DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

dat van die tale nie meer deel sal wees van die nasionale kurrikulum nie. Volgens Ram Maharaj, die voorsitter van die groep, dring hulle daarop aan dat al die Oosterse tale deel van die kurrikulum sal bly, dat onderwysers besoldiging uit die staatskas sal ontvang en dat die Departement finansiering vir die instandhouding van die infrastruktuur vir die onderrig van Oosterse tale sal verskaf. Maharaj glo ook dat hulle die steun van verskeie grondvlak Oosterse organisasies het om namens hulle vir die behoud van hul tale te veg. Die vergadering met die Minister is uiteindelik deur onder meer die volgende organisasies bygewoon: die SA Hindu Maha Sabha, die SA Tamil Federation en die National Council for Eastern Languages (The Star, 24 Julie 2003). Op die vergadering is besluit dat die volgende Oosterse tale wel deel van die nasionale kurrikulum sal bly: Tamil, Hindi, Urdu en Telegu (The Citizen, 24 Julie 2003). Volgens die Sunday Tribune (27 Julie 2003) het Maharaj na die vergadering laat blyk dat hoewel toegewings deur die Departement van Onderwys gemaak is, dit nie genoeg is nie en dat hul geveg sal voortgaan totdat hulle die versekering kry dat alle Oosterse tale in die kurrikulum opgeneem sal word. Hulle sal dus na die gemeenskap terugkeer en saam besluit wat hulle verder te doen staan. Ashwin Trikamjee, President van die SA Maha Sabha het gesê dat die Indiese gemeenskap die uitdaging moet aanvaar om te verseker dat hul kinders hul moedertale aanleer. In ’n lesersbrief aan Mail and Guardian (29 April 2004) doen Neliswa Sipamla van Goodwood in Kaapstad ’n beroep op Xhosa-sprekende ouers dat hulle moet “scream about your language”. Sy is ongelukkig omdat Xhosa nie saam met Afrikaans en Engels op ’n gelyke basis in alle skole aangebied word nie. Volgens haar is Xhosa-ouers verplig om Xhosa-klasse buite skoolverband te reël om te verseker dat hulle kinders nie heeltemal vervreem word van hul taal nie. Die skrywer redeneer dat dit die grondwetlike reg van Xhosa-ouers is om op onderrig in hul taal aan te dring. In nog ’n brief skryf Thabiso P. Tsotetsi (City Press, 30 Mei 2004) dat daar ’n dringende behoefte is om die opvatting uit te klaar dat Afrikatale nie as tale van onderrig gebruik kan word nie omdat dié tale minderwaardig is. Hierdie tale moet as ’n saak van dringendheid ontwikkel word sodat dit selfs later as onderrigtale op tersiêre vlak gebruik kan word. 216

Slegs een geval van die gebruik van hierdie instrument vir Engels as onderrigtaal kon geïdentifiseer word. Met die heropening van skole vir die nuwe jaar in 1998 het druk vanuit die swart gemeenskappe weereens toegeneem om hul kinders in Afrikaanse skole te laat opneem. Hierdie keer was die druk veral op skole in Germiston. Ouers uit die Vosloorus-omgewing het aangedring op toelating en onderrig in Engels (Beeld, 15 Januarie 1998). Druk op die massas as instrument van taalaktivisme word veral deur aktivistiese groepe uit Afrikaanse geledere vir die behoud van Afrikaans as taal van onderrig en leer gebruik. Die instrument word ook deur aktivistiese groepe uit die Indiërgemeenskap vir die beskerming en behoud van Oosterse tale in die onderwyskurrikulum gebruik. Vanuit die geledere van Afrikataalsprekers word beroepe gedoen op ouers om op onderrig in Afrikatale aan te dring. Anders as in die geval van Afrikaans en Oosterse tale waar georganiseerde aktivistiese groepe betrokke is, is dit individue uit die swart gemeenskap wat op Afrikatale as tale van onderrig en leer aandring. Een geval van druk op die massas vir die oopstelling van wit skole en ter bevordering van Engels as onderrigmedium is geïdentifiseer. 5.2.5.5. Demonstrasie ʼn Analise van die databasis toon dat 17 gevalle van demonstrasie as instrument van taalaktivisme vir die tydperk gedek word. Van die 17 gevalle kan vyf as klassieke voorbeelde van hierdie instrument beskou word, terwyl die res op alternatiewe vorme van demonstrasie dui. Die vyf gevalle wat volgens die definisie as demonstrasie beskou kan word kom almal uit die Afrikataalsprekende gemeenskap en dit is op die oopstelling van voormalige Model C-skole en die gebruik van Engels as medium van onderrig gerig. Die res van die gevalle wat as alternatiewe vorme van demonstrasie geklassifiseer kan word kom uit die Afrikaanse gemeenskap en is op die behoud van Afrikaanse skole gerig. 217

Slegs een geval van die gebruik van hierdie instrument vir Engels as onderrigtaal kon

geïdentifiseer word. Met die heropening van skole vir die nuwe jaar in 1998 het druk

vanuit die swart gemeenskappe weereens toegeneem om hul kinders in Afrikaanse skole

te laat opneem. Hierdie keer was die druk veral op skole in Germiston. Ouers uit die

Vosloorus-omgewing het aangedring op toelating en onderrig in Engels (Beeld, 15

Januarie 1998).

Druk op die massas as instrument van taalaktivisme word veral deur aktivistiese groepe

uit Afrikaanse geledere vir die behoud van Afrikaans as taal van onderrig en leer gebruik.

Die instrument word ook deur aktivistiese groepe uit die Indiërgemeenskap vir die

beskerming en behoud van Oosterse tale in die onderwyskurrikulum gebruik. Vanuit die

geledere van Afrikataalsprekers word beroepe gedoen op ouers om op onderrig in

Afrikatale aan te dring. Anders as in die geval van Afrikaans en Oosterse tale waar

georganiseerde aktivistiese groepe betrokke is, is dit individue uit die swart gemeenskap

wat op Afrikatale as tale van onderrig en leer aandring. Een geval van druk op die massas

vir die oopstelling van wit skole en ter bevordering van Engels as onderrigmedium is

geïdentifiseer.

5.2.5.5. Demonstrasie

ʼn Analise van die databasis toon dat 17 gevalle van demonstrasie as instrument van

taalaktivisme vir die tydperk gedek word. Van die 17 gevalle kan vyf as klassieke

voorbeelde van hierdie instrument beskou word, terwyl die res op alternatiewe vorme van

demonstrasie dui.

Die vyf gevalle wat volgens die definisie as demonstrasie beskou kan word kom almal uit

die Afrikataalsprekende gemeenskap en dit is op die oopstelling van voormalige Model

C-skole en die gebruik van Engels as medium van onderrig gerig. Die res van die gevalle

wat as alternatiewe vorme van demonstrasie geklassifiseer kan word kom uit die

Afrikaanse gemeenskap en is op die behoud van Afrikaanse skole gerig.

217

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!