DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

enige bewustelike aksie, individueel of kollektief, wat die skep van ’n beter wêreld ten doel het. Dit is ’n wêreld waar elke burger tot sy volle potensiaal kan ontwikkel en wat gekenmerk word deur demokrasie, vrede, regverdigheid en vooruitgang. ʼn Gemeenskap wat toegewyd is aan die beginsels van demokrasie, moet volgens Tollefson (1991:211) ook bereid wees om homself te beywer vir taalregte. Martel (1999:47) meen dat taalregteaktivisme in werklikheid onafwendbaar en noodsaaklik is in die demokratisering van ʼn veeltalige land. Die resultate van die ondersoek toon dat kort na die aanbreek van die nuwe Suid- Afrikaanse demokratiese bestel in 1994 daar nog groot onsekerheid oor die posisie van moedertaalonderrig in skole bestaan het. Veral na die bekendmaking van die Hunterverslag in 1994 voel Afrikaanse onderwysleiers dat die “rooi ligte vir Afrikaanse skole flikker” (Rapport, 3 September 1995). Die verslag verklaar onomwonde dat staatskole met ’n bepaalde godsdienstige, kulturele of taalidentiteit nie as grondwetlik beskou word nie. Dit het Afrikaanssprekers oor die algemeen, meer as ander taalgroepe, laat vrees dat hul taalregte ten koste van Engels afgeskaal sal word. Tog was daar hoop dat die nuwe Grondwet, die Suid-Afrikaanse Skolewet en taal-in-onderwysbeleid wat moes volg, moedertaalonderrig sou verseker. Die aktivisme wat ontstaan het, word dan op ʼn verandering van hierdie onsekere situasie gerig. Die resultate van die ondersoek toon dat die dokumentering van aktivistiese optrede skerp van 31 gevalle in 1994 tot 45 gevalle in 1996 styg. Hierdie styging kan in verband gebring word met die wyse waarop taalbewuste sprekers op ʼn toestand van onsekerheid reageer. Henderson en Jeydel (2007) stel dit dat sosiale bewegings uit gemeenskappe se reaksie tot ’n grootskaalse versteuring in die alledaagse lewe ontstaan (in Suid-Afrika se geval is dit die aanbreek van die nuwe demokratiese bestel in 1994). As gevolg hiervan word aktivistiese organisasies gevorm wat, volgens Henderson en Jeydel, op so ’n gemeenskap se sielkundige reaksie tot die versteuring gebaseer is, sowel as pogings om tot relatief normale toestande terug te keer. So byvoorbeeld ontstaan sosiale bewegings na oorloë of ekonomiese depressie. Na gelang van die fokus van die gedrukte media kan die tydperk 1994 tot 2005 breedweg in drie tydperke verdeel word. Dit is die tydperk wat strek vanaf 1994 tot 1997 waarin 'n 228

