DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

ʼn Gemeenskap wat aan die beginsels van demokrasie toegewyd is, moet ook bereid wees om vir taalregte te beywer (Tollefson, 1991:211). Martel (1999:47) meen dat taalregteaktivisme in werklikheid onafwendbaar en noodsaaklik is in die demokratisering van ʼn veeltalige land. Volgens du Plessis (2006:75) moet tussen taalaktivisme en taalregteaktivisme onderskei word. Taalaktivisme het volgens Steyn (1980:74) en later Du Plessis (1986) selde te make met taal as sodanig, en het eerder te make met die rol van ’n politieke- of taaldrukgroep. In die geval van taalregte-aktivisme, poog rolspelers om verandering in sosiale praktyke, ideologieë en strukture, wat ’n invloed op die handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe het, te bewerkstellig. Martel (1999:49) definieer taalregte-aktivisme as ’n manifestasie van ’n opkomende bewustheid, en verwerping van toestande van onderdrukking/beheer/dominansie/outoriteit/ sentralisering en monopolie. Martel (1999:47) huldig die mening dat, soos wat sosio-politieke praktyke en strukture onder druk kom om te verander, die aktivistiese fenomeen sekere kwessies uitlig waaroor nagedink moet word. Dit sluit in: Die samelewings- en etiese betekenis daarvan. Die visie van geregtigheid, van emansipasie of van plaaslike belange wat dit voed. Die instrumente wat gebruik word om vir verandering te agiteer. Litigasie, werwing, navorsing, gemeenskapsmobilisering, mediadekking en selfs geweld. Die terrein van aktiwiteit. Buite/binne/teen staatsgrense, ondersoek van ’n nuwe geografiese dinamika in die tydvak van globalisering. Die resultate. Doeltreffende beïnvloeding van verandering. Hierdie kwessies moet voortdurend aandag geniet wanneer taal- of taalregte-aktivisme analiseer word. Meer kwessies kan bygevoeg word. Martel noem dat elke aktivistiese beweging sy eie linguistiese doelwitte asook sy eie spesifieke streeks-, nasionale- en internasionale dinamika besit. Elkeen het ʼn eie gebruik van die wet as instrument van verandering en ʼn eie vermoë of onvermoë om die wanbalans in mag te neutraliseer. Die 18

grootste toets vir taalaktivisme vanuit ’n etiese benadering is dat dit in staat moet wees om gemeenskappe te bemagtig. Volgens Freeland en Patrick (2004:29) handel ʼn taalstryd nie noodwendig oor taal nie, maar vorm gewoonlik deel van ’n groter politieke, ekonomiese en kulturele stryd ten opsigte van die verkryging van amptelike erkenning, die manier waarop dit verkry word en die materiële en ideologiese wins waarmee dit gepaard gaan. Alhoewel daar meer steun vir eentaligheid in die meerderheidstaal is, redeneer May (2004:48) dat die doel van taalregte-aktivisme steeds is om sosiale en politieke strukture so te beïnvloed dat pariteit tussen meerderheids- en minderheidstale bereik kan word. Volgens May is dit ’n gedugte taak omdat die sosiale en politieke magte wat teenoor minderheidstale opgestel is stewig gevestig is. Volgens Florey (2008:9) het taalaktivisme uit die “nuwe linguistiek” ontstaan. Die “nuwe linguistiek” verwys na ’n meer deelnemende en gepolitiseerde linguistiek met taalaktivisme as kern, gekenmerk deur betekenisvolle veranderinge aan die etiek, metodes en aksies in die praktyk van taalaktivisme. Alliansies word tussen eksterne en interne taalaktiviste gevorm wat tot ’n gedeelde doelwit van dokumentering en ondersteuning van minderheidstale en kulture saamwerk. ’n Taalaktivis sal volgens Florey iemand wees wat kwessies rakende taalontwikkeling energiek aanspreek. ’n Taalaktivis inisieer aksies of aktiwiteite ter ondersteuning van ʼn taal- en sprekersgemeenskap. Florey bespreek taalaktiviste ook aan die hand van die aktivistiese rolle wat hulle speel, die agtergrond waarteen hulle optree en die kundigheid wat in die onderskeie stelsels vereis word. Sy onderskei die volgende kategorieë taalaktiviste: Interne taalaktiviste. Dit behels gemeenskapslede met ’n persoonlike belang in hul erfenistale. Eksterne taalaktiviste. Dit behels mense buite die gemeenskap wat geen persoonlike band met die inheemse tale het nie. 19

ʼn Gemeenskap wat aan die beginsels van demokrasie toegewyd is, moet ook bereid wees

om vir taalregte te beywer (Tollefson, 1991:211). Martel (1999:47) meen dat taalregteaktivisme

in werklikheid onafwendbaar en noodsaaklik is in die demokratisering van ʼn

veeltalige land. Volgens du Plessis (2006:75) moet tussen taalaktivisme en taalregteaktivisme

onderskei word. Taalaktivisme het volgens Steyn (1980:74) en later Du Plessis

(1986) selde te make met taal as sodanig, en het eerder te make met die rol van ’n

politieke- of taaldrukgroep. In die geval van taalregte-aktivisme, poog rolspelers om

verandering in sosiale praktyke, ideologieë en strukture, wat ’n invloed op die

handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe het, te bewerkstellig. Martel

(1999:49) definieer taalregte-aktivisme as ’n manifestasie van ’n opkomende bewustheid,

en verwerping van toestande van onderdrukking/beheer/dominansie/outoriteit/

sentralisering en monopolie.

Martel (1999:47) huldig die mening dat, soos wat sosio-politieke praktyke en strukture

onder druk kom om te verander, die aktivistiese fenomeen sekere kwessies uitlig waaroor

nagedink moet word. Dit sluit in:

Die samelewings- en etiese betekenis daarvan. Die visie van geregtigheid, van

emansipasie of van plaaslike belange wat dit voed.

Die instrumente wat gebruik word om vir verandering te agiteer. Litigasie,

werwing, navorsing, gemeenskapsmobilisering, mediadekking en selfs geweld.

Die terrein van aktiwiteit. Buite/binne/teen staatsgrense, ondersoek van ’n nuwe

geografiese dinamika in die tydvak van globalisering.

Die resultate. Doeltreffende beïnvloeding van verandering.

Hierdie kwessies moet voortdurend aandag geniet wanneer taal- of taalregte-aktivisme

analiseer word. Meer kwessies kan bygevoeg word. Martel noem dat elke aktivistiese

beweging sy eie linguistiese doelwitte asook sy eie spesifieke streeks-, nasionale- en

internasionale dinamika besit. Elkeen het ʼn eie gebruik van die wet as instrument van

verandering en ʼn eie vermoë of onvermoë om die wanbalans in mag te neutraliseer. Die

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!