DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

groot rol. Te midde van hierdie aktiwiteite is die owerheid tans oënskynlik bereid om die taal-in-onderwysbeleid (1997) ten opsigte van moedertaalonderwys te hersien. Dit wil voorkom asof die rol van moedertaalonderrig heroorweeg word. 1.2.1. Aktivisme onder Afrikanernasionalisme Aktivisme ten gunste van Afrikaans het veral na die Anglo-Boereoorlog, in reaksie op Lord Milner se beleid van verengelsing, ’n nasionalistiese aanslag gekry. Milner se beoogde transformasiebeleid was volgens Giliomee (2004:192) daarop gerig om Suid- Afrika met Australië, Kanada en Brittanje in ’n superstaat te verenig ter uitbreiding van die Britse Ryk. Hierdie taaltransformasie was volgens Van Coller en Steyn (2011:3) die kern van die transformasieproses. Milner het die belang van die onderwys as instrument in die totale verengelsing van die samelewing beklemtoon. Die vernaamste meganisme in dié proses was om Engels as die enigste onderwysmedium in skole te vestig (Zietsman, 1992:23). Hierdie beweging van Milner, saam met die verlies aan politieke vryheid, het volgens Alexander (2003:8) die rassistiese kant van Afrikanernasionalisme na vore laat kom. Alexander stel dit ook dat die Afrikaner se stryd om erkenning van sy taal, nou verweef was aan die stryd om “hul” land. Agitasie vir taal was dus deel van die groter politieke aktivisme onder die Afrikaner en dit het uiteindelik tot die Nasionale Party se beleid van apartheid aanleiding gegee. Aktivisme vir die gelykstelling van Afrikaans aan Engels het hierna toegeneem. Onder die uniale regering het Afrikaans amptelike status verkry en is Afrikaans as medium van onderrig erken. Na 1948, met die bewindsaanvaarding van die Nasionale Party, het dit uiteindelik voorgekom of Afrikaans en die Afrikaner veilig was. Die Nasionale Party het egter onmiddellik hul beleid van apartheid ingestel. Hierdie beweging het tot die volgende groot bedreiging van die Afrikaner se politieke mag en die sterk posisie van Afrikaans gelei. Dít was die beweging waaruit die swart politieke weerstandsbewegings ontstaan het, wat later as die Breë Demokratiese Beweging bekend geword het. 8

1.2.2. Aktivisme onder die Breë Demokratiese Beweging Aktivisme vanuit die swart gemeenskappe was téén Afrikaans en ten gunste van Engels gerig. Dit is deur die apartheidsbeleid van die Nasionale Party en veral deur die Wet op Bantoe-onderwys aangevuur en het in 1976 ’n hoogtepunt bereik met die Nasionale Party se 50:50 Afrikaans/Engels-beleid in swart skole. Volgens hierdie beleid is onderrig op ’n gelyke basis tussen Engels en Afrikaans verdeel, met moedertaalonderrig in nieakademiese vakke. Hierdie beleid het ongelukkigheid onder onderwysers en leerders tot gevolg gehad en teen 1968 het slegs 26% van skole die beleid geïmplementeer (Martin, 1997:2). Die ongelukkigheid met betrekking tot die belangrikheid wat aan Afrikaans toegeken is, het toegeneem, totdat dit in 1976 in die vorm van onluste in swart skole tot uitbarsting gekom het. Hierdie stryd word deur gewelddadige aksies teen die swak onderwys in swart skole gekenmerk, sowel as eise vir toegang tot gehalte-onderwys (wat in hierdie stadium in wit skole beskikbaar was). Dreigemente van besetting van hierdie skole was algemeen. Hierdie weerstandsbewegings het ook ’n nasionalistiese aanslag gehad want dit het onder die vaandel van die groter politieke bewegings soos die PAC en die ANC plaasgevind. Die ANC is vanaf 1994 polities in beheer. Dit is interessant om te noem dat selfs bruin mense, wat hoofsaaklik Afrikaanssprekend was, hulself by hierdie groepe geskaar het. Alhoewel hul taal nooit bedreig was nie, was hul lojaliteit teenoor Afrikaans na 1948 deur apartheidswetgewing geskaad (Van Coller & Steyn, 2005). Teen hierdie agtergrond kan die gevolgtrekking gemaak word dat, alhoewel taalaktivisme nie ʼn onbekende verskynsel in Suid-Afrika is nie, die bedreiging van moedertaalonderrig steeds ʼn realiteit is. Die twee tradisies van taalaktivisme, soos hierbo bespreek, is steeds aan die orde van die dag en dit wil volgens Lubbe (2006:1) voorkom asof die regering meer simpatiek gesind is teenoor aktivisme uit die geledere van die Breë Demokratiese Beweging. Lubbe (2006:10) stel dit dat ʼn verandering in die houding van die bewindhebbers jeens Afrikaans, en dus by implikasie moedertaalonderrig, nie vanself sal plaasvind nie. Hy redeneer dat voorstanders vir Afrikaans en moedertaalonderrig dus met meer ywer vir moedertaalonderrig moet agiteer. 9