skerp toename in aktivistiese aktiwiteite gedokumenteer is. Die bepalende moment gedurende hierdie tydperk was die aanbreek van die nuwe demokrasie in 1994 met die onsekerhede wat daarmee gepaard gegaan het, die aanvaarding van die nuwe Grondwet (Wet 108 van 1996) en die beleidsontwikkelinge rakende onderwys wat in 1997 plaasgevind het. Dit is eerstens, die aanvaarding van die taal-in-onderwysbeleid en tweedens, die inwerkingstelling van Kurrikulum 2005. Die grootste deel van die taalaktivistiese inisiatiewe wat uit hierdie tydperk opgeteken is, handel oor pogings van opponerende groepe om tydens die voorbereiding van die nuwe regering se taal-inonderwysbeleid van hulle te laat hoor. Hier speel Afrikaanse politieke partye sowel as Afrikaanse taalregtebewegings uit die burgerlike samelewing ’n belangrike rol. Hoofsaaklik politieke partye en polities-geaffilieerde groepe uit die Afrikataalsprekende gemeenskappe is ook prominent in hul strewe na gehalte-onderwys deur middel van toegang tot voormalige Model C-skole en Engels as medium van onderrig. Die tydperk word deur ʼn afname in aktivistiese aktiwiteite vanaf 1998 tot 2001 gevolg. Daarna volg die tydperk 2002 tot 2005 met ʼn oplewing in aktivistiese aktiwiteite. Hierdie toename in aktivisme kan toegeskryf word aan die reaksie vanuit Afrikaanse geledere op hernude druk vanuit regeringskringe en Afrikataalsprekendes op Afrikaanse skole, en nou ook op Afrikaanse universiteite, om hul taalbeleide te verander sodat dit voorsiening kan maak vir Engels as medium van onderrig. Aktivisme vanuit Afrikaanse geledere gaan veral oor die verskansing van Afrikaans op die saamgesmelte universiteitskampusse. Die Wes-Kaapse universiteite, spesifiek die Universiteit van Stellenbosch, tree in hierdie tydperk op die voorgrond. Dit is in ooreenstemming met Blommaert (1999:425) se beskouing van die geskiedenis van taal as die geskiedenis van die mense wat dit gebruik, manipuleer, skep en benoem. Volgens Blommaert (1999:425) vind die patrone waarin die menslike ingryping plaasvind nie deurlopend plaas nie. Blommaert stel dit soos volg: “there are crucial moments in history during which languages become targets of political, social and cultural interventions, and there are moments in which very little in the way of drama and crisis seems to happen. There are slow movements and rapid movements, periods of 229

skerp toename in aktivistiese aktiwiteite gedokumenteer is. Die bepalende moment

gedurende hierdie tydperk was die aanbreek van die nuwe demokrasie in 1994 met die

onsekerhede wat daarmee gepaard gegaan het, die aanvaarding van die nuwe Grondwet

(Wet 108 van 1996) en die beleidsontwikkelinge rakende onderwys wat in 1997

plaasgevind het. Dit is eerstens, die aanvaarding van die taal-in-onderwysbeleid en

tweedens, die inwerkingstelling van Kurrikulum 2005. Die grootste deel van die

taalaktivistiese inisiatiewe wat uit hierdie tydperk opgeteken is, handel oor pogings van

opponerende groepe om tydens die voorbereiding van die nuwe regering se taal-inonderwysbeleid

van hulle te laat hoor. Hier speel Afrikaanse politieke partye sowel as

Afrikaanse taalregtebewegings uit die burgerlike samelewing ’n belangrike rol.

Hoofsaaklik politieke partye en polities-geaffilieerde groepe uit die Afrikataalsprekende

gemeenskappe is ook prominent in hul strewe na gehalte-onderwys deur middel van

toegang tot voormalige Model C-skole en Engels as medium van onderrig.

Die tydperk word deur ʼn afname in aktivistiese aktiwiteite vanaf 1998 tot 2001 gevolg.

Daarna volg die tydperk 2002 tot 2005 met ʼn oplewing in aktivistiese aktiwiteite. Hierdie

toename in aktivisme kan toegeskryf word aan die reaksie vanuit Afrikaanse geledere op

hernude druk vanuit regeringskringe en Afrikataalsprekendes op Afrikaanse skole, en nou

ook op Afrikaanse universiteite, om hul taalbeleide te verander sodat dit voorsiening kan

maak vir Engels as medium van onderrig. Aktivisme vanuit Afrikaanse geledere gaan

veral oor die verskansing van Afrikaans op die saamgesmelte universiteitskampusse. Die

Wes-Kaapse universiteite, spesifiek die Universiteit van Stellenbosch, tree in hierdie

tydperk op die voorgrond. Dit is in ooreenstemming met Blommaert (1999:425) se

beskouing van die geskiedenis van taal as die geskiedenis van die mense wat dit gebruik,

manipuleer, skep en benoem. Volgens Blommaert (1999:425) vind die patrone waarin die

menslike ingryping plaasvind nie deurlopend plaas nie. Blommaert stel dit soos volg:

“there are crucial moments in history during which languages become

targets of political, social and cultural interventions, and there are

moments in which very little in the way of drama and crisis seems to

happen. There are slow movements and rapid movements, periods of

229

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!