mens kon argumenteer dat tersiêre

instellings wat hul grondwetlike verpligting nakom om Suid-Afrika se amptelike

tale op te hef, “gestraf” word deur geen addisionele befondsing hiervoor te

ontvang nie. Dit het tot gevolg dat kostes elders gesny moet word en dat die

inheemse tale nie doeltreffend geïmplementeer kan word nie.

Sommige van die kriteria wat tans by die befondsingsformule ingesluit word, is

daar geplaas in om gehalte-onderrig te beloon of te bevorder en om

toeganklikheid van tersiêre instellings te verhoog, veral vir benadeelde

voornemende studente. Dit is dus belangrik om te noem dat die bevordering

van meertaligheid ook sal bydra om die toeganklikheid van tersiêre instellings

vir studente uit alle taalgroepe te bevorder, en dat dit ’n groot hupstoot vir
17

gehalte-onderwys sal beteken. Daar is ’n growwe wanpersepsie dat die

bevordering van moedertaalonderrig tot die uitsluiting van studente sal lei,

terwyl die teendeel eintlik waar is.

’n Verdere bron van kommer met betrekking tot meertaligheid is die vraag of

dit ’n negatiewe impak op transformasie kan hê. Om hierop te antwoord,

moet genoem word dat ’n gedwonge transformasieproses, wat inhou dat

studente verhoed word om in die taal van hul keuse te studeer, nie net

ongrondwetlik is nie, maar ook tot meer probleme as oplossings lei. Die eerste

hiervan is dat gehalte-onderwys daardeur gekortwiek word, en die tweede

dat dit weereens tot ’n stelsel lei waarin sommige gelukkige studente

bevoordeel word deur in hul moedertaalonderrig te ontvang, terwyl daardie

voordeel nie hul klasmaats beskore is nie. Hierdie situasie lei tot spanning in

die klaskamer, wat uiteindelik ’n negatiewe impak op die

studentegemeenskap, gehalte-onderwys en wedersydse erkenning en

respek tot gevolg het.

Dit is dus van kardinale belang dat die bestaande befondsingsformule

gewysig word om die bevordering van meertaligheid te akkommodeer.

Voorgestelde formule

Wanneer daar oor befondsing gepraat word, moet eerstens daarop gelet

word dat die befondsing van moedertaalonderrig in werklikheid baie

goedkoop is, veral as in ag geneem word wat die omvang van die uitkoms

kan wees wat met relatief klein geldelike insette bereik kan word.

In ooreenstemming met die jongste inisiatiewe wat deur die Ministerie van

Hoër Onderwys en Opleiding geloods word oor die gebruik van Afrikatale as

tale vir hoër onderwys, word voorgestel dat ʼn formule ontwikkel moet word

aan die hand waarvan die beginsel en praktyk meertaligheid bestuur word.

In hierdie opsig word voorgestel dat 2005 se bekende Ndebele-verslag as

vertrekpunt geneem word, maar aangepas word om vir ’n anker-enondersteuningsbeginsel

voorsiening te maak.

Ingevolge taaldiversiteit en met verrekening van die aanbevelings van die

Ndebele-verslag sal sekere universiteite of universiteitskampusse hulleself as

ankerontwikkelaars en implementeerders van sekere tale as werks- en

onderrigtale op dié kampusse beskikbaar stel. Hierdie tale sal op grond van

taaldemografiese patrone, kundigheid by dié universiteite en ander

veranderlikes bepaal word. Die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) kan
18

byvoorbeeld as ankerkampus vir Zulu optree, terwyl UNIZUL as

ondersteuningskampus inskakel. Gesamentlik, en op grond van ʼn formele

samewerkingsooreenkoms, dra hulle dan tot die gestruktureerde ontwikkeling

en implementering van Zulu as hoëronderwystaal by.

As ankerkampus vir Zulu sal die UKZN dan as ’n ontwikkeling- en

uitnemendheidsentrum vir Zulu optree en toesien dat die taal as

hoëronderwystaal ontwikkel en gebruik word – as onderrigtaal en as

administrasietaal – terwyl UNIZUL die projek ondersteun en bydra tot die

ontwikkeling en ook Zulu as onderrig- en werkstaal gebruik.

Nasionale befondsing

Die implementering van die voorgestelde formule hang van nasionale

befondsing af.

