DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Afrikaanse taal bied nie, geloods. The New Nation (8 Maart 1996) berig soos volg: ”Afrikaners across the political spectrum want to know how De Klerk could have allowed himself to be out-maneuvered by the ANC ... on one of the most sensitive issues in Afrikaner politics...”. Die Afrikaner (29 Maart 1996) gebruik die opskrif “FW bedrieg kinders van sy volk” en sê dat “dit (De Klerk) is wat meer as enigiemand anders in die land uit sy pad gegaan het om die beginsel van moedertaalonderrig te ondergrawe”. Die Patriot van 10 Mei 1996 se opskrif lui “Nasionale Party het hom doodgegrondwet” en gaan voort deur dié party en sy leiers die skuld te gee vir die situasie waarin die Afrikaner hom bevind en dat dit juis hierdie optrede is wat die val van die party gaan veroorsaak. Die Afrikaner (24 Januarie 1997) gebruik die opskrif “Tzaneen in opstand teen swart eise oor skole” om die voorgenome aksies vanuit Afrikaanse geledere, wat wil verseker dat hul skole wit en Afrikaans bly, te beskryf. In Diverse Publikasies (Oktober 1999) moedig Constand Viljoen, leier van die Vryheidsfront, Afrikaner-ouers aan om te “veg vir hul regte”. Volgens hom moet ouers aandring op hul reg om die taal waarin sy kind onderrig sal word te kies. Viljoen spoor ook ouers aan om op hul reg tot vrye assosiasie aan te dring. Die Volksblad van 22 Maart 1996 plaas ʼn berig waarin die bestuursraad van die Laerskool Potgietersrus aanvoer dat, alhoewel die Afrikaner-ouers die stryd om die eienaarskap van die skool verloor het, die einste stryd tog ’n positiewe nasionale en internasionale debat ontketen het oor dit wat vir die Afrikaner belangrik is. Volgens die rekord beskou die beheerraad dus hul aksies as suksesvol. Tydens onderhandelinge tussen die Laerskool Potgietersrus se beheerraad en die Mpumalanga-regering in Groblersdal, dreig die LUR vir Onderwys dat daar nie meer plek is vir taaleksklusiewe skole in die provinsie nie. Die beheerraad van die Hoërskool Ben Viljoen beskou dit as “anneksasie” van hul skool en dreig om die 35 leerders wat in Engels onderrig moet ontvang van die skoolterrein te verwyder (Beeld, 18 Maart 1996). Die Burger van 1 Junie 2000 waarsku Afrikaanssprekendes teen selfgenoegsaamheid en vra hulle om eerder te “belê in Afrikaans” soos wat die Afrikaner dekades gelede gedoen het. Afrikaanssprekendes moet dus hul kinders in Afrikaans laat leer en lees. 180

Litigasie as versetaksie word ook in die media belig. Die hofgeding tussen die Wes- Kaapse Departement van Onderwys en die Laerskool Mikro in Kuilsrivier word in ’n berig in Beeld (5 April 2005) bestempel as die “belangrikste taalgeveg”. In die Diamond Fields Advertiser word die hofsaak tussen die Noord-Kaapse Departement van Onderwys en twee skole in dié provinsie onder die opskrif “Language goes to court” bespreek. Die Volksblad spreek in sy hoofberig van 10 Februarie 2005 sy misnoeë uit met die Noord- Kaapse Departement van Onderwys se hantering van die moedertaalkwessie by die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland in Jan Kempdorp. Die koerant is van mening dat die weg van litigasie moontlik die enigste uitweg vir die skool sal wees om die gewenste uitwerking te verseker. Beeld (5 Mei 2005) noem hierdie geding ’n waterskeidingsaak en rigtingwyser in die voortslepende moedertaalstryd in die land. Van die rekords uit die databasis vir die betrokke tydperk dui ook op aanmoediging deur die media dat aktivistiese groepe gebruik moet maak van drukgroepvorming en onderhandeling om die gewenste uitkomste te bereik. Die Burger van 7 Augustus 2002 berig dat beredeneerde onderhandelings en drukgroepvorming tussen partye met groot ideologiese verskille groot waarde kan inhou. Dit is volgens die koerant opnuut bevestig deur die olyftak wat mnr. Kader Asmal uitgesteek het ná die jongste reeks gesprekke, onder meer met Aksie Hoër Onderwys (AHO) en prof. Chris Brink, rektor van die Universiteit van Stellenbosch. Asmal gee die versekering dat die wedersydse gesprekvoering ’n groot invloed op sy onderrigtaalbeleid sal hê en dat hy dié beleid nie as ’n wet sal probeer afdwing nie. Dit blyk dus volgens Die Burger asof redelikheid kan seëvier, mits almal koelkop bly. In ’n verdere stap wat as agitasie vir samewerking tussen eendersdenkende groepe beskou kan word, berig Die Burger van 7 Junie 2002 oor die moontlike sukses wat behaal kan word indien instansies saamwerk. Volgens die berig het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland en die Wes-Kaapse Minister van Onderwys, mnr. André Gaum, die Stellenbosch-skoleprojek van die SBA geopen. Dié projek spits hom deur Afrikaans toe op motiveringsplanne en help met akademiese steunklasse in verskeie vakke vir Graad 11- en Graad 12-leerders. Mnr. André Gaum het na dié projek verwys as een van die wonderlike dinge in die bevordering van taal en die bemagtiging van mense deur die 181

