31.10.2014 Views

News Letter Feb 2012.pdf

News Letter Feb 2012.pdf

News Letter Feb 2012.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

News

SABU NEWS / NUUS – February 2012

Inside this issue:

Aankondiging van spanne

Ander aankondigings

1. Kompetisie wenner

2. Nuwe SA O/19

Spanbestuurder

3. SABU Webwerf

Beroep vir SA O/19 juniors

Beroep op alle O/25 skuts

Beroep op alle skuts om nou vir

2012 SA Ope in te skryf

1. Aankondiging van spanne

1.1 Proteaspan vir eerste Internasionale wedstryd 28/03/2012

Kaptein: JB de Beer

Koördineerder: JH Maritz

Bestuurder: TB Hayter

Afrigters: FWA Coetzee JG du Toit JC Jonck

Skuts: LVW Brand TF Breedt DMC Dodds

FC du Plessis JA du Toit J Fourie

PA Haasbroek GD Higgs R Hayter

H Jacobs WJ van Rooyen PJ van Zyl

1.2 Presidentspan vir eerste Internasionale wedstryd 28/03/2012

Kaptein: A Visser

Koördineerder: PD Bramley

Bestuurder: FC van der Vyver

Afrigters: W du Plooy AP Moller PP Prinsloo

Skuts: J Di Bona N Borret-du Plooy JJ Bruwer

SW Cullinan HMJ Gerber AJT Nel

BJ Pieters CO Scheepers EE Stigant

PS Welgemoed SF Wellington GM Willemse

1.3 Honorisspan vir eerste Internasionale wedstryd 28/03/2012

Kaptein: JJ Prinsloo

Koördineerder: RJ Lauterbach

Bestuurder: CDP vanZyl

Afrigters: CJ Jacobs HH Prinsloo SF Scheepers (jnr)

Skuts: GO Botha MU Burger Janine Buys

GJ Coetzee JDA Conradie RJ Gouws

AC Greyling JH Maritz (jnr) AJ Marx

JA Marx O Slabbert FW Viljoen

1.4 SA Veteranespan vir eerste Internasionale wedstryd 28/03/2012

Kaptein: LD van Vuuren

Bestuurder: JJ Erasmus

Koördineerder: AN Lesch

Afrigters: WIG Engelbreg HC Jacobs CE Schulenburg

Skuts: SP Berkemeyer WA Botha GJP Burger

B Digby JAP du Toit TI Fouche

JH Grobler HG Marx TRH Valentine

JH van der Merwe AP van Niekerk EA Venter

1.5 SA Junior O/19 span vir eerste Internasionale wedstryd 28/03/2012

Bestuurder: D Fourie (Dana)

Kaptein en skut: JF Hager (Hannes)

Skuts: LVW Brand (Lammie) JM Burger (Jarryd) JS Fourie (Janus)

MD Hayter (Matt) CA Venter (Charles)

Reserwes: HJ Diederichs (Enrico)

D Nel (Dehan)

1 Aankondigings

2.1 Kompetisie wenner

Veels geluk Jannie Els. Jy is die gelukkige wenner van die 2013 naamgee kompetisie!

Die 2013 groot wedstryd wat ons gaan hou met baie buitelandse mededinging gaan

voortaan bekendstaan as: The “Southern International Challenge.”

Jannie wen, soos belowe in vorige nuusbriewe, ‘n gratis individuele inskrywing na die

2012 SA Ope Kampioenskappe!

2.2 Ons het ‘n nuwe SA O/19 Junior spanbestuurder

Veels geluk aan Dana Fourie met sy aanstelling as SA O/19 Junior spanbestuurder.

Baie dankie vir die bereidwilligheid om in hierdie baie belangrike pos te dien. Ons is

oortuig dat alle Skuts, Raadslede en Uitvoerende Komiteelede jou heelhartig gaan

ondersteun.

2.3 Die SABU webtuiste

Soos die boere in ons organisasie aan enigeen kan verduidelik: Jou uitsette van jou

produk is direk afhanklik van die insette wat jy lewer. Met die SABU webtuiste is dit presies

dieselfde. As jy niks insit nie, gaan jy niks uitkry nie. Hoekom gee party Provinsies en Klubs

nie om dat daar niks of baie min op hulle onderskeie webtuistes is nie?

Ons doen weer ‘n beroep op almal om eerstens hulle voorblaaie tenminste reg te kry. Gee vir

die kantoor of direk vir Fritz Naumann al die komitee besonderhede sowel as enigiets wat

julle wil plaas, verander, afhaal of skuif. Die kontakbesonderhede is op die SABU webtuiste.

Enige jaarprogramme, kompetisie uitslae, fotos van wenners, fotos van gesellighede,

prysuitdelings en enigiets wat nuuswaardig is, sal baie welkom wees. As die kantoor of Fritz

nie vinnig reageer nie, stuur dit weer asseblief. Ons almal is meestal baie besig, maar met die

tweede probeerslag sal iemand beslis spoed kry.

3. SA O/19 Junior tekort

Die UK wil weereens ‘n dringende beroep doen op alle individue, Klubs en Provinsies om

nuwe skuts te werf.Daar is ‘n krisis op hande wat Juniors en hier spesifiek O/19 skuts

aanbetref.

Die getalle neem elke jaar af en daar gaan eersdaags nie genoeg skuts wees om die

uitruil ooreenkoms met die GB U/19 span te eerbiedig nie!

Daar is op hierdie stadium nie genoeg Junior O/19 skuts om die volgende toerspan na

Britanje tydens hierdie 2012 SA Ope aan te wys nie.

Bewys ons asseblief verkeerd en bring julle eie kinders, kennisse, familie en vriende se

kinders saam na hierdie 2012 SA Ope. Komaan skuts, sit skouer aan die wiel en vind groot

asseblief vir ons genoeg Juniors!

4. Alle O/25 skuts

Ons wil graag alle Suid Afrikaanse O/25 skuts aanmoedig om nou in te skryf vir die 2012 SA

Kampioenskappe. Vir die groot skiet wat ons volgende jaar (2013) aanbied, naamlik die

“Southern International Challenge” word daar op hierdie stadium reeds sowat 50

buitelandse skuts verwag. Daar gaan verseker ook O/25 spanne inskryf vir hierdie groot

geleentheid. Daar moet dus hierdie jaar alreeds na afloop van die SA Kampioenskappe ‘n SA

O/25 span gekies en aangekondig word. Skuts wat hierdie jaar dus nie deelneem nie, kan nie

in aanmerking geneem word vir die 2013 Internasionale wedstryde nie.

5. Inskrywings vir die 2012 SA Ope

Ons wil ook alle ander SA skuts aanmoedig om nou in te skryf vir die 2012 SA Ope.

Op hierdie stadium is die inskrywings vir hierdie jaar maar traag. Asseblief almal, doen

vandag nog die moeite en skryf in. Bespreek ook vroegtydig die verblyf op die baan.

Ons moet die hoeveelheid tente, beddens en alles wat daarmee saamgaan, so gou moontlik

met die Weermag bevestig.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!