Die Ministerie word versoek om, na analogie van die gevestigde praktyk van

geoormerkte befondsing (byvoorbeeld soos vir multikampusinstellings), ʼn

meertaligheidsgeoormerkte toekenning wat 2% van die mediumtermynuitgaweraamwerk

(MTEF) bedra vir die implementering van hierdie formule

beskikbaar te stel.
19

5. Gevolgtrekking

Daar is baie wat gesê kan word oor moedertaalonderrig en die voor- en

nadele daarvan. Wat egter belangrik is, is dat die kwessie van

moedertaalonderrig altyd binne die konteks van gehalte-onderwys, die

maatskaplike implikasies daarvan en toepaslike regsvoorskrifte beskou moet

word. Die meeste mense is dit eens dat moedertaalonderrig ’n positiewe

uitkoms vir gehalte-onderwys het, soos wat duidelik uit hierdie dokument blyk.

Tydens die gesprek wat AfriForum Jeug op 15 Oktober 2010 met die Minister

van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, gehad het, het die Minister tereg

op sekere struikelblokke met betrekking tot die implementering van

moedertaalonderrig gewys. Hierdie struikelblokke het hoofsaaklik op die

praktiese en finansiële implikasies daarvan betrekking.

Artikel 6(2) van die Grondwet plaas ’n verpligting op die Staat om praktiese

en daadwerklike maatreëls te tref om die status van Suid-Afrika se amptelike

landstale te verhoog en die gebruik daarvan te bevorder. Verder bepaal

artikel 29(2) dat elkeen ’n reg het om in openbare onderwysinstellings

onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar

daardie onderwys redelikerwys moontlik is. Die Wet op Hoër Onderwys

bepaal dat die taalbeleid van ’n tersiêre instelling deur die Raad, met die

instemming van die Senaat, vasgestel moet word, en dat sodanige

taalbeleid moet strook met beleid wat deur die Minister vasgestel word.

Alhoewel daar meningsverskil bestaan oor wat die omvang van hierdie

ministeriële beleid kan wees, mag dit uiteraard nie in stryd wees met

bogenoemde verpligtinge wat deur die Grondwet aan die Staat opgelê

word nie.

In hierdie dokument argumenteer ons dat die toewysing van fondse aan

tersiêre instellings ’n kardinale rol in die funksionering van sodanige instelling

speel, en dat ’n beleid oor tersiêre befondsing as gevolg van bovermelde

verpligtinge wat op die Staat geplaas word, nie geïmplementeer kan word

sonder om die kostes wat met die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse

tale gepaard gaan hierin te akkommodeer nie. Hierdie argument word veral

versterk as daar gelet word op die positiewe implikasies wat die

implementering van moedertaalonderrig op die gehalte van onderwys het.
20

Die impak van moedertaalonderrig word omvattend in deel 3 van hierdie

dokument bespreek. Die belangrikste twee gevolgtrekkings wat hieruit

gemaak kan word, is:

1. Dat die implementering van moedertaalonderrig regoor die wêreld

drastiese verbeterings in die betrokke studente se prestasies teweeg

gebring het; en

2. Dat daar geen waarheid steek in die persepsie dat dit in ’n student se

belang is om in Engels te studeer ten einde “internasionaal

mededingend” te wees nie. Die bevordering van moedertaalonderrig

het om verskeie redes ’n groter invloed op die internasionale

mededingendheid van ’n student. Die belangrikste redes is die

verbeterde begrip vir die betrokke vakgebied en die versterking van

die student se selfvertroue, wat ’n natuurlike gevolg van beter prestasie

is.

Die belangrikste stap wat nou met betrekking tot hoër onderwys geneem

moet word, is dat die befondsingsformule wat deur die Departement van

Hoër Onderwys vir tersiêre instellings voorgeskryf word, gewysig word om die

bevordering van moedertaalonderrig en meertaligheid te akkommodeer.

Daar moet erkenning gegee word aan die feit dat, alhoewel die inset in

hierdie verband in geldterme gemeet word, die uitkoms neerslag vind in die

verbetering van gehalte-onderwys en die bevordering van wedersydse

erkenning en respek onder die verskillende taalgroepe in Suid-Afrika.

Verskeie finansiële benaderings met betrekking tot meertaligheid word

regoor die wêreld gevolg. By die Universiteit van Ottawa word ’n

regeringstoelaag van 8% by die institusionele begroting ingesluit. Die

Universiteit van Maastricht het ’n aanvanklike addisionele belegging ontvang

van ongeveer 10 tot 15% van die instelling se begroting waarmee slegs een

taal geakkommodeer kon word. In Suid-Afrika hoef dit nie so hoog te wees

nie. Indien ’n addisionele bedrag van ongeveer R150,00 vir elke ingeskrewe

student voorsien word, kan ’n drastiese verbetering met betrekking tot

moedertaalonderrig gemaak word.

