DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
Beroepe tot gemeenskapsmobilisering as instrument van taalaktivisme uit die Afrikaanse geledere kan na gelang van die teorie van Mahapatra (in Annamalai, 1986:7) wat tussen reformisties- en oorlewingsgedrewe taalaktivisme onderskei, in twee hoofkategorieë verdeel word. Hiervolgens sal oorlewingsgedrewe taalaktivisme ingestel wees op die oorlewing van die groep en sal aktivisme selektief gerig wees op die herstel van dit wat in die verlede vir die groep goed was. Reformisties-gerigte aktivisme sal daarenteen geneë wees tot verandering en invloed van buite die groep. Hierdie groep ontstaan onder meer as gevolg van kontak met ander kulture. In die Suid-Afrikaanse opset is dit veral regsgesinde groepe wat oorlewingsgedrewe optree. Die model van die reformiste is volgens Mahapatra se klassifikasie meer inklusief van aard. Voorbeelde hiervan is die oproep van die SAOU in 1994 dat Afrikaanse groepe hulle moet vereenselwig met ander eendersdenkende organisasies wat probeer om Afrikaans op provinsiale en nasionale vlak tot sy reg te laat kom. Beeld (1994) doen ʼn beroep op Afrikaanse taalaktiviste om oor taal en politieke grense heen vriende vir Afrikaans te maak. Die ATKV doen in 1996 ʼn beroep op Afrikaanse taalbewegings om hulle by ander groepe te skaar wat hulle vir moedertaalonderrig beywer, maar dat hulle hul ook vir moedertaalonderrig in ander Afrikatale sal beywer. Prof. Koos du Toit (1998) doen ʼn beroep op Afrikaanssprekendes om Afrikaans as enigste werklik moderne Afrikataal te bemark, sowel as tweede taal van duisende swart mense, as taal van bemagtiging. Anastasia de Vries (in Rapport 2000) doen ’n beroep dat almal “wat hul brood en botter in en deur Afrikaans verdien” ʼn bydrae tot die positiewe beeld van Afrikaans in die townships sal lewer. Prof. Albert Venter (2001) vra Afrikaanssprekendes om nie vas te val in wit agendas en neo-rassisme nie, maar om inklusief te wees in die stryd om Afrikaans weer tot sy reg te laat kom (Die Burger, 2001). Dr. Neville Alexander (2002) moedig pro-Afrikaanse moedertaalgroepe aan om in vennootskap met ander Afrikataalsprekers vir moedertaalonderrig te tree en daardeur te verhoed dat die Afrikaanse taalstryd op ʼn kreeftegang gaan. Alexander (2004) doen ook ʼn beroep op Afrikaanse taalaktiviste om deel van ’n kontinentale beweging vir die bemagtiging van Afrikatale te word, met Afrikaans as een daarvan, en om nie op ’n paternalistiese manier te beweer dat hulle vir alle tale stry, maar in werklikheid slegs oor Afrikaans begaan is 234
nie. Adriaan van Niekerk doen ʼn beroep op alle politieke partye om hul kleinlike politieke verskille te los en Internasionale Moedertaaldag te gebruik om by die Nasionale Vergadering vir die instelling van moedertaalonderrig in alle Suid-Afrikaanse skole te betoog. Rapport (2002), met verwysing na Aksie Hoër Onderwys se gesprekke met min. Kader Asmal oor die behoud van Afrikaansonderrig aan die Universiteit van Stellenbosch, maan pro-Afrikaanse groepe om te waak teen neo-nasionalistiese en rassemeerderwaardige uitsprake wat aan ’n “selfuitgeroepte Afrikanerstryd” herinner. Heindrich Wyngaard (2005) spoor bruin Afrikaanssprekendes aan om hul toewyding tot die stryd om Afrikaans prakties te bewys deur voor te loop vir Afrikaans. Die beskikbare databasis van mediarekords dui daarop dat oorlewingsgerigte gemeenskapsmobilisering as instrument veral deur regse Afrikanergroepe gebruik is wat Afrikaanse skole ten alle koste soos wat dit voor die aanbreek van die nuwe demokrasie was, wou behou. Voorbeelde hiervan is die volgende: ʼn Beroep word op die ouers op die Volkskongres (1994) gedoen om hulle teen die voorgenome inname van swart leerders in Afrikaanse skole te mobiliseer en te verset. Hierdie oproep word in 1996 herhaal en ʼn beroep word op Afrikaanse ouers