DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

instrument vir groter magte en is dit ook sekondêr tot basiese sosio-ekonomiese, politieke en kulturele strominge binne ’n samelewing. Eastman (in Edwards, 1985:90) glo dat taalplanne eerstens die produk van regerings is en dat taalbeplanners dan in opdrag van die regerings optree. Williams (2003:1) beskou taalbeplanning as ’n vorm van sosiopolitieke intervensie. As sulks bevraagteken hy dus die siening van taalbeplanning as ’n objektiewe wetenskaplike oefening. Joseph (in Rajagopalan, 2007) ondersteun ook hierdie siening en stel dit selfs sterker, naamlik dat taal “political from top to bottom” is en verder dat taal “constitutively and hence indissociably political” is. Vir Joseph is taal dus nie polities van aard omdat dit op spesifieke geo-politieke belange reageer nie. Dit is polities omdat dit selfs in die generiese sin polities is. Die rol van taalaktivisme, as een van die kragte wat ʼn samelewing nader aan demokrasie kan stuur, is bespreek. Omdat taal- en taalregte-aktivisme deur linguistiese menseregte aangevuur word, is die begrip linguistiese menseregte onder die loep geneem. Aandag is aan die determinante van taalregteaktivisme geskenk. Taalaktivisme as determinant binne die groter taalbeplanningsproses, sowel as binne taal-in-onderwysbeplanning, is bespreek. Omdat taal- en taalregte-aktivisme deur linguistiese menseregte aangevuur word, is ook op die definiëring van die konsep linguistiese menseregte gekonsentreer. Die totstandkoming van taalregteorganisasies, sowel as die rol wat sulke organisasies volgens internasionaal gedokumenteerde studies in die onderwys speel, is ondersoek. Die hoofstuk ondersoek ook die instrumente van taalaktivisme soos deur Martel (1999) en later deur Du Plessis (1986) geïdentifiseer. Martel meen dat elke aktivistiese beweging sy eie linguistiese doelwitte asook sy eie spesifieke streeks, nasionale en internasionale dinamika het. Dit het elk ʼn eie gebruik van die wet as instrument van verandering en ʼn eie vermoë of onvermoë om magswanbalanse te neutraliseer. Die groot toets vir taalaktivisme vanuit ’n etiese benadering is dat dit in staat moet wees om gemeenskappe te bemagtig. Hornberger (1998:454) redeneer dat taal- en taalbeleidsonwikkeling nie ’n outomatiese “concession of demand” is nie, maar eerder ’n kwessie van gebalanseerde beheer en ʼn keuse tussen potensiële alternatiewe. Hornberger redeneer daarom dat dit uiters belangrik is dat taalminderhede bemagtig moet word om in hul eie belang die regte keuses te maak. Taalaktiviste as verteenwoordigers van minderheidstaalgroepe is die 244

este geplaas om insette oor hul eie tale te lewer. Taalbeplanning moet dus nie as ’n monolitiese aktiwiteit van bo hanteer word nie, maar die belang van al die rolspelers in die linguistiese omgewing, waarvan taalaktiviste ʼn integrale deel vorm, moet in ag geneem word. Indien nie, sal taalbeplanning ʼn eensydige oefening van bo (top-down) wees. Annamalai (1979:35) se definisie van taalbeplanning as “organized intervention to influence the nature and pace of language development”, som hierdie bespreking van taalbeplanning as ’n insluitende proses goed op. Dit is wyd in soverre die agent van beplanning daarin belangstel dat die beplanning nie tot ’n regering of ’n sentrale agentskap beperk moet wees nie. Dit is egter terselfdertyd eng omdat die doel van beplanning tot taalontwikkeling beperk moet word. In dié sin is taalbeplanning dus ’n instrument van sosiale ontwikkeling en/of verandering. Uit bogenoemde bespreking kan ons tot die slotsom kom dat die bestuur van taal nie slegs ’n monolitiese aktiwiteit van bo is nie, maar dat dit die gesamentlike produk van die totale ekologie van die linguistiese omgewing is. Hierdie linguistiese ekologie sluit in: alle tale en taalgemeenskappe in die omgewing; die verskillende rolspelers (byvoorbeeld die regering, nie-regeringsorganisasies, taalaktiviste, en andere) sowel as die politieke, ekonomiese en sosiale omgewing waarin die verandering moet plaasvind. Die totstandbringing van taalregtebewegings is een van die maniere waarop groepe op taalregte kan aandring. Te verwagte faktore om die voorkoms van taalregtebewegings te bepaal, is volgens Ishida et al. (2003:1) die volgende: 1) taaldiversiteit binne ’n land (D); 2) geletterdheidspeil (L); 3) bevolkingsgrootte (P); 3) nasionale inkomste as indeks van welvaart (G); sowel as 4) die bestaan van grondwetlike ondersteuning vir taalregte (C). Ishida et al. (2003:10) voer aan dat daar vier tipes voorwaardes vir die voorkoms van taalregtebewegings is. Elke tipe bevat hoofsaaklik die kombinasie G en D wat bewys dat die kombinasie van ekonomiese en linguistiese faktore taalregtebewegings in ’n land tot gevolg het. 245

