DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
onderrigtaal in hierdie skole aangebied moet word. Tekenend hiervan was ’n berig in Rapport (15 Januarie 1995) waarin Hennie van Deventer, destydse voorsitter van die Afrikaanse Ouervereniging, sê dat die beginsel van Afrikaanse skole verdwyn het. In die berig word anonieme regsgeleerdes aangehaal wat van mening was dat die Grondwet eintlik ’n verbod op Afrikaanse skole geplaas het as sou beteken dat net Afrikaanse kinders daar toegelaat hoef te word. Omdat die Grondwet ’n groter premie plaas op toeganklikheid tot gehalteskole as op taal- en kultuurfaktore en die regering gelas was om toe te sien dat taal- en kultuurfaktore nie in die pad van gelyke toegang tot onderwysinstellings staan nie, uitsluitlike Afrikaanse skole en universiteite dus statutêr onmoontlik geraak het (aldus die berig). Hierdie vrees van Afrikaanse belangegroepe is vyftien maande later bevestig toe die Konstitusionele Hof beslis het dat die staat nie onder verpligting was om moedertaalskole geldelik in stand te hou nie. Die uitspraak het verder bepaal dat as taal- en kultuurgroepe kultuureie skole wou hê, hulle dit self as private instellings tot stand moes bring. Vanuit die swart gemeenskap het die druk vir die maksimale benutting van skoolruimte voortgeduur. Veral omdat swart onderwys vir jare lank ’n groot agterstand teen dié van wit onderwys gehad het, het aktivisme uit hierdie geledere groot druk op veral Afrikaanse skole en teen Afrikaans as onderrigtaal geplaas. Uit die uitsprake van regeringslui kon afgelei word dat hierdie agitasie positief deur die regering ondersteun is, veral nadat Afrikaanse skole in Mpumalanga verbied is om saam te smelt om sodoende ’n Afrikaanse moedertaalskool te behou. Hierdie toedrag van sake het tot ’n hernude poging deur Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies gelei om die taalbepaling oor onderwys in die finale grondwet te verbeter. Hierdie druk het daartoe gelei dat die grondwetlike onderhandelings in April en Mei 1996 amper ’n dooiepunt bereik het. Alhoewel die finale grondwet toe nie genoegsame beskerming aan moedertaalskole gebied het nie, is tog aanvaar dat ’n veelvoud van wigte en teenwigte vir insluiting in die grondwet beding is wat moedertaalonderrig moontlik sou maak. 260
Alhoewel dit dus wou lyk asof die regering nie moedertaalonderrig as prioriteit beskou het nie, was daar tog enkele positiewe geluide vanuit regeringskant. Hierdie positiewe verandering in houdings kan beoordeel word teen Annamalai (1986) se siening dat: alhoewel aktivisme van memorandum tot opstand beweeg, en alhoewel die invloed van aktivisme op beleid relatief is tot die mag waarmee dit gepaard gaan, is dit tog ook duidelik dat taalbeplanning ’n proses van versoening tussen die beplanners en die publiek is. Dit is ’n voortdurende proses van aksie en teenreaksie. Van die taal- en beleidsveranderinge kan selfs op gemeenskapsvlak wees en hoef glad geen bybetekenis vir die regering in te hou nie. Waarskynlik die veelseggendste ontwikkeling tot nog toe was twee uitsprake van die destydse Minister van Onderwys, prof. Kader Asmal, dat moedertaalonderrig verpligtend gemaak word vir die eerste vier jaar van ’n leerder se skoolloopbaan en dat eksamenvraestelle voortaan in al die amptelike tale gedruk sou word. Sterk uitsprake ten gunste van moedertaalonderwys deur die Adjunkminister van Onderwys kry ook dekking. Die verslag van die Gerwel-Kommissie, waarin aanbeveel word dat ten minste twee Afrikaanse universiteite behoue moet bly, word ook bekend gemaak. Opnute besinning oor die rol van moedertaalonderrig met behoorlike onderrig in Engels kom volgens ʼn mediarekord in Die Burger van 27 Januarie 2004 voor. Dit volg op “’n onopvallende sinnetjie uit die mond van die Minister van Onderwys, mnr. Kader Asmal”. Op ’n vraag waarom veral swart leerders swak uitslae gehad het, al het hulle matriek formeel geslaag, het hy gesê dit is “omdat hulle nie die eksamen in hul moedertaal afgelê het nie, maar in Engels”. Jorisna Bonthuys (Die Burger, 19 Junie 2004) berig dat Asmal se opvolger as minister van onderwys, Naledi Pandor, in haar begrotingsrede in die parlement gesê het dat tel, lees, skryf en moedertaalonderrig vir minstens die eerste drie skooljare, die fokuspunt van die Departement sal wees. Die Burger (23 Oktober 2004) berig dat die Minister aangekondig het dat die Wes-Kaapse onderwysplan van moedertaalonderrig van Graad R tot Graad 6 na ander provinsies uitgebrei sal word indien die Raad van Onderwysministers so besluit. Beeld (17 Mei 2005) berig dat die Direkteur-Generaal van Onderwys, mnr. Duncan Hindle, ook erken het dat 261
- Page 223 and 224: handhaaf” (Die Volksblad, 17 Juni
- Page 225 and 226: die bevordering van swart tale ’n
- Page 227 and 228: oor Afrikaanse skole en moedertaalo
- Page 229 and 230: teenwoordiges gewys op die sterk ui
- Page 231 and 232: Slegs een geval van die gebruik van
- Page 233 and 234: word. In sulke skole, is gevoel, ka
- Page 235 and 236: Uit die beskikbare rekords vir die
- Page 237 and 238: estuur van die skool. Regter Thring
- Page 239 and 240: toelatingstoetse teenstaan, maar be
- Page 241 and 242: Mediarekords wat op waarskuwings te
- Page 243 and 244: skerp toename in aktivistiese aktiw
- Page 245 and 246: (Behou Afrikaans Belangegroep, Die
- Page 247 and 248: linguistiese doelwitte asook sy eie
- Page 249 and 250: nie. Adriaan van Niekerk doen ʼn be
- Page 251 and 252: moedertaalonderrig besig is om pos
- Page 253 and 254: igting wat betref taal van onderrig
- Page 255 and 256: (top-down) wat in die Suid-Afrikaan
- Page 257 and 258: Die probleemvrae en die doelwitte v
- Page 259 and 260: este geplaas om insette oor hul eie
- Page 261 and 262: vir die ontwikkeling en bevordering
- Page 263 and 264: terreine, naamlik die situasie van
- Page 265 and 266: Die stryd teen Afrikaans vir Engels
- Page 267 and 268: uit die teorie rakende taalaktivism
- Page 269 and 270: saam te staan en Afrikatale as ’n
- Page 271 and 272: georganiseerde taalbewegings met ʼn
- Page 273: samebindende faktor of dryfveer in
- Page 277 and 278: Ten tyde van die jaarlikse jeugkonf
- Page 279 and 280: Waar in die beantwoording van probl
- Page 281 and 282: en dat, hoewel eenheid binne Afrika
- Page 283 and 284: 6.5. Moontlikhede vir verdere studi
- Page 285 and 286: BIBLIOGRAFIE Alexander, N. 1989. Th
- Page 287 and 288: Claysmith, J. 2007. Immigration and
- Page 289 and 290: Fataar, M. 1999. Education Policy D
- Page 291 and 292: Henrard, K.2001. Language rights an
- Page 293 and 294: Lanham, L.W. 1978. An outline histo
- Page 295 and 296: May, S. 2004. Rethinking Linguistic
- Page 297 and 298: Rice, K. 2009. Must there be two so
- Page 299 and 300: Stone, P.J. 1966. The social system
- Page 301 and 302: Williams, C.H. 2003. Language Polic
- Page 303 and 304: Beeld 1995/01/27 Rapport 1995/01/29
- Page 305 and 306: Volksblad 1996/05/01 Mail & Guardia
- Page 307 and 308: Diverse Publikasies 1999/10 Die Bur
- Page 309 and 310: Citizen 2003/12/03 Pretoria News 20
- Page 311 and 312: Business Day 2005/11/28 Insig 2005/
- Page 313 and 314: ied ’n uiteensetting van die teor
- Page 315 and 316: SUMMARY The Constitutional Assembly
- Page 317: language in education are used. The
onderrigtaal in hierdie skole aangebied moet word. Tekenend hiervan was ’n berig in

