29.10.2014 Views

Printable PDF

Printable PDF

Printable PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die stories agter die syfers

Eisestatistieke 2008

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

R2.03 miljard

Totale Risikodekkingseise

Januarie tot Desember 2008

Daar is elke dag mense wat polisse opneem by Liberty Life en hulle vertroue in ons

plaas om daar te wees vir hulle indien ’n onbeplande gebeurtenis hulle lewens negatief

beïnvloed. Daarom is dit vir Liberty Life ’n groot eer om ons eisestatistieke aan jou

bekend te maak – ’n tasbare bewys dat ons jou vertroue werd is.

Toe Liberty Life vir die eerste keer ons eisestatistieke gepubliseer het, het ons dit gedoen

met die oortuiging dat ons kliënte die reg het om die syfers te weet, ongeag of dit

goed of swak is. Ons mededingers in die bedryf het onmiddelik die waarde van sulke

openhartigheid en eerlikheid besef, en dieselfde gedoen. Ons bedank hulle dat hulle

ons voorbeeld gevolg het en sodoende bewys dat ons wel eise uitbetaal en omgee vir

ons kliënte.

Want aan die einde van die dag, kan ’n tragiese gebeurtenis in jou lewe óf die

begin van die einde beteken, óf die begin van ’n nuwe lewe. ’n Lewensversekerings

uitbetaling help jou en jou geliefdes om tot verhaal te kom met

’n nuwe realiteit, om die storie van jou lewe voort te sit ten spyte van tragedie.

En dit is waarom die syfers belangrik is, want die mense wie se lewens hulle

aanraak is kosbaar.

1

R1.57 miljard is uitbetaal aan die begunstigdes van polishouers

wat gedurende 2008 hulle lewens verloor het. Liberty Life het

ook ’n verdere R456 miljoen uitbetaal aan gevreesdesiekte- en

ongeskiktheidseise.

Hierdie bedrae is oorweldigend, maar Liberty Life vind troos in

die syfers omdat ons weet dat ons ’n verskil gemaak het in mense

se lewens. Ons het geliefdes gehelp om voort te gaan met hulle

lewens en diegene wat geraak is deur siekte of ongeskiktheid

gehelp om hulle lewens voort te sit soos wat hulle dit beplan het

of oor gedroom het.

2

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Liberty Life het gedurende 2008

R2.03 miljard se

risikodekkingseise

uitbetaal

Vanaf Januarie tot Desember 2008, het Liberty Life risikodekkingseise

ter waarde van R2.03 miljard uitbetaal, waarvan:

Lewenstyl-beskermereise

• R1.14 miljard vir sterfte-eise

• R199 miljoen vir gevreesdesiekte-eise

• R175 miljoen vir enkelbedrag ongeskiktheidseise

• R30 miljoen vir ongeskiktheidsinkomste-eise*

Capital Alliance eise

• R200 miljoen vir sterfte-eise

• R31 miljoen vir enkelbedrag ongeskiktheidseise

• R6 miljoen vir ongeskiktheidsinkomste-eise*

Liberty Active eise

• R230 miljoen vir sterfte-eise

• R15 miljoen vir enkelbedrag ongeskiktheidseise

* Ongeskiktheidsinkomste-eise sluit kwytgeskelde premies en bokoste-uitgawe voordele in.

3

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Amy se storie

R30 miljoen

Lewenstyl-beskermer eis

Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith 1 se

gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese Ongeskiktheid

Plus-voordeel ter waarde van R8 miljoen sowel as ’n Lewende Lewenstyl

Plus-voordeel van R2 miljoen opgeneem het.

