DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Elke kind het die reg om die taal van sy groep ten volle aan te leer. Elke persoon het die reg om die taal/tale van sy groep in enige amptelike situasie te gebruik. Elke persoon het die reg om ten minste een van die amptelike tale van die land waarvan hy ’n burger is, volgens sy keuse ten volle aan te leer. Hierdie sienings van Skutnab-Kangas en Philipson (1995:1-2) impliseer volgens Ishida (2003:2) dat die bevordering en beskerming van linguistiese menseregte ’n poging is om die konsep van menslike gelykheid op taal toe te pas, en om daardeur enige taaldiskriminasie aan die kaak te stel. Skutnab-Kangas en Philipson (1995:1-2) bepleit die posisie van taalregte vir minderheidsgroepe soos volg: “Linguistic rights should be considered basic human rights. Linguistic majorities, speakers of a dominant language, usually enjoy all those linguistic human rights which can be seen as fundamental, regardless of how they are defined. Most linguistic minorities in the world do not enjoy these rights. It is only a few hundred of the world’s 6-7,000 languages that have any kind of official status and it is only speakers of official languages who enjoy all linguistic human rights”. Die dilemma vir taalregteaktiviste is volgens Blommaert (2004:55) dat “we believe we know what is right, but what is right does not work in practice, either because it is just not the way in which reality works, or because the people don’t believe it is right”. In die geval van taalregte word aktiviste met die situasie gekonfronteer dat niemand ooit daarteen beswaar maak nie, maar dat ’n praktiese benadering gebaseer op taalregte nie in die praktyk werk nie. ’n Benadering wat op taalregte gebaseer is, is volgens Blommaert (2004:55) in ’n web van teenstrydige faktore vasgevang. Gebaseer op die werk van Skutnabb-Kangas en Philipson lys hy die volgende: 22

Dit is grootliks simbolies, ten minste op die kort- en mediumtermyn, en is van die elite en ekonomiese ontwikkeling afhanklik. Dit bots dus met mense se begrip van wat hulle wil hê en hul behoefte oor die kort- en mediumtermyn. Dit is gewoonlik teenstrydig met aanvaarde opwaartse sosiale mobiliteit. Dit word dus deur die teikengroep ervaar as weerhouding van opwaartse mobiliteit. Blommaert (2004:62) stel twee benaderings voor, naamlik dat die regte redes vir taalbeplanning gebaseer op taalregte weergegee moet word en dat die beste moontlike wetenskaplike metodes gebruik moet word om implementering moontlik en aanvaarbaar vir veral die teikengroep te maak; en dat ons siening van taalbeplanning gebaseer op taalregte uitgebrei moet word sodat dit tereg as ’n instrument tot sosiale mobiliteit beskou kan word. Edwards (1985:45) waarsku dat aktivisme vir taalregte nie in onverstaanbare wetenskaplike diskoerse moet ontaard nie, maar dat die belange van die minderheidsgroepe deurgaans beklemtoon moet word. Die dilemma met so ’n standpunt is dat ’n volledige sosiale raamwerk in werklikheid daarmee saam ondersteun moet word ten einde groepbelange te ondersteun. Die ondersteuning van een groep se belange impliseer dan weer die ontkenning van ’n ander groep se belange. O’Brien (in Edwards, 1985:45) doen as oplossing vir hierdie probleem aan die hand dat menseregte, in plaas van groepsregte, die fokus moet wees. Patrick (2004:178) beweer dat die diskoers oor taalregte, teenstrydighede en onregte tot gevolg het. Om vir regte te veg moet gekoloniseerde groepe volgens haar kultureel in die diskoerse en prosedures van die staat getransformeer word. Hierdie strukture is dikwels teenstrydig met plaaslike gebruike en gelowe. Een van die voorvereistes in die erkenning van inheemse tale is dus dat die tale dieselfde vlak as nasionaal erkende tale moet beklee. 23

Dit is grootliks simbolies, ten minste op die kort- en mediumtermyn, en is van

die elite en ekonomiese ontwikkeling afhanklik.

Dit bots dus met mense se begrip van wat hulle wil hê en hul behoefte oor die

kort- en mediumtermyn.

Dit is gewoonlik teenstrydig met aanvaarde opwaartse sosiale mobiliteit.

Dit word dus deur die teikengroep ervaar as weerhouding van opwaartse

mobiliteit.

Blommaert (2004:62) stel twee benaderings voor, naamlik

dat die regte redes vir taalbeplanning gebaseer op taalregte weergegee moet

word en dat die beste moontlike wetenskaplike metodes gebruik moet word

om implementering moontlik en aanvaarbaar vir veral die teikengroep te

maak; en

dat ons siening van taalbeplanning gebaseer op taalregte uitgebrei moet word

sodat dit tereg as ’n instrument tot sosiale mobiliteit beskou kan word.

Edwards (1985:45) waarsku dat aktivisme vir taalregte nie in onverstaanbare

wetenskaplike diskoerse moet ontaard nie, maar dat die belange van die

minderheidsgroepe deurgaans beklemtoon moet word. Die dilemma met so ’n standpunt

is dat ’n volledige sosiale raamwerk in werklikheid daarmee saam ondersteun moet word

ten einde groepbelange te ondersteun. Die ondersteuning van een groep se belange

impliseer dan weer die ontkenning van ’n ander groep se belange. O’Brien (in Edwards,

1985:45) doen as oplossing vir hierdie probleem aan die hand dat menseregte, in plaas

van groepsregte, die fokus moet wees.

Patrick (2004:178) beweer dat die diskoers oor taalregte, teenstrydighede en onregte tot

gevolg het. Om vir regte te veg moet gekoloniseerde groepe volgens haar kultureel in die

diskoerse en prosedures van die staat getransformeer word. Hierdie strukture is dikwels

teenstrydig met plaaslike gebruike en gelowe. Een van die voorvereistes in die erkenning

van inheemse tale is dus dat die tale dieselfde vlak as nasionaal erkende tale moet beklee.

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!