Die voorstel van ’n anker-en-ondersteuningsbeginsel met betrekking tot hoër

onderwys blyk die mees praktiese te wees. Hiervoor stel sekere universiteite of

universiteitskampusse hulle tot beskikking as ankerontwikkelaars en

implementeerders van sekere tale as werks- en onderrigtale by dié kampusse.

Hierdie tale word bepaal op grond van taaldemografiese patrone en ander

veranderlikes. In hierdie poging werk die ankeruniversiteite saam met
21

ondersteuningsuniversiteite, wat in formele samewerkingsverband tot die

gestruktureerde ontwikkeling en implementering van die gekose tale bydra.

Die konsep word meer breedvoerig in deel 4 van hierdie dokument

verduidelik.

Om hieraan gehoor te gee is dit eerstens belangrik dat die meertaligheid van

’n tersiêre instelling as kriterium vir addisionele befondsing by die

befondsingsformule ingesluit moet word. Vir hierdie doeleindes sal dit

voldoende wees indien ’n addisionele bedrag van 2% van die

mediumtermyn-uitgaweraamwerk aan meertalige universiteite toegewys en

vir die bevordering van meertaligheid geoormerk word.

Verder is dit belangrik om daarop te let dat die uitreik van verslae en

voorleggings nie voldoende is om ’n verskil in hierdie verband te maak nie –

daar moet na aksiestappe oorgegaan word. Alhoewel die wysiging van die

befondsingsformule deur die Minister van Hoër Onderwys ’n kardinale rol in

hierdie verband speel, sal hierdie wysiging alleen nie ’n volhoubare verskil

maak as alle rolspelers nie betrokke raak nie. Om hierdie rede het AfriForum

Jeug aksieplanne uiteengesit wat deur die onderskeie rolspelers

geïmplementeer kan word.

Met sterk leierskap en wilskrag kan ’n toekoms vir Suid-Afrika se inheemse tale

verseker word.
22

6. Aksieplan vir moedertaalonderrig

Hierdie dokument beklemtoon die positiewe impak wat die bevordering van

moedertaalonderrig vir studente en Suid-Afrika sal inhou. Dit is egter

belangrik dat die kwessie van moedertaalonderrig en meertaligheid nie net

by dokumente en verslae bly nie, en dat daar oorgegaan word na

aksieplanne om hieraan uitvoering te gee. Die blaam vir die gebrek aan

meertaligheid kan nie op ’n enkele instansie geplaas word nie, en gevolglik

sal dit slegs effektief aangespreek kan word as ’n omvattende aksieplan in

hierdie verband van stapel gestuur word. Die belangrikste rolspelers in hierdie

saak is:

· Die regering (insluitend die twee onderwysdepartemente)

· Universiteite (insluitend hoofbesture en universiteitsrade)

· Studente (insluitend verteenwoordigende studenterade)

· Ouers (insluitend beheerrade by skole).

’n Uiteensetting word gegee van stappe wat elkeen van die rolspelers kan

neem om ’n toekoms vir Suid-Afrika se inheemse tale te verseker. Van die

twee onderwysministers word slegs een stap elk gevra, terwyl vyf stappe vir

universiteitsbesture, ouers en studente uiteengesit word. AfriForum Jeug

verbind hom egter hiermee tot ’n tienpuntplan wat vanaf die bekendstelling

van hierdie verslag uitgevoer sal word.

Die Minister van Basiese en van Hoër Onderwys

Alhoewel hierdie verslag hoofsaaklik oor die situasie in hoër onderwys handel,

kan dit nie in isolasie van basiese onderwys gesien word nie. Beide die

Minister van Hoër en van Basiese Onderwys het in die onlangse verlede

positiewe uitsprake oor die bevordering van Suid-Afrika se inheemse tale

gemaak. Hierdie stellings moet egter nou in beleid geïmplementeer word.

Derhalwe word van die Minister van Basiese Onderwys versoek dat:

· ’n spitsberaad gehou word oor die praktiese uitdagings vir

moedertaalonderrig in basiese onderwys in Suid-Afrika.

Van die Minister van Hoër Onderwys word versoek dat:

· die befondsingsformule vir hoër onderwys gewysig word, soos

verduidelik in deel 4 van hierdie dokument.
23

’n Vyf-punt-plan vir universiteitsowerhede

1. Hanteer studente se taalklagtes stiptelik en neem stappe teen

personeellede wat studente se taalregte skend.