Rapport (15 Januarie 1995) waarin Hennie van Deventer, destydse voorsitter van die

Afrikaanse Ouervereniging, sê dat die beginsel van Afrikaanse skole verdwyn het. In die

berig word anonieme regsgeleerdes aangehaal wat van mening was dat die Grondwet

eintlik ’n verbod op Afrikaanse skole geplaas het as sou beteken dat net Afrikaanse

kinders daar toegelaat hoef te word. Omdat die Grondwet ’n groter premie plaas op

toeganklikheid tot gehalteskole as op taal- en kultuurfaktore en die regering gelas was om

toe te sien dat taal- en kultuurfaktore nie in die pad van gelyke toegang tot

onderwysinstellings staan nie, uitsluitlike Afrikaanse skole en universiteite dus statutêr

onmoontlik geraak het (aldus die berig). Hierdie vrees van Afrikaanse belangegroepe is

vyftien maande later bevestig toe die Konstitusionele Hof beslis het dat die staat nie

onder verpligting was om moedertaalskole geldelik in stand te hou nie. Die uitspraak het

verder bepaal dat as taal- en kultuurgroepe kultuureie skole wou hê, hulle dit self as

private instellings tot stand moes bring.

Vanuit die swart gemeenskap het die druk vir die maksimale benutting van skoolruimte

voortgeduur. Veral omdat swart onderwys vir jare lank ’n groot agterstand teen dié van

wit onderwys gehad het, het aktivisme uit hierdie geledere groot druk op veral Afrikaanse

skole en teen Afrikaans as onderrigtaal geplaas. Uit die uitsprake van regeringslui kon

afgelei word dat hierdie agitasie positief deur die regering ondersteun is, veral nadat

Afrikaanse skole in Mpumalanga verbied is om saam te smelt om sodoende ’n Afrikaanse

moedertaalskool te behou.

Hierdie toedrag van sake het tot ’n hernude poging deur Afrikaanse taal- en

kultuurorganisasies gelei om die taalbepaling oor onderwys in die finale grondwet te

verbeter. Hierdie druk het daartoe gelei dat die grondwetlike onderhandelings in April en

Mei 1996 amper ’n dooiepunt bereik het. Alhoewel die finale grondwet toe nie

genoegsame beskerming aan moedertaalskole gebied het nie, is tog aanvaar dat ’n

veelvoud van wigte en teenwigte vir insluiting in die grondwet beding is wat

moedertaalonderrig moontlik sou maak.

260