DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

In hierdie studie het bogenoemde as die verwysingsraamwerk gedien waarteen die teenwoordigheid, sowel as die rol wat taalaktivisme in die herwaardering van die rol van moedertaalonderrig in Suid-Afrika vir die tydperk 1994 tot 2005 speel, ondersoek is. Hoofstuk 3 beskryf die navorsingsontwerp en die -metodologie wat in hierdie studie gebruik is. Daar word ’n uiteensetting gegee van die stappe van dataversameling sowel as die interpretasie daarvan. Die metodologiese praktyk wat die studie onderlê kan binne ’n navorsingstegniek, bekend as inhoudsanalise, geplaas word. ’n Verduideliking word vir die keuse van die ontwerp verskaf en die voordele en nadele daarvan word bespreek. Daarna is die agtergrond tot die kernvraagstuk wat in die studie aan die bod kom bespreek, naamlik watter rol taalaktivisme by die herwaardering van die rol van moedertaalonderrig in Suid-Afrika speel. Hoofstuk 4 bied ’n oorsig van die voorkoms van taalaktivisme as verskynsel in Suid- Afrika en hoe dit onder die verskillende taalgroepe oor verskillende historiese tydperke manifesteer. Dit dien ook as basis waarteen die analise wat in Hoofstuk 5 rakende taalaktivisme en die invloed daarvan op die taal-in-onderwysbeleid vir die tydperk 1994 tot 2005 verstaan kan word. Hierdie hoofstuk is aangepak na gelang van die siening van Blommaert (1999:425) dat die “storie” van taal in werklikheid ʼn storie van verskillende, teenstrydige, onharmonieuse praktyke is, wat deur identifiseerbare agente op spesifieke maniere en deur die gebruik van spesifieke instrumente uitgevoer is. Du Plessis (2003:99) stem saam wanneer hy redeneer dat indien ideologiese konflik as ʼn belangrike impetus in taalbeleidsverandering beskou kan word, ʼn benadering vanuit hierdie rigting belangrike insigte oor die ontwikkeling van taalbeleid in Suid-Afrika kan lewer. Die doel van die hoofstuk is om die impak van sodanige aktivisme op beleid vas te stel. Sedert 1652, met die Kaap onder beheer van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), is taalbeleid ondemokraties deur diegene in die regering ontwikkel sonder inagneming van die taalvoorkeur van ander taalgroepe. Nederlands was toe die enigste amptelike taal. Dit is met die Britse bewindsoorname in 1795 beëindig toe die amptelike verengelsingsbeleid gevolg het. Hierdie tydperk het die lang en uitgerekte taalaktivisme 246

vir die ontwikkeling en bevordering van Afrikaans as onderrigtaal binne die inperkende beleid van verengelsing ingelei. Dit het selfs deels tot van die grootste momente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gelei, naamlik die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en later die Soweto-opstand. Dit was veral binne die geledere van die Afrikaner dat aktivistiese taalbewegings soos die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA), die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), die Kaapse Afrikanerbond (KAB), die Eerste Afrikaanse Taalbeweging (EAT), die Tweede Afrikaanse Taalbeweging (TAT), sowel as die Christelik-Nasionale Onderwysbeweging (CNO) ʼn groot rol gespeel het. Aan die einde van die hoofstuk word dit reeds duidelik dat die taalstryd van die Afrikaner nou verweef was met sy stryd om selfbehoud en politieke oorlewing. Gedurende die tydperk tot 1948, met die bewindsoorname van die Nasionale Party, was die stryd gemik teen die oorheersing van Engels en Britse politieke beheer. Daarna, met die Afrikaner in beheer en Afrikaans in ʼn veilige posisie as onderrigtaal, het die politieke bedreiging en daarmee saam die bedreiging vir moedertaalonderrig, uit ’n heeltemal ander oord gekom, naamlik uit die geledere van die swart versetbewegings. Hierdie bewegings het hulle vir die beëindiging van die stelsel van apartheid en aparte onderwys beywer. Engels was dus steeds die taal wat Afrikaans bedreig het. Die fokus in Hoofstuk 5 val op die aanbieding en analise van die data soos uit mediarekords vir hierdie tydperk verkry. Die analise is gedoen na gelang van die tipologie van taalaktivisme wat deur Martel (1999) bekendgestel en deur Lubbe (2004) asook Du Plessis (2006) verder ontwikkel is. Die tipologie onderskei tussen die hoofinstrumente van taalaktivisme wat deur taalaktiviste aangewend word en verskaf ook ’n waardering van watter instrumente meer sukses kan behaal. Met die ontleding van die data is daar bevind dat al die instrumente wel deur individue en taalbewegings gebruik word. Die rol en bydrae van verskeie bewegings, onder meer kulturele organisasies, onderwysen ouerverenigings, die media, navorsingsinstansies, politieke partye en individue is 247

vir die ontwikkeling en bevordering van Afrikaans as onderrigtaal binne die inperkende

beleid van verengelsing ingelei. Dit het selfs deels tot van die grootste momente in die

Suid-Afrikaanse geskiedenis gelei, naamlik die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en

later die Soweto-opstand. Dit was veral binne die geledere van die Afrikaner dat

aktivistiese taalbewegings soos die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

(GHA), die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), die Kaapse Afrikanerbond (KAB),

die Eerste Afrikaanse Taalbeweging (EAT), die Tweede Afrikaanse Taalbeweging

(TAT), sowel as die Christelik-Nasionale Onderwysbeweging (CNO) ʼn groot rol gespeel

het.

Aan die einde van die hoofstuk word dit reeds duidelik dat die taalstryd van die Afrikaner

nou verweef was met sy stryd om selfbehoud en politieke oorlewing. Gedurende die

tydperk tot 1948, met die bewindsoorname van die Nasionale Party, was die stryd gemik

teen die oorheersing van Engels en Britse politieke beheer. Daarna, met die Afrikaner in

beheer en Afrikaans in ʼn veilige posisie as onderrigtaal, het die politieke bedreiging en

daarmee saam die bedreiging vir moedertaalonderrig, uit ’n heeltemal ander oord gekom,

naamlik uit die geledere van die swart versetbewegings. Hierdie bewegings het hulle vir

die beëindiging van die stelsel van apartheid en aparte onderwys beywer. Engels was dus

steeds die taal wat Afrikaans bedreig het.

Die fokus in Hoofstuk 5 val op die aanbieding en analise van die data soos uit

mediarekords vir hierdie tydperk verkry. Die analise is gedoen na gelang van die

tipologie van taalaktivisme wat deur Martel (1999) bekendgestel en deur Lubbe (2004)

asook Du Plessis (2006) verder ontwikkel is. Die tipologie onderskei tussen die

hoofinstrumente van taalaktivisme wat deur taalaktiviste aangewend word en verskaf

ook ’n waardering van watter instrumente meer sukses kan behaal. Met die ontleding van

die data is daar bevind dat al die instrumente wel deur individue en taalbewegings

gebruik word.

Die rol en bydrae van verskeie bewegings, onder meer kulturele organisasies, onderwysen

ouerverenigings, die media, navorsingsinstansies, politieke partye en individue is

247

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!