DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

saam te staan deur Afrikaans as enigste taal wat die naam van Afrika dra en hier ontstaan het, te beskerm en uit te bou. Dieselfde gemeenskap moet ook sprekers van ander Afrikatale aanmoedig om hulle vir moedertaalonderrig te beywer (André van der Walt van die Groep van 63 in Die Burger van 5 Junie 2000). Dieselfde beginsel het ook vir aktivisme in die swart gemeenskappe gegeld, behalwe dat moedertaalonderrig (aanvanklik) vir hulle ’n sekondêre oorweging was. Die ontleding van die mediarekords lewer bewyse dat oproepe uit dié gemeenskap suggereer dat die Afrikaner se voorbeeld gevolg moet word wat betref moedertaalonderrig. Ook toon die mediarekords dat veral swart akademici en ouers uit die middelklas sterker begin voel oor die implementering van moedertaalonderrig. Dit kom veral in briewe aan die media na vore waarin lesers op die erkenning van hul moedertale as tale van onderrig en leer aandring. Oproepe is byvoorbeeld op Afrikataalsprekende gemeenskappe gedoen om nie langer stil te bly oor die afdwing van Engels op hul kinders nie en om die voorbeeld van Afrikaners wat alles in hul vermoë doen om moedertaalonderrig vir kinders te verseker, te volg (Gideon Muvhumbe Vulaudzi in ’n brief aan Sowetan, 3 Januarie 1997); met meer energie teenstand teen die neiging tot gewillige assimilasie in ’n Engelse leefwêreld te bied (Abbey Makoe ʼn leser in Saturday Star, 23 September 2000); hul sienings en houdings teenoor swart onderwysers en Afrikatale te verander en aan te dring op moedertaalonderrig (Abel Mputing in City Press, 2002); saam te kom en “to fight and die in the process if need be for our languages to gain the respect they so richly deserve” (Maswabi Legwale ’n leser van City Press, 2002) ; te “scream about your language” en aan te dring op hul grondwetlike reg om onderrig in hul moedertaal te ontvang (Neliswa Sipamla ʼn leser in Mail and Guardian, 29 April 2004); en 254

saam te staan en Afrikatale as ’n saak van dringendheid te ontwikkel sodat dit selfs later as onderrigtaal op tersiêre vlak gebruik kan word (Thabiso P Tsotetsi ’n leser in City Press, 30 Mei 2004). Hierdie voorbeelde suggereer dat ’n nuwe tendens besig is om hier vorm aan te neem. Ook dui die getuienis daarop dat taalaktivisme dus in die Afrikataalsprekende gemeenskap voorkom, maar dat dit nie deur wat in die literatuur as tradisionele (taalnasionalistiese) taalbewegings beskou word, aangevuur word nie. Die rolspelers in hierdie geval is politieke organisasies soos Cosas en die ANC. Hoewel mobilisering van die massas vir Engelsmediumonderrig in die vorm van optogte en demonstrasies wydverspreid voorkom, word dit egter in die eerste plek op toegang tot wit skole gerig. Taal speel, anders as in die geval van die Afrikaanse bewegings, ’n sekondêre rol. Indien Martel (1999:47) se definisie van aktivisme as beide divers en feitlik allesomvattend oor aksies wat op verandering gerig is as maatstaf gebruik word, kan tot die slotsom gekom word dat aktivisme rakende taal van onderrig in Suid-Afrikaanse skole wel wydverspreid voorkom. Bostock (1988:73) wys egter in sy studie “Assessing the Authenticity of a Supra-National Language-Based Movement: La Francophonie” op die dilemma in die assessering van “authenticity or genuineness, validity and entitlement to acceptance of the various movements, groups, organizations and even nations which make claims on behalf of themselves and their adherents”. Volgens hom is La Francophonie ’n beweging wat daarop aandring dat hulle alle pogings in die ontwikkeling van Frans wêreldwyd verteenwoordig. Alhoewel hierdie beweging wel ’n duidelike herkenbare beweging is, bestaan dit volgens Bostock (1988) uit ’n aantal konstituerende organisasies, elk met sy eie onderskeidende doelwitte. Dit, volgens hom, plaas ’n mate van bedenklikheid oor die egtheid van La Francophonie as ’n super taalbeweging. Alhoewel aktivisme vir Afrikaans en Afrikaansmoedertaal-onderrig, volgens die mediarekords wydverspreid voorkom, moet in ag geneem word dat dit deur ’n wyd uiteenlopende groep bewegings en organisasies gevoer word. Sommige van hierdie 255

saam te staan deur Afrikaans as enigste taal wat die naam van Afrika dra en hier

ontstaan het, te beskerm en uit te bou. Dieselfde gemeenskap moet ook sprekers

van ander Afrikatale aanmoedig om hulle vir moedertaalonderrig te beywer

(André van der Walt van die Groep van 63 in Die Burger van 5 Junie 2000).

Dieselfde beginsel het ook vir aktivisme in die swart gemeenskappe gegeld, behalwe dat

moedertaalonderrig (aanvanklik) vir hulle ’n sekondêre oorweging was. Die ontleding

van die mediarekords lewer bewyse dat oproepe uit dié gemeenskap suggereer dat die

Afrikaner se voorbeeld gevolg moet word wat betref moedertaalonderrig. Ook toon die

mediarekords dat veral swart akademici en ouers uit die middelklas sterker begin voel oor

die implementering van moedertaalonderrig. Dit kom veral in briewe aan die media na

vore waarin lesers op die erkenning van hul moedertale as tale van onderrig en leer

aandring. Oproepe is byvoorbeeld op Afrikataalsprekende gemeenskappe gedoen om

nie langer stil te bly oor die afdwing van Engels op hul kinders nie en om die

voorbeeld van Afrikaners wat alles in hul vermoë doen om moedertaalonderrig

vir kinders te verseker, te volg (Gideon Muvhumbe Vulaudzi in ’n brief aan

Sowetan, 3 Januarie 1997);

met meer energie teenstand teen die neiging tot gewillige assimilasie in ’n

Engelse leefwêreld te bied (Abbey Makoe ʼn leser in Saturday Star, 23 September

2000);

hul sienings en houdings teenoor swart onderwysers en Afrikatale te verander en

aan te dring op moedertaalonderrig (Abel Mputing in City Press, 2002);

saam te kom en “to fight and die in the process if need be for our languages to

gain the respect they so richly deserve” (Maswabi Legwale ’n leser van City

Press, 2002) ;

te “scream about your language” en aan te dring op hul grondwetlike reg om

onderrig in hul moedertaal te ontvang (Neliswa Sipamla ʼn leser in Mail and

Guardian, 29 April 2004); en

254

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!