Minder as ’n jaar later, in Mei 2008, het Liberty Life ’n totale eis ter

waarde van R30 miljoen uitbetaal onder die gekombineerde Lewenstylbeskermer

polis. Die eis was saamgestel uit die volgende voordele:

• ’n Terminalesiekte-voordeel 2 van R20 miljoen

• Die Fisiese Ongeskiktheid Plus-voordeel het R8 miljoen uitbetaal vir

kanker

• Die volle Lewende Lewenstyl gedeelte van die eis het R2 miljoen beloop

Binne die bestek van tien maande, het die lewens van Amy en haar

geliefdes onherroeplik verander. Dit is ons hoop dat die R30 miljoen

eise uitbetaling hulle die finansiële vryheid gebied het om die tragedie

in hulle eie tyd te verwerk.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke partye te beskerm.

2 ’n Terminalesiekte-voordeel is ingesluit met jou Lewensdekking. Dit beteken dat jy die keuse

het om 100% van jou Lewensdekking te laat uitbetaal sou jy gediagnoseer word met ’n terminale

siekte wat ’n lewensverwagting van minder as 12 maande het.

5

R257 miljoen

Totale Ongeskiktheidseise* 2008

* Syfers sluit enkelbedrag ongeskiktheidseise en ongeskiktheidsinkomste-eise in vir Lewenstyl-beskermer, Capital Alliance en

Liberty Active eise.

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer ongeskiktheidseise volgens oorsaak

Trauma

18%

18%

14%

Kanker

Skelet

25%

4%

7%

7%

7%

Hartkwale

Beroerte

Geestesversteuring

Artritis

Ander*

* Ander: Asemhalingstelsel, Chirurgie, Parkinson se Siekte, VIGS, Suikersiekte, Gehoorversteurings, Doofheid, Fibromialgie,

Narkolepsie, Epilepsie, Paraplegie, Nierkwale, Veelvuldige Sklerose, Sigversteurings, Alzheimer-sindroom, Huntington se

Siekte, Spierdistrofie, Tuberkulose en ’n verskeidenheid van oorsake.

6

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Ongeskiktheidseise

’n Ernstige siekte, besering of ongeskiktheid beïnvloed gewoonlik jou vermoë om ’n

inkomste te verdien. Gedurende sulke moeilike tye benodig jy finansiële bystand om

jou las te verlig. Liberty Life se Inkomsteverliesbeskerming opsies help jou om

voorsiening te maak vir jou gesin wanneer jy jou vermoë om ’n inkomste te verdien

verloor as gevolg van ’n fisiese ongeskiktheid. Dit stel jou in staat om steeds vir jou

geliefdes die lewe te bied waarvoor jy so hard gewerk het. Ons omvattende reeks

Ongeskiktheidsvoordele gee jou die geleentheid om die dekking te kies wat jou

lewensbehoeftes die beste pas.

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer ongeskiktheidseise volgens

ouderdom

Eise uitbetaal

6%

23%

36%

32%

3%

21 - 30

31 - 40

41 - 50

Ouderdom

51 - 60

60+

Mans/vroue ontleding

Mans

73%

Vroue 27%

7

Jo se storie

Veelvuldige eise

Jo da Silva 1 en sy motorfiets was

onafskeidbaar. Wat dit net soveel

hartseerder gemaak het toe hy ernstige

kopbeserings opgedoen het in ’n

motorfietsongeluk. Gelukkig het Jo ’n

Ongeskiktheidsinkomstevoordeel,

Lewende Lewenstyl Plus-voordeel en ’n

Absolute Beskermer Plus-voordeel van

Liberty Life gehad.

Jo het tot dusver die volgende

uitbetalings ontvang:

• R377 817 onder sy Lewende Lewenstyl

Plus-voordeel vir die tyd wat hy in ’n

koma spandeer het

• R3 258.58 per maand onder die

Ongeskiktheidsinkomstevoordeel

Die Absolute Beskermer Plus-voordeel

sal geëvalueer word sodra Jo se

rehabilitasie voltooi is en daar vasgestel

kan word of die toestand permanent is

of nie.

8

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke

partye te beskerm.

