DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

taalstryd, soos wat dit in die geskiedenis van die taalbeleid in Suid-Afrika gemanifesteer het, is nou verweef met, en ontwikkel teen, die agtergrond van politieke en ekonomiese magsverkryging deur diegene wat die onderskeie dominante tale gebruik het. Taal het dus ’n bepalende rol in die historiese spanning tussen groepe in Suid-Afrika gespeel. Dit was beslis die geval wat Afrikaans en Engels betref. Daarom verwys Afrikaners, volgens Prah (2006) dikwels na die Anglo-Boereoorlog as die taalstryd. In die beantwoording van die eerste navorsingsvraag moet egter in gedagte gehou word dat sosiale wetenskaplikes aantoon dat gemeenskaplike mobilisering een van die definiërende kenmerke van ’n sosiale beweging is, maar dat alle gevalle van sosiale mobilisering nie noodwendig as taalbewegings beskou kan word nie. Verskeie bewegings kan wel as openbare aksies beskou word om sosiale verandering deur middel van taal te bewerkstellig (Rao, 1979). Taal word dan slegs ’n middel tot ’n ander doel. Sodanige mobilisering het in die geval van Suid-Afrika voorgekom, met die gevolg dat taal dikwels as middel tot ’n doel aangewend is. Daarom is dit noodsaaklik om die verskynsel van taalaktivisme in post-apartheid Suid-Afrika teen die agtergrond van die band wat in die geskiedenis van die land tussen taal en identiteit gevorm is, te bespreek. Vir die Afrikaner het drie historiese verwikkelinge ’n groot invloed op hul aktivistiese stryd vir Afrikaans en Afrikaansmoedertaal-onderrig gehad: eerstens die verengelsingsbeleid van Somerset wat in 1820 geïntensiveer het; tweedens die verengelsingsbeleid van Milner, wat na die Anglo-Boereoorlog in beheer gekom het; en derdens die weerstand vanuit swart politieke kringe teen Afrikaans en Afrikaner politieke beheer, wat na 1948 sterker geword het en wat in 1976 tot die Soweto-opstande en die uiteindelike verlies aan politieke mag in 1994 gelei het. Al drie verwikkelinge was direkte stimuli tot aktivistiese optrede en tot taalbewegings. Alexander (2003:8) sonder veral die beleid van Milner uit wat aanleiding gegee het tot die “racist version of Afrikaner nationalism ...”. Alexander noem verder ook dat die Afrikaner se stryd om erkenning van sy taal, nou verweef was aan hulle stryd om “hul” land. Agitering vir taal het dus deel gevorm van die groter politieke aktivisme onder die Afrikaner wat uiteindelik tot die Nasionale Party se beleid van apartheid aanleiding gegee het. 250

Die stryd teen Afrikaans vir Engels is na 1948 deur die Afrikataalsprekendes in die land oorgeneem. Dit is aangevuur deur die apartheidsbeleid van die Nasionale Party en veral deur die Wet op Bantoe-onderwys en het in 1976 ’n hoogtepunt bereik na die inwerkingstelling van die Nasionale Party se 50:50 Afrikaans/Engels-beleid in swart skole. Hierdie stryd word gekenmerk deur gewelddadige aksies teen die swak onderwys in swart skole en ’n aandrang op toegang tot gehalte-onderwys (wat in hierdie stadium hoofsaaklik in wit skole beskikbaar was). Dreigemente van besetting van hierdie skole is ook gemaak. Hierdie weerstandsbewegings het ook (soos vir Afrikaans) ’n nasionalistiese uitgangspunt gehad want dit is onder die sambreel van die groter politieke bewegings gedoen, soos die PAC en die ANC wat na 1994 politieke beheer oorgeneem het. In terme van die teoretiese begronding van taalaktivisme kan hierdie beweging nie as ʼn inherente taalbeweging beskou word nie, maar wel as ʼn groter ideologies gedrewe beweging gemik op die beëindiging van die stelsel van apartheid, maar waar taal as instrument gebruik is om die ideaal te bereik. Met die aanbreek van die nuwe demokrasie in 1994 is die nuwe regering onder meer met hierdie twee uiteenlopende bewegings gekonfronteer: aan die een kant ’n beweging onder Afrikaners wat ten alle koste Afrikaans en Afrikaanse skole wou behou, en aan die ander kant ’n beweging onder die Afrikataalsprekende gemeenskap wat toegang wou hê tot gehalte- (wit) en Engelsmediumonderrig. Die ondersoek toon dat hoewel Suid-Afrika in April 1994 amptelik ’n demokrasie geword het, die land steeds in ’n oorgangsfase en debatvoering verkeer rakende die beste beleide vir die konsolidering van die demokrasie. Dit sluit veral besinning oor taalbeleid in. Die belangrikste en sigbaarste stryde en spanning kan volgens Alexander (2003) in hierdie stadium in die ekonomiese sfeer, sowel as in die sfeer van die sosiale patologie waargeneem word. Wat die onderwys betref, vorm moedertaalonderrig na 1994 steeds die kern van die stryd oor die gebruik van die oorheersende tale, Engels en Afrikaans. Die studie toon dat individue en groepe steeds bereid is om vir verandering in beleid en praktyke wat hulle as 251

