DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ... DIE ROL VAN TAALAKTIVISME BY DIE HERWAARDERING VAN ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
27.01.2014 Views

Transvaalse Volksraad in Junie 1892 per spesiale besluit voorsiening gemaak vir skole wat nie die landstaal as voertaal wou gebruik nie. Hierdie skole kon wel subsidies kry, maar moes dan Hollands as vak tot die bevrediging van die superintendent onderrig. Voorts moes die leerders ook ’n Hollandse inspeksie slaag om tot die volgende standerd bevorder te word (Zietsman, 1992:13). As verdere reaksie teen die inperkende beleid het die Uitlanders in 1895 die Witwatersrand Council of Education gestig en privaatskole begin. Die regering het hierop gereageer deur Engelse staatskole te begin waar Hollands op ’n toevoegende basis vanaf die eerste jaar bygebring sou word, totdat dit vanaf die vierde jaar as voertaal gebruik moes word. Dit het egter nie aftrek onder die Uitlanders gekry nie, en meer Engelse privaatskole is gestig. Die ZAR se onderwysbeleid het ook onder kwaai kritiek van die opposisiepartye deurgeloop. Volgens Zietsman (1992:13-15) het die regering se harde beleid teenoor Engels ook van binne eie geledere teenstand gekry omdat sommige ZAR-burgers gevoel het dat dit vir die jeug belangrik was om Engels aan te leer, aangesien hulle gevoel het dat Engels reeds die taal in die sakewêreld en die mynbou was. In die Vrystaat het die Volksraad aanvanklik ’n akkommoderende stelsel oor taal gehandhaaf. Veral ouers in Bloemfontein het Engels as onderrigmedium verkies omdat hulle Engels as die taal van die sakewêreld beskou het. ’n Ordonnansie wat in 1863 by die Volksraad ingedien is, het vir moedertaalonderrig voorsiening gemaak. Die studie van Engels is sterk aangemoedig. Ds. John Brebner wat in 1874 as die inspekteur-generaal van onderwys aangestel is, was nie ’n oortuigde voorstander van Hollands as enigste voertaal in die onderwys nie. Hy het dus ’n stelsel voorgestel waarin beide Engels en Hollands as vakke aangebied moes word en enige van die twee tale as onderrigtaal gebruik kon word. Die meeste van die skole het toe Engels as onderrigtaal verkies. Afrikaanse ouers het hulle egter algaande teen hierdie denkrigting begin verset. In 1889 het die Volksraad bepaal dat Hollands die voertaal in alle staatskole moes wees en dat die onderrig van Engels opsioneel sou wees. Die beleid is egter nie streng toegepas nie. 136

