DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

verbintenis tot die regte van alle Europese nasies en hul kulture waarborg volgens Spasov die status van hul tale. Hierdie beskerming is verder uitgebrei om ook voorsiening te maak vir alle tweedetaalgemeenskappe binne die Unie wie se tale nog nie amptelike status verkry het nie. Die Europese Unie Deklarasie vir die Beskerming van Minderheidsen Streekstale het ontstaan om lidstate te verplig om linguistiese en kulturele verskille te respekteer. Die probleem met die verklaring was egter dat lidlande, sowel as aspirant lidlande, nie verplig was om dit te onderteken nie. Dit is deur ‘problematiese’ lande wat nie die verklaring onderteken het nie en valslik voorgegee het dat geen minderheidsgroepe binne hul grense bestaan nie, uitgebuit. In die voormalige Joego- Slawië was die poging om die Gheg Albaniese dialek vir gebruik deur Albanese in Kosovo en Masedonië te standaardiseer, onsuksesvol. Dit kan volgens Spasov (2003:2) as waarskuwing dien dat die Masedoniese taal in lande waar Masedoniërs ’n minderheidsgroep is, die gevaar loop om van die toneel te verdwyn. In Nederland, as Europese Unie lidstaat en dus verbind tot die verklaring, is die studie van die Masedoniese taal, literatuur en kultuur egter deel van die wettige raamwerk. ’n Leerder wie se moedertaal Masedonies is, kan nie laer- of hoërskool deurkom sonder dat hulle die verpligte kursusse in die Masedoniese taal, literatuur en kultuur geslaag het nie. Dit is egter nie die geval in state buite die Europese Unie nie, waar Masedoniese kinders in lande soos Pole, die voormalige USSR sowel as die voormalige Joego-Slawië bloot in hierdie lande se hoofstroomtale en kulture geassimileer word. Die volgende aktivistiese aktiwiteite word volgens Spasov (2003:3) deur Masedoniese linguiste sowel as die Raad vir Masedoniese Tale in die Republiek van Masedonië voorgestel: Die vernuwing van die aktiwiteite van die sogenaamde Matica (’n ouerliggaam) ter ondersteuning van die Masedoniese taal en kultuur van emigrante in ander dele van die wêreld. Die stigting van ’n spesiale akademie vir Masedoniese gemeenskappe in diaspora waar Masedoniese nasionalisme lewendig gehou kan word en waar die 62

Masedoniese taal beklemtoon kan word. So ’n akademie sal alle ouderdomsgroepe toelaat. Die gebruik van alle moontlike organisasiemetodes en aktiwiteite wat die beskerming, onderrig en handhawing van die Masedoniese taal in die diaspora ten doel het. Die organisering van ’n aparte opvoedkundige program deur middel van die satellietkanaal van die Masedoniese nasionale televisie om gemeenskappe buite Masedonië te bereik. ’n Webwerf en -skakel moet ook deurlopend in stand gehou word. Die skep van ’n nasionale liggaam wat die totale handhawingsnetwerk van die Masedoniese taal, kultuur en literatuur in stand kan hou moet ʼn prioriteittaak wees. Die aandrang op die reg dat Masedoniërs in die buiteland hul taal, kultuur en literatuur kan bestudeer. Hierdie aandrang moet openlik en direk gedoen word en moet deur die Europese Unie ondersteun word. In nie-Europese Unie-lande soos die VSA, Kanada, Australië, Nieu Seeland, ens. moet die aandrang deur middel van bilaterale vergaderings op alle vlakke geskied. In die Republiek van Masedonië self is die geleentheid volgens Venovska-Antevska (2003:1) vir die vrye ontwikkeling van alle tale en kulture geskep. Hierdie geleenthede het binne die media sowel as die onderwysstelsel bestaan. Geen gemeenskap in Masedonië is toegelaat om andere uit te sluit nie. Die enigste voorwaarde wat egter bestaan het, was dat erkenning gegee moes word aan die Masedoniese taal as amptelike taal van kommunikasie en dat in gedagte gehou moes word dat hierdie voorreg vir die taal slegs in Masedonië van toepassing was. Masedonies is die taal van nasionale eenheid en moet nie vir disintegrasie misbruik word nie. Wat taalbeplanning in Masedonië betref kan tot die slotsom gekom word dat die transformasie van die land tot ʼn onafhanklike staat vrese vir taalmiskenning tot gevolg gehad het. Die land is egter ʼn goeie voorbeeld van positiewe taalbeplanningsinisiatiewe, beide van bo-na-benede en benede-na-bo wat ingestel is om taaldemokrasie te bevorder. 63

Masedoniese taal beklemtoon kan word. So ’n akademie sal alle

ouderdomsgroepe toelaat.

Die gebruik van alle moontlike organisasiemetodes en aktiwiteite wat die

beskerming, onderrig en handhawing van die Masedoniese taal in die diaspora

ten doel het.

Die organisering van ’n aparte opvoedkundige program deur middel van die

satellietkanaal van die Masedoniese nasionale televisie om gemeenskappe buite

Masedonië te bereik. ’n Webwerf en -skakel moet ook deurlopend in stand

gehou word.

Die skep van ’n nasionale liggaam wat die totale handhawingsnetwerk van die

Masedoniese taal, kultuur en literatuur in stand kan hou moet ʼn prioriteittaak

wees.

Die aandrang op die reg dat Masedoniërs in die buiteland hul taal, kultuur en

literatuur kan bestudeer. Hierdie aandrang moet openlik en direk gedoen word

en moet deur die Europese Unie ondersteun word. In nie-Europese Unie-lande

soos die VSA, Kanada, Australië, Nieu Seeland, ens. moet die aandrang deur

middel van bilaterale vergaderings op alle vlakke geskied.

In die Republiek van Masedonië self is die geleentheid volgens Venovska-Antevska

(2003:1) vir die vrye ontwikkeling van alle tale en kulture geskep. Hierdie geleenthede

het binne die media sowel as die onderwysstelsel bestaan. Geen gemeenskap in

Masedonië is toegelaat om andere uit te sluit nie. Die enigste voorwaarde wat egter

bestaan het, was dat erkenning gegee moes word aan die Masedoniese taal as amptelike

taal van kommunikasie en dat in gedagte gehou moes word dat hierdie voorreg vir die

taal slegs in Masedonië van toepassing was. Masedonies is die taal van nasionale eenheid

en moet nie vir disintegrasie misbruik word nie.

Wat taalbeplanning in Masedonië betref kan tot die slotsom gekom word dat die

transformasie van die land tot ʼn onafhanklike staat vrese vir taalmiskenning tot gevolg

gehad het. Die land is egter ʼn goeie voorbeeld van positiewe taalbeplanningsinisiatiewe,

beide van bo-na-benede en benede-na-bo wat ingestel is om taaldemokrasie te bevorder.

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!