2. Sien toe dat universiteitsfunksies plaasvind in al die amptelike tale van

die betrokke universiteit en nie slegs in een taal nie.

3. Ontwikkel ’n goeie praktykskode vir transformasie, sodat universiteite

nie ten koste van moedertaalonderrig en meertaligheid transformeer

nie.

4. Stel personeel aan wat bevoeg is om onderrig in meer as een taal te

gee of bied kursusse aan om personeel in hierdie bevoegdheid op te

lei.

5. Stel ’n taalombudsman by elke instelling aan en skep ’n toeganklike

taalkantoor vanwaar studente se taalvaardighede ontwikkel kan word

en hul klagtes hanteer kan word.

’n Vyf-punt-plan vir ouers van skoliere en studente

1. Besef dat die gebrek aan moedertaalonderrig en meertaligheid in

Suid-Afrika ’n probleem is wat nie net deur die owerhede opgelos kan

word nie.

2. Plaas u kinders in skole en universiteite waar hulle onderrig in hul

moedertaal sal ontvang.

3. Leer u kinders waarom dit in hulle belang is om in hulle eie taal te

studeer.

4. Plaas druk op skole en universiteite wat u kinders se taalregte

verontagsaam.

5. Moedig u kinders aan om ’n belangstelling in en trots op hulle taal te

ontwikkel en om dit in die samelewing uit te leef.

’n Vyf-punt-plan vir studente

1. Registreer om jou modules in jou moedertaal te doen en maak

beswaar indien dit nie beskikbaar is nie.

2. Ken jou taalregte en grieweprosedures om te volg wanneer jou regte

geskend word.

3. Leef jou studentelewe in jou eie taal uit en doen moeite om ander tale

aan te leer.

4. Doen navorsing en voltooi jou skripsies, opdragte en toetse in jou eie

taal. Jy het ’n reg om dit te doen.
24

5. Rapporteer dosente of ander personeellede wat jou taalregte skend.

AfriForum Jeug se nasionale veldtog vir moedertaalonderrig

AfriForum Jeug het besluit om ’n voorbeeld te stel deur ’n omvattende

tienpuntplan van stapel te stuur terwyl daar van ander rolspelers verwag

word om hoogstens vyf stappe te neem. Die tienpuntplan lyk as volg:

1. Oorhandig hierdie verslag aan die Minister van Hoër en van Basiese

Onderwys self.

2. Oorhandig hierdie verslag aan die rektore van al die tersiêre instellings

in Suid-Afrika.

3. Oorhandig hierdie verslag aan die verteenwoordigende studenterade

van al die universiteite in Suid-Afrika en voer gesprekke met hulle oor

die inhoud daarvan.

4. Loods ’n veldtog om ouers in te lig oor die belang van

moedertaalonderrig.

5. Loods ’n veldtog om studente in te lig oor die belang van

moedertaalonderrig.

6. Loods ’n veldtog om skole, en in die besonder beheerliggame van die

onderskeie skole, in te lig oor die belang van moedertaalonderrig;

7. Loods openbare bewusmakingsaksies oor die belang van

moedertaalonderrig. Dit sal ’n vermaaklike mini-dokumentêre video vir

verspreiding op sosiale netwerke insluit.

8. Open ’n elektroniese klagtekanaal waar studente van regoor Suid-

Afrika klagtes kan indien wanneer hul taalregte geskend word.

9. Opper die kwessie van moedertaalonderrig en meertaligheid in die

openbare debat en tydens skakeling met plaaslike en internasionale

organisasies.

10. Brei plaaslike strukture uit en bevorder verteenwoordiging op

verteenwoordigende studenterade om ook hier aan die veldtog

uitvoering te gee.
25

7. Bronnelys

Wetgewing

· Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996

· Wet op Hoër Onderwys, Wet 101 van 1997

Regspraak

· Mpumalanga Department of Education v Hoërskool Ermelo 2010 (2) SA

415 (CC)

Verslae

· UNESCO (2010) Why and how Africa should invest in African languages

and multilingual education

· UNESCO (2008) Improving the Quality of Mother Tongue-based

Literacy and Learning: Case Studies from Asia, Africa and South

America

· UNESCO (2008) Mother Tongue Matters: Local Language as a Key to

Effective Learning

· UNESCO (2007) Mother Tongue-based Literacy Programmes, Case

Studies of Good Practice in Africa

· The development of indigenous African languages as mediums of

instruction in higher education, 2005 (Ndebele-verslag)

Webbladsye

· www.topuniversities.com