Janette se storie

R3 544 049

Ongeskiktheidseise

Kanker herskryf die lewensverhale van

baie gesinne. Soos dit die geval was met

Janette MacKenzie 1 wat in Junie 2008

met sarkoom 2 en long metastase 3

gediagnoseer is. Haar Liberty Life

Terminalesiekte-voordeel 4 , Fisiese

Ongeskiktheid Plus-voordeel en Lewende

Lewenstyl-voordeel eise is uitbetaling

ten bedrae van R3 544 049.40. Janette

het aanvanklik ’n 25% uitbetaling

ontvang onder haar Fisiese

Ongeskiktheid Plus-voordeel; haar

toestand het vererger en hierdie

voordeel is later hersien en haar eis

is aangepas tot ’n 100% uitbetaling.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke

partye te beskerm.

2 Sarkoom is ’n kwaadaardige gewas.

3 Long metastase beteken dat die kanker tot by die

longe versprei het.

4 ’n Terminalesiekte-voordeel is ingesluit met jou

Lewensdekking. Dit beteken dat jy die keuse het om

100% van jou Lewensdekking te laat uitbetaal sou

jy gediagnoseer word met ’n terminale siekte wat ’n

lewensverwagting van minder as 12 maande het.

R199 miljoen

Totale Gevreesdesiekte-eise 2008

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer gevreesdesiekte-eise volgens oorsaak

46%

16%

8%

30%

Kanker

(waarvan borskanker vir

16% van alle

gevreesdesiekte-eise

verantwoordelik was)

Hartkwale

Beroerte

Ander*

* Ander: Koma, Asemhalingstelsel, Veelvuldige Sklerose, Nierkwale, Lewerkwale, Nie-kwaadaardige Breingewas, Anarisme,

Blindheid, Parkinson se Siekte, Brandwonde, Suikersiekte, VIGS, Trauma.

10

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Gevreesdesiekte-eise

Hoe sal jou lewe verander wanneer jy gediagnoseer word met ’n gevreesde siekte? In

2008, het die Liberty Life polishouers wat met kanker gediagnoseer is, die nommer een

rede vir gevreesdesiekte-eise, op hulle Lewenstyl Beskermer versekeringsuitbetalings

vertrou om hulle deur onsekere tye te sien. Die Lewende Lewenstyl-voordeel van

Liberty Life dek die risiko van die hoë koste wat daarmee gepaard gaan om ’n gevreesde

siekte of onverwagse traumatiese gebeurtenis te oorleef en daarvan te herstel. Dit gee

jou en jou geliefdes die gemoedsrus wat jy nodig het om al jou kragte in te span om

gesond te word.

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer gevreesdesiekte-eise volgens

ouderdom

Eise uitbetaal

3%

18%

35%

37%

7%

21 - 30

31 - 40

41 - 50

Ouderdom

51 - 60

60+

Mans/vroue ontleding

Mans

70%

Vroue 30%

11

Lesego se storie

R428 490 Absolute

Beskermer eis

Lesego Elias 1 het haar lewe gewy aan die

sorg van ander. Totdat ’n besering aan

diens haar onbevoeg gelaat het om haar

roeping as verpleegster voort te sit.

Haar Absolute Beskermer-voordeel eis

is uitbetaal ten bedrae van R428 490,

wat aan haar die finansïele vryheid bied

om rustig te besin oor wat sy met die

res van haar lewe gaan maak.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke

partye te beskerm.

12

Susan se storie

R6 122 056

Terminalesiektevoordeel

eis

Net soos die res van ons, het Susan

Williams 1 risikodekking onder haar twee

Lewenstyl-beskermer polisse uitgeneem

in die hoop dat sy dit nooit sou nodig

kry nie. Motor neuron siekte het egter

sy tol geëis op Susan se lewe, en

Liberty Life is tans besig om haar

Terminalesiekte-voordeel 2 eis vir

R6 122 056 uit te betaal.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke

partye te beskerm.

2 ’n Terminalesiekte-voordeel is ingesluit met jou

Lewensdekking. Dit beteken dat jy die keuse het om

100% van jou Lewensdekking te laat uitbetaal sou jy

gediagnoseer word met ’n terminale siekte wat ’n

lewensverwagting van minder as 12 maande het.

