DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

egering teen te staan. Dit moet egter altyd binne die grense van beskaafd en die reg gedoen word, maan die koerant verder. Agitasie vir die behoud van Oosterse tale in die skoolkurrikulum kry ook dekking. The Leader van 4 November 1994 plaas die kollig op die pleidooi van die Institute of Indian Languages vir die behoud van Oosterse tale in skole. In sy redaksionele kommentaar kritiseer The Independent on Saturday van 31 Oktober 1998 die voorneme van dr. Vincent Zulu, die LUR vir Onderwys in KwaZulu-Natal, om in die Departement van Onderwys weg te doen met Oosterse tale. Die koerant moedig die gemeenskap aan om op te tree ten einde die LUR te stuit. Volgens die koerant is dit krities noodsaaklik om hierdie tale in skole aan te bied. Sunday Tribune (20 Julie 2003), Star (24 Julie 2003) en Citizen (24 Julie 2003) plaas weer die kollig op die pleidooi van die National Council for Indian Languages vir die behoud van hul tale in die skoolkurrikulum. Die briewekolomme van koerante bied ook geleenthede aan lesers om te agiteer vír of téén moedertaalonderrig. Onder die opskrif “Hulle mors” plaas Die Burger (7 Januarie 1995) die brief van ’n anonieme leser wat kapsie maak teen die verengelsing van die samelewing. Die skrywer haal ’n Xhosa petroljoggie aan wat aandring daarop dat “kinders in die taal van hul mamma moet leer” en dat “ons moet baklei vir ons taal”. Weekly Mail and Guardian (29/04/2004) publiseer ’n brief van ’n leser, Nelisa Sipamla, waarin sy Xhosasprekendes aanmoedig om te “scream about your language”. Thabiso Tsotetsi skryf in City Press (30 Mei 2004) dat Afrikatale so ontwikkel moet word dat dit as onderrigtale in skole en later selfs op tersiêre vlak gebruik kan word. Teenoor agitasie vir moedertaalonderrig dui van die rekords op aktivisme vir groter oopstelling van voormalige wit skole en vir die verandering van taalbeleide aan Afrikaanse skole sodat voorsiening gemaak kan word vir Engelsonderrig. Sunday Times van 15 Januarie 1995 prys die stap wat Helpmekaar Hoërskool geneem het om anderskleurige leerders tot ʼn voormalige blanke meisieskool toe te laat as ’n “bold move”. Sunday Times (16 Januarie 1995), in duidelike goedkeuring van Mary Metcalfe se waarskuwing aan voormalige Model C-skole om nie Afrikaans te gebruik om leerders 190

toegang te weier nie, moedig haar optrede aan onder die opskrif “Metcalfe’s hatchet slashes old order”. In ’n duidelike afwysing van die Laerskool Potgietersrus se aksie om Afrikaans en wit te bly, berig City Press (3 Maart 1996) onder die opskrif “The laager retreats into a church” dat die skool besluit het om as ’n onafhanklike skool in die Hervormde Kerk voort te gaan. City Press noem die nuwe skool ’n “bastion for white pupils” en dat “khaki-clad white parents ... manhandled City Press photographer and frogmarched him to the car”. The Citizen (21 Januarie 1998) noem die Hoërskool Rob Ferreira kontroversieel en ’n rebelskool as gevolg van hul beleid om Afrikaanse onderrig ten koste van toelating van swart leerders te beskerm. The Citizen beskryf ook die proses om die skool te transformeer om dubbelmedium te word as “a two-week standoff between the school’s governing body and staff and Mpumalanga education MEC”. Een rekord (Rapport, 7 Maart 1999) verwys na ’n verslag van die Menseregtekommissie waarin kritiek gelewer word op die gebrekkige aandag wat veeltaligheid in die skool en klaskamer kry. Daarom glo die Menseregtekommissie dat weer gekyk moet word na die bepaling in die Grondwet wat enkelmediumonderrig moontlik maak. Die kommissie is van mening dat die bepaling deur voormalige Afrikaanse skole gebruik word om swart leerders toegang te weier. Voorts voel die kommissie dat skole traag is om hul taalbeleid te verander en dat hulle van leerders verwag om by die skole aan te pas in plaas daarvan dat skole hulle beleide verander om by die veranderende leerlingsamestelling aan te pas. Die onderwysers verstaan, na wat berig word, nie die beginsel van toevoegende tweetaligheid nie en verwaarloos en ondermyn daarom die leerders se moedertale. ʼn Analise van die beskikbare mediarekords vir die betrokke tydperk wat deur die studie gedek word toon dat mediadekking wel van ʼn aktivistiese aard was. Die analise toon duidelik dat die keuse van onderwerpe so gedoen is dat dit die linguistiese status quo wil beïnvloed. So konsentreer koerante uit die regse dampkring op beskerming van Afrikaansmediumskole. Hulle staan die oopstelling van Afrikaanse skole en die invoer van Engels as medium van onderrig teen. Ander Afrikaanse koerante uit die meer liberale dampkring agiteer ook vir moedertaalonderrig, maar vra vir ʼn meer inklusiewe aanslag. Die Engelse media agiteer daarenteen grotendeels vir die oopstelling van skole en vir Engels as medium van onderrig. Dit is ook betekenisvol dat baie van die rekords wat as 191