instrument vir groter magte en is dit ook sekondêr tot basiese sosio-ekonomiese, politieke

en kulturele strominge binne ’n samelewing. Eastman (in Edwards, 1985:90) glo dat

taalplanne eerstens die produk van regerings is en dat taalbeplanners dan in opdrag van

die regerings optree. Williams (2003:1) beskou taalbeplanning as ’n vorm van sosiopolitieke

intervensie. As sulks bevraagteken hy dus die siening van taalbeplanning as ’n

objektiewe wetenskaplike oefening. Joseph (in Rajagopalan, 2007) ondersteun ook

hierdie siening en stel dit selfs sterker, naamlik dat taal “political from top to bottom” is

en verder dat taal “constitutively and hence indissociably political” is. Vir Joseph is taal

dus nie polities van aard omdat dit op spesifieke geo-politieke belange reageer nie. Dit is

polities omdat dit selfs in die generiese sin polities is.

Die rol van taalaktivisme, as een van die kragte wat ʼn samelewing nader aan demokrasie

kan stuur, is bespreek. Omdat taal- en taalregte-aktivisme deur linguistiese menseregte

aangevuur word, is die begrip linguistiese menseregte onder die loep geneem. Aandag is

aan die determinante van taalregteaktivisme geskenk. Taalaktivisme as determinant binne

die groter taalbeplanningsproses, sowel as binne taal-in-onderwysbeplanning, is

bespreek. Omdat taal- en taalregte-aktivisme deur linguistiese menseregte aangevuur

word, is ook op die definiëring van die konsep linguistiese menseregte gekonsentreer. Die

totstandkoming van taalregteorganisasies, sowel as die rol wat sulke organisasies volgens

internasionaal gedokumenteerde studies in die onderwys speel, is ondersoek. Die

hoofstuk ondersoek ook die instrumente van taalaktivisme soos deur Martel (1999) en

later deur Du Plessis (1986) geïdentifiseer. Martel meen dat elke aktivistiese beweging sy

eie linguistiese doelwitte asook sy eie spesifieke streeks, nasionale en internasionale

dinamika het. Dit het elk ʼn eie gebruik van die wet as instrument van verandering en ʼn

eie vermoë of onvermoë om magswanbalanse te neutraliseer. Die groot toets vir

taalaktivisme vanuit ’n etiese benadering is dat dit in staat moet wees om gemeenskappe

te bemagtig. Hornberger (1998:454) redeneer dat taal- en taalbeleidsonwikkeling nie ’n

outomatiese “concession of demand” is nie, maar eerder ’n kwessie van gebalanseerde

beheer en ʼn keuse tussen potensiële alternatiewe. Hornberger redeneer daarom dat dit

uiters belangrik is dat taalminderhede bemagtig moet word om in hul eie belang die regte

keuses te maak. Taalaktiviste as verteenwoordigers van minderheidstaalgroepe is die

244

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!