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Frank se storie

R6 741 694

veelvuldige eise

’n Mens word akuut bewus van die broosheid van die lewe wanneer

’n ernstige siekte jou in die gesig staar. Benewens die feit dat Frank

Goldman 1 gediagnoseer is met tuberkulose van die ruggraat, het hy

ook ’n beroerte gehad en ly hy aan verskeie ander gesondheidsprobleme.

Hy het egter ’n Lewende Lewenstyl Plus-voordeel en ’n

Absolute Beskermer Plus-voordeel van Liberty Life gehad.

Frank het aanvanklik 25% van sy Lewende Lewenstyl Plus-voordeel

ontvang. In November 2008 is sy eis hersien en nadat daar vasgestel

is dat Frank se toestand vererger het, is die oorblywende 75% Lewende

Lewenstyl Plus-voordeel ter waarde van R3 180 733 ten volle uitbetaal.

Frank se totale voordele uitbetaling het R6 741 694 beloop onder

sy Lewende Lewenstyl Plus-voordeel en die Beroepsongeskiktheidskategorie

van sy Absolute Beskermer Plus-voordeel – geld wat sy

lewe so gerieflik as moontlik sal maak en ook na sy gesin sal omsien.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke partye te beskerm.

15

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Afgekeurde & verwerpte eise

Dit is van kardinale belang dat jy al die vereiste persoonlike besonderhede so eerlik as

moontlik verskaf wanneer jy lewensversekering uitneem; versuim om dit te doen, kan

lei tot die afkeur van ’n eis. ’n Eis mag ook geweier word indien ’n spesifieke gebeurtenis

– soos selfmoord – uitgesluit word (maksimum van 2 jaar) onder die polisvoorwaardes.

Jy het egter die versekering dat Liberty Life ’n deeglike evaluasieproses volg vir elke

eis om seker te maak dat ons alles moontlik gedoen het om ’n eis uit te betaal eerder

as om dit af te keur of te verwerp. Jy kan ook help om te verhoed dat ’n eis afgekeur

of verwerp word deur die volledige vereistes vir die indiening van ’n eis onder jou

spesifieke polis, aandagtig te bestudeer.

Redes waarom Liberty Life eise verwerp of afgekeur het gedurende 2008

64.3%

Persentasie

25%

7.1%

3.6%

Nie-openbaarmaking

Selfmoordgevalle

Rede

Onuitgereikte

gevalle

Vooraf

bestaande

toestand

’n Gemiddeld van 96% van die afgekeurde en/of verwerpte eise wat oor die

afgelope ses jaar na die Ombudsman verwys is, is ten gunste van Liberty

Life besleg.

17

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Mike se storie

Aaneenlopende

EduCator eis

Niks was meer belangrik vir Mike Dube 1 as sy kinders se opvoeding

nie. Dit is waarom Mike ’n EduCator risikovoordeel saam met sy

Lewensdekking onder sy Lewenstyl-beskermer polis opgeneem het.

In November 2007, het ’n gewone dag ’n tragiese wending geneem to

Mike in die gesin se swembad geval het en gevolglik verdrink het.

Danksy Mike se voorsiening, het sy gesin die volgende eise uitbetaling

van Liberty Life ontvang:

• Die Lewensdekkingseis is betaal ten bedrae van R5 475 000.

• Die EduCator risikovoordeel gaan voort om sy kinders se skoolgelde

te betaal. Dié voordeel het reeds onderskeidelik R7 000 en R8 050

per jaar per kind vir hulle 2008 en 2009 regeringskoolgelde uitbetaal.

Die EduCator risikovoordeel sal voortgaan om sy kinders se opvoeding

te finansier totdat hulle elkeen hul eerste universiteitsgraad voltooi

het.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke partye te beskerm.