egering teen te staan. Dit moet egter altyd binne die grense van beskaafd en die reg

gedoen word, maan die koerant verder.

Agitasie vir die behoud van Oosterse tale in die skoolkurrikulum kry ook dekking. The

Leader van 4 November 1994 plaas die kollig op die pleidooi van die Institute of Indian

Languages vir die behoud van Oosterse tale in skole. In sy redaksionele kommentaar

kritiseer The Independent on Saturday van 31 Oktober 1998 die voorneme van dr.

Vincent Zulu, die LUR vir Onderwys in KwaZulu-Natal, om in die Departement van

Onderwys weg te doen met Oosterse tale. Die koerant moedig die gemeenskap aan om op

te tree ten einde die LUR te stuit. Volgens die koerant is dit krities noodsaaklik om

hierdie tale in skole aan te bied. Sunday Tribune (20 Julie 2003), Star (24 Julie 2003) en

Citizen (24 Julie 2003) plaas weer die kollig op die pleidooi van die National Council for

Indian Languages vir die behoud van hul tale in die skoolkurrikulum.

Die briewekolomme van koerante bied ook geleenthede aan lesers om te agiteer vír of

téén moedertaalonderrig. Onder die opskrif “Hulle mors” plaas Die Burger (7 Januarie

1995) die brief van ’n anonieme leser wat kapsie maak teen die verengelsing van die

samelewing. Die skrywer haal ’n Xhosa petroljoggie aan wat aandring daarop dat

“kinders in die taal van hul mamma moet leer” en dat “ons moet baklei vir ons taal”.

Weekly Mail and Guardian (29/04/2004) publiseer ’n brief van ’n leser, Nelisa Sipamla,

waarin sy Xhosasprekendes aanmoedig om te “scream about your language”. Thabiso

Tsotetsi skryf in City Press (30 Mei 2004) dat Afrikatale so ontwikkel moet word dat dit

as onderrigtale in skole en later selfs op tersiêre vlak gebruik kan word.

Teenoor agitasie vir moedertaalonderrig dui van die rekords op aktivisme vir groter

oopstelling van voormalige wit skole en vir die verandering van taalbeleide aan

Afrikaanse skole sodat voorsiening gemaak kan word vir Engelsonderrig. Sunday Times

van 15 Januarie 1995 prys die stap wat Helpmekaar Hoërskool geneem het om

anderskleurige leerders tot ʼn voormalige blanke meisieskool toe te laat as ’n “bold

move”. Sunday Times (16 Januarie 1995), in duidelike goedkeuring van Mary Metcalfe se

waarskuwing aan voormalige Model C-skole om nie Afrikaans te gebruik om leerders

190

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!