DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Engelse skole gelei wat geen verdraagsaamheid teenoor die behoeftes van immigrante getoon het nie. Die superioriteit van die Amerikaanse ‘beskawing’ en die demokrasie is in taalbeleide opgehemel, terwyl dit in werklikheid ten doel gehad het om minderheidstale en -groepe te vernietig om sodoende koloniale oorheersing te behou. Alhoewel die Inperkende Tydperk eentalige Engelsonderrig beklemtoon het, het agitasie vir nie-Engelse moedertaalonderrig tog plaasgevind. Die Hooggeregshof het byvoorbeeld in 1923 in die saak Meyer v. Nebraska die besluit van Nebraska om onderrig in vreemde tale te verbied, ongrondwetlik verklaar. Opportunistiese Tydperk: 1960s – 1980s Hierdie tydperk volg op die Tweede Wêreldoorlog wat as ’n wekroep vir die VSA oor die tekortkominge in vreemdetaalonderrig gedien het. Hierdie besef het in 1958 aanleiding gegee tot die aanvaarding van die National Defense Education Act. Hoewel die wet ten doel gehad het om die vlak van vreemdetaalonderrig te verhoog, het dit tog nie daarin geslaag om linguistiese diversiteit te bevorder nie. Hierdie toedrag van sake het vanaf die 1960s begin verander as gevolg van die burgerregtebeweging en die 1964 Civil Rights Act, wat ook tot die totstandkoming van die Office for Civil Rights gelei het. Die herinstelling van tweetalige onderrig is ook te danke aan die Kubaanse Revolusie van 1959. Groot getalle Kubane wat in Florida gewoon het, het daarna gestreef om hul moedertaal, Spaans, te behou. In 1963 het hulle ’n suksesvolle tweetalige onderwysprogram te Coral Way Elementary School begin. Dit is moontlik gemaak deur die ondersteunende rol van professionele Kubaanse ouers. Beskikbare, goed gekwalifiseerde Kubaanse onderwysers, federale ondersteuning deur die Cuban Refugee Act, en lae vlakke van rassisme teenoor Kubane het ook bygedra tot die sukses wat hulle met hul tweetalige onderwysprogramme behaal het. Die sukses van Coral Way het weer as stimulus gedien vir ander tweetalige onderwysprogramme in Florida en ander dele van die land. Die meeste van hierdie programme is deur plaaslike gemeenskappe geïnisieer en gefinansier. 66

Ter versterking van moedertaalonderrig en Engels is die Bilingual Education Act in 1986 aanvaar. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Amerika het die federale regering ’n onderwysstelsel begin wat die waarde van leerders se kulture, tale en vorige ervarings in suksesvolle onderrig erken het. As gevolg van die Bilingual Education Act van 1986, gemeenskapsaktivisme en litigasie deur Spaanssprekende inwoners in die Suidweste, is baie tweetalige programme deur die hele land geïmplementeer. Die volgende belangrike gebeurtenis in die herlewing van tweetalige onderwys was die 1974 Hooggeregshofuitspraak in die saak van Lau v. Nichols. Die Lau-saak was die gevolg van ’n klas-aksie deur 1 800 Chinese studente wat aangevoer het dat hulle nie op hul beste kan presteer nie omdat hulle nie toegang tot moedertaalonderrig gehad het nie. Hierdie uitspraak kan beskou word as die belangrikste en blywendste simbool waarop die burgerregte van minderheidstaalgroepe vir ’n lang tyd geskoei sal word. Die Lau-uitspraak is opgevolg deur die saak van Castañeda v. Pickard (1981). Dit het aan die taalgemeenskappe spesifieke riglyne verskaf waarvolgens bepaal kon word of ’n skooldistrik by die gees en letter van die Lau-uitspraak hou. Die opportunistiese tydperk het baie geleenthede vir die ontwikkeling van tweetalige onderwys deur middel van federale wetgewing, litigasie en gemeenskapspogings geskep. Hierdeur is die burgerregte van minderheidstaalgroepe verstewig. Uitsluitingstydperk: 1980s – Hierdie tydperk word gekenmerk deur massiewe maatreëls om immigrasie vanaf ontwikkelende lande teen te werk. Die stryd teen tweetalige onderwys het in hierdie tydperk momentum gekry. Die politiek van taalonderrig tydens Ronald Reagan en George H.W. Bush se termyne het die konteks vir die anti-tweetalige sade wat gedurende die 1980s gesaai is, voorsien. Dit het selfs tot ’n verskuiwing in regeringsfinansiering ten gunste van eentalige Engelsonderrig gelei. Die Lau-onderworpenheidstandaarde, wat hoofsaaklik op die Castañeda v. Pickard-riglyne gebaseer was, is nooit as amptelike 67

Engelse skole gelei wat geen verdraagsaamheid teenoor die behoeftes van immigrante

getoon het nie. Die superioriteit van die Amerikaanse ‘beskawing’ en die demokrasie is

in taalbeleide opgehemel, terwyl dit in werklikheid ten doel gehad het om

minderheidstale en -groepe te vernietig om sodoende koloniale oorheersing te behou.

Alhoewel die Inperkende Tydperk eentalige Engelsonderrig beklemtoon het, het agitasie

vir nie-Engelse moedertaalonderrig tog plaasgevind. Die Hooggeregshof het byvoorbeeld

in 1923 in die saak Meyer v. Nebraska die besluit van Nebraska om onderrig in vreemde

tale te verbied, ongrondwetlik verklaar.

Opportunistiese Tydperk: 1960s – 1980s

Hierdie tydperk volg op die Tweede Wêreldoorlog wat as ’n wekroep vir die VSA oor die

tekortkominge in vreemdetaalonderrig gedien het. Hierdie besef het in 1958 aanleiding

gegee tot die aanvaarding van die National Defense Education Act. Hoewel die wet ten

doel gehad het om die vlak van vreemdetaalonderrig te verhoog, het dit tog nie daarin

geslaag om linguistiese diversiteit te bevorder nie.

Hierdie toedrag van sake het vanaf die 1960s begin verander as gevolg van die

burgerregtebeweging en die 1964 Civil Rights Act, wat ook tot die totstandkoming van

die Office for Civil Rights gelei het. Die herinstelling van tweetalige onderrig is ook te

danke aan die Kubaanse Revolusie van 1959. Groot getalle Kubane wat in Florida

gewoon het, het daarna gestreef om hul moedertaal, Spaans, te behou. In 1963 het

hulle ’n suksesvolle tweetalige onderwysprogram te Coral Way Elementary School begin.

Dit is moontlik gemaak deur die ondersteunende rol van professionele Kubaanse ouers.

Beskikbare, goed gekwalifiseerde Kubaanse onderwysers, federale ondersteuning deur

die Cuban Refugee Act, en lae vlakke van rassisme teenoor Kubane het ook bygedra tot

die sukses wat hulle met hul tweetalige onderwysprogramme behaal het. Die sukses van

Coral Way het weer as stimulus gedien vir ander tweetalige onderwysprogramme in

Florida en ander dele van die land. Die meeste van hierdie programme is deur plaaslike

gemeenskappe geïnisieer en gefinansier.

66

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!