gedoen om hul kinders uit skole te onttrek waar sodanige skole verplig word om anderstaliges toe te laat. Christo Landman (1997) doen ʼn beroep op Afrikanerouers om Christelike Volkseie Skole te stig ten einde die Afrikaanse taal en kultuur te beskerm. Beroepe word ook uit regse kringe gedoen om ’n saambindende Afrikaanse kultuurorganisasie tot stand te bring om stukrag aan pogings tot die beskerming en ontwikkeling van Afrikanerbelange te verleen (1998). Hierdie oorlewingsgerigte aktivisme vanuit regse geledere stem ooreen met Castells se beskrywing van hedendaagse nasionalisme wat meer kultureel as polities gedrewe is. Die regsgeoriënteerde taalbewegings in Suid-Afrika streef dus die beskerming en handhawing van hul taal en kultuur binne die hedendaagse Suid-Afrika na. 5.3.4. Invloed van aktivisme vir die tydperk Die invloed van taalaktivisme vir die betrokke tydperk is analiseer aan die hand van wat May (2004:48) en Du Plessis (2006:75) as die doel van taalaktivisme beskou. Wat die 235
- Page 197 and 198: wens nie. Die veiligheid van Afrika
- Page 199 and 200: In die berig “Gryp nóú in oor m
- Page 201 and 202: kry. “Veeltaligheid is ’n bate
- Page 203 and 204: Departement van Onderwys aan te moe
- Page 205 and 206: toegang te weier nie, moedig haar o
- Page 207 and 208: te vind. So wil hulle byvoorbeeld h
- Page 209 and 210: Beeld, 17 Januarie 1997). Hierdie v
- Page 211 and 212: Afrikataalsprekende gemeenskap kom
- Page 213 and 214: Desember 1997), dr. Theo van der Me
- Page 215 and 216: om die departement te keer om weg t
- Page 217 and 218: die gebruik van hierdie instrument
- Page 219 and 220: Hy dring daarop aan dat sy kind by
- Page 221 and 222: word deur leerders wat nie Afrikaan
- Page 223 and 224: handhaaf” (Die Volksblad, 17 Juni
- Page 225 and 226: die bevordering van swart tale ’n
- Page 227 and 228: oor Afrikaanse skole en moedertaalo
- Page 229 and 230: teenwoordiges gewys op die sterk ui
- Page 231 and 232: Slegs een geval van die gebruik van
- Page 233 and 234: word. In sulke skole, is gevoel, ka
- Page 235 and 236: Uit die beskikbare rekords vir die
- Page 237 and 238: estuur van die skool. Regter Thring
- Page 239 and 240: toelatingstoetse teenstaan, maar be
- Page 241 and 242: Mediarekords wat op waarskuwings te
- Page 243 and 244: skerp toename in aktivistiese aktiw
- Page 245 and 246: (Behou Afrikaans Belangegroep, Die
- Page 247: linguistiese doelwitte asook sy eie
- Page 251 and 252: moedertaalonderrig besig is om pos
- Page 253 and 254: igting wat betref taal van onderrig
- Page 255 and 256: (top-down) wat in die Suid-Afrikaan
- Page 257 and 258: Die probleemvrae en die doelwitte v
- Page 259 and 260: este geplaas om insette oor hul eie
- Page 261 and 262: vir die ontwikkeling en bevordering
- Page 263 and 264: terreine, naamlik die situasie van
- Page 265 and 266: Die stryd teen Afrikaans vir Engels
- Page 267 and 268: uit die teorie rakende taalaktivism
- Page 269 and 270: saam te staan en Afrikatale as ’n
- Page 271 and 272: georganiseerde taalbewegings met ʼn
- Page 273 and 274: samebindende faktor of dryfveer in
- Page 275 and 276: Alhoewel dit dus wou lyk asof die r
- Page 277 and 278: Ten tyde van die jaarlikse jeugkonf
- Page 279 and 280: Waar in die beantwoording van probl
- Page 281 and 282: en dat, hoewel eenheid binne Afrika
- Page 283 and 284: 6.5. Moontlikhede vir verdere studi
- Page 285 and 286: BIBLIOGRAFIE Alexander, N. 1989. Th
- Page 287 and 288: Claysmith, J. 2007. Immigration and
- Page 289 and 290: Fataar, M. 1999. Education Policy D
- Page 291 and 292: Henrard, K.2001. Language rights an
- Page 293 and 294: Lanham, L.W. 1978. An outline histo
- Page 295 and 296: May, S. 2004. Rethinking Linguistic
- Page 297 and 298: Rice, K. 2009. Must there be two so
nie. Adriaan van Niekerk doen ʼn beroep op alle politieke partye om hul kleinlike

