DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Bertelsmann wat ten gunste van Laerskool Middelburg teen die Mpumalanga Departement van Onderwys beslis het dat ’n enkelmediumskool nie gedwing mag word om anderstalige leerlinge in te neem terwyl daar ander skole in die distrik is wat vir sodanige leerlinge voorsiening kan maak nie. Rapport van 7 Desember 2003 berig dat verskeie ander skole, onder meer in Pretoria en aan die Oos-Rand, ook in dispute met die Departement van Onderwys gewikkel was. Die berig maak ook melding van die hofsaak tussen die Hoërskool Elsburg in Germiston en die Departement van Onderwys nadat die skool deur die betrokke Departement gedreig is dat hulle van voorneme was om ’n Engelsmediumskool op die terrein van die Hoërskool Elsburg op te rig. Dié saak het voor die Johannesburgse hooggeregshof gedien. In beide hierdie gevalle het die nuut-gestigte Trust vir Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) ondersteuning aan die skole gebied. Beeld van 11 Mei 2004 berig oor die gedwonge samesmelting tussen die Afrikaanse Laerskool Doornfontein (met slegs agt wit leerders) en die Engelse Mphemphe Primary School (met slegs 31 swart leerders). Tabok het in die geval ’n dringende interdik teen die Departement van Onderwys aangevra. Die hooggeregshof in Pretoria het in die hofsaak wat hieruit voortgespruit het, die Limpopo Departement van Onderwys beveel om die Laerskool Doornfontein se status as Afrikaanse skool te herstel (Rapport, 16 Mei 2004). Verskeie rekords verwys na die hofstryd tussen die Laerskool Mikro en die Wes-Kaapse Departement van Onderwys sowel as na die hofstryd tussen die Kuruman-skole en die Noord-Kaapse Departement van Onderwys. In die Kaapse hooggeregshof het regter Wilfred Thring ten gunste van die Laerskool Mikro beslis. Hy het onder meer gelas dat die toelating van 21 Engelssprekende Graad 1 leerlinge by Mikro tersyde gestel word. Voorts het die regter aan die Wes-Kaapse Departement van Onderwys en sy Minister van Onderwys, mnr. Cameron Dugmore, opdrag gegee om geskikte permanente plasing vir die betrokke leerlinge by ’n ander skool te kry. Die regter het ook Dugmore en sy Departement se amptenare verbied om onwettig betrokke te raak by die beheerraad se 222

estuur van die skool. Regter Thring het verder gesê dat enige persepsie dat ’n enkelmediumskool ’n struikelblok is in soverre dit help om die vorige diskriminasie te oorbrug, ongeldig is en het ook toegegee dat moedertaalonderrig ’n kragtige wapen is om opvoedingsgeleenthede na alle Suid-Afrikaners uit te brei. Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys het egter te kenne gegee dat hulle die saak op appèl na die Konstitusionele Hof sou neem (Rapport, 20 Februarie 2005). Rapport van 15 Mei 2005 berig oor die hofsaak in die Kimberleyse hooggeregshof tussen die drie skole, Hoërskool Kalahari en die Laerskool Seodin in Kuruman en die Hoër Landbouskool Jan Kempdorp, en die Noord-Kaapse Departement van Onderwys en sy LUR van Onderwys, mnr. Archie Lucas. Volgens die berig voer die skole aan dat die LUR van Onderwys strydig met bepalings in die Grondwet opgetree het omdat hy besluit het om dubbelmediumonderrig in die skole af te dwing. Die staat het in sy verdediging aangevoer dat die LUR van Onderwys geen versteekte politieke agenda in sy besluit gehad het nie. Volgens die Departement moet alle bronne gebruik word om ongelykhede van die verlede en alle vorme van diskriminasie uit te skakel. Nadat die LUR uitgevind het dat daar plek is in die drie skole terwyl die ander skole in die omgewing oorvol was, moes hy dié ongelykheid regstel. Hy het ook nie geld gehad om klaskamers by die oorvol skole aan te bou nie. Een van die rekords meld die gebruik van die hof om uitsluitsel te gee oor taalsake en in hierdie geval oor die taaltoekoms van Afrikaanse skole. Dit spruit voort uit ’n ontwerpvoorstel oor die toelatingsvereistes vir skole in die PWV-gebied. Hierdie voorstel, wat tot groot ontsteltenis in Afrikaanse onderwyskringe gelei het, het onderwysleiers laat voorspel dat ’n toetssaak by die Konstitusionele Hof onafwendbaar is. Z.B. Du Toit (Rapport, 6 November 1994) noem dit ’n historiese geding omdat dit moontlik die eerste saak sou wees wat in die nuwe bedeling na die Konstitusionele Hof verwys sou word. Hierdie moontlike saak spruit uit die botsende vertolkings van die Grondwet enersyds deur die ANC en andersyds deur Afrikaanse onderwyslui. Prof. Koos Steyn, direkteur van die Transvaalse Onderwysvereniging verwyt die ANC-beheerde Regering van Nasionale Eenheid daarvan dat hulle ’n bepaalde vertolking aan die 223

