DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

pro-moedertaal geïdentifiseer kan word, gebaseer is op uitsprake van akademici en/of navorsing wat oor die onderwerp gedoen is. 5.2.3. Drukgroepvorming Altesaam 28 gevalle van drukgroepvorming word in die rekords aangetref. Drukgroepvorming gedurende die tydperk wat in die gedrukte media neerslag gevind het, hou verband met verskillende taalgemeenskappe se pogings om, deur middel van drukgroepvorming, invloedryke individue of groepe oor te haal om hulle in hul spesifieke standpunte te ondersteun. Verskeie rekords berig oor die gebruik van drukgroepvorming as instrument van taalaktivisme vanuit die Afrikaanse gemeenskap. Die Burger van 20 Junie 1994 berig dat die Suid-Afrikaanse Onderwysersfederasie (SAOF) besluit om hul kommer oor Afrikaanse onderwys direk met die Nasionale Regering te bespreek. Hierdie stap neem hulle uit vrees vir eensydige besluite wat moontlik deur provinsiale departemente van onderwys geneem kan word. Die Raad besluit verder dat hulle alles moontlik sal doen om die belange van Afrikaanse leerders en onderwysers te beskerm. Uit die rekord word dit duidelik dat hulle uitreik na gevestigde hoëprofiel organisasies soos die Stigting vir Afrikaans, die Afrikanerkultuurforum en die FAK. Ook die Afrikaner Bond (AB) neig na drukgroepvorming in hul strewe vir die behoud van Model C-skole as bestuursmodel (Die Volksblad, 19 November 1994). Die AB spreek hul bereidwilligheid uit dat “Afrikaanssprekendes se skole nie weens kleinlike partypolitieke of rasse-oorwegings vir leerlinge van ander kultuurgemeenskappe ontoeganklik (sal) wees nie”. Hulle dring egter daarop aan dat oopstelling “nie ten koste van die vernietiging of verwatering van die aanvaarde standaarde van onderrig waaraan Afrikaanssprekendes gewoond is, geskied nie”. In die lig hiervan beoog die AB om met die Staatspresident, mnr. Nelson Mandela, en die Minister van Onderwys daaroor te gesels in ʼn poging om hulle oor te haal om hulle standpunt rakende moedertaalskole in te sien. Die Citizen van 19 November 1994 en Rapport van 20 November 1994 berig oor die die AB se voorneme om benewens die gesprekke met die regering ook aansluiting by kultuurorganisasies in die regse dampkring 192

te vind. So wil hulle byvoorbeeld hierdie organisasies oortuig om hulle in hul pogings om moedertaalonderrig te verseker, te steun. In die destydse Noord-Transvaal tree die Suid-Afrikaanse Federasie van Staatsondersteunde Skole (SAFSAS) in gesprek met die LUR vir Onderwys, dr. Aaron Motsoaledi sowel as met die nasionale Adjunkminister van Onderwys, mnr. Renier Schoeman ten einde die versekering te kry dat hierdie leiersfigure Afrikaanse skole teen druk om dubbelmedium te word sal beskerm (Citizen, 19 Februarie 1995). The Star van 26 Maart 1996 berig oor omtrent 25 organisasies en politieke partye wat tussen 80% en 90% van Afrikaners verteenwoordig wat met die studiegroep van die ANC sal byeenkom om ondersteuning vir die ideaal om Afrikaanse skole te laat voortbestaan te verseker. Die doel van die onderhandelinge is om die reg tot moedertaalonderrig in die nuwe Grondwet en Skolewet te laat opneem. Hulle het skynbaar reeds met Cyril Ramaphosa, die voorsitter van die Grondwetlike Vergadering, sowel as met pres. Nelson Mandela oor die onderwerp gesels. Cape Times (28/03/1996) spreek in sy redakteurskommentaar ook sy ondersteuning uit vir die aksie van Afrikanerleiers om met die ANC te ontmoet, maar spreek terselfdertyd hul teleurstelling uit oor die feit dat die ANC geen waarborge kan bied vir moedertaalskole nie. Ook Beeld (28 Maart 1996) lewer positiewe kommentaar hieroor en noem dat die aksie selfs tot Afrikaner-eenheid kan lei. Beeld spreek egter sy kommer uit oor die afwesigheid van bruin mense in die aksie. Pres. Mandela se kommentaar (Weekend Argus, 30 Maart 1996) op hierdie gesprekke is dat die ondersteuning vir instandhouding en ontwikkeling van tale ook in die Vryheidsmanifes opgeneem is. Met die onderhandelinge om die nuwe Grondwet te finaliseer, berig die Mail & Guardian (11 April 1996) dat Afrikaners se hoop op pres. Nelson Mandela gevestig is om te verseker dat die reg op Afrikaanse moedertaalskole in die Grondwet verseker sal word. Dit volg op mislukte gesprekke met die ANCstudiegroep. In 2005 sien ons weereens die stigting van ʼn nuwe Afrikaanse Onderwysfront onder leiding van die FAK wat in ʼn berig in Rapport van 27 Februarie 2005 ter sprake kom. 193

pro-moedertaal geïdentifiseer kan word, gebaseer is op uitsprake van akademici en/of

navorsing wat oor die onderwerp gedoen is.

5.2.3. Drukgroepvorming

Altesaam 28 gevalle van drukgroepvorming word in die rekords aangetref.

Drukgroepvorming gedurende die tydperk wat in die gedrukte media neerslag gevind het,

hou verband met verskillende taalgemeenskappe se pogings om, deur middel van

drukgroepvorming, invloedryke individue of groepe oor te haal om hulle in hul spesifieke

standpunte te ondersteun.

Verskeie rekords berig oor die gebruik van drukgroepvorming as instrument van

taalaktivisme vanuit die Afrikaanse gemeenskap. Die Burger van 20 Junie 1994 berig dat

die Suid-Afrikaanse Onderwysersfederasie (SAOF) besluit om hul kommer oor

Afrikaanse onderwys direk met die Nasionale Regering te bespreek. Hierdie stap neem

hulle uit vrees vir eensydige besluite wat moontlik deur provinsiale departemente van

onderwys geneem kan word. Die Raad besluit verder dat hulle alles moontlik sal doen om

die belange van Afrikaanse leerders en onderwysers te beskerm. Uit die rekord word dit

duidelik dat hulle uitreik na gevestigde hoëprofiel organisasies soos die Stigting vir

Afrikaans, die Afrikanerkultuurforum en die FAK. Ook die Afrikaner Bond (AB) neig na

drukgroepvorming in hul strewe vir die behoud van Model C-skole as bestuursmodel

(Die Volksblad, 19 November 1994). Die AB spreek hul bereidwilligheid uit dat

“Afrikaanssprekendes se skole nie weens kleinlike partypolitieke of rasse-oorwegings vir

leerlinge van ander kultuurgemeenskappe ontoeganklik (sal) wees nie”. Hulle dring egter

daarop aan dat oopstelling “nie ten koste van die vernietiging of verwatering van die

aanvaarde standaarde van onderrig waaraan Afrikaanssprekendes gewoond is, geskied

nie”. In die lig hiervan beoog die AB om met die Staatspresident, mnr. Nelson Mandela,

en die Minister van Onderwys daaroor te gesels in ʼn poging om hulle oor te haal om

hulle standpunt rakende moedertaalskole in te sien. Die Citizen van 19 November 1994

en Rapport van 20 November 1994 berig oor die die AB se voorneme om benewens die

gesprekke met die regering ook aansluiting by kultuurorganisasies in die regse dampkring

192

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!