DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

persoon se moedertaal die beste instrument tot suksesvolle onderwys is. Hoewel die Wet op Bantoe-onderwys dus die beginsel van moedertaalonderwys onderskryf het, het dit egter ook volgens Mpe (1999:2) die kurrikulum in swart skole negatief beïnvloed. Dit het tot sensorskap gelei oor wat in hierdie skole toegelaat moes word en dit het ook volgens Mpe ’n vervlakking in voorgeskrewe literatuur bewerkstellig. Martin (1997:2) beskryf die toepassing van hierdie benadering soos volg: “In 1959, following the Bantu Education Act of 1953, the Department for Native Affairs, which ran Bantu education, introduced the 50:50 policy, where teaching was divided between English and Afrikaans, with mother tongue teaching for non-academic subjects. For example religious instruction, music and physical education were taught in the mother tongue, general science and practical subjects such as needlework, woodwork and art were taught in English and mathematics, social studies, geography and history were taught in Afrikaans.” Die hoofdoel hiervoor was volgens Hendry (soos aangehaal in Rossouw, 1999) om die status van Afrikaans en Afrikatale as eerste tale ten koste van Engels te bevorder. Volgens Vinjevold (1999:207) het die Wet op Bantoe-onderwys van 1953 ingrypende veranderinge in die taalbeleid in swart skole gebring. Die hoofdoel van hierdie wet was om die gebruik van die moedertaal en Afrikaans uit te brei. Moedertaalonderrig is uitgebrei om te verseker dat alle laerskoolleerders teen 1959 in hul moedertaal onderrig sal ontvang. Afrikaans en Engels sou dan vanaf die eerste jaar van hoërskool op ’n 50:50 basis as onderrigmediums gebruik word. Ten einde die implementering van hierdie beleid moontlik te maak, is onderwysers in swart skole vyf jaar kans gegun om deur middel van intensiewe opleidingsprogramme Afrikaans-vaardig te word. Behalwe vir die weerstand waarmee hierdie beleid uit swart geledere begroet is, was dit ook volgens Vinjevold (1999:208) ironies dat dit juis die Nasionale Party-regering se 156

eleid van aparte ontwikkeling was wat tot die mislukking van die taalbeleid gelei het. Roodt et al beskryf die situasie soos volg: “The bilingual policy in Soweto schools, which was mooted but never applied, therefore became a public relations disaster for Afrikaans.” Vanaf 1960 het die tuislande sowel as die selfregerende gebiede verkies om moedertaalonderrig slegs vir die eerste vier jaar te gebruik waarna Engels die amptelike onderrigmedium sou word. Hierdie veranderinge in die taal-in-onderwysbeleid van die Wet op Bantoe-onderwys het ’n skeiding gebring in beleid soos wat dit in swart skole in die tuislande toegepas is en die toepassing van beleid in skole onder die Departement van Bantoe-onderwys. In Maart 1971 het die Bantu Education Advisory Board begin met ’n ondersoek rakende die onderrigmedium in swart skole. Die bevindinge van die ondersoek het die 50:50 benadering ten sterkste verwerp. Verder het dit moedertaalonderrig tot standerd vier aanbeveel. Dit het ook aanbeveel dat moedertaalonderrig na standerd vier opgevolg moes word deur óf Engels óf Afrikaans as onderrigmedium. In 1972 het die sekretaris van die Departement drie alternatiewe vir hoërskole aanbeveel. Dit was die bestaande 50:50 benadering, slegs Afrikaans, of slegs Engels. In die tuislande moes die besluite deur die tuislandregerings gemaak word, terwyl die besluite vir die skole onder die Departement van Bantoe-onderwys deur die sekretaris geneem sou word, gebaseer op die aanbevelings van skoolrade, kring- en streekbeamptes. Omdat daar groot verdeling was in die reaksies van streekdirekteure het die sekretaris besluit om die status quo ten opsigte van die 50:50 benadering te behou. Hartshorne (1999:209) verklaar hierdie besluit soos volg: “Faced with this general tendency on the part of his officials to cling to the status quo, and under pressure from the Ministry to protect the position of Afrikaans, in the event the Secretary of the Department decided to withdraw the options as his department was concerned and to return to the dual medium policy.” 157

persoon se moedertaal die beste instrument tot suksesvolle onderwys is. Hoewel die Wet

op Bantoe-onderwys dus die beginsel van moedertaalonderwys onderskryf het, het dit

egter ook volgens Mpe (1999:2) die kurrikulum in swart skole negatief beïnvloed. Dit het

tot sensorskap gelei oor wat in hierdie skole toegelaat moes word en dit het ook volgens

Mpe ’n vervlakking in voorgeskrewe literatuur bewerkstellig.

Martin (1997:2) beskryf die toepassing van hierdie benadering soos volg:

“In 1959, following the Bantu Education Act of 1953, the Department for

Native Affairs, which ran Bantu education, introduced the 50:50 policy,

where teaching was divided between English and Afrikaans, with mother

tongue teaching for non-academic subjects. For example religious

instruction, music and physical education were taught in the mother

tongue, general science and practical subjects such as needlework,

woodwork and art were taught in English and mathematics, social studies,

geography and history were taught in Afrikaans.”

Die hoofdoel hiervoor was volgens Hendry (soos aangehaal in Rossouw, 1999) om die

status van Afrikaans en Afrikatale as eerste tale ten koste van Engels te bevorder.

Volgens Vinjevold (1999:207) het die Wet op Bantoe-onderwys van 1953 ingrypende

veranderinge in die taalbeleid in swart skole gebring. Die hoofdoel van hierdie wet was

om die gebruik van die moedertaal en Afrikaans uit te brei. Moedertaalonderrig is

uitgebrei om te verseker dat alle laerskoolleerders teen 1959 in hul moedertaal onderrig

sal ontvang. Afrikaans en Engels sou dan vanaf die eerste jaar van hoërskool op ’n 50:50

basis as onderrigmediums gebruik word. Ten einde die implementering van hierdie beleid

moontlik te maak, is onderwysers in swart skole vyf jaar kans gegun om deur middel van

intensiewe opleidingsprogramme Afrikaans-vaardig te word.

Behalwe vir die weerstand waarmee hierdie beleid uit swart geledere begroet is, was dit

ook volgens Vinjevold (1999:208) ironies dat dit juis die Nasionale Party-regering se

156

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!