estuur van die skool. Regter Thring het verder gesê dat enige persepsie dat ’n

enkelmediumskool ’n struikelblok is in soverre dit help om die vorige diskriminasie te

oorbrug, ongeldig is en het ook toegegee dat moedertaalonderrig ’n kragtige wapen is om

opvoedingsgeleenthede na alle Suid-Afrikaners uit te brei. Die Wes-Kaapse Departement

van Onderwys het egter te kenne gegee dat hulle die saak op appèl na die Konstitusionele

Hof sou neem (Rapport, 20 Februarie 2005).

Rapport van 15 Mei 2005 berig oor die hofsaak in die Kimberleyse hooggeregshof tussen

die drie skole, Hoërskool Kalahari en die Laerskool Seodin in Kuruman en die Hoër

Landbouskool Jan Kempdorp, en die Noord-Kaapse Departement van Onderwys en sy

LUR van Onderwys, mnr. Archie Lucas. Volgens die berig voer die skole aan dat die

LUR van Onderwys strydig met bepalings in die Grondwet opgetree het omdat hy besluit

het om dubbelmediumonderrig in die skole af te dwing. Die staat het in sy verdediging

aangevoer dat die LUR van Onderwys geen versteekte politieke agenda in sy besluit

gehad het nie. Volgens die Departement moet alle bronne gebruik word om ongelykhede

van die verlede en alle vorme van diskriminasie uit te skakel. Nadat die LUR uitgevind

het dat daar plek is in die drie skole terwyl die ander skole in die omgewing oorvol was,

moes hy dié ongelykheid regstel. Hy het ook nie geld gehad om klaskamers by die oorvol

skole aan te bou nie.

Een van die rekords meld die gebruik van die hof om uitsluitsel te gee oor taalsake en in

hierdie geval oor die taaltoekoms van Afrikaanse skole. Dit spruit voort uit ’n

ontwerpvoorstel oor die toelatingsvereistes vir skole in die PWV-gebied. Hierdie

voorstel, wat tot groot ontsteltenis in Afrikaanse onderwyskringe gelei het, het

onderwysleiers laat voorspel dat ’n toetssaak by die Konstitusionele Hof onafwendbaar

is. Z.B. Du Toit (Rapport, 6 November 1994) noem dit ’n historiese geding omdat dit

moontlik die eerste saak sou wees wat in die nuwe bedeling na die Konstitusionele Hof

verwys sou word. Hierdie moontlike saak spruit uit die botsende vertolkings van die

Grondwet enersyds deur die ANC en andersyds deur Afrikaanse onderwyslui. Prof. Koos

Steyn, direkteur van die Transvaalse Onderwysvereniging verwyt die ANC-beheerde

Regering van Nasionale Eenheid daarvan dat hulle ’n bepaalde vertolking aan die

223

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!