1.2.2. Aktivisme onder die Breë Demokratiese Beweging

Aktivisme vanuit die swart gemeenskappe was téén Afrikaans en ten gunste van Engels

gerig. Dit is deur die apartheidsbeleid van die Nasionale Party en veral deur die Wet op

Bantoe-onderwys aangevuur en het in 1976 ’n hoogtepunt bereik met die Nasionale Party

se 50:50 Afrikaans/Engels-beleid in swart skole. Volgens hierdie beleid is onderrig op ’n

gelyke basis tussen Engels en Afrikaans verdeel, met moedertaalonderrig in nieakademiese

vakke. Hierdie beleid het ongelukkigheid onder onderwysers en leerders tot

gevolg gehad en teen 1968 het slegs 26% van skole die beleid geïmplementeer (Martin,

1997:2). Die ongelukkigheid met betrekking tot die belangrikheid wat aan Afrikaans

toegeken is, het toegeneem, totdat dit in 1976 in die vorm van onluste in swart skole tot

uitbarsting gekom het. Hierdie stryd word deur gewelddadige aksies teen die swak

onderwys in swart skole gekenmerk, sowel as eise vir toegang tot gehalte-onderwys (wat

in hierdie stadium in wit skole beskikbaar was). Dreigemente van besetting van hierdie

skole was algemeen. Hierdie weerstandsbewegings het ook ’n nasionalistiese aanslag

gehad want dit het onder die vaandel van die groter politieke bewegings soos die PAC en

die ANC plaasgevind. Die ANC is vanaf 1994 polities in beheer. Dit is interessant om te

noem dat selfs bruin mense, wat hoofsaaklik Afrikaanssprekend was, hulself by hierdie

groepe geskaar het. Alhoewel hul taal nooit bedreig was nie, was hul lojaliteit teenoor

Afrikaans na 1948 deur apartheidswetgewing geskaad (Van Coller & Steyn, 2005).

Teen hierdie agtergrond kan die gevolgtrekking gemaak word dat, alhoewel taalaktivisme

nie ʼn onbekende verskynsel in Suid-Afrika is nie, die bedreiging van moedertaalonderrig

steeds ʼn realiteit is. Die twee tradisies van taalaktivisme, soos hierbo bespreek, is steeds

aan die orde van die dag en dit wil volgens Lubbe (2006:1) voorkom asof die regering

meer simpatiek gesind is teenoor aktivisme uit die geledere van die Breë Demokratiese

Beweging. Lubbe (2006:10) stel dit dat ʼn verandering in die houding van die

bewindhebbers jeens Afrikaans, en dus by implikasie moedertaalonderrig, nie vanself sal

plaasvind nie. Hy redeneer dat voorstanders vir Afrikaans en moedertaalonderrig dus met

meer ywer vir moedertaalonderrig moet agiteer.

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!