DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Volgens Verhoef (1989:40) het hierdie sogenaamde moedertaalbeginsel en konsep van toevoegende meertaligheid groot ontevredenheid in die swart geledere ontlok en is dit as ’n openlike politieke poging tot verdere segregasie en onderdrukking van die swart leerders bestempel. Dit het ook gepaard gegaan met ’n swak ontwikkelde kurrikulum wat nie gerat was om goed bemagtigde Afrikane te lewer nie. Kamwendo (2006:5) redeneer verder dat dit juis Afrikaans se noue verbintenis met die argitekte van apartheid was wat tot die verwerping van Afrikaans as onderrigmedium en die gevolglike versterking van Engels as onderrigmedium in swart skole gelei het. Alexander (1989:5) verwoord die gevoel soos volg: “It was this set of language policies most prominently in the form of mother-tongue instruction which united all anti-apartheid forces ....” Die 1976 Soweto-opstand was dus nie slegs ’n verwerping van Afrikaans as onderrigtaal nie, maar ook ’n verwerping van die onderwysstelsel en die stelsel van apartheid as geheel. Afrikaans het dus met die bewindsoorname van die Nasionale Party in 1948 en Republiekwording in 1961 ’n groot politieke en ekonomiese hupstoot gekry. Die beginsel van aparte Afrikaanse en Engelse skole (vir blankes) het Nasionale Party-beleid geword. Tweetaligheid is as wenslik beskou maar was nie ’n prioriteit vir die Nasionale Party nie. Die tweetaligheidstelsel het gaandeweg vervaag en is in 1970 feitlik deur regeringsregulasies uitgewis. Kinders van verskillende taalgroepe kon hierna nooit op natuurlike wyse mekaar se tale aanleer nie. Die bewaring van die Afrikaanse taal het later van sekondêre belang geword. Die ware en dominante motief vir die Afrikaner-politici was die konsolidasie van die politieke mag van die Afrikanerdom (Malherbe, 1977:149). Die taal- en politieke konflikte binne die wit gemeenskappe het ook ’n invloed op swart onderwys gehad. Die beleid van aparte skole het ook in swart onderwys neerslag gevind, veral met die uitvaardiging van die kontroversiële Wet op Bantoe-onderwys (Wet 47 van 1953). Die wense en belange van die Afrikataalsprekende burgers van die land is ondergeskik geplaas aan die politieke ideologieë van die blankes (Hartshorne, 1986:85). Hierdie houding van die regerende Nasionale Party het groot implikasies vir swart 158

onderwys ingehou, wat later ook ’n groot invloed op onderwys in die breë sou hê. Tydens die veertiger jare, veral met die stigting van die African Education Movement, het swart weerstand teen die onderwysbestel meer radikaal geword. As gevolg van die verbintenis van Afrikatale met Bantoe-onderwys het die geradikaliseerde swart intelligentsia weerstand teen die instelling van moedertaalonderwys gebied. Die beginsel van afnemende swak tweetalige onderwys, waar onderrig deur middel van die moedertaal begin is, maar waar dit dan so vroeg as moontlik deur Engelsonderrig vervang moes word, is eerder verkies. Die voorkeur aan Engels eerder as Afrikaans of die moedertaal was dus meer om ideologiese as om opvoedkundige beweegredes. Mawasha (1982:8) verduidelik dat dit nie soseer ’n stryd van die swart mense teen hulle moedertaal was nie, maar dat hulle net eenvoudig geglo het dat Engels vir hulle die enigste waarborg was vir wat hulle as ’n uitmuntende onderwysstelsel beskou het. Die onversetlike houding van die regering het uiteindelik tot verskeie verset-aksies vanuit swart geledere gelei, waarvan die 1976-opstande die belangrikste was. Volgens Hartshorne (1987:94-96) is verskeie versoeke van skoolhoofde, skoolrade en ander belangegroepe om ’n meer gematigde benadering, deur die regering verwerp. Die Meadowlands Tswana Skoolraad het aan die begin van 1976 ’n besluit geneem dat Engels van Graad 5 as medium van onderrig gebruik sou word. Twee van die lede is toe ontslaan, waarna die res van die lede uit simpatie en protes bedank het. Op 16 Junie 1976 het ’n konfrontasie tussen protesterende leerders en die polisie ontstaan. Die geweld en onrus het dwarsdeur Suid-Afrika versprei. Volgens regter P.M. Cillié, wat aangestel is om die redes vir die onrus te ondersoek, was die gemeenskap ontevrede met die standaard van swart onderwys, die geboue, toerusting en gehalte van onderrig, sowel as teen die medium van onderrig in party vakke (Behr, 1988:37). Een groep wat veral op taalgebied deur die apartheidsmaatreëls en -wette geraak is, was volgens Van Coller en Steyn (2005:11) die bruin mense. Die meerderheid bruin mense was Afrikaanssprekend en hoewel hul taalregte nie weggeneem is nie, het baie van hulle se taallojaliteit en houding teenoor Afrikaans en veral sy standaardvariëteit verander. Sommige het in reaksie tot die apartheidsbeleid hul kinders doelbewus uit Afrikaanse skole gehaal en na Engelse skole gestuur. “Afrikaans was immers die taal van die politici wat die gewraakte wette gemaak 159

