DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Hoofstuk 6 Gevolgtrekkings word gemaak gebaseer op die bevindinge, en aanbevelings word dan rakende ondersoeke na verdere probleemareas en moontlike oplossings aangebied. 1.7. Slotsom Die studie ondersoek die rol van taalaktivisme vir die tydperk 1994 tot 2005 by die herwaardering van moedertaalonderrig in Suid-Afrika. Deur die studie is gepoog om vas te stel watter rol taalaktivisme in die beweging na moedertaalonderwys in Suid-Afrika en die vestiging van ’n demokratiese taalbestel in die land speel. ʼn Dokumente- en literatuurstudie, wat as basis vir die empiriese studie dien, is gedoen oor die historiese rol van taalaktivisme by beleidsvorming en taalbeplanning in Suid-Afrika vir die tydperk 1652 (die begin van die Koloniale tydperk) tot na 1994 (die demokratiseringstydperk). Die studie kan tot ’n herwaardering van taalaktivisme as faktor in taalbeleid en taalbeplanning lei en ’n prominente siening in die literatuur oor die sosiaal-konstruktiewe aard van taalbeplanning bevestig (Williams, 2003). Die studie kan ook tot ’n beskouing van taalaktivisme as faktor in die taalbeplanningsproses lei. 14

Hoofstuk 2 Literatuuroorsig 2.1. Inleiding In hierdie hoofstuk word die begrip taalaktivisme, as een van die kragte wat ʼn samelewing nader aan demokrasie kan bring, bespreek. Omdat taal- en taalregteaktivisme deur linguistiese menseregte aangevuur word, word die begrip linguistiese menseregte onder die loep geneem. Aandag word geskenk aan die determinante van taalregte-aktivisme. Taalaktivisme as determinant binne die taalbeplanningsproses sowel as taal-in-onderwysbeplanning word bespreek. Die doel van die hoofstuk is om begrip vir taalaktivisme as verskynsel te ontwikkel en die verband met taalbeplanning en taalbeleid te ondersoek. Omdat taal- en taalregte-aktivisme deur linguistiese menseregte aangevuur word, word ook op die definiëring van die konsep linguistiese menseregte gekonsentreer. Die totstandkoming van taalregte-organisasies, sowel as die rol wat sulke organisasies volgens gedokumenteerde internasionale studies in die onderwys speel, word ondersoek. Die hoofstuk ondersoek ook die instrumente van taalaktivisme soos deur Martel (1999) en later deur Du Plessis (2006) geïdentifiseer. Die hoofstuk word afgesluit met ʼn gevallestudie-oorsig oor die rol van taalaktivisme in geselekteerde lande. 2.2. Definisies van aktivisme en ʼn bespreking Volgens Martel (1999:47) is dit ’n teken van die tyd wanneer ’n enkele woord, naamlik aktivisme, 48 120 trefslae via ’n internetsoekenjin oplewer. Munir (2009:4) is dit eens dat daar ’n groter belangstelling in die onderwerp bestaan en skryf dit toe aan gemeenskappe se groter bewuswording van hul menseregte en die gevolglike verskyning van wêreldwye regtegeoriënteerde bewegings. Die begrippe aktivisme, taalaktivisme en taalregteaktivisme word vervolgens bespreek. 2.2.1. Aktivisme Martel (1999:47) beskryf die verskynsel van aktivisme as gelyktydig divers en deurlopend. Sy onderskei tussen die volgende vorme van aktivisme: burgerlike aktivisme, 15

Hoofstuk 6

Gevolgtrekkings word gemaak gebaseer op die bevindinge, en aanbevelings word dan

rakende ondersoeke na verdere probleemareas en moontlike oplossings aangebied.

1.7. Slotsom

Die studie ondersoek die rol van taalaktivisme vir die tydperk 1994 tot 2005 by die

herwaardering van moedertaalonderrig in Suid-Afrika. Deur die studie is gepoog om vas

te stel watter rol taalaktivisme in die beweging na moedertaalonderwys in Suid-Afrika en

die vestiging van ’n demokratiese taalbestel in die land speel. ʼn Dokumente- en

literatuurstudie, wat as basis vir die empiriese studie dien, is gedoen oor die historiese rol

van taalaktivisme by beleidsvorming en taalbeplanning in Suid-Afrika vir die tydperk

1652 (die begin van die Koloniale tydperk) tot na 1994 (die demokratiseringstydperk).

Die studie kan tot ’n herwaardering van taalaktivisme as faktor in taalbeleid en

taalbeplanning lei en ’n prominente siening in die literatuur oor die sosiaal-konstruktiewe

aard van taalbeplanning bevestig (Williams, 2003). Die studie kan ook tot ’n beskouing

van taalaktivisme as faktor in die taalbeplanningsproses lei.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!