DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Beeld van 14 Mei 2001 berig dat minstens 26 organisasies besluit het om hulself by Afrikaans te skaar en voorleggings ten gunste van Afrikaans aan Suid-Afrikaanse universiteite aan die Gerwel-Kommissie te maak. Onder die organisasies wat ’n standpunt aan die Gerwel-Kommissie gestel het, lys die rekord die volgende: die Afrikaner Bond, ATKV, Afrikaner Volkswag, Dames Aktueel, Dameskring, die FAK, Genootskap van Vryburgers SA, Groep van 63, Jeug (On)beperk, MWU-Solidariteit, Sakekamer, Praag, Rapportryersbeweging, SAOU, TO, Voortrekkers, Vriende van Afrikaans en die Vrydaggroep. Volgens mnr. Hennie de Wet van die FAK neem al die groepe kennis van die groot rol wat Afrikaans as akademiese en wetenskapstaal in die bemagtiging van verskillende groepe in Suid-Afrika gespeel het en nog moet speel. Volgens De Wet is eenstemmigheid ook bereik dat moedertaalonderrig in hoëronderwys vir almal wat daarom vra toeganklik moet wees; dat Afrikaans as akademiese en wetenskapstaal verder ontwikkel moet word; en dat daar geen afskaling in die huidige beskikbaarheid van Afrikaans in hoëronderwys moet wees nie. In Frontnuus (30 April 2004) bepleit die Vryheidsfront ’n vennootskap van ouergemeenskappe om gemeenskapskole te stig. Moedertaalonderrig kan deur hierdie gemeenskapsgedrewe skole tot sy reg kom. Die skole moet egter met owerheidsbystand tot stand gebring word. Volgens die Vryheidsfront maak die Nederlandse sowel as die Indiese grondwet voorsiening daarvoor dat elke geloof- en taalgroep sy eie skool op staatskoste kan hê. Dit kan volgens die party deur ’n stelsel wat onderwyskoepons aan ouers uitreik en wat hulle dan by die skool van hul keuse inlewer, geadministreer word. So ’n stelsel kan meebring dat kinders, eerder as skole, gesubsidieer word en die kompetisie in die onderwyssektor verhoog, wat weer ’n verhoging in standaarde tot gevolg kan hê. Met die Afrikaans-hofstryd van die Laerskool Mikro agter die rug, het prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, Afrikaanssprekendes aangemoedig om as die volgende stap die “breë Afrikaanse kultuurhuishouding te vergader om te gesels oor die voortslepende krisis rakende Afrikaanse skole” (Rapport, 20 Februarie 2005). Hulle moet ook ’n strategie bespreek wat moet werk maak van pres. Thabo Mbeki se uitnodiging om 212

oor Afrikaanse skole en moedertaalonderrig gesprek te voer. Rapport (27 Februarie 2005) noem die beweging onder leiding van die FAK “’n Groot inisiatief om moedertaalonderrig eens en vir altyd te beveilig”. Afrikaanstaliges gaan landwyd ingelig en opgeroep word om die inisiatief ter beskerming van Afrikaanse skole te steun. Feitlik al die belangrikste Afrikaanse kultuur- en onderwysliggame het hul gewig agter die nuwe aksieplan ingewerp. Rapport van 6 Maart 2005 berig dat prof. Danie Goosen van die FAK ʼn strategie propageer het waarvolgens Afrikaanse organisasies moet saamwerk. Hy doen ook ʼn beroep op die Afrikaanse burgerlike samelewing om ’n veel groter rol as in die verlede te speel ten einde te verseker dat Afrikaans nie sy plek as onderrigtaal sal verloor nie. In sy bekendstelling van hul strategie het prof. Danie Goosen gesê dat Afrikaanssprekendes rekening moet hou met die feit dat die politieke landskap in Suid-Afrika drasties verander het. Afrikaners het byvoorbeeld nie meer regstreekse inspraak in die sentrum van mag nie. Binne hierdie veranderde politieke konteks sal die Afrikaanse burgerlike wêreld ’n veel groter rol as in die verlede moet speel. Afrikaanssprekendes sal voortaan effektief van onder af, uit die burgerlike wêreld, verantwoordelik en met demokratiese ywer, moet optree. Die mees legitieme uitgangspunt waarmee die onderwysvraagstuk voor elke gehoor ter wêreld gehanteer kan word, is dié een wat steun op die opvatting van wedersydse erkenning. Teen die agtergrond van hierdie beginsel moet vier kriteria dus hul inisiatief kenmerk: Eerstens moet bewys word dat die voorspraak op moedertaalonderrig nie uit ’n rassistiese minagting vir andere spruit nie. Dit is ’n demokratiese voorspraak, want veeltaligheid stem ooreen met die demokrasie en die Suid-Afrikaanse Grondwet. Eentaligheid nie. Derdens steun hierdie voorspraak op die algemeen aanvaarde gevolgtrekking dat daar ’n noue band tussen moedertaalonderrig en ekonomiese groei is. Dit is eentaligheidsprojekte en nie veeltaligheidsprojekte nie wat onverskillig staan teenoor die ekonomiese welsyn van miljoene armes nie. 213

oor Afrikaanse skole en moedertaalonderrig gesprek te voer. Rapport (27 Februarie 2005)

noem die beweging onder leiding van die FAK “’n Groot inisiatief om

moedertaalonderrig eens en vir altyd te beveilig”. Afrikaanstaliges gaan landwyd ingelig

en opgeroep word om die inisiatief ter beskerming van Afrikaanse skole te steun. Feitlik

al die belangrikste Afrikaanse kultuur- en onderwysliggame het hul gewig agter die nuwe

aksieplan ingewerp.

Rapport van 6 Maart 2005 berig dat prof. Danie Goosen van die FAK ʼn strategie

propageer het waarvolgens Afrikaanse organisasies moet saamwerk. Hy doen ook ʼn

beroep op die Afrikaanse burgerlike samelewing om ’n veel groter rol as in die verlede te

speel ten einde te verseker dat Afrikaans nie sy plek as onderrigtaal sal verloor nie. In sy

bekendstelling van hul strategie het prof. Danie Goosen gesê dat Afrikaanssprekendes

rekening moet hou met die feit dat die politieke landskap in Suid-Afrika drasties verander

het. Afrikaners het byvoorbeeld nie meer regstreekse inspraak in die sentrum van mag

nie. Binne hierdie veranderde politieke konteks sal die Afrikaanse burgerlike wêreld ’n

veel groter rol as in die verlede moet speel. Afrikaanssprekendes sal voortaan effektief

van onder af, uit die burgerlike wêreld, verantwoordelik en met demokratiese ywer, moet

optree. Die mees legitieme uitgangspunt waarmee die onderwysvraagstuk voor elke

gehoor ter wêreld gehanteer kan word, is dié een wat steun op die opvatting van

wedersydse erkenning. Teen die agtergrond van hierdie beginsel moet vier kriteria dus

hul inisiatief kenmerk:

Eerstens moet bewys word dat die voorspraak op moedertaalonderrig nie uit ’n

rassistiese minagting vir andere spruit nie.

Dit is ’n demokratiese voorspraak, want veeltaligheid stem ooreen met die

demokrasie en die Suid-Afrikaanse Grondwet. Eentaligheid nie.

Derdens steun hierdie voorspraak op die algemeen aanvaarde gevolgtrekking dat

daar ’n noue band tussen moedertaalonderrig en ekonomiese groei is. Dit is

eentaligheidsprojekte en nie veeltaligheidsprojekte nie wat onverskillig staan

teenoor die ekonomiese welsyn van miljoene armes nie.

213

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!