DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

4.2.2.5. Demokratiseringtydperk (1994-) Op 27 April 1994 is die eerste demokratiese verkiesing gehou en deur die ANC gewen. Mnr. Nelson Mandela is as die eerste swart president ingehuldig. Hierdie verkiesings het ʼn tydperk ingelui waar die voormalige regerende party, die Nasionale Party (NP) wat moedertaalonderrig voorgestaan het, nou met die ANC as regerende party vervang is, en wat politieke transformasie as prioriteit gestel het. Dit was reeds tydens die oorgangstydperk duidelik dat die skep van ʼn demokratiese taalbestel nie vir die nuwe regering ʼn prioriteit sou wees nie. Desnieteenstaande is die nuwe Grondwet (Wet 8 van 1996) in 1996 aanvaar. Dit het onder meer bepaal dat daar vervolgens elf in plaas van twee amptelike tale sou wees. Die nuwe amptelike tale saam met Afrikaans en Engels sou wees: Zoeloe, Xhosa, Swazi, Ndebele, Sotho, Pedi, Tsonga, Tswana en Venda. Dit het beteken dat daar vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis amptelike erkenning gegee is aan die vernaamste inheemse tale. Ten einde die sukses van die demokratiseringsproses te beoordeel, moet in ag geneem word dat Suid-Afrika steeds in ’n oorgangsfase is en dat debatvoering omtrent die beste beleide vir die konsolidering van die demokrasie steeds aan die orde van die dag is. Die belangrikste en sigbaarste stryde en spanning kan volgens Alexander op hierdie stadium in die ekonomiese sfeer sowel as op die sfeer van die sosiale patologie waargeneem word. Beukes (2004:1) stel dit soos volg: “Judged against other well-established democracies, ten years down the line, ours is a vibrant but still fledgling democracy grappling with the realities of effecting radical social transformation, securing economic development and building a united nation where peace and stability are sustainable.” Baie van die skrywers van beleid is egter deeglik bewus daarvan dat die uitwerking van hul beleide eers op die lange duur sigbaar sal wees. 164

Gesien teen die agtergrond van die Verenigde Nasies se definisie van vooruitgang, het Suid-Afrika in die eerste dekade na apartheid, volgens Beukes (2004:2), reeds groot vooruitgang gemaak betreffende die welvaart van sy mense en wel op die volgende gebiede: ’n Totaal van 780 nuwe wette is reeds uitgevaardig wat as platform kan dien vir die heropbou en ontwikkeling van die land. ’n Beraamde VSA$7,1 biljoen is reeds in die tydperk op onderwys spandeer (die grootste begrotingsitem in Suid-Afrika). ’n Beraamde VSA$5,7 biljoen is in die tydperk op gesondheidsorg spandeer. Spandering op MIV/Vigs het van ’n beraamde VSA$4,2 tot ’n beraamde VSA$48,9 toegeneem. Behuising is aan meer as ses miljoen mense verskaf. Huishoudelike toegang tot elektrisiteit het van 32% tot 70% gestyg. Huishoudelike toegang tot skoon water het van 60% tot 85% gestyg. Huishoudelike toegang tot sanitasie het van 49% tot 63% gestyg. ’n Totaal van 1,8 miljoen hektaar grond is gedurende hierdie tydperk herverdeel. Uit bogenoemde kan ons aflei dat die relatief kort tydperk van demokrasie reeds talle suksesse op talle terreine gelewer het. Een van die terreine wat egter steeds stagnant bly is die implementering van die land se veelbesproke veeltalige taalbeleid. Taalbeleidontwikkeling moet volgens Webb geëvalueer word as deel van die groter raamwerk vir strategiese beplanning van ’n land. Dit sal dan beteken dat taal ’n instrument in die ontwikkeling van die menslike hulpbronne van daardie land is en dat taalbeleid dus ondergeskik is aan die beleide wat op die realisering van die land se nasionale ideale (visie) gerig is. Dit is volgens Webb daarom noodsaaklik om kennis te neem van die nasionale ideale van ’n land. 165

4.2.2.5. Demokratiseringtydperk (1994-)

Op 27 April 1994 is die eerste demokratiese verkiesing gehou en deur die ANC gewen.

Mnr. Nelson Mandela is as die eerste swart president ingehuldig. Hierdie verkiesings het

ʼn tydperk ingelui waar die voormalige regerende party, die Nasionale Party (NP) wat

moedertaalonderrig voorgestaan het, nou met die ANC as regerende party vervang is, en

wat politieke transformasie as prioriteit gestel het. Dit was reeds tydens die

oorgangstydperk duidelik dat die skep van ʼn demokratiese taalbestel nie vir die nuwe

regering ʼn prioriteit sou wees nie. Desnieteenstaande is die nuwe Grondwet (Wet 8 van

1996) in 1996 aanvaar. Dit het onder meer bepaal dat daar vervolgens elf in plaas van

twee amptelike tale sou wees. Die nuwe amptelike tale saam met Afrikaans en Engels sou

wees: Zoeloe, Xhosa, Swazi, Ndebele, Sotho, Pedi, Tsonga, Tswana en Venda. Dit het

beteken dat daar vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis amptelike erkenning

gegee is aan die vernaamste inheemse tale.

Ten einde die sukses van die demokratiseringsproses te beoordeel, moet in ag geneem

word dat Suid-Afrika steeds in ’n oorgangsfase is en dat debatvoering omtrent die beste

beleide vir die konsolidering van die demokrasie steeds aan die orde van die dag is. Die

belangrikste en sigbaarste stryde en spanning kan volgens Alexander op hierdie stadium

in die ekonomiese sfeer sowel as op die sfeer van die sosiale patologie waargeneem

word. Beukes (2004:1) stel dit soos volg:

“Judged against other well-established democracies, ten years down the

line, ours is a vibrant but still fledgling democracy grappling with the

realities of effecting radical social transformation, securing economic

development and building a united nation where peace and stability are

sustainable.”

Baie van die skrywers van beleid is egter deeglik bewus daarvan dat die uitwerking van

hul beleide eers op die lange duur sigbaar sal wees.

164

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!