DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Onder nie-amptelike benaderings tot moedertaalonderrig kan ook weer onderskei word tussen positiewe sowel as negatiewe benaderings en aksies van taalbewegings en individue rakende moedertaalonderrig. Taalbewegings en ander rolspelers soos individue wat hulle vir taalregte beywer, het instrumente nodig om op ’n georganiseerde en effektiewe wyse (van onder) deel te kan word van die taalbeplanningsprosesse in hul gemeenskappe. 2.6. Instrumente van taalaktivisme Martel (1999:47) identifiseer die volgende instrumente van aktivisme, naamlik litigasie, drukgroepvorming, navorsing, gemeenskapsmobilisering, mediadekking en selfs geweld. Laasgenoemde is volgens Du Plessis die uiterste vorm daarvan, maar dit kom nietemin voor (Du Plessis, 2004:169-70). Gebaseer op die werk van Martel onderskei Du Plessis die volgende sewe instrumente van taalregte-aktivime en plaas dit in ’n hiërargiese orde vanaf gematigde vorme van taalregte-aktivisme tot ’n taalregte-aktivisme wat meer konfronterend van aard is: Hierdie instrumente van taalaktivisme kan skematies soos volg voorgestel word. Tabel 6: Die instrumente van taalaktivisme Instrumente van taalaktivisme Navorsing Mediadekking Konfronterend Ggematigd klagtelegging Drukgroepvorming (Lobbying) Gemeenskapsmobilisering Petisionering Boikot Dreiging met litigasie Druk op die massas Demonstrasies Litigasie Geweld 46

Die instrumente van taalaktivisme kan soos volg bespreek word: 2.6.1. Navorsing In die hiërargiese orde van Martel word navorsing beskou as die gematigste instrument in taalaktivisme. Bless et al. (2006:iii) glo dat die belangrikste doelwit van navorsing moet wees om die daaglikse lewens van mense en hul omstandighede te verbeter. Verder moet navorsing ook ’n volledige analise van die belangrikste kwessies bied sodat dit volledig verstaan kan word (Bless et al., 2006:iv). Bless et al. redeneer verder dat navorsers bewus moet wees van “the real needs of their countries and by the conviction that they will undertake research promoting the genuine development of their countries”. Sen (2004:4) wys daarop dat hoewel daar spanning in die verhouding tussen aktivisme en navorsing teenwoordig is, navorsing tog belangrike insigte oor die aard van die politiek wat beleid beïnvloed lewer. Sen (2004:8) toon aan hoe ’n kombinasie van aktiviste en navorsers suksesvol kan wees in die identifisering van en dokumentering van ervarings en hoe samewerking tussen die groepe uiteindelik kan lei tot die oordrag van die ervarings in regsterminologie en -konsepte kan oordra wat uiteraard in die onderhandelingsprosesse noodsaaklik is. Die ontwikkeling van terminologie of die intellektualisering van tale is nog ’n terrein waar navorsers en akademici ’n belangrike rol kan speel. Dit kan egter nie in isolasie gedoen word nie. Individue soos predikante, tolke, skrywers en gewone sprekers van ’n taal speel ’n belangrike rol in die proses van intellektualisering (Finlayson & Madiba, 2002:41; Liddicoat, 2002:1). Hale (2001:1) noem in sy artikel getiteld What Is Activist Research? dat aktivistiese navorsing nie beperk is tot, of handel oor, mense wat as aktiviste beskou word nie. Dit beteken ook nie dat die navorser noodwendig as ’n aktivis beskou kan word nie. Hale beskryf dan aktivistiese navorsing as dat dit help om die grondoorsake van sosiale ongelykheid, verdrukking, geweld en verwante toestande van menslike lyding beter te verstaan; vanaf begin tot verspreiding in direkte samewerking met ’n georganiseerde groep mense wat aan hierdie toestande onderwerp is, uitgevoer word; en gebruik word 47

Die instrumente van taalaktivisme kan soos volg bespreek word:

2.6.1. Navorsing

In die hiërargiese orde van Martel word navorsing beskou as die gematigste instrument in

taalaktivisme. Bless et al. (2006:iii) glo dat die belangrikste doelwit van navorsing moet

wees om die daaglikse lewens van mense en hul omstandighede te verbeter. Verder moet

navorsing ook ’n volledige analise van die belangrikste kwessies bied sodat dit volledig

verstaan kan word (Bless et al., 2006:iv). Bless et al. redeneer verder dat navorsers bewus

moet wees van “the real needs of their countries and by the conviction that they will

undertake research promoting the genuine development of their countries”. Sen (2004:4)

wys daarop dat hoewel daar spanning in die verhouding tussen aktivisme en navorsing

teenwoordig is, navorsing tog belangrike insigte oor die aard van die politiek wat beleid

beïnvloed lewer. Sen (2004:8) toon aan hoe ’n kombinasie van aktiviste en navorsers

suksesvol kan wees in die identifisering van en dokumentering van ervarings en hoe

samewerking tussen die groepe uiteindelik kan lei tot die oordrag van die ervarings in

regsterminologie en -konsepte kan oordra wat uiteraard in die onderhandelingsprosesse

noodsaaklik is. Die ontwikkeling van terminologie of die intellektualisering van tale is

nog ’n terrein waar navorsers en akademici ’n belangrike rol kan speel. Dit kan egter nie

in isolasie gedoen word nie. Individue soos predikante, tolke, skrywers en gewone

sprekers van ’n taal speel ’n belangrike rol in die proses van intellektualisering

(Finlayson & Madiba, 2002:41; Liddicoat, 2002:1).

Hale (2001:1) noem in sy artikel getiteld What Is Activist Research? dat aktivistiese

navorsing nie beperk is tot, of handel oor, mense wat as aktiviste beskou word nie. Dit

beteken ook nie dat die navorser noodwendig as ’n aktivis beskou kan word nie. Hale

beskryf dan aktivistiese navorsing as dat dit help om die grondoorsake van sosiale

ongelykheid, verdrukking, geweld en verwante toestande van menslike lyding beter te

verstaan; vanaf begin tot verspreiding in direkte samewerking met ’n georganiseerde

groep mense wat aan hierdie toestande onderwerp is, uitgevoer word; en gebruik word

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!