19

Simon se storie

R900 000 vroeë eis

Net een maand nadat Simon Khumalo 1

Lewensdekking met ’n Onmiddelike

Uitgawes-voordeel 2 , ’n Fisiese

Ongeskiktheidsvoordeel, sowel as ’n

Lewende Lewenstyl met ’n Aanvullendevoordeel

opgeneem het, het hy sy lewe

verloor in ’n motorfietsongeluk. Sy

begunstigdes het binne ’n maand nadat

hy verongeluk het, ’n uitbetaling van

R900 000 van Liberty Life ontvang.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke

partye te beskerm.

2 Die Onmiddelike Uitgawes-voordeel betaal binne

48 uur na die ontvangs van ’n eis uit in die geval van

die dood van die versekerde lewe. Indien gekies, dek

hierdie voordeel ’n maksimum van R50 000 of 10%

van die totaal van die Lewensdekking en Hernubare

Lewensdekking se versekerde bedrae.

20

Alice en Kevin se storie

R6 000 000

Gesamentlike

Lewens-polis eis

Teen die einde van 2008, het ’n

helikopterongeluk ’n verskriklike tol

geëis: Alice en Kevin Harris 1 en hulle

gesin het omgekom in die ongeluk.

Sederdien is Alice en Kevin se

Sterftevoordeel op hulle Gesamentlike

Lewens-polis uitbetaal ten bedrae van

R3 000 000 op elkeen van hulle se lewens.

Die geld is aan hulle familielede uitbetaal.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke

partye te beskerm.

Laat Liberty Life jou help om jou

storie voort te sit

Lewenstyl-beskermer van Liberty Life bied jou en jou geliefdes ’n omvangryke keuse

van voordele wat julle sal help om julle lewens te herbou as, of wanneer, tragedie julle

pad kruis. Die Lewenstyl-beskermerreeks bestaan uit:

• Lewensbeskerming bied dekking vir jou en jou gesin ten tye van jou dood en teen

die finansiële impak wat dit op jou oorlewende gesinslede sal hê, byvoorbeeld die

onkoste van ’n duur terminale siekte of die onvermydelike uitgawes verbonde aan

’n familiebegrafnis.

• Inkomsteverliesbeskerming beskerm jou teen die risiko om jou inkomste te verloor

as gevolg van ’n fisiese ongeskiktheid wat jou verhoed om ’n inkomste te verdien.

• Lewenstylbeskerming bied dekking vir die risiko om die koste te moet dra wat gepaard

gaan met die oorlewing en herstel van ’n gevreesdesiekte of onverwagse traumatiese

gebeurtenis. Jy het ook die keuse om hierdie dekking uit te brei met spesifieke

gevreesdesiekte voordele vir vroue en kinders.

• Polisbeskerming sien om na die risiko van die verlies van of die weiering van toegang

tot geskikte vlakke van versekeringsdekking in die toekoms, as gevolg van ’n tydelike

onvermoë om die premies te betaal, of omdat jou gesondheidstoestand verander het.

Liberty Life se omvangryke beskermingsopsies bied jou die vryheid om jou lewe te lei

met die sekerheid dat in tye van nood, ons jou van die finansiële hulp sal voorsien om

die storielyn van jou lewe weer op te tel en te hervat.

Indien jy meer wil uitvind oor lewensversekeringsprodukte van Liberty Life

en hoe dit jou kan help om die storie van jou lewe uit te leef, kontak jou

Liberty Life finansiële adviseur of skakel ons inbelsentrum by 0860 456 789.

22

Lesoba Difference 10532

Enige regs-, tegniese of produkinligting in hierdie dokument is van tyd tot tyd aan verandering onderhewig en moet nie as advies

deur Liberty Life beskou word nie. Hierdie dokument is ’n opsomming van die produk se kenmerke. Indien daar enige teenstrydighede

tussen hierdie dokument en die polisdokument is, sal laasgenoemde voorrang geniet. Enige aanbevelings wat gemaak word, moet

jou spesifieke behoeftes en persoonlike omstandighede in ag neem.

Liberty Group Beperk is ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste ingevolge die Wet op FATD (lisensie no. 2409).

IR/2008/00001

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!