DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
voortbestaan van Afrikaans as onderrigmedium aan hierdie inrigtings. Hul doel was om die minister en sodoende die regering oor te haal om die noodsaak van moedertaalonderrig aan universiteite te bevorder. Ook die Indiese gemeenskap gebruik drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme om invloedryke regeringslui aan hul kant te kry in hul strewe om die Oosterse tale te beskerm. Hierdie roete is veral deur die Institute of Indian Languages gevolg (The Daily News, 25 Maart 1996) wat direk met die Departement van Onderwys in gesprek getree het. Om seker te maak dat Indiese tale wel in ag geneem sal word by die opstel van ʼn taal-in-onderwysbeleid het ’n afvaardiging van die Institute of Indian Languages met prof. Bengu, die Minister van Nasionale Onderwys, vergader (Sunday Tribune, 23 Junie 1996). Die Instituut wou dit duidelik maak dat hoewel Engels die moedertaal van Indiërs geword het, dit nie uit eie keuse gebeur het nie. Die kwessie van Indiese tale in die onderwys moet dus met sensitiwiteit en vanuit ’n historiese perspektief benader word. ’n Ooreenkoms is met die Minister bereik dat ’n struktuur geskep sou word waardeur Indiërs toegang sou hê tot die werksaamhede wat tot die taal-in-onderwysbeleid sou lei. Die rekords maak ook melding van groepe uit die Afrikataalsprekende gemeenskap wat gebruik maak van drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme. In hierdie geval is dit egter ten gunste van Engels as onderrigmedium in skole. The Citizen van 3 April 1996 berig dat swart skoolhoofde uit die Pretoria-omgewing met die ANC-studiegroep vergader het om die status quo in swart skole rakende Engels as onderrigmedium te verseker. Hulle doel was om die studiegroep oor te haal om hierdie standpunt te ondersteun. Uit die rekords kan ons aflei dat drukgroepvorming wel as instrument van taalaktivisme gebruik word. Dit is veral invloedrykes op politieke gebied wat deur taalgroepe geteiken word in hul pogings om hul standpunte rakende onderrigmedium te versterk. Hierdie instrument word veral deur aktivistiese groepe uit die Afrikaanse en Indiese gemeenskappe gebruik. Slegs een voorbeeld van drukgroepvorming uit die 196
Afrikataalsprekende gemeenskap kom voor en wel vir die behoud van Engels as onderrigmedium. 5.2.4. Lê van taalklagtes Uit die byeengebragte mediarekords kan afgelei word dat taalklagtes wel as instrument van taalaktivisme aangewend word. In plaas daarvan dat die klagtes egter formeel by ’n amptelike instelling soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), wat spesifiek vir hierdie doel geskep is, aangemeld word, dui die data daarop dat ontevredenes ook taalklagtes by die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer en die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe lê. Hulle maak ook van die gedrukte media gebruik om hul griewe te lug. Ontevredenes bespreek ook dikwels hulle klagtes met hul politieke partye terwyl onderwysers hulle tot hul vakbonde wend. Verder maak die Departement van Onderwys ook daarop aanspraak dat verskeie klagtes teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal direk by hulle gelê word. Uit die databasis kan 36 rekords, waarvan 32 Afrikaans en 4 Engels is, geïdentifiseer word wat met klagtelegging verband hou. Slegs een voorbeeld van vermelding van ’n klagte wat by Pansat gelê is, kon gevind word. Hierdie klagte handel oor foute wat in eksamenvraestelle gemaak word. Dit is nadat Afrikaanse onderwysers en skoolhoofde in die Vrystaat hul misnoeë uitgespreek het oor die baie spel- en taalfoute wat in die Afrikaanse vraestelle vir Aardrykskunde en Geskiedenis voorgekom het. Pansat is gevra om in te gryp om “billike vraestelle in basiese korrekte en verstaanbare Afrikaans” vir Vrystaatse Graad 9 leerders te verseker. Mnr. Inus Aucamp, die Vrystaatse Voorsitter van die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê Pansat moet ingryp sodat Afrikaanse leerders in die Vrystaat se basiese reg tot onderrig in hul moedertaal nie verontagsaam word nie (Beeld, 21 November 2000). In Rapport van 9 Februarie 2003 berig Zelda Jongbloed dat parallelmediumskole die destydse Minister van Onderwys, prof. Kader Asmal, by die Openbare Beskermer (OB) 197
- Page 159 and 160: eywer het, in die Vrystaat en Trans
- Page 161 and 162: die mag in Engels (en tot ’n mate
- Page 163 and 164: nog ’n nuwe taalordonnansie gelei
- Page 165 and 166: leadership encouraged the developme
- Page 167 and 168: So is die beheer oor swart onderwys
- Page 169 and 170: In die laer primêre skoolkursus wa
- Page 171 and 172: eleid van aparte ontwikkeling was w
- Page 173 and 174: onderwys ingehou, wat later ook ’
- Page 175 and 176: amptelike erkenning van Afrikatale
- Page 177 and 178: toelatings- en taalbeleide, onafhan
- Page 179 and 180: Gesien teen die agtergrond van die
- Page 181 and 182: “The language policy of the new S
- Page 183 and 184: Onder een onderwysdepartement het l
- Page 185 and 186: gevoer en het dit veral om die erke
- Page 187 and 188: ontwikkel kan word oor hoe om in di
- Page 189 and 190: Grondwet, die Suid-Afrikaanse Skole
- Page 191 and 192: 5.2.2. Mediadekking Altesaam 90 gev
- Page 193 and 194: Verskeie rekords dui op die dekking
- Page 195 and 196: Litigasie as versetaksie word ook i
- Page 197 and 198: wens nie. Die veiligheid van Afrika
- Page 199 and 200: In die berig “Gryp nóú in oor m
- Page 201 and 202: kry. “Veeltaligheid is ’n bate
- Page 203 and 204: Departement van Onderwys aan te moe
- Page 205 and 206: toegang te weier nie, moedig haar o
- Page 207 and 208: te vind. So wil hulle byvoorbeeld h
- Page 209: Beeld, 17 Januarie 1997). Hierdie v
- Page 213 and 214: Desember 1997), dr. Theo van der Me
- Page 215 and 216: om die departement te keer om weg t
- Page 217 and 218: die gebruik van hierdie instrument
- Page 219 and 220: Hy dring daarop aan dat sy kind by
- Page 221 and 222: word deur leerders wat nie Afrikaan
- Page 223 and 224: handhaaf” (Die Volksblad, 17 Juni
- Page 225 and 226: die bevordering van swart tale ’n
- Page 227 and 228: oor Afrikaanse skole en moedertaalo
- Page 229 and 230: teenwoordiges gewys op die sterk ui
- Page 231 and 232: Slegs een geval van die gebruik van
- Page 233 and 234: word. In sulke skole, is gevoel, ka
- Page 235 and 236: Uit die beskikbare rekords vir die
- Page 237 and 238: estuur van die skool. Regter Thring
- Page 239 and 240: toelatingstoetse teenstaan, maar be
- Page 241 and 242: Mediarekords wat op waarskuwings te
- Page 243 and 244: skerp toename in aktivistiese aktiw
- Page 245 and 246: (Behou Afrikaans Belangegroep, Die
- Page 247 and 248: linguistiese doelwitte asook sy eie
- Page 249 and 250: nie. Adriaan van Niekerk doen ʼn be
- Page 251 and 252: moedertaalonderrig besig is om pos
- Page 253 and 254: igting wat betref taal van onderrig
- Page 255 and 256: (top-down) wat in die Suid-Afrikaan
- Page 257 and 258: Die probleemvrae en die doelwitte v
- Page 259 and 260: este geplaas om insette oor hul eie
voortbestaan van Afrikaans as onderrigmedium aan hierdie inrigtings. Hul doel was om

