DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Taalbeplanning kan volgens McConnell (in Coulmas, 1997:348) met verskillende uitgangspunte gedefinieer word. Dit kan linguisties, sosiaal of polities georiënteerd wees. Hoewel hierdie verskillende benaderings elk op unieke eienskappe fokus, is dit tog interafhanklik en onafskeidbaar verbind tot verandering en ontwikkeling. Indien taalbeplanning volgens McConnell dus verandering en ontwikkeling verteenwoordig, kan dit as ’n manier beskou word waarop linguistiese, sosiale en politieke probleme wat negatief op taalverandering en -ontwikkeling inwerk, oorkom kan word. McConnell (in Coulmas, 1997:348) verskaf die volgende drie definisies as voorbeelde van die verskillende benaderings: (1) Die linguisties georiënteerde definisie van Kloss (1967): “The term Ausbausprache may be defined as ‘language by development’. Languages belonging to this category are recognized as such because of having been shaped or reshaped, molded or remolded – as the case may be – in order to become a standard tool of literary expression. (2) Die sosiaal georiënteerde definisie van Fishman (1987): “For me, language planning remains the authoritative allocation of resources to the attainment of language status and language corpus goals, whether in connection with old functions that need to be discharged more adequately” (3) Die polities georiënteerde definisie van Abou (1987): “The object of any planned linguistic change is to reduce competition between languages or language varieties and to rationally structure their coexistence within a society”. Volgens McConnel beklemtoon die definisie van Kloss (1967) korpusdoelwitte (vorm) en benader taal as ’n geskrewe instrument van die moderne samelewing. In die definisie van Fishman (1987) is daar sprake van beide korpus- en statusdoelwitte met spesifieke sosiale funksies. Abou (1987) se definisie het betrekking op politieke probleemoplossing en 28

eklemtoon ’n funksionele toekenning van tale of variëteite van tale binne ’n sosiopolitieke orde. Direk hierteenoor is die siening van Joseph (in Rajagopalan, 2007). Volgens Rajagopalan (2007:1) beskou Joseph taal as “political from top to bottom”. Politiek is dus nie slegs een van die dimensies van taal nie, dit is “constitutively and hence indissociably political” en verder ook “language is a political-linguistic-rhetorical construct”. Vir Joseph is taal dus nie polities van aard omdat dit op spesifieke geo-politieke belange reageer nie. Dit is polities omdat dit selfs in die generiese sin polities is. Die onmiddellike implikasie van die benadering van Joseph is, volgens Rajagopalan, dat ’n professionele linguis nie maklik in ’n politieke debat oor taal kan ingryp nie. So ’n linguis sal, behalwe vir sy taalkennis, ook in ander areas kundig moet wees, veral politieke teorie. Rajagopalan noem verder dat Joseph daarop aandring dat die verskillende taalteorieë wat deur linguiste ontwikkel is net soos taal polities-linguisties-retoriese konstruksies is. Hierdie teorieë maak taal dus nie minder polities nie, maar poog inderwaarheid slegs om die politieke aard van taal te verbloem. Al hierdie teorieë is in werklikheid, volgens Joseph, polities en ideologies gemotiveerd. Die keuse van een teorie bo ’n ander, word dus binne ’n gemeenskap van linguiste deur die politieke dinamika van die spesifieke gemeenskap op die spesifieke tyd in die geskiedenis bepaal. In reaksie op die kritiek teen taalbeplanning as ’n eensydige benadering van bo, werk verskeie taalbeplanners, volgens Kaplan en Baldauf (1997:206) vanuit ’n diskoersbenadering. Chaundensen (in Kaplan & Baldauf, 1997:206) noem taalbestuur as voorbeeld van ’n inklusiewe benadering wat taalbeleidsontwikkeling sowel as taalbeplanning insluit. Taalbestuur moet egter nie met korpusbeplanning verwar word nie. Taalbestuur is ’n komplekser proses wat alle tersaaklike faktore in die besluitnemingsproses integreer. Vir Kaplan en Baldauf (1997:196) is die vrae oor wie die taalbeplanning doen en ook wie die ontvangers van taalbeplanning is, belangrik. Volgens Hatoss (2006:290) is dit op die oog af eenvoudige vrae om te beantwoord, maar dit is in werklikheid moeiliker om die 29

Taalbeplanning kan volgens McConnell (in Coulmas, 1997:348) met verskillende

uitgangspunte gedefinieer word. Dit kan linguisties, sosiaal of polities georiënteerd wees.

Hoewel hierdie verskillende benaderings elk op unieke eienskappe fokus, is dit tog

interafhanklik en onafskeidbaar verbind tot verandering en ontwikkeling. Indien

taalbeplanning volgens McConnell dus verandering en ontwikkeling verteenwoordig, kan

dit as ’n manier beskou word waarop linguistiese, sosiale en politieke probleme wat

negatief op taalverandering en -ontwikkeling inwerk, oorkom kan word.

McConnell (in Coulmas, 1997:348) verskaf die volgende drie definisies as voorbeelde

van die verskillende benaderings:

(1) Die linguisties georiënteerde definisie van Kloss (1967):

“The term Ausbausprache may be defined as ‘language by development’.

Languages belonging to this category are recognized as such because of having

been shaped or reshaped, molded or remolded – as the case may be – in order to

become a standard tool of literary expression.

(2) Die sosiaal georiënteerde definisie van Fishman (1987):

“For me, language planning remains the authoritative allocation of resources to

the attainment of language status and language corpus goals, whether in

connection with old functions that need to be discharged more adequately”

(3) Die polities georiënteerde definisie van Abou (1987):

“The object of any planned linguistic change is to reduce competition between

languages or language varieties and to rationally structure their coexistence within

a society”.

Volgens McConnel beklemtoon die definisie van Kloss (1967) korpusdoelwitte (vorm) en

benader taal as ’n geskrewe instrument van die moderne samelewing. In die definisie van

Fishman (1987) is daar sprake van beide korpus- en statusdoelwitte met spesifieke sosiale

funksies. Abou (1987) se definisie het betrekking op politieke probleemoplossing en

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!