DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

onderhandelings oor die behoud van Afrikaanse skole ’n krisis onder die eens dominante Afrikaners veroorsaak het, en dat hulle met reg beleër voel. Johnson sê dat selfs die liberale Afrikaners, wat gebruiklik teen die gedagte van volkstate of tuislande gekant is, nou heimlik daaroor begin bespiegel omdat hulle besef dat hulle taal en identiteit bedreig word. Die Beeld van 18 Maart 1996 berig dat die LUR vir Onderwys tydens onderhandelinge tussen die Laerskool Potgietersrus se beheerraad en die Mpumalangaregering in Groblersdal, gedreig het dat daar nie meer vir taaleksklusiewe skole in die provinsie plek is nie. In sy hoofberig loods Die Beeld van 26 Januarie 1998 ’n aanval op provinsiale onderwysdepartemente wat “die nasionale onderwysbeleid nie ken of verstaan nie en foute begaan met die toepassing daarvan”. In sy hoofberig beskuldig Rapport van 8 Februarie 1998 die regering daarvan dat “doenlikheid” ’n gerieflike vyeblaar geword het vir die regering om hul verpligting te ontduik om te voldoen aan die bepaling in die Handves van Menseregte dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Rapport noem dit “deel van die tirannie van die meerderheid” en vra die Afrikaanstalige gemeenskap om daarteen in opstand te kom. Rapport (22 Maart 1998) waarsku die regering dat, indien die demokratisering van die land nie met oorleg aangepak word nie, dit tot rassespanning kan lei. Die redakteur verwys hier na “wanneer van tradisioneel Afrikaanse skole verwag word om hul identiteit prys te gee ten einde ook vir Engelstalige onderrig aan swart leerlinge voorsiening te maak”. Die Volksblad (5 Februarie 1996) waarsku die ANC dat die party nie met “ideologiese oogklappe” na die moedertaalkwessie moet kyk nie. Die koerant beskuldig die regering dat hulle die land se potensiaal versmoor omdat minderhede intellektueel en andersins in ’n ideologiese dwangbuis gedwing word. In sy berig “Los lonte” waarsku Rapport (22 Maart 1998) die regering dat niemand die rassekonflik op Vryburg gering moet skat nie. Die koerant vra dat die demokratiseringsproses met oorleg toegepas moet word met inagneming van wat vir gemeenskappe belangrik is. 178

Verskeie rekords dui op die dekking van protes en dreigende protesaksies deur taalgemeenskappe en taalorganisasies. Die Volksblad van 23 Mei 1995 berig dat prof. J.C. Steyn sy goedkeuring uitspreek vir die aksies wat werkers van Transnet beplan om Afrikaans in die werkplek te verseker. Volgens die betrokke rekord glo Steyn dat sulke aksies van groot belang vir nie-Afrikaanssprekendes se houding teenoor Afrikaans as skoolvak is, sowel as vir Afrikaanstaliges se houding teenoor dié taal as onderwysmedium en vak. Die Volksblad van 13 Januarie 1996 berig dat die Vereniging van Staatsondersteunde Skole (Vesos) ’n waarskuwing aan die regering gerig het dat hulle nie sal toelaat dat moedertaalonderwys deur die regering ondermyn word nie. Hulle dreig volgens die rekord dat hulle hul tot die hof sal wend in ’n poging om hulle taalregte te beskerm. Hierdie berig word deur ’n berig in Beeld (8 Maart 1996) opgevolg waarin mnr. Johan Kriek van die Vryheidsfront, waarsku dat “As die Afrikaner nie van die regering die onderneming kan kry dat sy taal en kultuur in die grondwet beskerm word nie, kan hulle nie daarvoor verkwalik word as hulle ‘ander minder aanvaarbare stappe’ doen om dit self te beskerm nie.” Die Afrikaner van 18 Mei 1996 berig dat dr. Hennie van Deventer, voorsitter van Vesos, glo dat Afrikaners “onbillik slae kry oor eentaalskole”. Volgens die berig gaan dit vir Van Deventer daarom om integrasie af te dwing en om so uiteindelik Afrikaans as taal te vermoor (Afrikaner, 18 Mei 1996). Die Volksblad van 23 Maart 1996 berig dat 190 verteenwoordigers van Vrystaatse boereverenigings en skoolbestuursliggame besluit het dat harde versetaksie en internasionale druk gemobiliseer sal word indien nie aan hul eise vir moedertaalskole gehoor gegee word nie. Hulle dreig met onderwysstakings, die sluiting van plaasskole en dat hulle ook hul belasting sal weerhou indien nie aan hul eise voldoen word nie. Hulle sal ook volgens die rekord ’n beroep op die Wêreldbank doen om druk op die Suid- Afrikaanse regering uit te oefen. Uit regse koerante word skoolhoofde skerp tereggewys omdat hulle geswig het onder die druk van “volksvyandige elemente” om van die ideaal van Afrikaanse skole af te wyk (Afrikaner, 27 September 1996). Aanvalle word ook op F.W. De Klerk en die Nasionale Party (NP) se rol in die aanvaarding van ’n grondwet wat nie beskerming aan die 179

onderhandelings oor die behoud van Afrikaanse skole ’n krisis onder die eens dominante

Afrikaners veroorsaak het, en dat hulle met reg beleër voel. Johnson sê dat selfs die

liberale Afrikaners, wat gebruiklik teen die gedagte van volkstate of tuislande gekant is,

nou heimlik daaroor begin bespiegel omdat hulle besef dat hulle taal en identiteit bedreig

word. Die Beeld van 18 Maart 1996 berig dat die LUR vir Onderwys tydens

onderhandelinge tussen die Laerskool Potgietersrus se beheerraad en die Mpumalangaregering

in Groblersdal, gedreig het dat daar nie meer vir taaleksklusiewe skole in die

provinsie plek is nie.

In sy hoofberig loods Die Beeld van 26 Januarie 1998 ’n aanval op provinsiale

onderwysdepartemente wat “die nasionale onderwysbeleid nie ken of verstaan nie en

foute begaan met die toepassing daarvan”. In sy hoofberig beskuldig Rapport van 8

Februarie 1998 die regering daarvan dat “doenlikheid” ’n gerieflike vyeblaar geword het

vir die regering om hul verpligting te ontduik om te voldoen aan die bepaling in die

Handves van Menseregte dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings

onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys

redelikerwys doenlik is. Rapport noem dit “deel van die tirannie van die meerderheid” en

vra die Afrikaanstalige gemeenskap om daarteen in opstand te kom. Rapport (22 Maart

1998) waarsku die regering dat, indien die demokratisering van die land nie met oorleg

aangepak word nie, dit tot rassespanning kan lei. Die redakteur verwys hier na “wanneer

van tradisioneel Afrikaanse skole verwag word om hul identiteit prys te gee ten einde ook

vir Engelstalige onderrig aan swart leerlinge voorsiening te maak”. Die Volksblad (5

Februarie 1996) waarsku die ANC dat die party nie met “ideologiese oogklappe” na die

moedertaalkwessie moet kyk nie. Die koerant beskuldig die regering dat hulle die land se

potensiaal versmoor omdat minderhede intellektueel en andersins in ’n ideologiese

dwangbuis gedwing word. In sy berig “Los lonte” waarsku Rapport (22 Maart 1998) die

regering dat niemand die rassekonflik op Vryburg gering moet skat nie. Die koerant vra

dat die demokratiseringsproses met oorleg toegepas moet word met inagneming van wat

vir gemeenskappe belangrik is.

178

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!