DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...
ʼn Betekenisvolle aantal rekords dui op aktivisme vir die gebruik van Afrikatale as tale van onderrig en leer. Rapport en Die Volksblad, wat tradisioneel Afrikaanse koerante is, maak byvoorbeeld voorbrand vir moedertaalonderrig in swart skole. Rapport (26 Januarie 1997) skryf dat skoolkinders en moedertaalonderrig die slagoffers van die regering se benadering van “een taal, een nasie” is. Rapport verwys hier na die swart skole “waar ’n Babelse verwarring” besig is om te ontstaan omdat van die leerders verwag word om in hul tweede taal “en in die meeste plattelandse gebiede, derde taal” te leer. Onder die opskrif “Cost of speaking only English” en “If we neglect our mother tongues, colonialism is working”, spreek Max du Preez die regering en die opkomende swart middelklas aan om daadwerklike pogings aan te wend om moedertaalonderrig te implementeer of om andersins te erken dat 300 jaar van kolonialisme suksesvol was (Star, 8 Maart 2001). Pretoria News van 2 April 2001 gebruik die opskrif “Call to teach in African languages too” om die boodskap van dr. Mike Tlale van Pansat oor te dra dat moedertaalonderrig ook na swart skole uitgebrei moet word. Khetiwe Mboweni-Marais gebruik Afrikaans as maatstaf wanneer sy in ’n artikel in Beeld (26 Junie 2003) skryf dat moedertaalonderrig onontbeerlik is as ons die matriekslaagsyfer in die algemeen, en leerlinge se prestasie in sekere moeilike vakke, wil verbeter. Sy vergelyk die uitslae van die verskillende taalgemeenskappe en noem moedertaal die “vuurpyl vir uitmunt in pynvakke”. Lumka Oliphant (Saturday Star, 8 November 2003) spreek swart ouers aan oor die stand van Afrikatale in die onderwys. Volgens haar is hierdie ouers te onbetrokke in die bevordering van Afrikatale as tale van onderrig en leer. Dit volg op Minister Kader Asmal se samestelling van ’n taakspan om ondersoek in te stel na die gebruik van Afrikatale aan universiteite (Natal Witness, 12 September 2003). Die data toon verder dat daar in 2004 ’n sterker konsentrasie op Afrikatale as tale van onderrig en leer is. Die eerste voorbeeld van aktivistiese mediadekking verskyn in Die Burger van 27 Januarie 2004 onder die opskrif “Besin opnuut oor rol van SA onderrigtale”. Hierin kapitaliseer Wilhelm Jordaan op, volgens hom, ’n “onopvallende sinnetjie” uit die mond van die Minister van Onderwys (mnr. Kader Asmal), dat swart leerders swak vaar in die matriekeindeksamen “omdat hulle nie die eksamen in hul moedertaal afgelê het nie”. Jordaan gaan dan volgens die rekord voort om die 188
Departement van Onderwys aan te moedig om opnuut te besin oor die vormende rol van onderrigtale eerder as om die slaagsyfer in matriek vir ideologiese gewin te manipuleer. Later in die jaar sê die nuwe Minister van Onderwys, me. Naledi Pandor, dat die Departement die onderwysbelang van moedertaalonderrig moet balanseer met die politieke en ekonomiese noodsaaklikheid van vaardigheid in Engels (Beeld, 29 Mei 2004). Charles Mogale, assistentredakteur van City Press, waarsku Afrikataalsprekers teen die gebruik van Engels ten koste van hul moedertale. Dit lei volgens hom tot swak tweetaligheid in beide die moedertaal en Engels. Van die rekords dui ook op ʼn oper benadering tot die moedertaalkwessie deurdat Afrikaanse ouers aangemoedig word om dubbelmedium- of parallelmedium-skole te oorweeg. Onder die opskrif “Dubbele kans” propageer Beeld van 30 September 1994 dat Afrikaanse gemeenskappe die idee van dubbelmedium-skole moet ondersteun. Enersyds bied dit steeds die geleentheid vir moedertaalonderrig en andersyds kan die toelating van swart leerders tot tradisioneel wit skole beide groepe die geleentheid bied om meer van mekaar se kulture te leer. Beeld van 13 Januarie 1995 berig oor die Hoërskool Ellisras waar ouers die “konserwatiewe hoof en sy beheerraad die stryd aansê” oor ondermeer die skool se “Christelike Boere-Afrikaner”-karakter. Hierdie berig met