DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

3. Hoëronderwysfase Engels as ontwikkelde medium, of Hindi- en streekstale as opkomende media Volgens Lachman (1975:161), is daar prakties ’n wye gaping tussen die aanvaarde taalbeleid en -praktyk in die klaskamer. Dit is byvoorbeeld nie ongewoon dat die leerder en onderwyser in een taal kommunikeer, maar dat onderrig binne die klas in ’n ander taal aangebied word en leermateriaal in ’n totaal ander taal beskikbaar is nie. Die linguistiese behoeftes van die leerders is dus die werklike slagoffers in die proses. Die voorbereiding van handboeke vir die onderrig van tegniese vakke vir hoëronderwys is in die hande van die elite en word nie deur individue, professionele persone en/of die ontvangers van die onderwys bestuur nie. Baie navorsers word ontmoedig om betekenisvolle bydraes tot hul inheemse tale te lewer. Opponerende aktivistiese groepe staan dus teenoor mekaar en elke groep dring aan op wat hulle uit die proses wil bereik. Lachman stel die opponerende opvattings soos volg voor: Tabel 10: Opponerende groepe en hul standpunte volgens Lachman Kwessies in konflik Uiterste standpunte deur die gevestigde elite Uiterste standpunte deur die opkomende elite 1. Doelwitte van onderwys Universele waardes en kennis Kennis in ooreenstemming met kulturele agtergrond 2. Die rol van taal in Onderwys Outonomie vir moedertaal as volwaardige medium (vanaf primêre tot gevorderde stadia) 3. Keuse van die medium Een medium (nasionaal of universeel) 4. Vereistes vir die (a) gevorderde tale met kwalifisering van tradisie geïnspireerde medium tale literêre standaarde (b) gekultiveerd met elegante terminologie en vertalers 5. Pas van verandering Status quo of, indien dit moet verander dan slegs na genoegsame voorbereiding Taal hiërargie met multifase media (voorbereidend, byvoegend en hoofmedia wat relevant is aan die onderwys) Plurale media (streeks- en minderheidstale) Moedertale met bestaande situasiegebonde implisiete besitters beheer Aanvaarde gevolge pidginisering, vermenging en kodeverwisseling Vinnige verandering vanaf dominante tale deur die skepping van vakuums ten gunste van moedertale 82

Taalaktivisme in Indië word gekenmerk deur die opponerende standpunte van die plaaslike taalbewegings. Hierdie bewegings ondersteun óf die outonomie van die moedertaal as volwaardige medium van onderrig (vanaf primêre tot gevorderde stadium) óf die vinnige oorskakeling na Engelsmediumonderrig. Die gevestigde elite kan volgens die indeling van Annamalai (1999) as reformisties beskou word omdat hulle die ontwikkeling van plaaslike tale as medium van onderrig bepleit. Teenoor hulle staan die nuwe elite wat die status quo wil behou deur die sterker tale, insluitend Engels, as onderrigtale te gebruik. Na gelang van die klassifikasie van Ishida (2003:1) is die teenwoordigheid van groot welvaart onder die bevolking gekombineer met die teenwoordigheid van groot taaldiversiteit dié bepalende faktore vir ontstaan van taalbewegings. In Indië met sy verskeidenheid van tale is dit egter betekenisvol dat sterk aktivistiese bewegings grootliks afwesig is. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die afwesigheid van ’n groot welvarende middelklas. 2.8. Slotsom Oor die jare het taalbeplanning as studiegebied ontwikkel van ’n veld waar primêr op die beplanning van meerderheidstale gefokus is, tot ’n meer volwasse veld wat ook die totale taalekologie in ag neem. Een aspek wat volgens Baldauf (1994:1) agterweë gelaat is, is die ‘onbeplande’ kant van taalbeplanning. Hieronder kan die rol wat taalgemeenskappe in die ontwikkeling en behoud van hulle eie tale speel, of dit op die agenda van amptelike taalbeplanners verskyn al dan nie, sorteer. Hierdie aspek, naamlik die rol van taalgemeenskappe, is om verskeie redes belangrik. Eerstens bestaan taalaktivisme en taalbeplanning binne dieselfde arena. Die een beïnvloed die ander. Tweedens, waar twee of meer tale langs mekaar bestaan, kan een van die tale nie net geïgnoreer word wanneer die ander verhef word nie. Baldauf (2004:83) skryf die algemene mislukking van aanvanklike taalbeplanningsaksies vir Engels as enigste onderrigtaal in Papoea-Nieu- Guinee toe aan die miskenning van aktivisme vir die minderheidstaal as taal van onderrig en leer. Vroeëre bo-na-benede beheer van onderwys, waar slegs Engels as onderrigtaal gebruik is, is omgekeer namate die gedesentraliseerde grondvlakbeleide meer suksesvol was. Derdens moet onthou word dat taalbeplanning en taalbeleidsbesluite magsverwant 83

Taalaktivisme in Indië word gekenmerk deur die opponerende standpunte van die

plaaslike taalbewegings. Hierdie bewegings ondersteun óf die outonomie van die

moedertaal as volwaardige medium van onderrig (vanaf primêre tot gevorderde stadium)

óf die vinnige oorskakeling na Engelsmediumonderrig. Die gevestigde elite kan volgens

die indeling van Annamalai (1999) as reformisties beskou word omdat hulle die

ontwikkeling van plaaslike tale as medium van onderrig bepleit. Teenoor hulle staan die

nuwe elite wat die status quo wil behou deur die sterker tale, insluitend Engels, as

onderrigtale te gebruik. Na gelang van die klassifikasie van Ishida (2003:1) is die

teenwoordigheid van groot welvaart onder die bevolking gekombineer met die

teenwoordigheid van groot taaldiversiteit dié bepalende faktore vir ontstaan van

taalbewegings. In Indië met sy verskeidenheid van tale is dit egter betekenisvol dat sterk

aktivistiese bewegings grootliks afwesig is. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die

afwesigheid van ’n groot welvarende middelklas.

2.8. Slotsom

Oor die jare het taalbeplanning as studiegebied ontwikkel van ’n veld waar primêr op die

beplanning van meerderheidstale gefokus is, tot ’n meer volwasse veld wat ook die totale

taalekologie in ag neem. Een aspek wat volgens Baldauf (1994:1) agterweë gelaat is, is

die ‘onbeplande’ kant van taalbeplanning. Hieronder kan die rol wat taalgemeenskappe in

die ontwikkeling en behoud van hulle eie tale speel, of dit op die agenda van amptelike

taalbeplanners verskyn al dan nie, sorteer. Hierdie aspek, naamlik die rol van

taalgemeenskappe, is om verskeie redes belangrik. Eerstens bestaan taalaktivisme en

taalbeplanning binne dieselfde arena. Die een beïnvloed die ander. Tweedens, waar twee

of meer tale langs mekaar bestaan, kan een van die tale nie net geïgnoreer word wanneer

die ander verhef word nie. Baldauf (2004:83) skryf die algemene mislukking van

aanvanklike taalbeplanningsaksies vir Engels as enigste onderrigtaal in Papoea-Nieu-

Guinee toe aan die miskenning van aktivisme vir die minderheidstaal as taal van onderrig

en leer. Vroeëre bo-na-benede beheer van onderwys, waar slegs Engels as onderrigtaal

gebruik is, is omgekeer namate die gedesentraliseerde grondvlakbeleide meer suksesvol

was. Derdens moet onthou word dat taalbeplanning en taalbeleidsbesluite magsverwant

83

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!