DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

o ’n Gevoel van nasionalisme wat ’n verenigende rol by spesifieke groepe mense speel wat hulself subjektief as ’n eiesoortige en verenigde samelewing beskou. o Hierdie groep beskou hulself as slagoffers van diskriminasie deur ’n sterker groep op sosio-ekonomiese gebied. Geweld kan wel vermy word indien regerings die gevoel van diskriminasie kan besweer. Geweld en die ekonomie Alhoewel ekonomiese diskriminasie aangedui word as determinant vir geweld is dit volgens Mc Andrew onduidelik hoe die gebruik van geweld so ’n situasie kan omkeer. In die geval van Noord-Ierland is ekonomiese teikens aangeval in ’n poging om die Britse beheer van die Noorde onmoontlik te maak en nie om ekonomiese beheer te verkry nie. Mc Andrew (1987:82) kom tot die slotsom dat hoewel ekonomiese kwessies belangrik is vir onderdrukte groepe, die probleme nie deur geweld opgelos kan word nie. Die ekonomie as faktor in geweld is dus sekondêr tot die ander geïdentifiseerde determinante. Dit kan in werklikheid tot groter probleme en chaos aanleiding gee. Gemeenskapsdeterminante ’n Finale aspek in die bepaling van geweld is die invloed van verskeie gemeenskapsagente wat nie direk in die situasie betrokke is nie. Mc Andrew (1987:83) is van mening dat hoewel daar verwag kan word dat die Rooms-Katolieke Kerk ’n groot rol in ’n beweging teen geweld sou speel, daar baie min verwysings na die rol van die kerk in die literatuur beskikbaar is. Dit blyk verder, volgens Mc Andrew, dat die Noord-Ierse gemeenskap hul stryd as polities beskou het en dat die PIRA se strategie van geweld ʼn groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het. Anders 60

as in Quebec waar burgers tevrede was om deel van die regeringsprosesse te wees, het die Katolieke gemeenskap in Noord-Ierland geweier om deel van enige regeringsforum te wees omdat hulle geglo het dat dit legitimiteit aan die status quo sou verleen het. In hierdie afdeling is die instrumente van taalaktivisme soos deur Martel (1999) en later Du Plessis (2006) geïdentifiseer, bespreek. As uitdaging tot sosio-politieke magte wat ten doel het om ondemokratiese strukture te vestig, kan taalaktivisme beskou word as ʼn manifestasie van die pogings van taalaktiviste om van hulle te laat hoor in besluitneming rakende die formulering van taalbeleid wat hulle direk raak. Die instrumente van taalaktivisme is op ʼn kontinuum van gematigde vorme tot meer konfronterende vorme bespreek. In uiterste gevalle kan taalaktivisme manifesteer in die totale verwerping van ʼn taalbeleid wat eensydig op minderheidsgroepe afgedwing word sonder inagneming van die taalregte van so ʼn minderheidsgroep. 2.7. Situasies van taalbeplanning en taalaktivisme in geselekteerde lande In hierdie afdeling is ʼn gevallestudie-oorsig gedoen van die voorkoms van taalaktivisme in geselekteerde lande en hoe dit bygedra het tot die skep van ʼn taalregtegebaseerde bestel. Die gevalle is so geselekteer dat dit voorbeelde insluit van gevestigde state soos Australië en die VSA asook jonger ontwikkelende state wat na kolonisasie en verdrukking onafhanklikheid verkry het. 2.7.1. Masedonië Alhoewel die Europese Unie volgens Deprez (2001:59) reeds so vroeg as 1957 besluit het op ’n beleid van veeltaligheid, word die Unie tans, volgens Spasov (2003:1) met ʼn situasie in die voormalige USSR, Tsjeggo-Slowakye en Joego-Slawië gekonfronteer waar kleiner en onbekender tale op die voorgrond tree. Hierdie uitdagings het ontstaan as gevolg van die verdeling van die voormalige state in kleiner nasionalistiese state asook as gevolg van die territoriale uitbreiding van die Europese Unie. Die Europese Unie se 61

o ’n Gevoel van nasionalisme wat ’n verenigende rol by spesifieke groepe

mense speel wat hulself subjektief as ’n eiesoortige en verenigde

samelewing beskou.

o Hierdie groep beskou hulself as slagoffers van diskriminasie deur ’n

sterker groep op sosio-ekonomiese gebied.

Geweld kan wel vermy word indien regerings die gevoel van diskriminasie kan besweer.

Geweld en die ekonomie

Alhoewel ekonomiese diskriminasie aangedui word as determinant vir geweld is dit

volgens Mc Andrew onduidelik hoe die gebruik van geweld so ’n situasie kan

omkeer. In die geval van Noord-Ierland is ekonomiese teikens aangeval in ’n poging

om die Britse beheer van die Noorde onmoontlik te maak en nie om ekonomiese

beheer te verkry nie.

Mc Andrew (1987:82) kom tot die slotsom dat hoewel ekonomiese kwessies

belangrik is vir onderdrukte groepe, die probleme nie deur geweld opgelos kan word

nie. Die ekonomie as faktor in geweld is dus sekondêr tot die ander geïdentifiseerde

determinante. Dit kan in werklikheid tot groter probleme en chaos aanleiding gee.

Gemeenskapsdeterminante

’n Finale aspek in die bepaling van geweld is die invloed van verskeie

gemeenskapsagente wat nie direk in die situasie betrokke is nie. Mc Andrew

(1987:83) is van mening dat hoewel daar verwag kan word dat die Rooms-Katolieke

Kerk ’n groot rol in ’n beweging teen geweld sou speel, daar baie min verwysings na

die rol van die kerk in die literatuur beskikbaar is. Dit blyk verder, volgens Mc

Andrew, dat die Noord-Ierse gemeenskap hul stryd as polities beskou het en dat die

PIRA se strategie van geweld ʼn groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het. Anders

60

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!