die opskrif “Ouers pak skool oor etos, Boere-Afrikaner-Karakter” is gerig teen die uitsluiting van kinders op grond van taal. Die Volksblad (1 Februarie 1995) berig oor samewerking oor die kleurgrens heen vir die behoud van Afrikaans in Petrusville in die berig “Blank en bruin veg saam” nadat die voormalige Model C-laerskool gesluit is en heropen is as ’n hoërskool vir sowel Afrikaanse as Xhosasprekende leerders. Beeld (19 Januarie 1998) doen ’n beroep op beide die Hoërskool Rob Ferreira en die Mpumalanga-regering om die polarisasie tussen die twee liggame te stop. Volgens die koerant moet daar gewerk word aan ’n oplossing wat beide Afrikaansmoedertaal-onderrig en Engelsonderrig kan bevoordeel. Die huidige situasie kan slegs nadele vir beide groepe inhou. Deur toegewend te wees kan die skool dan tereg aanspraak maak op die beskerming wat die taal-in-onderwysbeleid aan moedertaalonderrig bied (Beeld, 26 Januarie 1998). Die Burger (28 Junie 2004) doen ’n beroep, onder die opskrif “Pandor-onsin” op alle inheemse tale oor alle grense heen, om hande te vat en alle eentaligheidsplanne van die 189
- Page 151 and 152: Onderwys vir swart mense in die ZAR
- Page 153 and 154: getree het, was dat alle kennisgewi
- Page 155 and 156: Op 6 Desember 1907 het die Transvaa
- Page 157 and 158: dus, volgens Truter (2004:34), verp
- Page 159 and 160: eywer het, in die Vrystaat en Trans
- Page 161 and 162: die mag in Engels (en tot ’n mate
- Page 163 and 164: nog ’n nuwe taalordonnansie gelei
- Page 165 and 166: leadership encouraged the developme
- Page 167 and 168: So is die beheer oor swart onderwys
- Page 169 and 170: In die laer primêre skoolkursus wa
- Page 171 and 172: eleid van aparte ontwikkeling was w
- Page 173 and 174: onderwys ingehou, wat later ook ’
- Page 175 and 176: amptelike erkenning van Afrikatale
- Page 177 and 178: toelatings- en taalbeleide, onafhan
- Page 179 and 180: Gesien teen die agtergrond van die
- Page 181 and 182: “The language policy of the new S
- Page 183 and 184: Onder een onderwysdepartement het l
- Page 185 and 186: gevoer en het dit veral om die erke
- Page 187 and 188: ontwikkel kan word oor hoe om in di
- Page 189 and 190: Grondwet, die Suid-Afrikaanse Skole
- Page 191 and 192: 5.2.2. Mediadekking Altesaam 90 gev
- Page 193 and 194: Verskeie rekords dui op die dekking
- Page 195 and 196: Litigasie as versetaksie word ook i
- Page 197 and 198: wens nie. Die veiligheid van Afrika
- Page 199 and 200: In die berig “Gryp nóú in oor m
- Page 201: kry. “Veeltaligheid is ’n bate
- Page 205 and 206: toegang te weier nie, moedig haar o
- Page 207 and 208: te vind. So wil hulle byvoorbeeld h
- Page 209 and 210: Beeld, 17 Januarie 1997). Hierdie v
- Page 211 and 212: Afrikataalsprekende gemeenskap kom
- Page 213 and 214: Desember 1997), dr. Theo van der Me
- Page 215 and 216: om die departement te keer om weg t
- Page 217 and 218: die gebruik van hierdie instrument
- Page 219 and 220: Hy dring daarop aan dat sy kind by
- Page 221 and 222: word deur leerders wat nie Afrikaan
- Page 223 and 224: handhaaf” (Die Volksblad, 17 Juni
- Page 225 and 226: die bevordering van swart tale ’n
- Page 227 and 228: oor Afrikaanse skole en moedertaalo
- Page 229 and 230: teenwoordiges gewys op die sterk ui
- Page 231 and 232: Slegs een geval van die gebruik van
- Page 233 and 234: word. In sulke skole, is gevoel, ka
- Page 235 and 236: Uit die beskikbare rekords vir die
- Page 237 and 238: estuur van die skool. Regter Thring
- Page 239 and 240: toelatingstoetse teenstaan, maar be
- Page 241 and 242: Mediarekords wat op waarskuwings te
- Page 243 and 244: skerp toename in aktivistiese aktiw
- Page 245 and 246: (Behou Afrikaans Belangegroep, Die
- Page 247 and 248: linguistiese doelwitte asook sy eie
- Page 249 and 250: nie. Adriaan van Niekerk doen ʼn be
- Page 251 and 252: moedertaalonderrig besig is om pos
Departement van Onderwys aan te moedig om opnuut te besin oor die vormende rol van