politieke verskille te los en Internasionale Moedertaaldag te gebruik om by die Nasionale

Vergadering vir die instelling van moedertaalonderrig in alle Suid-Afrikaanse skole te

betoog. Rapport (2002), met verwysing na Aksie Hoër Onderwys se gesprekke met min.

Kader Asmal oor die behoud van Afrikaansonderrig aan die Universiteit van

Stellenbosch, maan pro-Afrikaanse groepe om te waak teen neo-nasionalistiese en rassemeerderwaardige

uitsprake wat aan ’n “selfuitgeroepte Afrikanerstryd” herinner.

Heindrich Wyngaard (2005) spoor bruin Afrikaanssprekendes aan om hul toewyding tot

die stryd om Afrikaans prakties te bewys deur voor te loop vir Afrikaans.

Die beskikbare databasis van mediarekords dui daarop dat oorlewingsgerigte

gemeenskapsmobilisering as instrument veral deur regse Afrikanergroepe gebruik is wat

Afrikaanse skole ten alle koste soos wat dit voor die aanbreek van die nuwe demokrasie

was, wou behou. Voorbeelde hiervan is die volgende: ʼn Beroep word op die ouers op die

Volkskongres (1994) gedoen om hulle teen die voorgenome inname van swart leerders in

Afrikaanse skole te mobiliseer en te verset. Hierdie oproep word in 1996 herhaal en ʼn

beroep word op Afrikaanse ouers gedoen om hul kinders uit skole te onttrek waar

sodanige skole verplig word om anderstaliges toe te laat. Christo Landman (1997) doen ʼn

beroep op Afrikanerouers om Christelike Volkseie Skole te stig ten einde die Afrikaanse

taal en kultuur te beskerm. Beroepe word ook uit regse kringe gedoen om ’n

saambindende Afrikaanse kultuurorganisasie tot stand te bring om stukrag aan pogings

tot die beskerming en ontwikkeling van Afrikanerbelange te verleen (1998). Hierdie

oorlewingsgerigte aktivisme vanuit regse geledere stem ooreen met Castells se

beskrywing van hedendaagse nasionalisme wat meer kultureel as polities gedrewe is. Die

regsgeoriënteerde taalbewegings in Suid-Afrika streef dus die beskerming en handhawing

van hul taal en kultuur binne die hedendaagse Suid-Afrika na.

5.3.4. Invloed van aktivisme vir die tydperk

Die invloed van taalaktivisme vir die betrokke tydperk is analiseer aan die hand van wat

May (2004:48) en Du Plessis (2006:75) as die doel van taalaktivisme beskou. Wat die

235