Onderwys vir swart mense in die ZAR het as gevolg van die filantropiese belangstelling van die sendelinge begin. Eers na die eerste Britse besetting het die Transvaalse regering subsidies aan die sendingskole betaal. Dit het onderwys vir swart mense gestimuleer. Hierdie skole was egter teen hierdie tyd steeds nie onder regeringsbeheer nie. In hierdie stadium was die ontwikkeling van swart onderwys in die Vrystaat nog ver agter dié in die ander provinsies. Teen 1910 was daar slegs een staatskool vir swart mense in hierdie provinsie. Die res was onder die bestuur van sendelinge. Taalaktivisme het in die Republieke grootliks van die Kaapkolonie verskil in die sin dat dit meestal vir Engels en teen Hollands gerig was en deur Engelstaliges aangespoor is. Volgens die diglossiese model het Hollands in die twee Boererepublieke die plek van H- variëteit en Engels die L-variëteit beklee. Die Afrikatale het glad nie ’n plek in die wetgewing gehad nie. In 1863 is ’n bepaling uitgevaardig wat in ’n sekere opsig as die eerste ‘skoolwet’ van die Vrystaat beskou kan word (Truter, 2004:18). Die bepaling het onder meer die beginsel van moedertaalonderrig onderskryf, maar het ook voorsiening gemaak vir tweetalige onderrig deur die studie van Engels aan te moedig. Van die ouers, onder andere die van Grey Kollege in Bloemfontein, was teen moedertaalonderwys gekant. As alternatief tot die staatskole, wat Hollands georiënteerd was, het hulle verkies om hul kinders na Engelse privaatskole te stuur. Omdat die vlak van onderrig in dié skole oor die algemeen beter as in die staatskole was, het die privaatskole redelik floreer in vergelyking met die kwynende staatskole (Truter, 2004:19). Hollands het, ondanks wetgewing ten gunste van moedertaalonderrig, steeds nie tot sy reg gekom nie. Dit was deels as gevolg van ouers wat Engelsonderrig beskou het as in die beste belang van hul kinders en deels as gevolg van die Vrystaatse regering se versuim om ’n ferm houding ten gunste van moedertaalonderrig in te neem. Uit die geledere van die voorstanders van Hollandse moedertaalonderrig is vertoë herhaaldelik tot die Volksraad gerig dat Hollands meer tot sy reg moet kom. Dit het tot die Onderwyswet van 1891 gelei wat moedertaalmedium tot Graad 4 verpligtend gemaak het en ook bepaal het dat minstens die helfte van die vakke daarna deur die medium van Hollands onderrig moes word. Kort voor die uitbreek van 137

Transvaalse Volksraad in Junie 1892 per spesiale besluit voorsiening gemaak vir skole

wat nie die landstaal as voertaal wou gebruik nie. Hierdie skole kon wel subsidies kry,

maar moes dan Hollands as vak tot die bevrediging van die superintendent onderrig.

Voorts moes die leerders ook ’n Hollandse inspeksie slaag om tot die volgende standerd

bevorder te word (Zietsman, 1992:13). As verdere reaksie teen die inperkende beleid het

die Uitlanders in 1895 die Witwatersrand Council of Education gestig en privaatskole

begin. Die regering het hierop gereageer deur Engelse staatskole te begin waar Hollands

op ’n toevoegende basis vanaf die eerste jaar bygebring sou word, totdat dit vanaf die

vierde jaar as voertaal gebruik moes word. Dit het egter nie aftrek onder die Uitlanders

gekry nie, en meer Engelse privaatskole is gestig. Die ZAR se onderwysbeleid het ook

onder kwaai kritiek van die opposisiepartye deurgeloop. Volgens Zietsman (1992:13-15)

het die regering se harde beleid teenoor Engels ook van binne eie geledere teenstand

gekry omdat sommige ZAR-burgers gevoel het dat dit vir die jeug belangrik was om

Engels aan te leer, aangesien hulle gevoel het dat Engels reeds die taal in die sakewêreld

en die mynbou was.

In die Vrystaat het die Volksraad aanvanklik ’n akkommoderende stelsel oor taal

gehandhaaf. Veral ouers in Bloemfontein het Engels as onderrigmedium verkies omdat

hulle Engels as die taal van die sakewêreld beskou het. ’n Ordonnansie wat in 1863 by

die Volksraad ingedien is, het vir moedertaalonderrig voorsiening gemaak. Die studie van

Engels is sterk aangemoedig. Ds. John Brebner wat in 1874 as die inspekteur-generaal

van onderwys aangestel is, was nie ’n oortuigde voorstander van Hollands as enigste

voertaal in die onderwys nie. Hy het dus ’n stelsel voorgestel waarin beide Engels en

Hollands as vakke aangebied moes word en enige van die twee tale as onderrigtaal

gebruik kon word. Die meeste van die skole het toe Engels as onderrigtaal verkies.

Afrikaanse ouers het hulle egter algaande teen hierdie denkrigting begin verset. In 1889

het die Volksraad bepaal dat Hollands die voertaal in alle staatskole moes wees en dat die

onderrig van Engels opsioneel sou wees. Die beleid is egter nie streng toegepas nie.

136

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!