taalstryd, soos wat dit in die geskiedenis van die taalbeleid in Suid-Afrika gemanifesteer

het, is nou verweef met, en ontwikkel teen, die agtergrond van politieke en ekonomiese

magsverkryging deur diegene wat die onderskeie dominante tale gebruik het. Taal het

dus ’n bepalende rol in die historiese spanning tussen groepe in Suid-Afrika gespeel. Dit

was beslis die geval wat Afrikaans en Engels betref. Daarom verwys Afrikaners, volgens

Prah (2006) dikwels na die Anglo-Boereoorlog as die taalstryd.

In die beantwoording van die eerste navorsingsvraag moet egter in gedagte gehou word

dat sosiale wetenskaplikes aantoon dat gemeenskaplike mobilisering een van die

definiërende kenmerke van ’n sosiale beweging is, maar dat alle gevalle van sosiale

mobilisering nie noodwendig as taalbewegings beskou kan word nie. Verskeie bewegings

kan wel as openbare aksies beskou word om sosiale verandering deur middel van taal te

bewerkstellig (Rao, 1979). Taal word dan slegs ’n middel tot ’n ander doel. Sodanige

mobilisering het in die geval van Suid-Afrika voorgekom, met die gevolg dat taal dikwels

as middel tot ’n doel aangewend is. Daarom is dit noodsaaklik om die verskynsel van

taalaktivisme in post-apartheid Suid-Afrika teen die agtergrond van die band wat in die

geskiedenis van die land tussen taal en identiteit gevorm is, te bespreek.

Vir die Afrikaner het drie historiese verwikkelinge ’n groot invloed op hul aktivistiese

stryd vir Afrikaans en Afrikaansmoedertaal-onderrig gehad: eerstens die

verengelsingsbeleid van Somerset wat in 1820 geïntensiveer het; tweedens die

verengelsingsbeleid van Milner, wat na die Anglo-Boereoorlog in beheer gekom het; en

derdens die weerstand vanuit swart politieke kringe teen Afrikaans en Afrikaner politieke

beheer, wat na 1948 sterker geword het en wat in 1976 tot die Soweto-opstande en die

uiteindelike verlies aan politieke mag in 1994 gelei het. Al drie verwikkelinge was

direkte stimuli tot aktivistiese optrede en tot taalbewegings. Alexander (2003:8) sonder

veral die beleid van Milner uit wat aanleiding gegee het tot die “racist version of

Afrikaner nationalism ...”. Alexander noem verder ook dat die Afrikaner se stryd om

erkenning van sy taal, nou verweef was aan hulle stryd om “hul” land. Agitering vir taal

het dus deel gevorm van die groter politieke aktivisme onder die Afrikaner wat

uiteindelik tot die Nasionale Party se beleid van apartheid aanleiding gegee het.

250

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!