DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

van taalgemeenskappe tot moedertaalonderrig te verleen. Die resultate toon dat hierdie aktivisme veral aangevuur is in reaksie op aktivisme uit die Afrikataalsprekende gemeenskappe vir toegang tot Afrikaanse skole en die verandering van taalbeleide in hierdie skole om voorsiening te maak vir Engels as medium van onderrig. ʼn Ander dryfveer vir Afrikaanssprekendes was die algemene gevoel dat Afrikaans besig was om as gevolg van regeringsbeleide teenoor Engels veld te verloor. Altesaam 90 gevalle van mediadekking wat aktivisties van aard is, kan vir die tydperk 1994 tot 2005 in die databasis geïdentifiseer word. Dit vorm 34,6% van die 260 gevalle van aktivisme wat vir die tydperk gedokumenteer is. Naas gemeenskapsmobilisering met sy vyf subkategorieë is dit dus die instrument wat die meeste gebruik is. Mediadekking wat gedurende die tydperk in die media neerslag gevind het, was daarop gemik om 1) Afrikaanssprekendes te waarsku dat die gety teen moedertaalonderrig besig is om te draai en dat die betrokke gemeenskap dus moet mobiliseer ter beskerming van hul regte; 2) die lesers van proteste en dreigende protesaksies deur taalgemeenskappe en taalorganisasies vír of téén moedertaalonderrig bewus te maak; 3) aktivistiese groepe aan te moedig om drukgroepvorming en onderhandeling as instrumente ter bereiking van die gewenste uitkomste te gebruik; 4) veral Afrikaanssprekendes aan te moedig om daadwerklik en georganiseerd op te tree ter bevordering van moedertaalonderrig; 5) Afrikataalsprekendes aan te moedig om te agiteer vir die gebruik van Afrikatale as tale van onderrig en leer; en 6) oor agitasie vir die behoud van Oosterse tale in die skoolkurrikulum te rapporteer. Dit toon dat koerantredakteurs en joernaliste deeglik bewus is van die waarde van mediadekking en aktivisme. 5.4. Slotsom Die resultate toon dat taalaktivisme wel binne die Suid-Afrikaanse gemeenskap plaasgevind het. Hierdie aksies kan na verwys word as populêre aktivisme of mikrotaalbeplanning (Okano, 2006:263) en/of grondvlak (“grassroots”) taalbeleide (Hornberger, 1996). Kaplan en Baldauf (1997) beskou hierdie tipe aktivisme as taalbeplanning van onder (language planning from below) teenoor taalbeplanning van bo 240

(top-down) wat in die Suid-Afrikaanse geval aangevuur is deur bewindshebbers wat daarop ingestel was om Engels ten koste van al die ander minderheidstale te bevorder. Twee hoofredes domineer die voorkoms van taalaktivisme in Suid-Afrika vir hierdie tydperk. Eerstens, taalregte-aktivisme vir moedertaalonderonderwys deur veral die Afrikaanstalige gemeenskap, en tweedens, taalaktivisme vir Engelsonderrig, en dus die behoud van die status quo, wat Engels as taal van onderrig bevoordeel, veral deur die Afrikataalsprekende gemeenskappe. Die resultate toon ook die voorkoms van taalaktivisme uit die Indiërgemeenskap wat op die behoud van die Oosterse tale in die kurrikulum van skole gemik is. Daar kan tot die slotsom gekom word dat die verskynsel van taalaktivisme volgens die ontleding hierbo wel wydverspreid oor alle taalgemeenskappe voorgekom het. Waar aktivisme vir Engels as medium van onderrig as deel van ʼn groter aktivisme vir gehalteonderrig en dus toegang tot voormalige wit Afrikaanse skole veral vanuit Afrikataalsprekende geledere gevoer is, het Afrikaanssprekendes hul aktivisme vir die behoud van Afrikaanse skole en moedertaalonderrig voortgesit. Die analise toon ook dat hoewel taalaktivisme steeds grotendeels oor oorheersing tussen Afrikaans en Engels as taal van onderrig en leer handel, daar wel tekens van ʼn diskoersverandering oor moedertaalonderrig is. Afrikaanse kringe bied groter steun vir ʼn inklusiewe benadering tot aktivisme vir moedertaalonderrig, dus wyer as slegs vir Afrikaansmoedertaal-onderrig. Veral akademici uit Afrikataalsprekende geledere spreek hul misnoeë uit oor die gebrek aan moedertaalonderrig aan swart kinders. Hierdie opvatting word ook toenemend in briewe deur lesers aan veral die Engelse koerante weergegee. ʼn Groter ontvanklikheid vir die instel van moedertaalonderrig is ook in die uitsprake van regeringslui sowel as senior onderwysbeamptes waarneembaar. 241

(top-down) wat in die Suid-Afrikaanse geval aangevuur is deur bewindshebbers wat

daarop ingestel was om Engels ten koste van al die ander minderheidstale te bevorder.

Twee hoofredes domineer die voorkoms van taalaktivisme in Suid-Afrika vir hierdie

tydperk. Eerstens, taalregte-aktivisme vir moedertaalonderonderwys deur veral die

Afrikaanstalige gemeenskap, en tweedens, taalaktivisme vir Engelsonderrig, en dus die

behoud van die status quo, wat Engels as taal van onderrig bevoordeel, veral deur die

Afrikataalsprekende gemeenskappe. Die resultate toon ook die voorkoms van

taalaktivisme uit die Indiërgemeenskap wat op die behoud van die Oosterse tale in die

kurrikulum van skole gemik is.

Daar kan tot die slotsom gekom word dat die verskynsel van taalaktivisme volgens die

ontleding hierbo wel wydverspreid oor alle taalgemeenskappe voorgekom het. Waar

aktivisme vir Engels as medium van onderrig as deel van ʼn groter aktivisme vir gehalteonderrig

en dus toegang tot voormalige wit Afrikaanse skole veral vanuit

Afrikataalsprekende geledere gevoer is, het Afrikaanssprekendes hul aktivisme vir die

behoud van Afrikaanse skole en moedertaalonderrig voortgesit.

Die analise toon ook dat hoewel taalaktivisme steeds grotendeels oor oorheersing tussen

Afrikaans en Engels as taal van onderrig en leer handel, daar wel tekens van ʼn

diskoersverandering oor moedertaalonderrig is. Afrikaanse kringe bied groter steun vir ʼn

inklusiewe benadering tot aktivisme vir moedertaalonderrig, dus wyer as slegs vir

Afrikaansmoedertaal-onderrig. Veral akademici uit Afrikataalsprekende geledere spreek

hul misnoeë uit oor die gebrek aan moedertaalonderrig aan swart kinders. Hierdie

opvatting word ook toenemend in briewe deur lesers aan veral die Engelse koerante

weergegee. ʼn Groter ontvanklikheid vir die instel van moedertaalonderrig is ook in die

uitsprake van regeringslui sowel as senior onderwysbeamptes waarneembaar.

241

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!