DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Onderwys oorhandig. In die petisie bevestig die leerders hul aandrang op moedertaalonderrig as ’n grondwetlike reg (Beeld, 9 Februarie 2005). Twee rekords dui op die gebruik van petisionering in reaksie teen die voorgenome herskikking van hoëronderwysinstellings in die land. Rapport van 4 Augustus 2002 berig dat prof. Pieter Kapp, voorsitter van die Aksie Hoër Onderwys (AHO) besluit het om twee memorandums aan die regering te oorhandig. Die eerste memorandum bevat die AHO se voorstelle oor taal terwyl die tweede memorandum handel oor die regering se herskikkingsplanne vir hoëronderwys en die nadele wat dit vir Afrikaans inhou. Hierdie aksie van die AHO het teen die agtergrond van die regering se voorneme om teen Oktober van dié jaar sy beleid oor die herskikking van hoëronderwysinstellings bekend te maak, plaasgevind. Dit volg ook op die bekendmaking van ’n taaloudit aan die Universiteit van Stellenbosch wat toon dat Afrikaans op hierdie kampus teenoor Engels veld verloor het. Frontnuus van 28 Februarie 2003 berig dat die leier van die Vryheidsfront, dr. Pieter Mulder, ’n voorlegging aan die Minister van Onderwys, prof. Kader Asmal oorhandig het. Hierdie voorlegging bevat voorstelle en internasionale standpunte oor moedertaalonderrig. Volgens die berig bevat die voorlegging ook demografiese syfers oor Afrikaans en beklemtoon dit die feit dat die meerderheid Afrikaanssprekendes nie meer wit is nie. In die voorlegging herhaal die Vryheidsfront ook hul standpunt, gebaseer op getalle, dat twee tot drie universiteite oorwegend Afrikaans moet bly. Een voorbeeld uit die Afrikataalsprekende gemeenskap vir die gebruik van petisionering vir Engels as onderrigtaal kon uit die data verkry word. Die Volksblad van 24 Januarie 1996 berig dat Cosas ʼn optog na die Hoërskool Parys in die Vrystaat gelei het met die doel om ’n memorandum waarin Engels as onderrigmedium geëis word aan die skoolhoof te oorhandig. Uit die beskikbare data is dit duidelik dat petisionering wel as instrument van taalaktivisme gebruik word. Die instrument word gebruik deur Afrikaanse sowel as Indiese groepe om hul tale as onderrigtale en vakke te verdedig. Slegs een rekord dui op 202

die gebruik van hierdie instrument deur Afrikataalsprekende groepe en wel vir die gebruik van Engels as onderrigtaal. 5.2.5.2. Boikotering Tien rekords wat betrekking het op boikotering as instrument van taalaktivisme kon vir die tydperk in die media geïdentifiseer word. Hiervan dui slegs een rekord op ʼn werklike geval van boikotering terwyl die res van die rekords uit beroepe op gemeenskappe om van boikotering gebruik te maak, bestaan. Rekords wat op dreiging met boikotte dui kom ook voor. Die enigste mediarekord wat op boikotering as instrument van taalaktivisme dui is uit die Beeld van 9 Februarie 2005 verkry. Beeld berig dat 276 leerders van die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland in Jan Kempdorp hul klasse geboikot het en gedreig het dat hulle dit sou voortsit indien die Departement sou voortgaan om dubbelmediumonderrig op hulle af te dwing. ’n Lid van die beheerliggaam het volgens die koerant gesê dat die kinders staak omdat hulle aandring op Afrikaanse onderrig en dat ongeveer 66 swart leerders van die skool hierdie opvatting deel. Die skool is volgens die lid nie teen parallelmedium-onderrig gekant nie, mits die bykomende onderwysers en hulpbronne deur die Departement voorsien word. Mnr. Paul Colditz, van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gesê dit is een van die eerste voorbeelde waar (wit) kinders op hul taalregte begin aandring. Die Patriot van 18 November 1994 berig dat Afrikaanse ouers in die destydse PWVgebied besluit het om Mary Metcalfe, die PWV se LUR vir Onderwys se ideaal om staatsondersteunde skole dubbelmedium te maak, te boikot. Volgens die rekord het die LUR ʼn vervroegde registrasiedatum afgekondig. Gesien in dié lig is ʼn beroep op ouers gedoen om die registrasiedatum van die Departement te ignoreer en nie hul kinders té vroeg by spesifieke skole te registreer nie. Skoolhoofde het ook besluit om die datum te ignoreer en om nie by hul skole aan te meld vir registrasie van leerders nie. 203

die gebruik van hierdie instrument deur Afrikataalsprekende groepe en wel vir die

gebruik van Engels as onderrigtaal.

5.2.5.2. Boikotering

Tien rekords wat betrekking het op boikotering as instrument van taalaktivisme kon vir

die tydperk in die media geïdentifiseer word. Hiervan dui slegs een rekord op ʼn werklike

geval van boikotering terwyl die res van die rekords uit beroepe op gemeenskappe om

van boikotering gebruik te maak, bestaan. Rekords wat op dreiging met boikotte dui kom

ook voor.

Die enigste mediarekord wat op boikotering as instrument van taalaktivisme dui is uit die

Beeld van 9 Februarie 2005 verkry. Beeld berig dat 276 leerders van die Hoër

Landbouskool Noord-Kaapland in Jan Kempdorp hul klasse geboikot het en gedreig het

dat hulle dit sou voortsit indien die Departement sou voortgaan om

dubbelmediumonderrig op hulle af te dwing. ’n Lid van die beheerliggaam het volgens

die koerant gesê dat die kinders staak omdat hulle aandring op Afrikaanse onderrig en dat

ongeveer 66 swart leerders van die skool hierdie opvatting deel. Die skool is volgens die

lid nie teen parallelmedium-onderrig gekant nie, mits die bykomende onderwysers en

hulpbronne deur die Departement voorsien word. Mnr. Paul Colditz, van die Federasie

van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gesê dit is een van die eerste voorbeelde waar

(wit) kinders op hul taalregte begin aandring.

Die Patriot van 18 November 1994 berig dat Afrikaanse ouers in die destydse PWVgebied

besluit het om Mary Metcalfe, die PWV se LUR vir Onderwys se ideaal om

staatsondersteunde skole dubbelmedium te maak, te boikot. Volgens die rekord het die

LUR ʼn vervroegde registrasiedatum afgekondig. Gesien in dié lig is ʼn beroep op ouers

gedoen om die registrasiedatum van die Departement te ignoreer en nie hul kinders té

vroeg by spesifieke skole te registreer nie. Skoolhoofde het ook besluit om die datum te

ignoreer en om nie by hul skole aan te meld vir registrasie van leerders nie.

203

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!