Litigasie as versetaksie word ook in die media belig. Die hofgeding tussen die Wes-

Kaapse Departement van Onderwys en die Laerskool Mikro in Kuilsrivier word in ’n

berig in Beeld (5 April 2005) bestempel as die “belangrikste taalgeveg”. In die Diamond

Fields Advertiser word die hofsaak tussen die Noord-Kaapse Departement van Onderwys

en twee skole in dié provinsie onder die opskrif “Language goes to court” bespreek. Die

Volksblad spreek in sy hoofberig van 10 Februarie 2005 sy misnoeë uit met die Noord-

Kaapse Departement van Onderwys se hantering van die moedertaalkwessie by die Hoër

Landbouskool Noord-Kaapland in Jan Kempdorp. Die koerant is van mening dat die weg

van litigasie moontlik die enigste uitweg vir die skool sal wees om die gewenste

uitwerking te verseker. Beeld (5 Mei 2005) noem hierdie geding ’n waterskeidingsaak en

rigtingwyser in die voortslepende moedertaalstryd in die land.

Van die rekords uit die databasis vir die betrokke tydperk dui ook op aanmoediging deur

die media dat aktivistiese groepe gebruik moet maak van drukgroepvorming en

onderhandeling om die gewenste uitkomste te bereik. Die Burger van 7 Augustus 2002

berig dat beredeneerde onderhandelings en drukgroepvorming tussen partye met groot

ideologiese verskille groot waarde kan inhou. Dit is volgens die koerant opnuut bevestig

deur die olyftak wat mnr. Kader Asmal uitgesteek het ná die jongste reeks gesprekke,

onder meer met Aksie Hoër Onderwys (AHO) en prof. Chris Brink, rektor van die

Universiteit van Stellenbosch. Asmal gee die versekering dat die wedersydse

gesprekvoering ’n groot invloed op sy onderrigtaalbeleid sal hê en dat hy dié beleid nie

as ’n wet sal probeer afdwing nie. Dit blyk dus volgens Die Burger asof redelikheid kan

seëvier, mits almal koelkop bly. In ’n verdere stap wat as agitasie vir samewerking tussen

eendersdenkende groepe beskou kan word, berig Die Burger van 7 Junie 2002 oor die

moontlike sukses wat behaal kan word indien instansies saamwerk. Volgens die berig het

die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met die Universiteit

van Wes-Kaapland en die Wes-Kaapse Minister van Onderwys, mnr. André Gaum, die

Stellenbosch-skoleprojek van die SBA geopen. Dié projek spits hom deur Afrikaans toe

op motiveringsplanne en help met akademiese steunklasse in verskeie vakke vir Graad

11- en Graad 12-leerders. Mnr. André Gaum het na dié projek verwys as een van die

wonderlike dinge in die bevordering van taal en die bemagtiging van mense deur die

181

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!