DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Aanvaarding hiervan lei tot vervreemding van die eie kultuur en dus tot spanning. By sommige groepe kan dit tot weerstand en die gevolglike agitering vir die behoud van die status quo aanleiding gee. Volgens Patrick mag daar by ander groepe min of geen weerstand of openbare afkeur vir die standaardisering van hul tale wees nie. Hoewel dit dus mag lyk of die proses van implementering van ’n taalbeleid glad verloop, impliseer dit nie noodwendig dat daar geen teenstand daarteen is nie. Dit kan bloot apatie teenoor die proses wees. Patrick (2004:181) lig ook ʼn derde scenario uit. Sodra ’n inheemse taal regte in onderwys en ander instellings verkry, beweeg hierdie taal in ’n ander sfeer waar dit met dominante tale kompeteer wat weer aantrekliker vir die sprekers van die inheemse tale lyk. Die rede is omdat die dominante tale met sosiale mobiliteit en kulturele prestige vereenselwig word. Hieroor verklaar Dorian (in Edwards, 1985:93) dat taallojaliteit voortbestaan terwyl die ekonomiese en sosiale omstandighede voordelig vir die betrokke taal is. Sodra dit egter lyk of ’n ander taal groter waarde het, vind daar ʼn verskuiwing na daardie taal plaas. Edwards (1985:93) is ook van mening dat ekonomiese redes die kern vorm van taalkeuses. Patterson (1985:95) beklemtoon ook die mag van ekonomiese oorwegings bo ander oorwegings, soos byvoorbeeld identiteit en etnisiteit. Patterson (1985:95) stel dit soos volg: “There is no a priori reason to believe that individuals always choose ethnic identification over other forms of identification. The primacy of economic factors over all others has been demonstrated ... people never make economic decisions on the basis of ethnic allegiance, but, on the contrary ... the strength, scope, viability, and bases of ethnic identity are determined by and are used to serve the economic and general class interests of individuals”. Taalregte, vanuit die perspektief van ‘taal as hulpbron’, is volgens Hornberger (1998:454) nie ’n outomatiese “concession of demand” nie, maar eerder ’n kwessie van gebalanseerde beheer en die keuse tussen potensiële alternatiewe. Hornberger redeneer daarom dat dit uiters belangrik is dat taalminderhede bemagtig moet word om besluite te neem rakende watter tale en watter lees- en skryfkennis ontwikkel moet word, asook die 24

edes daarvoor. Taalminderhede moet bemagtig word om te besef dat hierdie keuses nodig is vir balans in die verskillende dimensies van taalregte ten einde gesamentlike beskerming aan almal te bied. Balans moet byvoorbeeld gekry word tussen verdraagsaamheid- en bevorderingsgeoriënteerde regte, individuele en gemeenskaplike vryhede, vryheid om jou eie taal te gebruik en die vryheid van diskriminasie omdat jy jou keuse uitoefen, en ‘aanspraak op iets’ en ‘aanspraak teen iemand anders’. Hierdie is volgens Hornberger moeilike etiese keuses en die mense wat die beste keuses kan maak, is die minderheidstaalsprekers self. Desnieteenstaande die moeilike keuses wat gemaak moet word, mag taalontwikkeling nie aan die voorsienigheid oorgelaat word nie. As verteenwoordigers van minderheidstaalgroepe is taalaktiviste die beste in staat om insette oor hul eie tale te lewer. Taalbeplanning moet dus nie as ’n monolitiese aktiwiteit van bo hanteer word nie, maar moet die belang van al die rolspelers in die linguistiese omgewing, waarvan taalaktiviste ʼn integrale deel vorm, in ag neem. 2.3. Taalaktivisme en taalbeplanning Sedert die ontstaan van die studieveld taalbeleid en taalbeplanning in die 1950s en vroeë 1960s, word die terme taalbeleid en taalbeplanning op verskeie maniere gedefinieer en geïnterpreteer. Terwyl taalbeleid gewoonlik met die staat en met politieke besluitneming vereenselwig word (Kaplan & Baldauf, 1997), vind taalbeleidsontwikkeling- en taalbeplanningsinisiatiewe ook op grondvlak binne gemeenskappe plaas. Hierdie inisiatiewe staan bekend as grondvlak-taalbeleide (Hornberger, 1996), mikrotaalbeplanning, populêre aktivisme (Okano, 2006:263) en/of taalbeplanning van onder. Kaplan en Baldauf (1997) beskou dit ook as taalbeplanning van onder teenoor taalbeplanning van bo. Hatoss (2006:288) redeneer dat mikro-beplanning, en dus die rol van plaaslike gemeenskappe, in taalbeplanning nie slegs beskou moet word as ʼn poging om leemtes wat deur amptelike beplanning gelaat word te vul nie, maar dat dit in werklikheid ’n noodsaaklike aanvulling vir makro-taalbeplanning is. Volgens Alexander (1992) is die Soweto-opstand teen die implementering van Afrikaans as onderrigtaal in 25

Aanvaarding hiervan lei tot vervreemding van die eie kultuur en dus tot spanning. By

sommige groepe kan dit tot weerstand en die gevolglike agitering vir die behoud van die

status quo aanleiding gee. Volgens Patrick mag daar by ander groepe min of geen

weerstand of openbare afkeur vir die standaardisering van hul tale wees nie. Hoewel dit

dus mag lyk of die proses van implementering van ’n taalbeleid glad verloop, impliseer

dit nie noodwendig dat daar geen teenstand daarteen is nie. Dit kan bloot apatie teenoor

die proses wees. Patrick (2004:181) lig ook ʼn derde scenario uit. Sodra ’n inheemse taal

regte in onderwys en ander instellings verkry, beweeg hierdie taal in ’n ander sfeer waar

dit met dominante tale kompeteer wat weer aantrekliker vir die sprekers van die inheemse

tale lyk. Die rede is omdat die dominante tale met sosiale mobiliteit en kulturele prestige

vereenselwig word. Hieroor verklaar Dorian (in Edwards, 1985:93) dat taallojaliteit

voortbestaan terwyl die ekonomiese en sosiale omstandighede voordelig vir die betrokke

taal is. Sodra dit egter lyk of ’n ander taal groter waarde het, vind daar ʼn verskuiwing na

daardie taal plaas. Edwards (1985:93) is ook van mening dat ekonomiese redes die kern

vorm van taalkeuses. Patterson (1985:95) beklemtoon ook die mag van ekonomiese

oorwegings bo ander oorwegings, soos byvoorbeeld identiteit en etnisiteit. Patterson

(1985:95) stel dit soos volg:

“There is no a priori reason to believe that individuals always choose

ethnic identification over other forms of identification. The primacy of

economic factors over all others has been demonstrated ... people never

make economic decisions on the basis of ethnic allegiance, but, on the

contrary ... the strength, scope, viability, and bases of ethnic identity are

determined by and are used to serve the economic and general class

interests of individuals”.

Taalregte, vanuit die perspektief van ‘taal as hulpbron’, is volgens Hornberger

(1998:454) nie ’n outomatiese “concession of demand” nie, maar eerder ’n kwessie van

gebalanseerde beheer en die keuse tussen potensiële alternatiewe. Hornberger redeneer

daarom dat dit uiters belangrik is dat taalminderhede bemagtig moet word om besluite te

neem rakende watter tale en watter lees- en skryfkennis ontwikkel moet word, asook die

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!