DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

invloed van taalbeplanning te bepaal. Hatoss voer verder aan dat verskeie navorsers die effek van tradisionele bo-na-benede beplanning bevraagteken. Kaplan stel ’n ommekeer in die rol van regeringsinstansies voor: in plaas daarvan om bo-na-benede beleide (wat in elk geval nie werk nie) op gemeenskappe af te dwing, beklemtoon hy dat benede-na-bo benaderings uit die gemeenskappe ’n groter kans op sukses het. Wat ook al die benadering tot taalbeplanninig, Hatoss (2006:288) voer aan dat 1) indien die doel van taalbeplanning is om die taalgedrag van plaaslike gemeenskappe te beïnvloed, die taalgemeenskappe die beste geplaas is om daardie rol te vul; 2) plaaslike gemeenskappe beide ‘plaaslik’ en ‘globaal’ is en daarom is plaaslike beplanning, ondersteun deur nasionale beleid en ideologie, essensieel; en 3) gemeenskappe se taalgedrag slegs tot voordeel van so ’n gemeenskap beïnvloed kan word indien die gemeenskap self gemotiveerd is om dit te doen. Volgens Stroud (2001:340) is die oplossing vir die mislukkings in taalbeplanning, ook wat betref die bevordering van Afrikatale, onder meer gesetel in die houdings van die plaaslike gemeenskappe. Die gemeenskappe se negatiewe houdings omtrent hul tale moet verander. Die rol van gemeenskappe in taalbeplanningsbesluite is in verskeie internasionale beleidsdokumente ingesluit. Die voorgestelde Universal Declaration of Linguistic Human Rights (1996) maak die volgende stelling: “All language communities have the right to organise and manage their own resources so as to ensure the use of their language in all functions within society, ... (and) ... all language communities are entitled to have at their disposal whatever means are necessary to ensure the transmission and continuity of their language” (in Hatoss, 2006:289). 30

Die verklaring is gebaseer op die beginsel dat die regte van alle taalgemeenskappe gelyk en onafhanklik is van die wetlike en politieke status van die betrokke tale as amptelik, regionaal of minderheidstaal. Ten spyte daarvan dat taalbeleid en taalbeplanning uit die praktiese behoefte om taaloplossings vir nuwe opkomende state te ontwikkel, ontstaan het, beweer Baldauf (2004:377) dat teoretisering oor die veld, taalbeleid en taalbeplanning, reeds geruime tyd al aan die gang is. As gevolg hiervan het verskeie kundiges soos Baldauf (2005:960) en Hornberger (2006) raamwerke saamgestel wat poog om die aktiwiteite vir die oplossing van taalprobleme te verduidelik. Hierdie raamwerke is uit die klassieke verklarings vir die modus operandi in die taalbeplanningsveld, sowel as die aktiwiteite wat daaruit kan voortvloei, ontwikkel. Lubbe en Truter (2007:559) verskaf ʼn raamwerk, gebaseer op dié van Hornberger (2006), wat spesifiek vir Suid-Afrikaanse omstandighede aangepas is. Tabel 1: Lubbe en Truter se raamwerk vir taalbeleid en taalbeplanningsoogmerke soos gebaseer op die van Hornberger (2006) Oogmerke ter bevordering Tipes Beleidsbeplanning (op taalvorm) Ontwikkelingsbeplanning (op taalfunksie) Statusbeplanning Statusstandaardisering Hervitalisering Amptelike taal Taalhandhawing Nasionale taal Verspreiding Korpusbeplanning Verwerwingsbeplanning (onderwys) Prestigebeplanning Korpusstandaardisering Grammatikalisering Leksikalisering Hulpkodestandaardisering Grammatikalisering Leksikalisering Toelatingsbeleid Leerplanbeleid Hulpbronbeleid Evalueringsbeleid Taalbevordering Amptelik Media-(semi-staat) Nie-amptelik Institusioneel (NRO) Drukgroepe (kultuurorganisasies) Individueel 31 Intertalige kommunikasie Leksikonbeplanning Stilistiese modernisering Modernisering (nuwe funksies) Vernuwing (nuwe vorm, ou funksie) Herverwerwing Taalhandhawing Eerste/tweede/vreemde taal Verskuiwing Taalhandhawing Intellektualisering Wetenskapstaal Taal van professies Hoë funksies Onderwystaalbevordering Taalerkenning Literêre pryse

invloed van taalbeplanning te bepaal. Hatoss voer verder aan dat verskeie navorsers die

effek van tradisionele bo-na-benede beplanning bevraagteken. Kaplan stel ’n ommekeer

in die rol van regeringsinstansies voor: in plaas daarvan om bo-na-benede beleide (wat in

elk geval nie werk nie) op gemeenskappe af te dwing, beklemtoon hy dat benede-na-bo

benaderings uit die gemeenskappe ’n groter kans op sukses het.

Wat ook al die benadering tot taalbeplanninig, Hatoss (2006:288) voer aan dat

1) indien die doel van taalbeplanning is om die taalgedrag van plaaslike

gemeenskappe te beïnvloed, die taalgemeenskappe die beste geplaas is om

daardie rol te vul;

2) plaaslike gemeenskappe beide ‘plaaslik’ en ‘globaal’ is en daarom is plaaslike

beplanning, ondersteun deur nasionale beleid en ideologie, essensieel; en

3) gemeenskappe se taalgedrag slegs tot voordeel van so ’n gemeenskap

beïnvloed kan word indien die gemeenskap self gemotiveerd is om dit te doen.

Volgens Stroud (2001:340) is die oplossing vir die mislukkings in taalbeplanning, ook

wat betref die bevordering van Afrikatale, onder meer gesetel in die houdings van die

plaaslike gemeenskappe. Die gemeenskappe se negatiewe houdings omtrent hul tale moet

verander.

Die rol van gemeenskappe in taalbeplanningsbesluite is in verskeie internasionale

beleidsdokumente ingesluit. Die voorgestelde Universal Declaration of Linguistic

Human Rights (1996) maak die volgende stelling:

“All language communities have the right to organise and manage their

own resources so as to ensure the use of their language in all functions

within society, ... (and) ... all language communities are entitled to have at

their disposal whatever means are necessary to ensure the transmission

and continuity of their language” (in Hatoss, 2006:289).

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!