DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

voortbestaan van Afrikaans as onderrigmedium aan hierdie inrigtings. Hul doel was om die minister en sodoende die regering oor te haal om die noodsaak van moedertaalonderrig aan universiteite te bevorder. Ook die Indiese gemeenskap gebruik drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme om invloedryke regeringslui aan hul kant te kry in hul strewe om die Oosterse tale te beskerm. Hierdie roete is veral deur die Institute of Indian Languages gevolg (The Daily News, 25 Maart 1996) wat direk met die Departement van Onderwys in gesprek getree het. Om seker te maak dat Indiese tale wel in ag geneem sal word by die opstel van ʼn taal-in-onderwysbeleid het ’n afvaardiging van die Institute of Indian Languages met prof. Bengu, die Minister van Nasionale Onderwys, vergader (Sunday Tribune, 23 Junie 1996). Die Instituut wou dit duidelik maak dat hoewel Engels die moedertaal van Indiërs geword het, dit nie uit eie keuse gebeur het nie. Die kwessie van Indiese tale in die onderwys moet dus met sensitiwiteit en vanuit ’n historiese perspektief benader word. ’n Ooreenkoms is met die Minister bereik dat ’n struktuur geskep sou word waardeur Indiërs toegang sou hê tot die werksaamhede wat tot die taal-in-onderwysbeleid sou lei. Die rekords maak ook melding van groepe uit die Afrikataalsprekende gemeenskap wat gebruik maak van drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme. In hierdie geval is dit egter ten gunste van Engels as onderrigmedium in skole. The Citizen van 3 April 1996 berig dat swart skoolhoofde uit die Pretoria-omgewing met die ANC-studiegroep vergader het om die status quo in swart skole rakende Engels as onderrigmedium te verseker. Hulle doel was om die studiegroep oor te haal om hierdie standpunt te ondersteun. Uit die rekords kan ons aflei dat drukgroepvorming wel as instrument van taalaktivisme gebruik word. Dit is veral invloedrykes op politieke gebied wat deur taalgroepe geteiken word in hul pogings om hul standpunte rakende onderrigmedium te versterk. Hierdie instrument word veral deur aktivistiese groepe uit die Afrikaanse en Indiese gemeenskappe gebruik. Slegs een voorbeeld van drukgroepvorming uit die 196

Afrikataalsprekende gemeenskap kom voor en wel vir die behoud van Engels as onderrigmedium. 5.2.4. Lê van taalklagtes Uit die byeengebragte mediarekords kan afgelei word dat taalklagtes wel as instrument van taalaktivisme aangewend word. In plaas daarvan dat die klagtes egter formeel by ’n amptelike instelling soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), wat spesifiek vir hierdie doel geskep is, aangemeld word, dui die data daarop dat ontevredenes ook taalklagtes by die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer en die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe lê. Hulle maak ook van die gedrukte media gebruik om hul griewe te lug. Ontevredenes bespreek ook dikwels hulle klagtes met hul politieke partye terwyl onderwysers hulle tot hul vakbonde wend. Verder maak die Departement van Onderwys ook daarop aanspraak dat verskeie klagtes teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal direk by hulle gelê word. Uit die databasis kan 36 rekords, waarvan 32 Afrikaans en 4 Engels is, geïdentifiseer word wat met klagtelegging verband hou. Slegs een voorbeeld van vermelding van ’n klagte wat by Pansat gelê is, kon gevind word. Hierdie klagte handel oor foute wat in eksamenvraestelle gemaak word. Dit is nadat Afrikaanse onderwysers en skoolhoofde in die Vrystaat hul misnoeë uitgespreek het oor die baie spel- en taalfoute wat in die Afrikaanse vraestelle vir Aardrykskunde en Geskiedenis voorgekom het. Pansat is gevra om in te gryp om “billike vraestelle in basiese korrekte en verstaanbare Afrikaans” vir Vrystaatse Graad 9 leerders te verseker. Mnr. Inus Aucamp, die Vrystaatse Voorsitter van die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê Pansat moet ingryp sodat Afrikaanse leerders in die Vrystaat se basiese reg tot onderrig in hul moedertaal nie verontagsaam word nie (Beeld, 21 November 2000). In Rapport van 9 Februarie 2003 berig Zelda Jongbloed dat parallelmediumskole die destydse Minister van Onderwys, prof. Kader Asmal, by die Openbare Beskermer (OB) 197

Afrikataalsprekende gemeenskap kom voor en wel vir die behoud van Engels as

onderrigmedium.

5.2.4. Lê van taalklagtes

Uit die byeengebragte mediarekords kan afgelei word dat taalklagtes wel as instrument

van taalaktivisme aangewend word. In plaas daarvan dat die klagtes egter formeel by ’n

amptelike instelling soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), wat spesifiek vir

hierdie doel geskep is, aangemeld word, dui die data daarop dat ontevredenes ook

taalklagtes by die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer en die Kommissie vir

die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en

Taalgemeenskappe lê. Hulle maak ook van die gedrukte media gebruik om hul griewe te

lug. Ontevredenes bespreek ook dikwels hulle klagtes met hul politieke partye terwyl

onderwysers hulle tot hul vakbonde wend. Verder maak die Departement van Onderwys

ook daarop aanspraak dat verskeie klagtes teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal

direk by hulle gelê word.

Uit die databasis kan 36 rekords, waarvan 32 Afrikaans en 4 Engels is, geïdentifiseer

word wat met klagtelegging verband hou. Slegs een voorbeeld van vermelding van ’n

klagte wat by Pansat gelê is, kon gevind word. Hierdie klagte handel oor foute wat in

eksamenvraestelle gemaak word. Dit is nadat Afrikaanse onderwysers en skoolhoofde in

die Vrystaat hul misnoeë uitgespreek het oor die baie spel- en taalfoute wat in die

Afrikaanse vraestelle vir Aardrykskunde en Geskiedenis voorgekom het. Pansat is gevra

om in te gryp om “billike vraestelle in basiese korrekte en verstaanbare Afrikaans” vir

Vrystaatse Graad 9 leerders te verseker. Mnr. Inus Aucamp, die Vrystaatse Voorsitter van

die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê Pansat moet ingryp sodat Afrikaanse leerders

in die Vrystaat se basiese reg tot onderrig in hul moedertaal nie verontagsaam word nie

(Beeld, 21 November 2000).

In Rapport van 9 Februarie 2003 berig Zelda Jongbloed dat parallelmediumskole die

destydse Minister van Onderwys, prof. Kader Asmal, by die Openbare Beskermer (OB)

197

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!