DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

ooreenstemming met die aktivisme na 1953, en wat ’n hoogtepunt met die 1976-opstande bereik het, aktivisme uit georganiseerde bewegings uit die Afrikataalsprekende gemeenskappe steeds op die toegang tot onderwys deur middel van Engels gerig word. Waar klagtes wel bestaan word dit teen die behoud van Afrikaans as medium van onderrig gerig. Hierdie georganiseerde bewegings se primêre fokus is politieke verandering en nie veranderinge wat spesifiek op taalverandering gerig is nie. Hoewel verskeie voorbeelde van positiewe benaderings tot moedertaalonderrig uit regeringskringe waargeneem kan word, kan geen direkte verband met spesifieke aktivistiese aksies gevind word nie. Die sukses van taalaktivisme vir moedertaalonderrig kan egter opgesluit lê in wat Martel (1999) die “boomerang effect” van aktivisme noem. Sy wys daarop dat hoewel direkte oorwinnings nie altyd realiseer nie, hulle sukses eerder in hul uitwerking op ander taalbewegings in ander minderheidstaalgroepe lê. Verhoudings tussen taalbewegings neig ook om gekonstitusionaliseerd te raak. Die bewustheid van ’n minderheidsgroep van hulle taalregte word deel van die identiteit van ’n groep. As egter in aanmerking geneem word dat daar reeds aan die begin van 1996 ’n beduidende aantal Afrikaanse skole na dubbel- of parallelmedium omgeskakel het en die druk wat vanuit die swart gemeenskappe toegeneem het om die taalbeleide van Afrikaanse skole so te verander dat dit toeganklik sou wees vir hierdie leerders, kan dit as ʼn oorwinning vir moedertaalaktivisme beskou word dat Afrikaanse moedertaalonderrig steeds relatief sterk staan (alhoewel nie in die vorm van enkelmediumskole nie). Die magsverhoudinge tydens die grondwetlike onderhandelingsproses het reeds beslissend ten gunste van die ANC geswaai en opposisiegroepe het op daardie tydstip oor weinig onderhandelingsmag beskik. Aktivisme vanuit die Afrikaanse taal- en kultuurgeledere om die onderwysbepaling in die finale grondwet te verbeter het ook misluk. Die besef het dus gaandeweg posgevat dat die stryd om moedertaalskole nie suksesvol was nie. Veral vanuit die Afrikaanse politieke kringe is oproepe vir wyer agitasie gemaak, en om op moedertaalonderrig te fokus en nie spesifiek op die behoud van Afrikaanse moedertaalskole nie. Dit is dus betekenisvol dat gesprekke binne Afrikanerkringe begin is 266

en dat, hoewel eenheid binne Afrikaanse kringe belangrik is in hul strewe na Afrikaanse skole, dit op die demokratiese beginsels van openheid gebaseer moet wees en nie op die beginsel van etnisiteit nie. Die strewe na moedertaalonderrig moes dus inklusief wees en nie slegs op Afrikaanse moedertaalonderrig gerig wees nie. Die voortgesette probleme oor die taalkwessie in skole maak dit vir aktiviste duidelik dat bepalinge in die Grondwet, sowel as die nuwe taal-in-onderwysbeleid slegs leë woorde sal bly indien die regering nie gedwing word om meer konkrete implementeringsplanne na die tafel te bring nie. Die totstandkoming van ’n sambreelorganisasie wat soos ’n saambindende superliggaam vir kleiner aktivistiese Afrikaanse groepe sal fungeer, tree ook na vore. Die liggaam het onder meer ten doel die beywering vir die stigting van ’n Afrikaanse Taalraad binne die konteks van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdienstige en Taalgemeenskappe waarvoor in die Grondwet voorsiening gemaak word. Kragtens die teorie kan hierdie beweging as ʼn voorbeeld van aktivisme vir die vestiging en beskerming van demokrasie beskou word. Die gesprek wat tans aan die orde van die dag is, waar omtrent alle voorheen semigeprivatiseerde wit skole (as gevolg van die Nasionale Party se poging, net voor 1994, om hierdie skole outonoom van die staat te maak) oopgestel is, toon dat politieke aktivisme vir die oopstelling van skole geslaagd was. Die meeste van hierdie skole fungeer op ’n parallel- of dubbelmedium-, Afrikaans/Engels-basis. Dit toon weer dat aktivisme vir moedertaalonderrig vanuit die geledere van die Afrikaanse gemeenskap tog daarin geslaag het om ’n demokratiese onderwysbestel vir die land te help vestig. Ten slotte kan daar dus tot die slotsom gekom word dat aktivisme vir moedertaalonderrig tog geslaagd blyk te wees. Hoewel moedertaalonderrig tans steeds slegs vir Afrikaans- en Engelssprekende leerders beskikbaar is, is daar duidelike tekens van die uitkringeffek wat aktivisme vir moedertaalonderrig het. Dit blyk uit die positiewe uitsprake van regeringslui, wat histories geswore aktiviste vir Engels as onderrigtaal was, sowel as individuele sprekers van Afrikatale ten gunste moedertaalonderrig. Hierdie positiewe 267