die minister en sodoende die regering oor te haal om die noodsaak van

moedertaalonderrig aan universiteite te bevorder.

Ook die Indiese gemeenskap gebruik drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme

om invloedryke regeringslui aan hul kant te kry in hul strewe om die Oosterse tale te

beskerm. Hierdie roete is veral deur die Institute of Indian Languages gevolg (The Daily

News, 25 Maart 1996) wat direk met die Departement van Onderwys in gesprek getree

het. Om seker te maak dat Indiese tale wel in ag geneem sal word by die opstel van ʼn

taal-in-onderwysbeleid het ’n afvaardiging van die Institute of Indian Languages met

prof. Bengu, die Minister van Nasionale Onderwys, vergader (Sunday Tribune, 23 Junie

1996). Die Instituut wou dit duidelik maak dat hoewel Engels die moedertaal van Indiërs

geword het, dit nie uit eie keuse gebeur het nie. Die kwessie van Indiese tale in die

onderwys moet dus met sensitiwiteit en vanuit ’n historiese perspektief benader word. ’n

Ooreenkoms is met die Minister bereik dat ’n struktuur geskep sou word waardeur

Indiërs toegang sou hê tot die werksaamhede wat tot die taal-in-onderwysbeleid sou lei.

Die rekords maak ook melding van groepe uit die Afrikataalsprekende gemeenskap wat

gebruik maak van drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme. In hierdie geval is

dit egter ten gunste van Engels as onderrigmedium in skole. The Citizen van 3 April 1996

berig dat swart skoolhoofde uit die Pretoria-omgewing met die ANC-studiegroep

vergader het om die status quo in swart skole rakende Engels as onderrigmedium te

verseker. Hulle doel was om die studiegroep oor te haal om hierdie standpunt te

ondersteun.

Uit die rekords kan ons aflei dat drukgroepvorming wel as instrument van taalaktivisme

gebruik word. Dit is veral invloedrykes op politieke gebied wat deur taalgroepe geteiken

word in hul pogings om hul standpunte rakende onderrigmedium te versterk. Hierdie

instrument word veral deur aktivistiese groepe uit die Afrikaanse en Indiese

gemeenskappe gebruik. Slegs een voorbeeld van drukgroepvorming uit die

196