Volgens Verhoef (1989:40) het hierdie sogenaamde moedertaalbeginsel en konsep van

toevoegende meertaligheid groot ontevredenheid in die swart geledere ontlok en is dit

as ’n openlike politieke poging tot verdere segregasie en onderdrukking van die swart

leerders bestempel. Dit het ook gepaard gegaan met ’n swak ontwikkelde kurrikulum wat

nie gerat was om goed bemagtigde Afrikane te lewer nie. Kamwendo (2006:5) redeneer

verder dat dit juis Afrikaans se noue verbintenis met die argitekte van apartheid was wat

tot die verwerping van Afrikaans as onderrigmedium en die gevolglike versterking van

Engels as onderrigmedium in swart skole gelei het. Alexander (1989:5) verwoord die

gevoel soos volg: “It was this set of language policies most prominently in the form of

mother-tongue instruction which united all anti-apartheid forces ....”

Die 1976 Soweto-opstand was dus nie slegs ’n verwerping van Afrikaans as onderrigtaal

nie, maar ook ’n verwerping van die onderwysstelsel en die stelsel van apartheid as

geheel.

Afrikaans het dus met die bewindsoorname van die Nasionale Party in 1948 en

Republiekwording in 1961 ’n groot politieke en ekonomiese hupstoot gekry. Die beginsel

van aparte Afrikaanse en Engelse skole (vir blankes) het Nasionale Party-beleid geword.

Tweetaligheid is as wenslik beskou maar was nie ’n prioriteit vir die Nasionale Party nie.

Die tweetaligheidstelsel het gaandeweg vervaag en is in 1970 feitlik deur

regeringsregulasies uitgewis. Kinders van verskillende taalgroepe kon hierna nooit op

natuurlike wyse mekaar se tale aanleer nie. Die bewaring van die Afrikaanse taal het later

van sekondêre belang geword. Die ware en dominante motief vir die Afrikaner-politici

was die konsolidasie van die politieke mag van die Afrikanerdom (Malherbe, 1977:149).

Die taal- en politieke konflikte binne die wit gemeenskappe het ook ’n invloed op swart

onderwys gehad. Die beleid van aparte skole het ook in swart onderwys neerslag gevind,

veral met die uitvaardiging van die kontroversiële Wet op Bantoe-onderwys (Wet 47 van

1953). Die wense en belange van die Afrikataalsprekende burgers van die land is

ondergeskik geplaas aan die politieke ideologieë van die blankes (Hartshorne, 1986:85).

Hierdie houding van die regerende Nasionale Party het groot implikasies vir swart

158

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!