ooreenstemming met die aktivisme na 1953, en wat ’n hoogtepunt met die 1976-opstande

bereik het, aktivisme uit georganiseerde bewegings uit die Afrikataalsprekende

gemeenskappe steeds op die toegang tot onderwys deur middel van Engels gerig word.

Waar klagtes wel bestaan word dit teen die behoud van Afrikaans as medium van

onderrig gerig. Hierdie georganiseerde bewegings se primêre fokus is politieke

verandering en nie veranderinge wat spesifiek op taalverandering gerig is nie.

Hoewel verskeie voorbeelde van positiewe benaderings tot moedertaalonderrig uit

regeringskringe waargeneem kan word, kan geen direkte verband met spesifieke

aktivistiese aksies gevind word nie. Die sukses van taalaktivisme vir moedertaalonderrig

kan egter opgesluit lê in wat Martel (1999) die “boomerang effect” van aktivisme noem.

Sy wys daarop dat hoewel direkte oorwinnings nie altyd realiseer nie, hulle sukses eerder

in hul uitwerking op ander taalbewegings in ander minderheidstaalgroepe lê.

Verhoudings tussen taalbewegings neig ook om gekonstitusionaliseerd te raak. Die

bewustheid van ’n minderheidsgroep van hulle taalregte word deel van die identiteit

van ’n groep.

As egter in aanmerking geneem word dat daar reeds aan die begin van 1996 ’n

beduidende aantal Afrikaanse skole na dubbel- of parallelmedium omgeskakel het en die

druk wat vanuit die swart gemeenskappe toegeneem het om die taalbeleide van

Afrikaanse skole so te verander dat dit toeganklik sou wees vir hierdie leerders, kan dit as

ʼn oorwinning vir moedertaalaktivisme beskou word dat Afrikaanse moedertaalonderrig

steeds relatief sterk staan (alhoewel nie in die vorm van enkelmediumskole nie). Die

magsverhoudinge tydens die grondwetlike onderhandelingsproses het reeds beslissend

ten gunste van die ANC geswaai en opposisiegroepe het op daardie tydstip oor weinig

onderhandelingsmag beskik. Aktivisme vanuit die Afrikaanse taal- en kultuurgeledere om

die onderwysbepaling in die finale grondwet te verbeter het ook misluk. Die besef het dus

gaandeweg posgevat dat die stryd om moedertaalskole nie suksesvol was nie. Veral

vanuit die Afrikaanse politieke kringe is oproepe vir wyer agitasie gemaak, en om op

moedertaalonderrig te fokus en nie spesifiek op die behoud van Afrikaanse

moedertaalskole nie. Dit is dus betekenisvol dat gesprekke binne Afrikanerkringe begin is

266

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!