onderrigtale eerder as om die slaagsyfer in matriek vir ideologiese gewin te manipuleer.

Later in die jaar sê die nuwe Minister van Onderwys, me. Naledi Pandor, dat die

Departement die onderwysbelang van moedertaalonderrig moet balanseer met die

politieke en ekonomiese noodsaaklikheid van vaardigheid in Engels (Beeld, 29 Mei

2004). Charles Mogale, assistentredakteur van City Press, waarsku Afrikataalsprekers

teen die gebruik van Engels ten koste van hul moedertale. Dit lei volgens hom tot swak

tweetaligheid in beide die moedertaal en Engels.

Van die rekords dui ook op ʼn oper benadering tot die moedertaalkwessie deurdat

Afrikaanse ouers aangemoedig word om dubbelmedium- of parallelmedium-skole te

oorweeg. Onder die opskrif “Dubbele kans” propageer Beeld van 30 September 1994 dat

Afrikaanse gemeenskappe die idee van dubbelmedium-skole moet ondersteun. Enersyds

bied dit steeds die geleentheid vir moedertaalonderrig en andersyds kan die toelating van

swart leerders tot tradisioneel wit skole beide groepe die geleentheid bied om meer van

mekaar se kulture te leer. Beeld van 13 Januarie 1995 berig oor die Hoërskool Ellisras

waar ouers die “konserwatiewe hoof en sy beheerraad die stryd aansê” oor ondermeer die

skool se “Christelike Boere-Afrikaner”-karakter. Hierdie berig met die opskrif “Ouers

pak skool oor etos, Boere-Afrikaner-Karakter” is gerig teen die uitsluiting van kinders op

grond van taal. Die Volksblad (1 Februarie 1995) berig oor samewerking oor die

kleurgrens heen vir die behoud van Afrikaans in Petrusville in die berig “Blank en bruin

veg saam” nadat die voormalige Model C-laerskool gesluit is en heropen is as ’n

hoërskool vir sowel Afrikaanse as Xhosasprekende leerders. Beeld (19 Januarie 1998)

doen ’n beroep op beide die Hoërskool Rob Ferreira en die Mpumalanga-regering om die

polarisasie tussen die twee liggame te stop. Volgens die koerant moet daar gewerk word

aan ’n oplossing wat beide Afrikaansmoedertaal-onderrig en Engelsonderrig kan

bevoordeel. Die huidige situasie kan slegs nadele vir beide groepe inhou. Deur

toegewend te wees kan die skool dan tereg aanspraak maak op die beskerming wat die

taal-in-onderwysbeleid aan moedertaalonderrig bied (Beeld, 26 Januarie 1998). Die

Burger (28 Junie 2004) doen ’n beroep, onder die opskrif “Pandor-onsin” op alle

inheemse tale oor alle grense heen, om hande te vat en alle eentaligheidsplanne van die

189